RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 25 Julie 2025 25.07.2025 22:57
Hoe gaan jy te werk om jou keusevakke te kies in Graad 9?
Kompas 24 Julie 2025 24.07.2025 21:34
Leon van der Westhuizen, stigter en hoofargitek by Westhaus, vertel hoe argitektuur as 'n loopbaan in die praktyk lyk.
Kompas 23 Julie 2025 23.07.2025 21:41
Wanneer jy geboelie word, is daar gewoonlik baie dinge wat jy vir hulle wil sê, en aan hulle wil doen. Maar is vergifnis een van daai dinge?
Kompas 22 Julie 2025 22.07.2025 23:32
Dr Hannetjie van Zyl-Edeling praat oor die invloed wat kleur op jou het, en hoe jy dit tot jou voordeel kan gebruik wanneer dit by produktiwiteit, stres en selfs eerste indrukke kom.
Kompas 21 Julie 2025 21.07.2025 23:36
Waarheen gaan jongmense om uiting te gee aan hulle emosies. Met wie kan hulle praat? Wie luister? Dít is die vrae wat die Millborrows gehad het. Hulle het toe 'n projek begin waar hulle leerders 'n uitlaatklep gee vir hulle emosies, en werklik na hulle luister.
Kompas 18 Julie 2025 18.07.2025 23:31
Barrie Ferreira kyk na die impak van vaderloosheid op jongmense.
Kompas 17 Julie 2025 17.07.2025 21:41
Adriaan Havenga en Janco Nel gesels oor hulle gedagteprikkelende verhoogproduksie, Om skoon te wees, en oor die sterk temas wat jong gehore laat nadink.
Kompas 16 Julie 2025 16.07.2025 20:47
In hierdie episode van ons Graad 9-vakkeuseskou sluit ons die reeks af met wat Lewenswetenskappe en Geografie as keusevakke behels van Graad 10 tot 12.
Kompas 15 Julie 2025 15.07.2025 21:34
Gian-Quen Isaacs is Suid-Afrika se ysprinses! Sy was die enigste figuurskaatser wat Afrika by die Vier Kontinente Kampioenskappe verteenwoordig het. Sy vertel hoe sy hierdie druk op só 'n jong ouderdom hanteer.
Kompas 14 Julie 2025 14.07.2025 24:19
Hommeltuigkenner Lyverne Prinsloo leer vir Chloè van Rooyen meer oor hommeltuie, wat die werksgeleenthede in hierdie veld is, en hoekom dit 'n loopbaan is wat skoliere moet oorweeg.
Kompas 11 Julie 2025 11.07.2025 23:18
In hierdie episode van ons Graad 9-vakkeuseskou bespreek ons wat Wiskunde, Wiskunde Gelettertheid en Fisiese Wetenskap as keusevakke behels van Graad 10 tot 12.
Kompas 10 Julie 2025 10.07.2025 21:21
Karkoop is nie perdekoop nie! Gys Pitzer, ‘n motorhandelaar, help jongmense om die slaggate te vermy.
Kompas 9 Julie 2025 09.07.2025 22:56
In hierdie episode van ons Graad 9-vakkeuseskou bespreek ons wat Geskiedenis en Rekeningkunde as ‘n keusevak behels van Graad 10 tot 12.
Kompas 8 Julie 2025 08.07.2025 22:20
Ons vier Wêreld Sjokoladedag met iemand wat sjokoladeprobleme vir ‘n lewe oplos. Haar naam is Minette Smith, en sy is ‘n trots Suid-Afrikaanse kok wat vir die afgelope drie jaar in België werk.
Kompas 7 Julie 2025 07.07.2025 21:50
Alicia Willemse het haar debuut vir die Vroue Springbokspan sowel as die Sewes-span vroeër vanjaar gemaak. Om die groen en goud te dra is 'n droom wat waar geword het, maar dit het nie maklik in haar skoot geval nie. Jare se opoffering en harde werk het gesorg dat sy vandag haar land kan verteenwoordig.
Kompas 4 Julie 2025 04.07.2025 21:09
In hierdie episode van ons Graad 9-vakkeuseskou vind ons uit wat Ekonomie en Besigheidstudies as ‘n keusevak behels van Graad 10 tot 12.
Kompas 3 Julie 2025 03.07.2025 20:49
Reginald Hufkie, beter bekend as Reggie Peace, gesels oor sy boek, Vredemaker, en hoe mens die innerlike werk doen om te genees en te verbeter.
Kompas 2 Julie 2025 02.07.2025 24:53
Ons skop ons Graad 9-vakkeuseskou af deur uit te vind wat Drama, IT en RTT behels as ‘n keusevak van Graad 10 tot 12.
Kompas 1 Julie 2025 01.07.2025 20:21
Professor Christie Dorfling van die Universiteit Stellenbosch vertel wat chemiese ingenieurswese behels.
Kompas 30 Junie 2025 30.06.2025 26:03
Mnr. Suid-Afrika, Marcel Roux, en sy vrou, Simonè, kuier by Chloè van Rooyen. Vir dié twee is jeugontwikkeling uiters belangrik, en een van hulle grootste fokuspunte. Marcel vertel van Truly Able, 'n liefdadigheidsinisiatief, wat vlerke gekry het uit die Mnr. Suid-Afrika-kompetisie.
Kompas 27 Junie 2025 27.06.2025 22:54
Het jy geweet dat selfmoord die vierdie grootste oorsaak is van dood onder jong mans tussen die ouderdom van 15 en 24? Barrie Ferreira kyk na die geestestoestand van jong mans in Suid-Afrika.
Kompas 26 Junie 2025 26.06.2025 22:41
Ons doen hersiening van Musiek Vraestel 1 en 2 saam met Juffrou Trudi van Wyk.
Kompas 25 Junie 2025 25.06.2025 22:41
Is die aarde te klein vir jou? Is die heelal iets wat jou prikkel? Ons praat met ‘n dosent oor beroepe wat met die ruimte te doen het.
Kompas 24 Junie 2025 24.06.2025 24:12
Leer jy hard, of leer jy slim? Juffrou Melanie vertel hoe ons breindominansie effektief kan gebruik en ‘n geïntegreerde, heelbreinbenadering kan bereik.
Kompas 23 Junie 2025 23.06.2025 26:01
Chloè van Rooyen vind meer uit van bemarkingbestuur as 'n studierigting. Sy hoor wat die toelatingsvereistes is, hoekom dit 'n goeie opsie is vir voornemende studente, en hoe die werksgeleenthede lyk.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.