RSG

Kompas

'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Kompas 29 Augustus 2025 29.08.2025

Barrie Ferreira vind uit wat dit verg om ‘n beroep te volg as eiendomsontwikkelaar. Hy hoor ook van ’n studiebeurs.

Kompas 28 Augustus 2025 28.08.2025

René Arendse van Afrikaans 100 vertel hoe jy ‘n deel van R100 000 vir jou skool kan wen!

Kompas 27 Augustus 2025 27.08.2025

Hoe kan navorsing oor Mars voordelig wees vir ons op Aarde? Barrie Ferreira vind uit hoe jy in hierdie rigting kan studeer om die Aarde red.

Kompas 26 Augustus 2025 26.08.2025

Juffrou Melanie vertel van emosionele herpatroneringstegnieke wat jongmense kan gebruik om onder andere met eksamenstres te help.

Kompas 25 Augustus 2025 25.08.2025

Afrikaans.com vra vir prof. Ignatius Gous om leerders te help met effektiewe studie- en leermetodes. Chloè van Rooyen stel ook vas hoe leerders kunsmatige intelligensie kan gebruik om leer te bevorder, sonder om afhanklik daaraan te raak.

Kompas 22 Augustus 2025 22.08.2025

Soos die lente nader kom, is hierdie die tyd van die jaar waar ‘n mens se gemoed soms ‘n bietjie laer is as gewoonlik. Barrie Ferreira vind uit hoe ons ons geestesgesondheid ‘n positiewe hupstoot kan gee.

Kompas 21 Augustus 2025 21.08.2025

Gabriella Marais van Kovsies het in Julie aan die Wêreld Universiteitspele deelgeneem, en ‘n bronsmedalje huis toe gebring. Sy gesels oor die ondervinding.

Kompas 20 Augustus 2025 20.08.2025

’n Kriminele rekord is iets wat jy liefs moet vermy wanneer jy ‘n jonk is. Maar wat gebeur as jy wel een het op ‘n jong ouderdom?

Kompas 19 Augustus 2025 19.08.2025

Parkrun is 'n Saterdagoggend-tradisie vir baie families. Hazel Janse van Rensburg gesels met Bruce Fordyce, die bestuurshoof van Parkrun Suid-Afrika, en met twee jong atlete, oor wat dit so gewild maak.

Kompas 18 Augustus 2025 18.08.2025

Toe woorde hom ontbreek, het Damian Jacobs dans gebruik om sy hart te deel. Hy het sy pad oopgedans van Malmesbury af tot op die groot verhoë, en het ’n Fiësta-nominasie onder sy belt. Hy vertel vir Chloè van Rooyen van sy reis as danser, en wat sy droom is vir die jeug van sy gemeenskap.

Kompas 15 Augustus 2025 15.08.2025

Wat beteken dit om diensbaar te wees? Barrie Ferreira vind uit wat die waarde daarvan is om ander te dien.

Kompas 14 Augustus 2025 14.08.2025

Ons skoolfokus val op Hoërskool De Aar. Ons vind uit wat in hulle water is, en wat hulle spesiaal maak.

Kompas 13 Augustus 2025 13.08.2025

Barrie Ferreira vind uit watter beroepe daar agter die skerms by ’n radiostasie beskikbaar is.

Kompas 12 Augustus 2025 12.08.2025

Mada Oosthuizen deel wenke om jongmense wat van skool verander, te help om makliker en vinniger by hulle nuwe omgewing aan te pas.

Kompas 11 Augustus 2025 11.08.2025

Oor die jare is VOO-kolleges as die stiefkind van tersiêre onderrig gesien, maar hierdie houding is stadig maar seker besig om te verander. Chloè van Rooyen vind uit watter deure ʼn kwalifikasie by ʼn VOO- kollege vir jou kan oopmaak, en hoekom dit dalk ‘n beter opsie as ‘n tradisionele skool is.

Kompas 8 Augustus 2025 08.08.2025

Ons vier al die jong vroue in ons Vrouedag-episode.

Kompas 7 Augustus 2025 07.08.2025

Vanessa Archer-Delport, die hoof van onderrig en opleiding by Sol-Tech, praat oor praktiese, vaardigheidsgebaseerde loopbaanopsies vir jongmense.

Kompas 6 Augustus 2025 06.08.2025

Het jy ‘n passie vir speletjies bou en die agter-die-skerms deel van die ontwikkelingswêreld? Barrie Ferreira kyk na speletjiesontwikkelaar as ‘n studierigting.

Kompas 5 Augustus 2025 05.08.2025

Nadia Moolman, die stigter van Nanuki, vertel hoe ons gesond met ons allergieë in gedagte, kan eet sonder om al die lekker dinge in die lewe prys te gee. Vanessa Mhlom, die stigter van Pleroma, vertel van ‘n nuwe manier om jou vitamiene in te neem.

Kompas 4 Augustus 2025 04.08.2025

Vier leerders vertel van hulle ondervinding oorsee, waar hulle wetenskapprojekte ten toon gaan stel het.

Kompas 1 Augustus 2025 01.08.2025

Barrie Ferreira gesels met ‘n jong uithourit-perdryer, en ‘n Suid-Afrikaanse leerder wat die nuwe onder 18-diskuswêreldrekordhouer is.

Kompas 31 Julie 2025 31.07.2025

As deel van ons matriek-hersieningsreeks fokus ons op wat matrikulante moet weet om goed te presteer in Poësie, wat deel is van Afrikaans Huistaal se letterkundevraestel.

Kompas 30 Julie 2025 30.07.2025

Abrakadabra! Is dit só eenvoudig om ‘n beroep as ‘n kulkunstenaar te volg? Ons gesels met iemand wat meer as 25 miljoen volgelinge op sosiale media het, wat sy kulkunsies volg.

Kompas 29 Julie 2025 29.07.2025

Vier lede van die Stellenbosch Universiteitskoor gesels oor hulle onlangse toer na Denemarke, waar hulle teen 132 kore van 33 lande meegeding het. Hulle moedig studente aan om ook by ‘n koor aan te sluit.

Kompas 28 Julie 2025 28.07.2025

Ons praat met die twee wenners van RSG se matriekafskeidkompetisie om te hoor wat hierdie prys vir hulle beteken.

Listen to the Kompas podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.