RSG
Kompas
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Kompas 26 Desember 2024 26.12.2024 23:12
Voor ons nuwejaarsvoornemens maak, kyk ons terug op 2024 en Kompas se hoogtepunte.
Kompas 25 Desember 2024 25.12.2024 23:31
Barrie Ferreira gesels met die ander Kompasaanbieders oor dankbaarheid. Hulle vertel waarvoor hulle dankbaar is in die jaar wat verby is, en van die Kerstradisies wat hulle saam met hulle families volhou.
Kompas 24 Desember 2024 24.12.2024 20:05
Ons hoor by jong Suid-Afrikaners, wat oorsee woon en werk, hoe hulle Oukersaand in die vreemde vier.
Kompas 23 Desember 2024 23.12.2024 21:48
Chloè van Rooyen gesels met twee organisasies wat help om Kersfees spesiaal te maak vir groot en klein. Voetligbediening sorg dat soveel moontlik mense 'n lekker bord kos het, en Dancing with Nature bied aan jong dansers die geleentheid om hulle talent uit te oegen deur gratis optredes in parke reg oor Kaapstad.
Kompas 20 Desember 2024 20.12.2024 23:17
Barrie Ferreira praat met ‘n menslike hulpbron-spesialis oor die belangrikheid van ‘n CV en jou eerste werksonderhoud.
Kompas 19 Desember 2024 19.12.2024 23:04
As lugwaardin het Dee Theart die wêreld plat gereis. Sy het ook ‘n keer of twee die buiteland alleen aangepak. Sy vertel hoe jy jou droom om oorsee te reis, kan bewaarheid.
Kompas 18 Desember 2024 18.12.2024 24:20
Barrie Ferreira maak seker dat jy toegerus is om veilig te wees wanneer jy dalk ‘n slang teëkom tydens jou skoolvakansie.
Kompas 17 Desember 2024 17.12.2024 22:39
Petra van der Linde, ‘n dieetkundige, deel ‘n gesonde soet-en-sout-resep om die vakansie te geniet, asook wenke om gesond te bly tydens die feesseisoen sonder om die lekker dinge in die lewe mis te loop.
Kompas 16 Desember 2024 16.12.2024 22:47
Jurgen Romario McEwan deel sy oorlewingsgids vir jong akteurs met ons. Hy vertel waar sy akteursreis begin het, wat hy in die droë seisoene doen, en hoe hy passie lewend hou.
Kompas 13 Desember 2024 13.12.2024 21:54
Barrie Ferreira praat oor die waarde van vakansiewerk, buiten ‘n ou sakgeldjie.
Kompas 12 Desember 2024 12.12.2024 19:33
Blyde Schoeman, die wenners van die 2024 Proscenium-dramakompetisie, vertel jongmense op ‘n lekker ligte manier wat hulle van voorbehoeding moet weet.
Kompas 11 Desember 2024 11.12.2024 22:37
Het jy al ooit gewonder hoe word ‘n musiekvideo gemaak? Barrie Ferreira kuier agter die skerms by die verfilming van Francois van Coke se jongste musiekvideo om uit te vind hoe dié proses lyk.
Kompas 10 Desember 2024 10.12.2024 21:59
Johan du Toit, die medestigter van Die Bye Boer, vertel hoekom bye so belangrik is, en hoe 'n byeboerdery werk.
Kompas 9 Desember 2024 09.12.2024 20:02
'n Jong man met 'n passie vir houtwerk gee raad oor selfdoenprojekte, en leer ons die moets en moenies van houtwerk.
Kompas 6 Desember 2024 06.12.2024 21:39
Barrie Ferreira praat met Albert van Wyk van Maak My ‘n Miljoenêr oor entrepreneurskap, en hoe jongmense al op skool ‘n besigheid kan begin.
Kompas 5 Desember 2024 05.12.2024 24:16
Die trots Suid-Afrikaanse internasionale model, Elizma Esterhuyse, gee raad aan jongmense wat ‘n beroep in die modelwêreld oorweeg.
Kompas 4 Desember 2024 04.12.2024 19:19
Barrie Ferreira praat met ‘n onderwyseres om te hoor hoe leerders kan terugkyk op akademiese jaar wat verby is.
Kompas 3 Desember 2024 03.12.2024 24:03
Prof. Thys Human en Teneal Apollis vertel van die 2025 POORT-skryfkompetisie vir Graad 10 tot 12 leerders.
Kompas 2 Desember 2024 02.12.2024 21:36
Ons hou kunsklas. 'n Kunsonderwyser leer jou ons om te hekel, papierblommetjies te maak, hoe om 'n juwelebakkie van lugdroog-klei te maak.
Kompas 29 November 2024 29.11.2024 23:05
Barrie Ferreira praat oor die belangrikheid van boeklees, geletterdheid en storievertelling in die wêreld van jongmense. Hy gesels ook met ‘n universiteitstudent wat ‘n boek geïllustreer en geskryf het, gemik op kleurblinde kinders.
Kompas 28 November 2024 28.11.2024 21:36
Hazel Janse van Rensburg het jongmense gevra waaroor hulle wonder. Sy het kenners in elke veld ingespan om hierdie innoverende vrae te beantwoord.
Kompas 27 November 2024 27.11.2024 21:58
Barrie Ferreira praat met Mike Bolhuis om te hoor wat dit verg om ‘n privaat-ondersoeker te wees.
Kompas 26 November 2024 26.11.2024 21:29
Louise Coetzee van die Durbanville Kinderhuis gesels oor minder tradisionele kersvakansies, om jongmense wat dalk hierdie feesseisoen alleen voel, hoop te gee.
Kompas 25 November 2024 25.11.2024 21:47
Chloè van Rooyen gesels met 'n sielkundige oor liefdestaal, en hoe dit jou kan help om die beste kersgeskenke vir iemand kan gee. Sy hoor ook watter geskenke ons van herwinbare materiaal kan maak.
Kompas 22 November 2024 22.11.2024 22:02
Barrie Ferreira gesels oor matriekfeeste, en hoe jy op ‘n matriekvakansie kan gaan en dit geniet, op ‘n veilige en verantwoordelike manier.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.