Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.kosmos.com.na
Autor
Kosmos 94.1
Categoría
Web del podcast
Último episodio
21 de oct. de 2026
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
08:00 Nuus 19.10.2026 4:31
Kry die nuus soos dit breek.
Mauritius-hotelle bly vol ten spyte van betogings en aandklokreël 19.10.2026 0:40
Die internasionale geopolitieke situasie beïnvloed die komende kersseisoen in verskeie dele van die wêreld. Volgens Jean Michel de Senneville, ‘n oud-diplomaat van Mauritius, lyk die besprekings vir bestemmings op Mauritius vir die komende kersseisoen redelik goed. Die regering het onlangs in dele van die eiland ‘n aandklokreël ingestel nadat betogings oor watertekorte en die lewenskoste ná ‘n pol...
Dobbelraad waarsku teen dobbel met studietoelaes 19.10.2026 0:16
Die SA Nasionale Dobbelraad waarsku studente gebruik hul Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente-toelaes om aanlyn te dobbel. Die waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, het op die bekendstelling van die Handves vir Verantwoordelike Dobbelary by Sun International gesê kwesbare groepe dobbel met geld vir noodsaaklike uitgawes soos kos, huur en studies. Hy bevestig die raad en NSFAS werk...
07:00 Hoofnuus 19.10.2026 5:47
Kry die nuus soos dit breek.
Drikus sien uit na laaste skof van Rhino Run-fietswedren 19.10.2026 0:42
Dis ’n nuwe week, en ook die laaste skof van die 2026 Rhino Run-fietswedren van Windhoek na Graaff-Reinet in Suid-Afrika. Namibië se Drikus Coetzee is steeds in die eerste plek en sê hy sien daarna uit om die wedren vandag te voltooi.
Digitale platforms en sosiale media aan die voorpunt van verandering in Namibië se medialandskap 19.10.2026 0:31
Namibië se media-landskap verander vinnig namate digitale platforms en sosiale media die manier waarop mense nuus verbruik, hervorm. Die voormalige uitvoerende direkteur van die ministerie van Inligting en Kommunikasietegnologie, Audrin Mathe, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitdagings en geleenthede wat dit vir die mediabedryf inhou:
Reaksie stroom in ná die afsterwe van voormalige presidentsvrou, Penehupifo Pohamba 19.10.2026 0:44
Die minister van onderwys, dr. Sanet Steenkamp, sê Pohamba se afsterwe laat ’n groot leemte.
Reaksie stroom in ná die afsterwe van voormalige presidentsvrou, Penehupifo Pohamba 19.10.2026 0:30
Reaksie stroom van heinde en verre in ná die afsterwe van die voormalige presidentsvrou, Penehupifo Pohamba, wat oor die naweek op die ouderdom van 78 jaar oorlede is. Voormalige eerste minister Nahas Angula het met Kosmos 94.1 gepraat.
Namibië en Angola skop eerste Binasionale Kommissie ministeriële sessie af 19.10.2026 0:42
Namibië en Angola het hul eerste ministeriële sessie van die Binasionale Kommissie gehou om die uitvoering van bestaande ooreenkomste te bespoedig. Sleutelprojekte sluit die Baynes-hidrokragstasie, ’n kragverbindingsprojek, ’n eenstopgrenspos by Oshikango-Santa Clara en die uitbreiding van die Cafu-kanaal se watervoorsiening na Namibië in. Angola se minister van Eksterne Betrekkinge, Tete António,...
Die Presidensie wag op polisieverslag ná persoon BBP-sitkamer by Eros-lughawe insluip 19.10.2026 0:39
Die Presidensie sê hy wag op ’n polisieverslag nadat ’n ongemagtigde persoon by die Eros-lughawe verby sekuriteit geglip en die BBP-sitkamer binnegedring het. Woordvoerder Jonas Mbambo het die opslae op sosiale media afgemaak en beklemtoon dat die kernkwessie is hoe toegang tot beperkte gebiede verkry is, om te verseker dat die veiligheid van die staatshoof gewaarborg bly.
Zille: DA-regering in Johannesburg sal nooit pynlike jare van apartheid herhaal nie 19.10.2026 0:18
Die DA se burgemeesterskandidaat in Johannesburg, Helen Zille, sê 'n DA-regering in Johannesburg sal nooit die pynlike jare van apartheid herhaal nie. Zille se uitlatings volg te midde van verskerpte verkiesingsveldtogte voor die plaaslikeregeringsverkiesing, met Johannesburg as een van die sleutelgebiede. Sy het afgevaardigdes by Nasrec in Gauteng toegespreek en gesê die DA wil Suid-Afrikaners ve...
Kommissie vir Gelyke Indiensneming se operasionele toesig en ontbrekende jaarverslae bevraagteken 19.10.2026 0:40
Na aanleiding van parlementêre oproepe om die Wet op Regstellende Aksie te hersien, het arbeidsdeskundige Herbert Jauch die dramatiese afname in die Kommissie vir Gelyke Indiensneming se operasionele toesig en ontbrekende jaarverslae bevraagteken. Jauch het beklemtoon dat die ministerie van arbeid 'n interne hersiening moet doen om uit te vind waarom die kommissie se moniteringskapasiteit verval h...
Sie nuus om 13:00 18.10.2026 2:52
Kry die nuus soos dit breek.
Huldeblyke stroom in vir wyle Penehupifo Pohamba 18.10.2026 0:37
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar innige meegevoel met oudpresident Hifikepunye Pohamba, sy familie en naasbestaandes, asook die Namibiese nasies uitgespreek na voormalige eerste dame Penehupifo Pohamba Saterdag in die Lady Pohamba-hospitaal in Windhoek oorlede is. Sy was 78 jaar oud. Die minister in die presidensie, Charles Mubita, het namens Nandi-Ndaitwah hulde aan wyle Pohamba gebring:
NNN vertrek op staatsbesoek na Angola 18.10.2026 0:40
Namibië en Angola is gereed om hul jarelange verhouding na 'n hoër vlak te neem, met president Netumbo Nandi-Ndaitwah wat vanadg tot Dinsdag 'n staatsbesoek aan Luanda sal aflê. Dit sal die eerste sitting van die Angola-Namibië Bi-nasionale Kommissie wees, waar die twee lande se presidente samewerking sal versterk oor kwessies wat beide lande regstreeks raak. Die presidensiële woordvoerder, Jonas...
'Geld kan nie berusting bring nie' 18.10.2026 0:32
Die maatskaplike aktivis Shaun Gariseb sê finansiële vergoeding kan nie emosionele sluiting vervang nie. Hy het gepraat oor die siviele regsgeding van 2,2 miljoen Namibiese dollar wat deur die vermoorde Ingrid Maasdorp se familie teen die regering gebring is. Maasdorp sê dit is 'n deurslaggewende toets van institusionele aanspreeklikheid vir skoolsekuriteitsmislukkings. Dit volg op die inhegtenisn...
Koalisies in SA verkiesings verwag 18.10.2026 0:40
Die plaaslike owerheidsverkiesings in Suid Afrika aanstaande maand is besig om die nuustoneel in die buurland te oorheers. Wydlopende reaksie van politieke kenners word in die verband ontvang. Christo van der Rheede ‘n onafhanklike politieke ontleder het sy mening aan Kosmos 94.1 nuus verwoord.
IPC de josie vir NWR oor Gross Barmen 18.10.2026 0:37
Die sluiting van binnenshuise swemgeriewe by die Gross Barmen-oord het daartoe gelei dat Rodrick Likando, die IPC se skaduminister van omgewing en toerisme, op verantwoording en antwoorde van Namibia Wildlife Resorts oor instandhouding eis. Likando sê die publiek verdien ’n verduideliking oor die herstelwerk, veral in die lig van die regering se belegging van 220 miljoen Namibiese dollar in die he...
Fietsry: Drikus trap deurnag; steeds voor in Rhino Run 18.10.2026 0:38
Die Namibiese fietsryer, Drikus Coetzee, het ‘n 24-uur lange skof agter die rug en loop steeds voor in die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet, met die Fransman, Stephane Lombard, in die tweede plek. Coetzee het reeds 2 255 km van die uitmergelende 2 835 km voltooi en pak vandag die sewende skof aan. Hy het met Kosmos 94.1 gepraat:
BKS: Nuwe reëls vir veebewegings, slagtings, vleishandel en uitvoere 18.10.2026 0:40
Namibië se veeartsenyowerhede het Saterdag die reëls vir veebewegings, slagtings, vleishandel en uitvoere uiteengesit terwyl bek-en-klouseer steeds die veebedryf ontwrig. Hoewel sekere veebewegings en slagtings onder streng veeartsenybeheer toegelaat word, bly beperkings in die geraakte //Kharasstreek stewig van krag. Die landbouministerie beklemtoon dat verskerpte siektetoesig, bewegingsbeheer en...
Midde-Ooste laat Suider-Afrika swaar trek 18.10.2026 0:38
Die ekonomieë van Suider-Afrika, insluitend Namibië, word steeds negatief geraak deur die oorloë in die Midde-Ooste, sowel as in Rusland en Oekraïne. Dr. Roelof Botha, ekonomiese adviseur vir die Optimum-groep en Betterbond, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat, hoewel die impak swaar is, veral vererger deur stygende inflasiekoers weens hoë brandstofpryse en vervoerkoste, dinge wel kan verbeter.
IPPR bekommerd oor deursigtigheid met tenders 17.10.2026 0:40
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing spreek kommer uit oor die swak nakoming van beplanningsvereistes vir openbare verkryging, nadat slegs 87 uit 260 verkrygingsaktiwiteite vir die 2026/2027-boekjaar gepubliseer is. Dit is slegs 33 persent. IPPR-navorser Frederico Links het Vrydag die syfers bekend gemaak en die Eenheid vir Openbare Verkryging in die Ministerie van Finansies gekritiseer omd...
BKS: 182 beeste op Kalala-eiland, Zambezi ingeënt 17.10.2026 0:33
Namibië se stryd teen bek-en-klouseer in die Zambezistreek het ’n belangrike mylpaal bereik, met al 182 beeste op een plaas op Kalala-eiland wat reeds ingeënt is. Die hoofveeartsenybeampte, dr. Kenneth Shoombe, het dié vordering Vrydag bevestig. Kalala-eiland, in die Kabbe-kiesafdeling, worstel met ’n afsonderlike uitbreking van bek-en-klouseer, wat nie verband hou met die uitbreking in die Karasb...
Vennootskap met MSC-plesierbote skep werk vir jong Namibiërs 17.10.2026 0:38
Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad het weer met MSC Cruises saamgewerk om internasionale werksgeleenthede vir jong Namibiërs te skep. Sedert die vennootskap middel-2023 begin het, is meer as 8 400 aansoeke ontvang, wat tot 42 werksaanbiedinge gelei het, waarvan 25 Namibiërs poste aan boord van MSC-plesierbote aanvaar het. Catherine Shipushu, die raad se woordvoerder, sê die...
Zelensky 'n 'sirkusmeester', sê Trump 17.10.2026 0:18
President Volodymyr Zelensky van Oekraïne het ʼn Amerikaanse ooreenkoms om diesel van Rusland te koop, veroordeel en sê dit dra finansieel by tot die Kremlin se oorlogspoging. Hy het by ʼn Europese Unie-beraad in Brussel gesê president Vladimir Putin van Rusland stel nie regtig in vredesonderhandelinge belang nie. Zelensky verwelkom Europese leiers se groter rol om die oorlog te beëindig. EU-leiers...
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos