Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
No dejes de visitar la web del podcast y apoyar a su creador: www.kosmos.com.na
Autor
Kosmos 94.1
Categoría
Web del podcast
Último episodio
21 de oct. de 2026
¿Dónde escuchar?
Podcasts en la app Replaio Radio Muy prontoLos podcasts llegarán muy pronto a la app. Instálala ahora y sé el primero en descubrir una forma totalmente nueva de vivir los podcasts
Episodios
NCCI steun besighede wat deur BKS geraak word 19.10.2026 0:26
Die president van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid, Vetumbuavi Mungunda, sê maniere gaan gevind moet word om besighede te ondersteun wat deur die bek-en-klouseer-uitbreking in die land geraak word. Mungunda het tydens die NCCI se oorhandiging van een en ‘n half miljoen Namibiese dollar aan die BKS-taakspan gesê die NCCI sal nou met die regering saamwerk om vertroue in Namibië as uitvoer...
Onderwysministerie verdedig data-opsporingstelsel se doeltreffendheid 19.10.2026 0:31
Die leierskap van die onderwys-ministerie het die sektor se data-opsporing en daaglikse ingrypings verdedig... en minister Sanet Steenkamp het beklemtoon dat die ministerie statistieke noukeurig dophou deur 'n onderwysbestuurs-inligtingstelsel. Sy het opgemerk dat kinders wat uit die skool-stelsel verdwyn, ook breër gemeenskaps- en sosio-ekonomiese uitdagings in die gesig staar. Sy het met Kosmos...
Kamwi prys Pohamba se nalatenskap in moedersorg 19.10.2026 0:41
Die voormalige minister van gesondheid, Richard Kamwi, het voormalige presidentsvrou, Penehupifo Pohamba, as Namibië se "Florence Nightingale" beskryf en haar vrywillige leierskap in die transformasie van moeder-gesondheidsorg geprys. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het Kamwi klem gelê op haar onbetaalde werk – wat gewissel het van fondsinsameling by internasionale ambassades vir die oprigting...
Blou Bulle maak gereed vir wedstryd teen Ulster 19.10.2026 0:37
Die Blou Bulle maak gereed vir Saterdag se volgende VRK wedstryd teen Ulster nadat hulle die afgelope naweek met 56-20 teen Stade Français gewen het. Die span se hoofafrigter, Johan Ackerman, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
BoN maan teen vervalste banknote. 19.10.2026 0:37
Kassiere en besigheids-eienaars word versoek om waaksaam te bly nadat twee Rehoboth-leerders betrap is met vervalste Suid-Afrikaanse banknote. Voor die feestyd raai Sencia Kaizemi-Rukata, direkteur van die Bank van Namibië se valutabestuur, winkeleienaars aan om die sekuriteitskenmerke van banknote noukeurig te inspekteer en vals geld onmiddellik by die polisie aan te meld. Sy het met Kosmos 94.1...
11:00 Nuus 19.10.2026 3:57
Kry die nuus soos dit breek.
Gevalle van A-pokke in Suid-Afrika styg tot 26 19.10.2026 0:20
Die SA Departement van Gesondheid het vier nuwe gevalle van A-pokke bevestig, wat die gevalle in Suid-Afrika vanjaar op 26 te staan bring. Daar is 18 gevalle in die Wes-Kaap, drie in Gauteng, twee in die Oos-Kaap, twee in die Vrystaat, en een in KwaZulu-Natal. Die departement sê die meeste pasiënte is mans tussen 23- en 50-jaar oud. Woordvoerder Foster Mohale vra enige iemand wat simptome ervaar,...
Tradisionele leiers moet hul gemeenskappe se kultuur bewaar - Sankwasa 19.10.2026 0:42
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, sê tradisionele leiers moet daarop fokus om te alle tye hul gemeenskappe se leefwyse en kultuur te bewaar. Sankwasa woon tans die 27ste jaarlikse vergadering van die Raad van Tradisionele Leiers in Otjiwarongo by. Hy het met Nampa gepraat en gesê dat tradisionele norme en reëls veral nagekom moet word wanneer geskille binne geme...
Ramaphosa verdedig die RNE en moedig SAners aan om te stem 19.10.2026 0:22
Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê partye in die regering van nasionale eenheid, met uiteenlopende beleid en ideologieë, kon daarin slaag om saam te werk tot voordeel van Suid-Afrika. Verlede week het die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, gevra vir ’n hersiening van die DA se rol binne die regering van nasionale eenheid, nadat die partye gebots het oor die ANC se saak teen die Verkiesi...
ZANU-PF betuig medelye ná die afsterwe van voormalige presidentsvrou Penehupifo Pohamba 19.10.2026 0:36
Die ZANU- PF party het uit Harare in Zimbabwe gereageer op die dood van die voormalige presidents vrou Penehupifo Pohamba. Die ZANU- PF party woordvoerder, Christopher Mutsvangwa het met Kosmos 94.1 nuus uit Harare gepraat.
09:00 Nuus 19.10.2026 4:09
Kry die nuus soos dit breek.
Penehupifo Pohamba se afsterwe ’n groot verlies vir familie en plaaslike owerhede 19.10.2026 0:40
Mandume Pohamba het sy ma, Penehupifo Pohamba, as ’n sorgsame en liefdevolle ma beskryf. Die 78-jarige Pohamba is oor die naweek in die Lady Pohamba-privaat hospitaal in Windhoek oorlede. Mandume het aan New Era gesê dat sy goed na haar man, voormalige president Hifikepunye Pohamba, omgesien het. Die burgemeester van Helao Nafidi, Darius Shaalukeni, het met Nampa oor Pohamba se dood gepraat en haa...
AfriForum wil Mbeki onder kruisverhoor plaas 19.10.2026 0:17
AfriForum het die Khampepe-kommissie gevra om advokaat Gerrie Nel toe te laat... om oud-president Thabo Mbeki onder kruisverhoor te plaas. Dit hou verband met bewerings van politieke inmenging om vervolging vir misdade in die apartheids-era te voorkom, insluitend die 1985-landmynaanval naby Musina, waarin Kobie van Eck en haar twee jong kinders dood is. Mbeki se getuienis van twee dae begin vandag...
08:00 Nuus 19.10.2026 4:31
Kry die nuus soos dit breek.
Mauritius-hotelle bly vol ten spyte van betogings en aandklokreël 19.10.2026 0:40
Die internasionale geopolitieke situasie beïnvloed die komende kersseisoen in verskeie dele van die wêreld. Volgens Jean Michel de Senneville, ‘n oud-diplomaat van Mauritius, lyk die besprekings vir bestemmings op Mauritius vir die komende kersseisoen redelik goed. Die regering het onlangs in dele van die eiland ‘n aandklokreël ingestel nadat betogings oor watertekorte en die lewenskoste ná ‘n pol...
Dobbelraad waarsku teen dobbel met studietoelaes 19.10.2026 0:16
Die SA Nasionale Dobbelraad waarsku studente gebruik hul Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente-toelaes om aanlyn te dobbel. Die waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, het op die bekendstelling van die Handves vir Verantwoordelike Dobbelary by Sun International gesê kwesbare groepe dobbel met geld vir noodsaaklike uitgawes soos kos, huur en studies. Hy bevestig die raad en NSFAS werk...
07:00 Hoofnuus 19.10.2026 5:47
Kry die nuus soos dit breek.
Drikus sien uit na laaste skof van Rhino Run-fietswedren 19.10.2026 0:42
Dis ’n nuwe week, en ook die laaste skof van die 2026 Rhino Run-fietswedren van Windhoek na Graaff-Reinet in Suid-Afrika. Namibië se Drikus Coetzee is steeds in die eerste plek en sê hy sien daarna uit om die wedren vandag te voltooi.
Digitale platforms en sosiale media aan die voorpunt van verandering in Namibië se medialandskap 19.10.2026 0:31
Namibië se media-landskap verander vinnig namate digitale platforms en sosiale media die manier waarop mense nuus verbruik, hervorm. Die voormalige uitvoerende direkteur van die ministerie van Inligting en Kommunikasietegnologie, Audrin Mathe, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitdagings en geleenthede wat dit vir die mediabedryf inhou:
Reaksie stroom in ná die afsterwe van voormalige presidentsvrou, Penehupifo Pohamba 19.10.2026 0:44
Die minister van onderwys, dr. Sanet Steenkamp, sê Pohamba se afsterwe laat ’n groot leemte.
Reaksie stroom in ná die afsterwe van voormalige presidentsvrou, Penehupifo Pohamba 19.10.2026 0:30
Reaksie stroom van heinde en verre in ná die afsterwe van die voormalige presidentsvrou, Penehupifo Pohamba, wat oor die naweek op die ouderdom van 78 jaar oorlede is. Voormalige eerste minister Nahas Angula het met Kosmos 94.1 gepraat.
Namibië en Angola skop eerste Binasionale Kommissie ministeriële sessie af 19.10.2026 0:42
Namibië en Angola het hul eerste ministeriële sessie van die Binasionale Kommissie gehou om die uitvoering van bestaande ooreenkomste te bespoedig. Sleutelprojekte sluit die Baynes-hidrokragstasie, ’n kragverbindingsprojek, ’n eenstopgrenspos by Oshikango-Santa Clara en die uitbreiding van die Cafu-kanaal se watervoorsiening na Namibië in. Angola se minister van Eksterne Betrekkinge, Tete António,...
Die Presidensie wag op polisieverslag ná persoon BBP-sitkamer by Eros-lughawe insluip 19.10.2026 0:39
Die Presidensie sê hy wag op ’n polisieverslag nadat ’n ongemagtigde persoon by die Eros-lughawe verby sekuriteit geglip en die BBP-sitkamer binnegedring het. Woordvoerder Jonas Mbambo het die opslae op sosiale media afgemaak en beklemtoon dat die kernkwessie is hoe toegang tot beperkte gebiede verkry is, om te verseker dat die veiligheid van die staatshoof gewaarborg bly.
Zille: DA-regering in Johannesburg sal nooit pynlike jare van apartheid herhaal nie 19.10.2026 0:18
Die DA se burgemeesterskandidaat in Johannesburg, Helen Zille, sê 'n DA-regering in Johannesburg sal nooit die pynlike jare van apartheid herhaal nie. Zille se uitlatings volg te midde van verskerpte verkiesingsveldtogte voor die plaaslikeregeringsverkiesing, met Johannesburg as een van die sleutelgebiede. Sy het afgevaardigdes by Nasrec in Gauteng toegespreek en gesê die DA wil Suid-Afrikaners ve...
Kommissie vir Gelyke Indiensneming se operasionele toesig en ontbrekende jaarverslae bevraagteken 19.10.2026 0:40
Na aanleiding van parlementêre oproepe om die Wet op Regstellende Aksie te hersien, het arbeidsdeskundige Herbert Jauch die dramatiese afname in die Kommissie vir Gelyke Indiensneming se operasionele toesig en ontbrekende jaarverslae bevraagteken. Jauch het beklemtoon dat die ministerie van arbeid 'n interne hersiening moet doen om uit te vind waarom die kommissie se moniteringskapasiteit verval h...
Podcasts similares
Replaio no es editor de podcasts; los nombres de los programas, las portadas y el audio pertenecen a sus autores y se distribuyen a través de canales RSS públicos