Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ 1846 avsnitt

Kry die nuus soos dit breek.

Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.kosmos.com.na

Skapare

Kosmos 94.1

Kategori

News

Poddens webbplats

www.kosmos.com.na

Senaste avsnittet

27 nov 2026

Var kan du lyssna?

Poddar i appen Replaio Radio Kommer snart

Poddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar

Ladda ned på Google Play Installera gratis Android 10 mn+ nedladdningar · betyg 4,7+ iOS snart

Avsnitt

President dring op vinniger uitvoering van 34 kabinetsopdragte aan 25.11.2026

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het met die opening van die tweede Namibia Public-Private Forum aangedring op dringende uitvoering van die 34 kabinetsopdragte wat ná die vorige forum voortgespruit het. Sy het gewaarsku dat daar nie langer met die uitvoering daarvan gesloer kan word nie. Met verwysing na die konflik in die Midde-Ooste en bek-en-klouseer in Namibië, het sy gesê die verwagte reële B...

Verkeersbeamptes beboet motoriste sonder bestuurslisensies 25.11.2026

Motoriste word daaraan herinner om te alle tye hul geldige bestuurslisensie by hulle te hê wanneer hulle op die land se paaie bestuur. Verskeie motoriste is vanoggend in Windhoek beboet nadat hulle sonder hul bestuurslisensies agter die stuurwiel betrap is. Die voorvalle beklemtoon die belangrikheid daarvan dat motoriste seker maak dat hulle oor die nodige dokumentasie beskik voordat hulle hul rei...

Nida beplan twee sonkragaanlegte in //Kharas met 800 werksgeleenthede 25.11.2026

Nida en Ridgepoint Sentinel Company beplan gesamentlik twee sonkragaanlegte van twee megawatt elk in die //Kharas-streek. Ridgepoint se besturende direkteur, Herman Van Zyl, sê die projek kan tot 800 werksgeleenthede skep en Nida se produksiekoste met 11 miljoen Namibiese dollar verlaag. Minister Modestus Amutse sê dit sal help om elektrisiteitskoste by groenskemas te verminder.

Springbok-sewesspan skop nuwe SVNS-seisoen in Doebai af 25.11.2026

Die Springbok-sewesspan het veilig in Doebai aangekom voor die eerste toernooi van die nuwe 2026/27 HSBC SVNS-reeks, wat Saterdag by die Sevens-stadion afskop. Afrigter Philip Snyman se verdedigende kampioene kom in hul groepwedstryde eerste teen Argentinië, Australië en die VSA te staan. Ryan Oosthuizen, wat reeds sy negende seisoen in die reeks aanpak, sê met hul aankoms in Doebai dat hy gereed...

Studie oor positiewe impak van trofeejag lok reaksie in Namibië 25.11.2026

Reaksie word ontvang op ’n internasionale studie wat bevind het dat trofeejag oor die algemeen positiewe uitkomste vir bewaring en plaaslike gemeenskappe in Afrika suid van die Sahara lewer. Dit is in Conservation Letters gepubliseer en het 89 wetenskaplike artikels uit 13 lande ontleed. Daar is bevind dat 65 persent van die gedokumenteerde uitkomste positief en 26 persent negatief was. Trofeejag...

SA wil handelsbetrekkinge uitbrei met 27 markte in sy visier 25.11.2026

Die Suid Afrikaanse minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê Suid-Afrika moet sy uitvoere uitbrei, markte diversifiseer en produktiewe beleggings lok om vinniger en meer inklusiewe groei te bewerkstellig. Die departement het gister ʼn afskeidseremonie aangebied vir die pas aangestelde buitelandse ekonomiese verteenwoordigers wat na markte wêreldwyd ontplooi word. Tau sê hulle he...

SUN waarsku oor swak onderwysinfrastruktuur in Kunene 25.11.2026

Die Student Union of Namibia sê ’n tekort aan water, elektrisiteit en klaskamers dra by tot swak akademiese prestasie en belemmer jongmense se toegang tot tersiêre onderwys in die Kunene-streek. Midde berigte dat sowat 900 leerders vanjaar skool verlaat het en slegs 23 persent verlede jaar hul AS-vlak geslaag het, sê raadsvoorsitter Bernard Kavau dat selfs die min Kunene-leerders wat universiteit...

Sokker: Senegal word weer aangewys as wenner van AFCON 2025 25.11.2026

Die Hof van Sport-arbitrasie het Senegal aangewys as wenner van 2025 se Afrikabeker-toernooi. Die land het die gasheer, Marokko, in Januarie 1-0 verslaan in die eindstryd, maar die beheerliggaam, CAF, het hom in Maart die titel ontneem omdat hy kompetisie-reëls oortree het deur van die veld te stap toe 'n doel nie toegeken is nie en 'n strafskop aan Marokko toegestaan is. Die hof se direkteur-gene...

Brown Mogotsi moet wag nadat sy borgtogaansoek tot 1 Des uitgestel is 25.11.2026

Die saak teen Brown Mogotsi, wat homself as ’n politieke tussenganger beskryf, is tot 1 Desember uitgestel vir verdere borgtog-ondersoeke. Mogotsi het gister vlugtig in die Pretoriase landdroshof verskyn, waar hy teregstaan op ’n aanklag oor beweerde valse getuienis wat hy onder eed voor die Madlanga-kommissie afgelê het. Lumka Mahanjana van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die staat het aangedui...

IRR waarsku lae beleggings belemmer ekonomiese groei 25.11.2026

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Suid-Afrika lok nie genoeg beleggings om die ekonomie te laat groei en werksgeleenthede te skep nie. Die organisasie skryf dit toe aan misdaad, swak infrastruktuur en ingewikkelde reëls, wat ondernemings huiwerig maak om te belê. Terence Corrigan van die instituut sê die regering moet veranderinge aanbring om beleggings aan te moedig, die ekonomie te laat groe...

Studie: Trofeejag bevoordeel wildbewaring en gemeenskappe 25.11.2026

’n Internasionale studie waaraan navorsers van die Universiteit Stellenbosch deelgeneem het, het bevind dat trofeejag in Afrika suid van die Sahara oor die algemeen positiewe uitkomste vir wildbewaring en plaaslike gemeenskappe lewer. Die studie het spesifiek na gedokumenteerde bewarings- en gemeenskaps-uitkomste gekyk. Hayley Clements van die universiteit se Sentrum vir Volhoubaarheidsoorgange he...

Ramaphosa hou vol regering sal nie staatsbeheerde maatskappye privatiseer nie 25.11.2026

Die Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sê die regering het geen planne om staatsondernemings te privatiseer nie. Ramaphosa het in reaksie op vrae in die Nasionale Raad van Provinsies gesê privaat maatskappye sal betrek word om te help met die verbetering van dienste by hawens en op spoorweë, maar die bates sal in staatsbesit bly. Hy sê Eskom word geherstruktureer om elektrisiteitsopwekking...

UNFPA waarsku oor struikelblokke wat jongmense se toekoms beperk 25.11.2026

Die Verenigde Nasies Bevolkingsfonds se uitvoerende direkteur, Diene Keita, sê werks-onsekerheid en politieke uitsluiting verhoed dat jongmense belangrike lewensdoelwitte bereik, al is hulle die bes-opgevoede generasie in die geskiedenis. Sy het met die bekendstelling van die 2026 Wêreld-bevolkingsverslag, wat op terugvoer van meer as 100 000 jongmense gegrond is, gesê vier uit elke vyf jong volwa...

Cosatu waarsku besparingsmaatreëls sal nie SA se werkloosheidskrisis oplos nie 25.11.2026

Die vakbondfederasie Cosatu vra die regering om sterker maatreëls in te stel om werkloosheid, armoede en stadige ekonomiese groei aan te spreek. Die federasie het die oproep gedoen terwyl hy sy voorlegging oor die mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring en Wetsontwerp op Aanpassings aan die Parlement voorgelê het. Matthew Parks van Cosatu sê die jongste begrotingsplanne gaan nie ver genoeg om suk...

LPM bekommerd oor Namibië se waterskuld van N$2,8 miljard 25.11.2026

Die LPM is bekommerd oor die toenemende waterskuld, wat tans op meer as 2,8 miljard Namibiese dollar staan. In vrae wat aan lynminister Inge Zaamwani-Kamwi in die parlement gerig is, sê LPM-parlementslid Eneas Emvula dat geen Namibiër toegang tot water ontneem behoort te word weens finansiële wanbestuur of die versuim van owerhede om op te tree nie. Hy het ook vrae oor berigte dat plaaslike owerhe...

Sterrekyk kan geestesgesondheid en welstand bevorder, sê navorsers 25.11.2026

Die Universiteit Stellenbosch en die Internasionale Astronomiese Unie doen navorsing oor hoe sterre-kyk, sterrekunde en tyd in die natuur mense se geestes-gesondheid en algemene welstand kan bevorder. Professor Lynn Hendricks van die Universiteit Stellenbosch sê die projek ondersoek of die waarneming van die naghemel ’n positiewe uitwerking op mense se emosionele gesondheid kan hê.

Toerismesektor toon sterk vraag ondanks uitdagings 25.11.2026

Daar is steeds sterk vraag in die plaaslike toerismesektor, maar bekostigbaarheid, toeganklikheid en seisoenale besettingsvlakke bly groot uitdagings. Volgens Simonis Storm se November 2026-verslag oor die toerisme-ekonomie en -vooruitsigte het die besettingskoers by tentlodges in September 90,3 persent bereik, terwyl die derde kwartaal beter as 2019-vlakke gevaar het. Die koste van hotelverblyf v...

Bek-en-klouseer-uitbreking in //Kharas bly onder beheer, sê NLU 25.11.2026

Meer as 60 dae nadat bek-en-klouseer op 23 September vir die eerste keer in die //Kharas-streek aangemeld is, sê die landboubedryf hy is tot dusver tevrede met die wyse waarop die uitbreking hanteer word. Die aantal bevestigde gevalle staan steeds op 131, met 18 plase in die ǁKharasstreek wat geraak word. NLU-president Thinus Pretorius gee meer inligting.

DA onderteken koalisie-ooreenkoms met Vryheidsfront Plus, vier ander partye 25.11.2026

Die DA, Vryheidsfront Plus, UDM, ActionSA, ACDP en PAC het 'n koalisie-ooreenkoms onderteken om 'n nuwe regering in Nelson Mandelabaai te vorm. Die ooreenkoms, wat gister onderteken is, baan die weg vir die DA-raadslid Retief Odendaal om burgemeester te word, waardeur die ANC en EFF effektief uit die nuwe administrasie uitgesluit word. Athol Trollip van ActionSA sê die partye is daartoe verbind om...

Nasionale Raad bekommerd oor begroting-besnoeiings 25.11.2026

Die Nasionale Raad het kommer uitgespreek oor begroting-besnoeiings en die weerhouding van fondse wat aan plaaslike owerhede toegeken is. Die raad waarsku dat dit dienslewering en ontwikkeling op grondvlak kan ondermyn. Tydens 'n debat oor die middeltermyn-begrotingsoorsig het raadslid Andreas Amundjindi 'n beroep op die lynministerie gedoen om streek- en plaaslike owerheidsraadslede te raadpleeg...

Die dag wat was, 24 November 2026 24.11.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Rusland, China, Iran, N-Korea 'hou langtermyn-bedreiging vir Europa in' 24.11.2026

Navo se sekretaris-generaal, Mark Rutte, waarsku Rusland se oorlogsmasjien loop volstoom en kan ook 'n bedreiging vir Europa inhou lank na die einde van die oorlog met Oekraïne. Intelligensie-verslae toon Rusland gaan binne 'n kwessie van weke 'n kern-bewapende satelliet lanseer. Rutte sê Rusland se uitbreiding van militêre produksie en samewerking met China, Iran en Noord-Korea hou 'n langtermyn-...

Zille beskuldig partye hulle probeer DA uit Joburg-regering hou 24.11.2026

Die burgemeesterskandidaat van die DA vir Johannesburg, Helen Zille, het die ANC, EFF, MK-party en ActionSA daarvan beskuldig dat hulle saamwerk om die DA uit die regering te hou. Zille het buite die Hooggeregshof in Johannesburg gesê, mededingende partye vrees dat die DA se rekord van doeltreffende bestuur meer kiesers sal lok. Sy het uMngeni, Midvaal en Kaapstad as voorbeelde genoem van die part...

Bly by veiligheidsreëls wanneer gevangenes besoek word: NCS 24.11.2026

Die Namibiese Korrektiewe Diens doen ’n beroep op families wat gevangenes gedurende die feestyd besoek om streng veiligheids-maatreëls na te kom. Die Diens waarsku dat daar nie gepoog moet word om verbode items in te smokkel nie. Tydens ’n regerings-inligtingsessie het die hoofsekuriteitsbeampte, Ikume Nchindo, gesê dat besoek-ure wel verleng kan word, maar dat besoekers nie toegelaat sal word om...

Regering fokus op plaaslike inhoud in oliebedryf 24.11.2026

Die regering sê hy verskerp sy pogings om te verseker dat die olie- en gasbedryf tasbare ekonomiese voordele vir plaaslike ondernemings en burgers sal inhou. Kornelia Shilunga, spesiale adviseur en hoof van die Stroomop Petroleum-eenheid in die Kantoor van die President, sê deursigtige en meetbare plaaslike-inhoudraamwerke sal ’n sleutelrol speel in die bevordering van binnelandse waardetoevoeging...

Lyssna på podden Nuus i Replaio

Radio och poddar i en och samma app - gratis och utan konto. Installera redan idag och missa inte premiären

Ladda ned på Google Play

Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden