Kosmos 94.1

Nuus

News AF ↓ 1843 avsnitt

Kry die nuus soos dit breek.

Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.kosmos.com.na

Skapare

Kosmos 94.1

Kategori

News

Poddens webbplats

www.kosmos.com.na

Senaste avsnittet

27 nov 2026

Var kan du lyssna?

Poddar i appen Replaio Radio Kommer snart

Poddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar

Ladda ned på Google Play Installera gratis Android 10 mn+ nedladdningar · betyg 4,7+ iOS snart

Avsnitt

Lewis Hamilton sê hy en Leclerc mag meeding 27.11.2026

Motorsport: Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton van Brittanje, sê hy en sy Ferrari-spanmaat, Charles Leclerc, mag steeds met mekaar meeding. Hulle het verlede naweek liggies gebots in die Grand Prix in Las Vegas na voorvalle in Italië en Mexiko, wat die renjaer van Monaco 'n boete van tien-sekondes en erge kritiek van spanhoof Fred Vasseur op die hals gehaal het. Hamilton sê...

Winsgewende landbou 'is voorvereiste vir voedselsekerheid' 27.11.2026

Die landbou-organisasie TLU SA vra die regering om meer aandag te skenk aan die ekonomiese omgewing waarbinne boere moet produseer. Die jongste Produsenteprys-aanwyser toon die jaarlikse produsenteprys-inflasie vir vervaardigde goedere het in Oktober tot 8,1-persent toegeneem vergeleke met 6,2-persent in September. Produsentepryse in die landbousektor het op 'n jaarbasis egter met slegs 0,3-persen...

Politieke onbestendigheid in Tshwane sal voortduur: DA 27.11.2026

Die DA in Tshwane sê hy neem die opposisiebank in wetende hy het alles moontlik gedoen om ʼn regering te verseker wat daartoe verbind is om die metro vir almal te laat werk. Die DA is ná die plaaslike regering-verkiesing die grootste party in Tshwane, maar die ANC, ActionSA, EFF en MK-party het ʼn koalisie gevorm om die metro te regeer. Nasiphi Moya van ActionSA is herverkies as burgemeester. Cillie...

Kyk uit vir misdadigers in die feestyd, maan NamPol Kavango-Oos 27.11.2026

Die Kavango Oos-streek het tussen Januarie en November vanjaar altesaam 375 padongelukke, 153 gevalle van geslagsgeweld en 71 veediefstalsake aangeteken. Die streekspolisiehoof, kommissaris Andreas Haingura, het inwoners tydens die bekendstelling van die feesseisoen-veldtog in Rundu gewaarsku om waaksaam te bly. Hy sê misdadigers buit die groter verkeersvloei, onbewoonde huise en verhoogde kontant...

Herkose Tshwane-burgemeester beloof om dienslewering te versnel 27.11.2026

ActionSA se herkose Tshwane-burgemeester Nasiphi Moya beloof om in haar tweede termyn op die metro se finansiële herstel voort te bou en voorkeur te gee aan betroubare basiese dienste, hernuwing van infrastruktuur en werkskepping. Sy is gister tydens Tshwane se eerste raadsvergadering herkies, en Omphile Maotwe van die EFF is onbestrede as onderburgemeester verkies. Moya sê hulle is vasbeslote om...

Moord op ma hernuwe kommer oor hekserybeskuldigings 27.11.2026

’n Man se bekentenis in die hof dat hy sy ma vermoor het nadat ’n tradisionele geneser hom glo vertel het dat sy vir sy ereksie-probleme verantwoordelik was, het kommer oor die gevare van hekserybeskuldigings laat herleef. Berrie Holtzhausen, stigter van Alzheimer’s Dementia Namibia, sê die saak laat vrae ontstaan oor of die geneser se beweerde rol voldoende tydens die hofverrigtinge aangespreek i...

Leon Schuster: Van rugbyveld tot koning van komedie 27.11.2026

Min mense weet dat Suid-Afrika se koning van komedie, Leon Schuster, eens 'n gedugte haker vir die Universiteit van die Oranje-Vrystaat se eerstespan was. Dit was in die vroeë sewentigerjare, lank voordat hy die land met sy rolprente en poetse aan die skaterlag gehad het. Met die Springbokke se kragmeting teen Frankryk om die draai, deel Schuster nou eksklusief met Kosmos 94.1 Nuus herinneringe aa...

Drie supermane verhelder die naghemel oor die feestyd 27.11.2026

Sterrekykers kan uitsien na drie agtereenvolgende supermane in Desember, Januarie en Februarie. Die astrofisikus, professor Pieter Meintjies, sê die supermane op 24 Desember, 22 Januarie en 20 Februarie sal groter en helderder as gewoonlik in die naghemel voorkom.

Rekord-petrolprysverlaging moontlik in Desember vir SA motoriste 27.11.2026

Suid-Afrikaanse motoriste kan moontlik vroeg Kersfees by die brandstofpompe vier, met petrolpryse wat in Desember aansienlik kan daal. 'n Skerp daling in internasionale oliepryse het tot groot oorverhalings gelei, wat selfs die verwagte verhoging van 50 sent per liter weens die gedeeltelike terugtrekking van brandstofbelastingverligting oorskry. Indien die huidige tendens voortduur, kan dit die gr...

Regering ontken berigte van opeenhoping by Walvisbaai-hawe 27.11.2026

Die regering het skeepsvaartmaatskappye en hawegebruikers verseker dat daar geen opeenhoping by die hawe van Walvisbaai is nie, ondanks berigte dat verskeie skepe hul besoekskedules verander het. Minister van Werke en Vervoer, Veikko Nekundi, sê die betrokke skepe het reeds by vorige hawens vertragings ervaar, en hul veranderde vaarskedules hou dus nie verband met opeenhoping in Walvisbaai nie. Na...

Mashatile belowe voortgesette steun aan sukkelende munisipaliteite 27.11.2026

Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering sal voortgaan om munisipaliteite te ondersteun ten einde hul prestasie te verbeter en kapasiteitsprobleme aan te spreek. Mashatile het in reaksie op vrae in die Nasionale Raad van Provinsies gesê die oriënteringsprogram vir rade in 2026 sal help om plaaslike regering te versterk, met die ministerie van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake wat di...

Koringoes vanjaar vroeër deur meulenaars aangekoop 27.11.2026

Die Akkerbouraad sê plaaslike meulenaars koop vanjaar se koringoes vroeër aan weens die goeie gehalte en kommer oor vroeë reën. Die raad se algemene bestuurder vir tuinbou- en akkerbou-ontwikkeling, Gilbert Mulonda, sê meulenaars in die sentrale gebiede het reeds begin om die oorblywende 2 977 ton koring in die Karst- en sentrale sones aan te koop. Die proses sal na verwagting teen middel-Desember...

AfriForum sê die regte van verskeie minderhede in SA word bedreig   27.11.2026

AfriForum hou vol dat die regte van Suid-Afrikaanse minderhede in die land bedreig word. Dit sluit die diskriminerende toepassing van raswette in. Die organisasie het in Switserland ʼn voorlegging by die Verenigde Nasies se forum oor minderheidsake gelewer. Die Suid-Afrikaanse regering voer aan die vervolging van Afrikaners is ʼn vals narratief en dat minderhede beskerm word. Werner Human van AfriFo...

SA regering bewillig N$60m vir opleiding van nuutverkose raadslede 27.11.2026

Die adjunkpresident, Paul Mashatile sê pasverkose munisipale raadslede sal opleiding ontvang om hulle te help om hul pligte uit te voer. Mashatile het in antwoord op mondelinge vrae in die Nasionale Raad van Provinsies gesê 60-miljoen-rand is vir die opleiding toegewys. Die opleiding sal fokus op rolle en verantwoordelikhede, insluitend kwessies wat deur die Ouditeur-generaal uitgewys is. Hy sê ra...

Bek-en-klouseer moet dringend getakel word   27.11.2026

Die tweede Namibia Public-Private Forum (Nam-PPF) het in Windhoek regerings- en privaatsektorrolspelers byeengebring om ekonomiese knelpunte en hervormings te bespreek. Dagmar Honsbein, voorsitter van die presidensiële taakmag oor ekonomiese herstel en transformasie, sê daadwerklike optrede is nodig om dié uitdagings aan te pak, veral die bek-en-klouseer-uitbreking wat dringend aandag verg.  

SA regering bewillig N$60m vir opleiding van nuutverkose raadslede 27.11.2026

Die adjunkpresident, Paul Mashatile sê pasverkose munisipale raadslede sal opleiding ontvang om hulle te help om hul pligte uit te voer. Mashatile het in antwoord op mondelinge vrae in die Nasionale Raad van Provinsies gesê 60-miljoen-rand is vir die opleiding toegewys. Die opleiding sal fokus op rolle en verantwoordelikhede, insluitend kwessies wat deur die Ouditeur-generaal uitgewys is. Hy sê ra...

UNAM se sperdatum vir uitstaande klasgelde is 30 Nov 27.11.2026

Unam herinner studente, ouers en borge om alle uitstaande tweede semester-gelde teen Maandag, 30 November te betaal. Woordvoerder Simon Namesho sê eksamenuitslae sal teruggehou word indien rekeninge nie vereffen is nie. Kontantbetalings word ook nie meer aanvaar nie, en studente kan per kaart, elektroniese fondsoorplasing of aanlyn betaal, met hul studentenommer as verwysing.

Ramaphosa vra dat struikelblokke vir klein ondernemings uit die weg geruim word 27.11.2026

President Cyril Ramaphosa sê toegang tot befondsing en markte, asook regulatoriese struikelblokke, moet 'n sentrale rol speel in die Nasionale Plan vir Mikro-, Klein en Medium Ondernemings. Ramaphosa het op die Presidensiële Toekennings vir Klein Ondernemings en Koöperasies in Sandton gesê klein sakeondernemings kan 'n groot bydrae tot werkskepping en ekonomiese groei lewer, en die regering werk s...

Kalala-boere versoek om BKS-maatreëls na te kom 27.11.2026

Boere op Kalala-eiland word versoek om steeds streng by bek-en-klouseerbeheermaatreëls te hou, ondanks twee rondes van inenting waarby meer as 53-duisend beeste reeds ingeënt is. Zambezi-staatsveearts vir medisynebeheer en adviesdienste, Paul Sitwala, het met New Era News gepraat en beklemtoon dat boere alle regulasies van die Direktoraat Veterinêre Dienste moet nakom om verdere verspreiding van d...

COP31 eindig sonder omvattende klimaatooreenkoms 27.11.2026

Die COP31-klimaatberaad in Antalya, Turkye, het Sondag geëindig sonder 'n omvattende klimaatooreenkoms, nadat lande nie konsensus oor fossielbrandstowwe en klimaatfinansiering vir kwesbare lande kon bereik nie. Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het die uitkoms as teleurstellend beskryf en gewaarsku dat wêreldwye klimaatsoptrede dringend versnel moet word. Professor Guy...

Kieswetter stel nasionale struktuur voor om georganiseerde misdaad te bekamp 27.11.2026

Die voormalige kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter het Suid-Afrika aangespoor om internasionale strategieë te aanvaar om georganiseerde misdaad te bestry. Kieswetter het in 'n 16-bladsy bloudruk aan die Madlanga-kommissie, ondermeer gevra misdaadnetwerke moet geteiken word, en vir die vestiging van 'n nasionale koördineringsstruktuur. Hy het ook groter samewerking...

Wiese verwag titaniese stryd tussen Springbokke en Frankryk 27.11.2026

Die spanning bou op voor Sondag se groot kragmeting tussen Suid-Afrika en Frankryk in die eindstryd van die Rugbykampioenskap op Twickenham in Londen. Ondersteuners sien uit na 'n titaniese stryd waarin elke punt gaan tel. Oud-Springbok, entrepreneur en televisiepersoonlikheid Kobus Wiese het sy verwagtinge só aan Kosmos 94.1 Nuus opgesom.

Feestyd bring nie vir almal vreugde nie 27.11.2026

Hierdie tyd van die jaar bring volgens sielkundiges dikwels gevoelens van swaarmoedigheid en depressie mee. Terwyl baie mense die feestyd vier, worstel ander stilweg met hul emosionele welstand. Kliniese sielkundige, dr. Hilda Lösch, het met Kosmos 94.1 Nuus oor dié verskynsel gesels.

President eis aanspreeklikheid van staatsinstellings 27.11.2026

President Netumbo Nandi-Ndaitwah waarsku staatsbeheerde ondernemings om nie buite regeringsbeleid op te tree nie. Sy sê dié instellings moet nasionale ontwikkelingsprioriteite uitvoer en nie hul eie agendas volg nie. Tydens die afsluiting van die tweedaagse Namibiese Openbare-Private Sektorforum in Windhoek het sy ministers ook opdrag gegee om swak bestuur en leierskap in hul onderskeie ministerie...

Ses maande om bek-en-klouseer te stuit, twaalf indien dit versprei 27.11.2026

Die Landbouministerie het twee planne uiteengesit om Namibië se bek-en-klouseervrye status te herstel. Minister Inge Zamwani sê die voorkeurplan behels ses maande van inenting en die uitskot van vatbare diere op besmette plase in die //Kharas-streek. Indien die siekte verder versprei, sal 'n alternatiewe plan van twaalf maande, met voortgesette inenting en toesig, gevolg word. Tot dusver is 18 bes...

Lyssna på podden Nuus i Replaio

Radio och poddar i en och samma app - gratis och utan konto. Installera redan idag och missa inte premiären

Ladda ned på Google Play

Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden