Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.kosmos.com.na
Var kan du lyssna?
Poddar i appen Replaio Radio Kommer snartPoddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar
Avsnitt
Dringend meer psigiaters nodig 11.10.2026 0:34
Namibië beoog om jaarliks drie dokters as spesialiste in psigiatrie op te lei in ’n nuwe poging om die land se geestesgesondheidsdienste te versterk. Gesondheidsminister Esperance Luvindao het die plan Saterdag op Wêreldgeestesgesondheidsdag aangekondig. Luvindao het in Windhoek ’n ministeriële verklaring en verbintenis tot geestesgesondheid onderteken, met visepresident Lucia Witbooi as getuie. D...
Wes-Kaap betaal vir gesond leef 11.10.2026 0:29
Gesonde leefgewoontes kan inwoners van die Wes-Kaap voortaan geld in die sak bring. Die provinsie het Suid-Afrika se eerste beloningsprogram vir gebruikers van openbare gesondheidsdienste bekend gestel. WOWRewards se wegspringprojek skop in Mitchells Plain af en bied deelnemers maandeliks belonings ter waarde van tot 100 rand. Inwoners kan punte verdien deur te oefen, kinders se inentings op datum...
Zelenski nou 'n stok in Trump se wiel 11.10.2026 0:32
Amerikaanse president Donald Trump sê dis tyd dat Oekraïne ’n nuwe president kry. Dit volg nadat president Wolodimir Zelenski Amerika se diesel-ooreenkoms met Rusland gekritiseer het. Volgens Zelenski sal die ooreenkoms Moskou meer geld gee om sy oorlog teen Oekraïne voort te sit. Trump het Saterdag gesê Zelenski veroorsaak wêreldwyd probleme deur aanvalle op Russiese olieraffinaderye toe te laat....
SAPS skraap tientalle sokkerboewe 11.10.2026 0:34
Die Suid-Afrikaanse polisie het vermeende opstokers in hegtenis geneem wat na bewering beplan het om Saterdagmiddag se sokkerwedstryde in Durban te ontwrig. Hulle is onder 30 mense wat sedert Donderdag vasgetrek is tydens ’n polisietoeslaan op onrus. Altesaam 25 mense is in KwaZulu-Natal en vyf in Gauteng aangekeer. Die oortredings sluit openbare geweld, onwettige byeenkomste, dwarsboming en weers...
Nuwe vennootskap ondersteun Epukiro 11.10.2026 0:35
'n Nuwe vennootskap gaan volhoubare leefwyse en gemeenskapsontwikkeling in die Omaheke-streek ondersteun. Nictus en Auas Motors verskaf, in samewerking met die Isuzu-stigting, ‘n finansiële borgskap vir die Epukiro Eco-Village , 'n inisiatief van die N/a’an ku sê-stigting, wat daarop gemik is om volhoubare behuising met verbeterde gemeenskapswelsyn en ekonomiese geleenthede te kombineer. Francois...
Unie sê plaaslike oplossings is beter vir akkreditasiekrisis 10.10.2026 0:32
Die Studente-unie van Namibië het Nust se geval-tot-geval konsultasies met studente wat geraak word deur die mediese laboratoriumwetenskappe-akkreditasiekrisis verwerp. Die unie beskou privaat vergaderings as onnodig. Terwyl Nust-studente individueel betrek om oordragopsies en plaaslike of streeksplasings te ondersoek, het die voorsitter van die SUN-raad, Bernard Kavau, die universiteit aangespoor...
Aftakeling van stigma oor geestesgesondheid noodsaaklik 10.10.2026 0:44
Vandag is Wêreldgeestesgesondheidsdag. Namibië plaas vanjaar die stemme van mense wat self met geestesgesondheidsprobleme worstel, in die kollig. Die land se tema vir die dag, “werklike ervarings, werklike stemme, werklike verandering” is ook daarop gemik om die stigma rondom geestesgesondheid af te breek. Vandag is terselfdertyd die afsluiting van Namibië se maandlange bewusmakingsveldtog oor gee...
Duitsland onderskraag groen kragplanne 10.10.2026 0:40
Namibië en Duitsland het 'n ooreenkoms vir tegniese samewerking ter waarde van 103 miljoen Namibiese dollar onderteken om toegang tot energie en groenindustrialisasie te bevorder. Die ooreenkoms, wat onderteken is ná 'n welwillenheidsbesoek deur Duitse ambassadeur Thomas Wimmer aan die direkteur-generaal van die NPC, dr. Kaire Mbuende, sal daarop gemik wees om nasionale elektrisiteitsdekking teen...
Rugby: Bulle verwag taai stryd teen Leeus 10.10.2026 0:38
Die Blou Bulle en die Leeus draf vanmiddag om halftwee op Loftus Versfeld in Pretoria teen mekaar uit in rugby se sogenaamde Jukskei-derby. Die span uit Johannesburg is tans vierde op die punteleer in die Verenigde Rugbykampioenskap, met die Bulle in die sewende posisie. Johan Ackermann, hoofafrigter van die Bulle, sê dit gaan ‘n taai stryd wees:
Boere in toenemende knyptang 10.10.2026 0:46
Die landbougemeenskap in die Suider-Afrikaanse streek is volgens berigte onder druk, as gevolg van verskeie faktore. Die uitvoerende voorsitter van die Suider Afrikaanse Agri-Inisiatief (Saai), dr. Theo de Jager, het die situasie so aan Kosmos 94.1 nuus verwoord:
Rugby: Afrigters van topspanne gesels oor eindstryd 10.10.2026 0:34
Intussen het die Kudus se hoofafrigter, Cameron Langenhoven, gesê:
Rugby: Afrigters van topspanne gesels oor eindstryd 10.10.2026 0:39
Namibië se kampioene van die 2026-rugbypremierliga word vandag gekroon wanneer FNB Kudus teen FNB Wanderers te staan kom in 'n herhaling van verlede jaar se eindstryd by die Hage Geingob-nasionale rugbystadion. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoofafrigters van albei spanne gesels. Wanderers se hoofafrigter, Darryl de la Harpe, sê sy span is goed voorbereid:
COPPS 94.1: Dramatiese nag van misdaad 10.10.2026 0:55
COPPS 94.1 het 'n spannende Vrydagaand beleef met gevalle van moord, aanranding, roof en dronkbestuur wat in Windhoek deur die polisie hanteer is. Francois Lottering doen verslag.
Die Dag Wat Was, 9 Oktober 2026 09.10.2026 5:12
Kry die nuus soos dit breek.
Polisieminister vra vir kalmte in betogings teen migrante 09.10.2026 0:19
Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, vra kalmte te midde van voortdurende betogings teen migrante in Johannesburg en Durban. Betogings is in Braamfontein, Soweto en Durban aangemeld ná 'n uitspraak deur die Konstitusionele Hof oor asielaansoeke. 'n Voertuig is by Konstitusieheuwel aan die brand gesteek en die polisie het rubberkoeëls gebruik om betogers uiteen te jaag. Cachalia he...
Uitdaging met behuising draai in parlement 09.10.2026 0:38
Uitdagings wat behuisingsvoorsiening beïnvloed, geniet aandag in die parlement, aangesien plaaslike owerhede vra vir verbeterde kommunikasie, finansiering en projekondersteuning. Die Parlementêre Staande Komitee oor Stedelike en Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming voer samesprekings met belanghebbendes in Windhoek, waar Sakaria Namhindo van die Otjiwarongo-munisipaliteit hierdie kwessies uit...
Mynwerkersunie op oorlogspad oor laerbetaalde kontrakarbeid 09.10.2026 0:35
Die Mynwerkersunie van Namibië gaan bewusmaking verskerp om te verhoed dat mynmaatskappye permanente poste met laerbetaalde kontrakarbeid vervang. Die MUN se algemene sekretaris, George Ampweya, sê 'n posisiedokument wat aan die regering voorgelê is, het 'n parlementêre ondersoek na subkontrakteringsmisbruik van stapel gestuur. Ampweya het kontrakwerkers aangespoor om by die vakbond aan te sluit v...
Zaamwani soek oudit van hervestigingsplase 09.10.2026 0:37
Landbouminister Inge Zaamwani het opdrag gegee vir 'n oudit van alle plase wat die regering die afgelope vyf jaar verkry het, om vas te stel hoeveel daarvan toegewys is, hoeveel steeds onbewoon is en of die grond produktief aangewend word. Die oudit sal ook plase identifiseer wat rehabilitasie vereis voordat begunstigdes daar kan woon. Die opdrag is vervat in 'n toespraak wat namens haar deur die...
Weermag ontplooi in Soweto-betogings teen immigrasie 09.10.2026 0:17
Die Gautengse primier, Panyaza Lesufi, sê wetstoepassingsagentskappe hou die situasie in Soweto onder beheer te midde van versetoptrede teen immigrasie. Lesufi sê bykomende hulpbronne, insluitend die weermag, is ontplooi om te help om die orde te handhaaf. Hy sê die regering hou gesprekke met organiseerders wat vreedsaam hul kommer geopper het, met die doel om oplossings deur dialoog te vind. Lesu...
IPC wil petisie teen TransNamib indien 09.10.2026 0:34
Die IPC beplan om 'n petisie by die eerste minister en parlementêre komitees in te dien oor TransNamib se sloerende dissiplinêre verhore teen twee senior bestuurders. Die IPC-skaduminister, Nelson Kalangula, het die gebrek aan vordering met verhore wat vir Julie en Augustus geskeduleer is, gekritiseer na ministeriële ingryping wat die bestuurders in hul posisies herstel het. Hy het met Kosmos 94.1...
Suid-Afrikaansgebore regsgeleerde Navi Pillay wen Nobelprys vir Vrede 09.10.2026 0:21
Die Suid-Afrikaansgebore regsgeleerde Navi Pillay is met die 2026 Nobelprys vir Vrede bekroon vir haar pogings om vrede, menseregte en internasionale reg te bevorder. Pillay, wat tydens apartheid in Durban, KwaZulu-Natal, gebore is, het as Suid-Afrikaanse en internasionale regter gedien, asook as hoof van menseregte by die Verenigde Nasies. Jorgen Watne Frydnes van die Nobelkomitee sê Pillay se we...
Polisie vra publiek se hulp ná gru-ontdekking naby Daan Viljoen 09.10.2026 0:39
Die polisie vra die publiek se hulp ná die gru-ontdekking van ’n middeljarige vrou se verminkte bolyf in ’n rivierbedding naby Daan Viljoen. Die polisiewoordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, sê forensiese ondersoeke is aan die gang om die slagoffer se identiteit vas te stel. Sy doen ’n dringende beroep op enigiemand met inligting, veral inwoners van Otjomuise en Khomasdal, om die onderso...
Stats SA: Vervaardigingsproduksie daal in Aug met 4,3% 09.10.2026 0:17
Stats SA sê vervaardigingsproduksie het in Augustus met 4,3-persent gedaal vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die grootste dalings was in motorvoertuie, chemikalieë, hout en papier, en voedsel en drank. Produksie het ook sedert Julie met 3,1-persent gedaal. Verkope in die vervaardigingsektor het egter in Augustus met 1,1-persent toegeneem en met 1,4-persent gestyg oor die drie maande tot...
NamBTS: Kom skenk die naweek bloed! 09.10.2026 0:38
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië doen 'n beroep op geskikte skenkers, veral diegene met O-tipe bloed, om hierdie naweek by die NamBTS-hoofkwartier in Windhoek te skenk. Woordvoerder Frieda Asino het beklemtoon dat menslike bloed geen mediese plaasvervanger het nie, en het die belangrike rol daarvan in die redding van pasiënte wat chirurgie, kankerbehandelings, traumasorg en moeders wat kompli...
NNN: Maatskappye moet hul maatskaplike-skenkings verhoog 09.10.2026 0:39
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n beroep op die openbare en private sektor gedoen om hul korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid ernstig op te neem en hul jaarlikse skenkings te verhoog. Sy het Donderdag by die Staatshuis gepraat tydens Namport se amptelike oorhandiging van 90 miljoen Namibiese dollar aan die Namibiese Sokkervereniging ter ondersteuning van sokkerontwikkeling in die la...
Liknande poddar
Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden