Kosmos 94.1
Nuus
Kry die nuus soos dit breek.
Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.kosmos.com.na
Var kan du lyssna?
Poddar i appen Replaio Radio Kommer snartPoddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar
Avsnitt
Meatco wil onder meer werksure halveer midde BKS-uitbreking 24.11.2026 0:40
Meatco stel ’n vermindering van 50 persent in werknemers se werksure vir drie maande voor, terwyl die bek-en-klouseer uitbreking finansiële druk uitoefen. Ná samesprekings met die Namibiese Voedsel- en Geallieerde Werkersunie, Nafau, sê die korporasie dat werknemers met onvoldoende opgehoopte jaarlikse verlof slegs twee-derdes van hul Desember-salarisse sal ontvang. Sy maandelikse loonrekening bel...
Brittanje sal nie sonder referendum terug na EU: Burnham 24.11.2026 0:22
Die Britse eerste minister, Andy Burnham, sê nouer bande met die Europese Unie beteken nie Brittanje het weer by die groep aangesluit nie. Brittanje het onlangs 'n nuwe ooreenkoms met die EU bereik oor handel in voedsel en landbou, uitstraling-handel en 'n program vir jongmense om ervaring op te doen, wat die bruto binnelandse produk teen 2040 met 0,4-persent sal laat groei. Burnham sê dis ondenkb...
Kinderbeskerming in fokus by Namibiese kursus 24.11.2026 0:19
Namibië bied ’n vyfdag-opleidingskursus oor kinderbeskerming by die SAOG se Streeksentrum vir Vredesoperasie-opleiding aan. Militêre, polisie- en burgerlike personeel van sewe Suider-Afrikaanse lande neem daaraan deel. Die sentrum se bevelvoerder, brigadier-generaal Jose Ganamala, sê die nuwe program rus personeel wat na konflikgebiede ontplooi word toe met die nodige vaardighede om kinders te bes...
Johannesburg-ampsdraers 'moet Vrydag verkies word' 24.11.2026 0:14
Johannesburg se stadsbestuurder, Floyd Brink, sê indien ampsdraers nie Vrydag verkies word nie, sal die metro die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake moet vra om in te gryp. Al 270 raadslede is Maandag ingehuldig tydens die metro se eerste raadsitting ná die munisipale verkiesing. Die verkiesing van die speaker, burgemeester, onderburgemeester en hoofsweep is tot Vrydag uitg...
Finansiële misdade moet pro-aktief bekamp word: beraad 24.11.2026 0:35
Die Bankiersvereniging van Namibië se voorsitter, Martha Murorua, het banke, telekommunikasie-maatskappye, reguleerders en die polisie aangemoedig om intelligensie-uitruiling te versterk om toenemende finansiële misdaad te bekamp. Tydens die 2026 Namibiese bedrog en kuberveiligheid-beraad, wat vanoggend geopen het, het sy die land se teenbedrog-beheersentrum uitgelig as belangrik om bedrog pro-akt...
Nog 'n jagluiperd dood op Okahandja-pad 24.11.2026 0:39
Die dood van nog ’n jagluiperd nadat dit deur ’n voertuig op die hoofweg suid van Okahandja getref is, het opnuut kommer oor wildsterftes op paaie laat ontstaan. Die Jagluiperd-bewaringsfonds sê hy is diep hartseer oor die voorval, wat glo die tweede soortgelyke geval in slegs twee maande is. Kosmos 94.1 Nuus het met die organisasie se stigter en uitvoerende direkteur, dr. Laurie Marker, oor die b...
210 ingevoerde voertuie sit steeds by NaTIS vas 24.11.2026 0:38
IPC se skadu-vervoerminister, Nelson Kalangula, vra vir die modernisering en integrasie van regeringstelsels na vertragings met die registrasie van 210 voertuie wat uit Hongkong ingevoer is. Sommige sit glo reeds sedert Januarie 2026 in die stelsel vas. Kalangula sê beter samewerking tussen NaTIS, NamRA en hawe-owerhede, asook personeelopleiding, is nodig om die knelpunte aan te spreek. Hy het ook...
Sokker: VSA en Brittanje mede-gashere van die 2031- en 2035-Vroue-Wêreldbekers 24.11.2026 0:20
FIFA se kongres het 'n gesamentlike bod van Amerika, Mexiko, Costa Rica en Jamaika aanvaar om 2031 se Vroue-Wêreldbekertoernooi aan te bied. Die 48 spanne en 104 wedstryde sal dit die grootste vroue-sportgebeurtenis ooit maak. Engeland, Skotland, Noord-Ierland en Wallis gaan 2035 se toernooi aanbied. FIFA se president, Gianni Infantino, sê die toernooie behoort wyer te strek as net die veld, en me...
Stilte oor mishandeling dikwels ’n oorlewingstrategie, sê sielkundige 24.11.2026 0:38
Sielkundige Shaun Whittaker sê om stil te bly oor mishandeling is dikwels ’n oorlewingstrategie eerder as ’n keuse. Hy het gepraat voor die 16 Dae van Aktivisme teen geslagsgeweld môre begin. Whittaker sê vrees vir vergelding, finansiële afhanklikheid en trauma verhoed dat vroue mishandeling aanmeld. Stigma en geslagsverwagtinge hou manlike slagoffers ook stil. Hy bepleit trauma-ingeligte berading...
Sokker: VSA en Brittanje mede-gashere van die 2031- en 2035-Vroue-Wêreldbekers 24.11.2026 0:20
FIFA se kongres het 'n gesamentlike bod van Amerika, Mexiko, Costa Rica en Jamaika aanvaar om 2031 se Vroue-Wêreldbekertoernooi aan te bied. Die 48 spanne en 104 wedstryde sal dit die grootste vroue-sportgebeurtenis ooit maak. Engeland, Skotland, Noord-Ierland en Wallis gaan 2035 se toernooi aanbied. FIFA se president, Gianni Infantino, sê die toernooie behoort wyer te strek as net die veld, en me...
Springbokke en Frankryk pak mekaar in geskiedkundige eindstryd 24.11.2026 0:40
Die Springbokke en Frankryk pak mekaar Sondag op Twickenham in die geskiedkundige eerste Nasieskampioenskap-eindstryd. Springbok-afrigter Rassie Erasmus het sewe veranderinge en een posisie-wisseling aan sy beginspan aangebring ná hul nederlaag van 20-17 teen Ierland. Erasmus sê die Bokke sal hul kanse moet benut en foute vermy om die titel in te palm. Brenden Nel van SuperSport het met Kosmos 94....
13 rolprentmakers voltooi klankontwerp-opleiding in Namibië 24.11.2026 0:40
Dertien plaaslike rolprentmakers het ’n klankontwerp-slypskool voltooi as deel van die 2026 Europese Unie-rolprent-fees, in samewerking met die Namibiese Filmkommissie en Estland se Tallinn Universiteit se Baltiese Filmskool. EU-woordvoerder Twaku Kayofa sê die opleiding was daarop gemik om plaaslike tegniese vaardighede te ontwikkel. Hy gee meer besonderhede oor gemeenskapsvertonings van die rolp...
Tau sê SA sal nie B-BBEE laat vaar of verandering teenstaan nie 24.11.2026 0:23
Die Suid Afrikaanse minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê Suid-Afrika sal betekenisvolle hervorming nastreef om seker te maak die beleid van swart bemagtiging lewer tasbare resultate en bly geloofwaardig. Amerika het in Februarie verlede jaar ʼn uitvoerende bevel teen Suid-Afrika uitgevaardig, en een van die griewe is die land se bemagtigingsvereistes. Die teikens vir Billike...
Königstein-projek lewer 40 bekostigbare huise in Walvisbaai op 24.11.2026 0:30
Veertig huise is reeds deur die Regeringsinstellings Pensioenfonds-ondersteunde Königstein Affordable Housing Fund in Kuisebmond, Walvisbaai, voltooi. Nog 40 huise sal na verwagting teen einde Maart 2027 gereed wees. Die ontwikkeling vind plaas te midde van ’n nasionale bekostigbare behuisingskrisis. ’n Gemiddelde huis kos byna 1,5 miljoen Namibiese dollar en vereis ’n maandelikse inkomste van sow...
Johannesburg se nuwe burgemeester en speaker word Vrydag verkies 24.11.2026 0:17
Die Stad Johannesburg se eerste raadsvergadering, wat gister in Braamfontein sou plaasvind, is uitgestel tot Vrydag. Dan sal raadslede ’n nuwe speaker, burgemeester, onderburgemeester en hoofsweep van die raad verkies. Al 270 raadslede is ingesweer, met die DA wat die meeste setels, naamlik 91, het. Geen party het egter die 136 setels wat vir ’n meerderheid nodig is nie. Die ANC het die meeste wyk...
Finansiering bly groot struikelblok vir klein ondernemings 24.11.2026 0:26
Toegang tot finansiering bly ’n groot uitdaging vir Namibië se klein ondernemings, met meer as 52 000 besighede wat sonder eksterne finansiering funksioneer en op hul eie hulpbronne staatmaak. Dit blyk uit ’n nuwe opname oor mikro-, klein en mediumgrootte ondernemings, gerugsteun deur Cirrus Survey Warehouse en die Konrad-Adenauer-stigting. Verslagsamesteller Christie Keulder sê kleiner ondernemin...
Krieket: AB de Villiers onthul Australië se balpeutery in 2018 24.11.2026 0:16
Die gewese Protea-kaptein AB de Villiers beweer Australië het tydens 2018 se toer in Suid-Afrika reeds met die bal gepeuter in die eerste toets in Durban. Die bouler Cameron Bancroft, wat saam met kaptein Steve Smith en David Warner geskors is na die skuurpapier-voorval in die derde toets in Kaapstad, sê dis eerste gebruik in die tweede toets in Port Elizabeth. De Villiers sê die bal het op Kingsm...
SA NVG weier om te praat oor regstappe teen Dumisani Khumalo en ander 24.11.2026 0:11
Die Suid Afrikaanse Nasionale Vervolgingsgesag sê hy het nog nie 'n aanmaningsbrief ontvang van prokureurs wat die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, en ander verteenwoordig nie. Hulle eis meer as 112-miljoen-rand aan skadevergoeding en beweer hulle is kwaadwillig gearresteer en vervolg, nadat aanklagte van bedrog en korrupsie teen hulle in Augustus onvoorwaardelik teruggetrek is. Di...
Trump sê hy het die Nvidia-raad oortuig om Jensen Huang weer aan te stel 24.11.2026 0:15
Trump sê hy het die Nvidia-raad oortuig om Jensen Huang weer aan te stel Amerikaanse president Donald Trump van Amerika sê hy het direk met die Nvidia-raad gepraat oor Jensen Huang se heraanstelling as uitvoerende hoof en president. Hy het twee weke gelede bedank na berigte van talle buite-egtelike verhoudings, onder meer met ʼn vrou wat volgens Amerikaanse amptenare moontlik vir Chinese intelligen...
Uitspraak in Nosiviwe Mapisa-Nqakula se korrupsiesaak word op 3 Desember verwag 24.11.2026 0:14
Die Hooggeregshof in Pretoria het uitspraak voorbehou in die saak van korrupsie en geldwassery teen die voormalige Speaker van die Nasionale Vergadering en Minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Uitspraak word op 3 Desember verwag. Mapisa-Nqakula staan tereg op 12 aanklagte van korrupsie en een aanklag van geldwassery. Die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Henry...
DA: Gauteng onderbestee R73 miljoen terwyl boere swaarkry 24.11.2026 0:22
Die DA sê die Gautengse Departement van Landbou het tydens die 2025/2026-boekjaar 73-miljoen-rand minder as sy begroting bestee, wat boere sonder broodnodige ondersteuning gelaat het. Volgens die party het die departement slegs twee-duisend-774 plaasbesoeke afgelê, teenoor 'n teiken van sewe-duisend-500. Bronwynn Engelbrecht van die DA sê die onderbesteding het 'n negatiewe uitwerking op landbou-o...
McNab waarsku jeugleiers teen misbruik van vertroulike inligting 24.11.2026 0:23
Hardap-goewerneur Riaan McNab het jeug-verteenwoordigers wat ’n tweedaagse leierskaps-oriëntering begin het, aangemoedig om sensitiewe gemeenskapsake met streng vertroulikheid te hanteer. Hy waarsku dat vertroulike inligting nooit vir persoonlike voordeel, skinderpraatjies of politieke gewin misbruik mag word nie.
2027 Super Rugbyliga skop in Februarie af 24.11.2026 0:37
Suid-Afrika se Sibanye-Stillwater Super Rugbyliga skop op 27 Februarie 2027 af, met vooraanstaande klubspanne uit ses provinsies wat aan die kompetisie gaan deelneem. Die verdedigende kampioene, Northam Rhinos en Nylstroom, sal hul onderskeie titels verdedig in dié jaarlikse Suid-Afrikaanse klubrugbytoernooi. Willem Strauss, president van die Blou Bulle, het meer besonderhede met Kosmos 94.1 Nuus...
Michelle McLean beklemtoon internasionale waarde van Owishi-diamant 24.11.2026 0:29
Namibië se natuurlike diamantbedryf kry internasionale blootstelling met die vertoning van die 176-karaat-diamant Owishi in die Verenigde State. Die diamant, wat in Mei by die Suidkusmyn naby Oranjemund ontdek is, word deur ’n samewerking tussen Namdeb, De Beers en Grandview Klein Diamonds Group aan internasionale markte bekendgestel. Namibië se ambassadeur vir natuurlike diamante, Michelle McLean...
N$1,4 miljard-windplaas vir Lüderitz 24.11.2026 0:29
NamPower se nuwe windkragprojek naby Lüderitz moet Namibië se elektrisiteits-voorsiening versterk en meer bekostigbare krag vir plaaslike nywerhede en mynbou help beskikbaar stel. Die N$1,4 miljard-projek word deur CERIM Lüderitz Energy ontwikkel en sal 'n geïnstalleerde kapasiteit van 54,6 megawatt hê, met 50 megawatt wat aan NamPower gelewer sal word. NamPower het reeds 'n 25-jaar-kragkoopooreen...
Liknande poddar
Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden