RSG

Wie is ek?

Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Health

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

2 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Wie is ek? 7 Julie 2023 07.07.2023

Watter langtermyneffek het dit op ‘n kind wat die ouerbed deel? Kom vind uit wat die kenners en navorsing hieroor sê.

Wie is ek? 30 Junie 2023 30.06.2023

Hoe afhanklik is jy van jou selfoon, sosiale media en skootrekenaar? Is dit belangriker as jou familie en vriende, of selfs jouself? Kom vind uit watter prys jy betaal vir die tegnologie in jou lewe.

Wie is ek? 23 Junie 2023 23.06.2023

Navorsing wys dat pa’s wat by hulle kinders betrokke is, ‘n groot verskil kan maak in die land se geslagsgeweldstatistiek. Wat maak ‘n pa se rol so belangrik? Hoekom sukkel pa’s om hierdie skoene vol te staan? Hoor hoe pa’s waarlik saak maak in Suid-Afrika se toekoms.

Wie is ek? 16 Junie 2023 16.06.2023

Ons bespreek bi-polêre versteuring. Hoe verskil bi-polêr 1 en 2 van mekaar. Wat is die tekens, en hoe word dit behandel?

Wie is ek? 9 Junie 2023 09.06.2023

Ervaar jy jou werksomgewing as negatief, maar weet nie hoe om dit te verander nie, behalwe om van beroep te verander? Wat as daar meer opsies is?

Wie is ek? 2 Junie 2023 02.06.2023

Bepaal jou ouers se opvoeding wie jy vandag is? Is dit regverdig om jou ouers te blameer vir die issues wat jy vandag ervaar? Die antwoord sal jou dalk skok. Kom vind uit hoe wie jy vandag is, bepaal is deur jou ouers/opvoeders se gedrag.

Wie is ek? 26 Mei 2023 26.05.2023

Daar word gereeld gesê dat jy jouself moet lief hê om geluk in die lewe te bereik. Is dit waar? Wat beteken selfliefde? Hoe lyk iemand wat hulle self lief het? Wanneer is dit narsisme?

Wie is ek? 19 Mei 2023 19.05.2023

‘n Onsekere toekoms kan baie spanning veroorsaak. Tans is ons vasgevang in die web van kunsmatige intelligensie, sonder om seker te wees wat die uitwerking sal wees op ons toekomstige beroepe, gesondheid en geestesgesonheid. Hoor hoekom hierdie belangrik is om dit nou al te begin bespreek.

Wie is ek? 12 Mei 2023 12.05.2023

Vaskulêre demensie is die tweede mees gediagnoseerde vorm van demensie. Wat is die oorsake van hierdie dodelike siekte? Kan mens voorkomend leef? Wat is die tekens en die behandelingspad?

Wie is ek? 5 Mei 2023 05.05.2023

Lise Swart kyk na die outismespektrum en waar neurotipiese mense hulle verkeerd verstaan. Ons gee raad aan ouers en verduidelik hoe die neurotipiese wêreld sagter kan kyk na die neurodiverse wêreld.

Wie is ek? 28 April 2023 28.04.2023

Hoe realisties is jou verwagtinge van jouself, jou familie en jou verhoudigs? Hoe beïnvloed dit jou geluk? Vind uit hoe om rustiger en meer realisties te wees met jou verwagtinge.

Wie is ek? 21 April 2023 21.04.2023

Wat beteken dit om betekenis in jou lewe te hê? Waar kry mens betekenis? As jy nie betekenis vind nie, wat beteken dit vir jou geestesgesondheid?

Wie is ek? 14 April 2023 14.04.2023

Hoe kan jy met jou kind oor selfdood praat, sonder om ‘n moontlike saadjie te plant?

Wie is ek? 31 Maart 2023 31.03.2023

Twee ouers vervul verskillende aspekte van ‘n baba en kind se lewe. Hierdie rolle sal lewenslank uitspeel in hoe die individu verhoudings handhaaf en sekere keuses maak. Hoe kan ‘n enkelouer hierdie rolle vervul? Moet hy/sy alles probeer wees vir die baba/kind? Kom vind uit wat die beste vir jou kind is wanneer jy ‘n enkelouer is, geskeide ouer en selfs ‘n enkelouer binne ‘n huwelik.

Wie is ek? 24 Maart 2023 24.03.2023

Beurtkrag is nou deel van ons alledaagse wêreld, maar watter uitwerking het dit kollektief op ons as burgers? Hoe kan ‘n individu seker maak hulle “cope” met die konstante gevoel van onsekerheid?

Wie is ek? 17 Maart 2023 17.03.2023

Om die rol van versorger te vervul, kan baie druk op meeste verhoudings plaas, wat nog te sê wanneer die pasiënt nie van die versorger hou nie, of die versorger nie van die pasiënt hou nie. Mens kyk dan na uitbranding, afknouing, depressie en nog meer. Hoe hanteer mens die situasie?

Wie is ek? 10 Maart 2023 10.03.2023

Is jy ongelukkig in jou verhoudings? Voel jy meeste van die tyd angstig vir verwerping of oorreageer jy op jou verhoudingsmaat se woorde? Ons kyk na hegtingstyl tussen ‘n ma (of primêre versorger) en ‘n baba, en hoe dit die baba se verhoudings lewenslank sal bepaal.

Wie is ek 3 Maart 2023 03.03.2023

Voel jy vasgevang in jou beroep, of voel jy dinge was nog nooit weer dieselfde ná Covid-19 nie? Waar lê die probleem - by jou beroepskeuse of dalk by die organisasie se kultuur? Ons kyk na organisasies of besigheid se werkskultuur, en watter rol dit vervul in sowel die werknemer as die werkgewer se geestesgesondheid en finansiële bestuur.

Wie is ek? 24 Februarie 2023 24.02.2023

Meer en meer vroue sukkel om swanger te word. Wat is die redes hiervoor? Hoe verwerk verhoudingsmaats die verlies van ‘n lewenslange droom, terwyl hulle ‘n nuwe betekenis vind?

Wie is ek? 17 Februarie 2023 16.02.2023

Volgens navorsing is daar baie gevare vir tieners wat cannabis gebruik. Nie net is dit ‘n dwelm wat verslawing kan veroorsaak nie, maar daar is ook bewyse van ernstige neurologiese probleme wat hulle moontlik kan ervaar. ‘n Kliniese sielkundige en ‘n narkotiseur praat oor die uitwerking wat cannabis mootlik op tieners kan hê.

Wie is ek? 10 Februarie 2023 10.02.2023

Ons kyk na klouerige kinders en klouerige ouers. Wanneer is die gedrag verstaanbaar? Wanneer kan die gedrag moontlike negatiewe implikasies inhou? Hoekom moet ouers baie meer bewus hiervan wees?

Wie is ek? 3 Februarie 2023 03.02.2023

Ons wil amper dadelik weet wat verkeerd is wanneer dinge nie goed voel nie. Maar wat as jy begin glo wat jy lees? Wat as jy onwrikbaar saamstem met jou selfdiagnose? Tot die punt waar dit meer skade aanrig. Vind uit hoe om te self diagnoseer tot op ‘n punt van verstaan.

Wie is ek? 27 Januarie 2023 27.01.2023

Ons almal het ‘n interne stem, selfs al is ons nie bewus daarvan nie. Wanneer jy besluite maak, praat jy met jouself. Wanneer jy oordeel, praat jy met jouself. Jy praat tien teen een meer met jouself as met ander mense. Watter verskil maak bewusmaking van hierdie stem, en hoe kan hierdie stem (jou stem) die antwoord wees op al jou vrae en ongeluk?

Wie is ek? 20 Januarie 2023 20.01.2023

Ervaar jy elke dag kroniese pyn? Hoe belangrik is dit om hierdie pyn sielkundig aan te pak? Kan dit waarlik ‘n verskil maak aan die ervaring en hantering daarvan?

Wie is ek? 6 Januarie 2023 06.01.2023

Stille bedanking is ‘n beweging wat vlam gevat het onder die nuwe generasie werknemers. Doen wat jy moet doen tydens jou werksure, maar jou ware lewe is buite die werksmure. Ons kyk na hierdie manier van dink, waar dit vandaan kom, of die ouer generasie meer agting moet bied, en wie baat hieruit, of nie?

Ascultă podcastul Wie is ek? în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice