RSG
Wie is ek?
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Wie is ek? 13 Januarie 2023 06.01.2023 23:36
Wat is ‘n middeljare-krisis? Wanneer is dit net ‘n lewenfase, en wanneer is dit ‘n krisis? As hierdie nie ‘n sielkundige diagnose is nie, hoekom is dit soms nodig om sielkundige hulp te kry?
Wie is ek? 30 Desember 2022 30.12.2022 23:20
Om te verstaan wie iemand is, wat hulle gelukkig of ongelukkig maak, moet ‘n mens waardesisteme verstaan. Hoe meer jy bewus is van jou eie waardesisteme, hoe beter sa jy ander mense verstaan en jouself baie moeite en seer kan spaar.
Wie is ek? 23 Desember 2022 23.12.2022 23:30
Die meeste van ons verstaan dat wanneer dinge nie goed gaan nie, of jy voel af, is een van die beste maniere om daardeur te werk, om te praat. Is daar ‘n regte of verkeerde manier om te praat? Watter rol vervul geliefdes en vriende in hierdie konteks, en watter verskil kan professionele hulp maak?
Wie is ek? 16 Desember 2022 16.12.2022 24:39
Waarna verwys mense wanneer hulle praat van toksiese manlikheid? Hoe kan mans (oud en jonk) vandag ‘n wesenlike verskil maak, en hoe sal dit die toekoms van ons verhoudings, en selfs ons land, kan verander?
Wie is ek? 9 Desember 2022 09.12.2022 23:43
Seksuele mishandeling in ‘n persoon se kinderjare kan ‘n geweldige uitwerkingop hulle hê in hulle volwasse jare. Hoe verwerk mens trauma wat jare gelede plaasgevind het, en is daar hoop?
Wie is ek? 2 Desember 2022 02.12.2022 23:59
Depressie is die siekte van ons tyd. Ons kyk na die term, swart hond, die tekens van depressie, die behandeling, die wanpersepsies, en hoe dit die indiwidu affekteer.
Wie is ek? 25 November 2022 25.11.2022 23:50
Ons kyk na die verwoestende effek van swangerskapverlies. Hoe kan mens hierdie ontasbare verlies verwerk, en terselfdertyd die samelewing se oortuigings teenstaan?
Wie is ek? 18 November 2022 18.11.2022 23:06
‘n Vraag wat sekerlik deur elke mens op aarde, die een of ander tyd gevra word, is: Wat is die doel van my lewe? Hoe beantwoord mens die vraag eerlik en gepas? Kom vind uit hoe om jou doel in die lewe te identifiseer.
Wie is ek? 11 November 2022 11.11.2022 23:06
Die jaar staan einde se kant toe, en baie mense begin nou vrae vra oor hulle doelwitte en hulle betekenis in die lewe. Wat as mens vashaak in hierdie negatiewe vrae? Wat as die angs te veel word, want jy het nie antwoorde nie? Ons kyk na eksistensiële angs, en hoe dit amper almal affekteer.
Wie is ek? 4 November 2022 04.11.2022 22:55
Wanneer moet ouers begin bekommerd raak dat hulle kind se vloermoere te veel raak? Wanneer is dit nie meer gepas vir hulle ouderdomsgroep om aggressief op te tree nie? Wat beteken dit wanneer jou kind geen beheer het oor hulle woede-uitbarstings nie?
Wie is ek? 28 Oktober 2022 28.10.2022 23:52
Daar is mense wat ander vir alles blameer, of mense wat hulleself vir alles blameer, en mense wat glad nie die verskil raaksien nie. Voel jy jy is vasgevang in ‘n net van blamering waaruit jy nie kan ontsnap nie? Vind uit hoe om jouself te help, en dalk ander ook.
Wie is ek? 21 Oktober 2022 21.10.2022 23:53
Het jy ‘n tipe A of ‘n tipe B persoonlikheid? Waarna verwys jy wanneer jy jouself in een van hierdie kategorieë plaas? Is hierdie groepering relevant? Is dit voor- of nadelig vir jou vooruitgaan in die wêreld? Lise Swart vind meer uit oor persoonlikheid- en gedragstipes.
Wie is ek? 14 Oktober 2022 14.10.2022 23:46
Om trauma te verwerk is kompleks. Deel van die proses is om te verstaan hoekom seker dinge vir ons trauma veroorsaak. Voorligtingsielkundige Luricka Fick vertel hoe ons vorige generasie dalk ‘n groot rol speel in ons huidige trauma, gedrag en gemoed. Hoekom moet ons dit weet? En hoe verwerk mens ‘n vorige generaise se trauma én jou eie?
Wie is ek? 7 Oktober 2022 07.10.2022 23:23
‘n Werkverslaafde is nie altyd maklik om raak te sien nie. Ons lewe in ‘n samelewing wat ons forseer om werk ons eerste en selfs ons enigste prioriteit te maak. Waar lê die grense tussen ‘n gesonde en ongesonde verhouding met jou werk? Nes met die meeste prosesverslawings, kan werk jou lewe oorneem, en is goeie vaardighede nodig om nie beheer te verloor nie. Jy moet bepaal wat jou dryf, wat jy dal...
Wie is ek? 30 September 2022 30.09.2022 23:45
Deur nie jou eie frustrasie te verstaan, of dit nie raak te sien nie, kan dit nie net jou op ‘n fisieke vlak affekteer nie, dit kan jou emosionele welstand geweldig inperk.
Wie is ek? 23 September 2022 23.09.2022 23:51
Die lewe het verskeie stresfaktore. Oorlewing raak moeiliker op verskillende vlakke. Dit is te verwagte dat die meeste van ons ‘n soort verslawing sal hê, om te kan cope met alles, byvoorbeeld selfoon, sjokolade, kos, oefen, water, TV-reekse en films. Wat is jou afhanklikheid? Is jy seker dat die lekker die moeite werd is?
Wie is ek? 16 September 2022 16.09.2022 23:47
Pica, ‘n diagnose wat onder eetversteurings val, is wanneer ‘n persoon iets gereeld eet, of wil eet wat nie as ‘n kossoort gekategoriseer kan word nie. Dit sluit in glas, papier, hare, lemmetjies, grond en klei. Hoekom sou mense sulke vreemde goed wou eet? Is daar suksesvolle behandeling vir Pica?
Wie is ek? 9 September 2022 09.09.2022 23:33
Dr. Sulette Ferreira is al vir jare besig met navorsing oor emigrasie, en watter effek hierdie omstandighede het op die ouers wat agterbly in Suid-Afrika, veral wanneer daar kleinkinders betrokke is. Sy het onlangs ‘n gedig ontdek wat geskryf is deur Corne Kruger. Dit het het vir haar gevoel asof dit ‘n jaar se navorsing presies vasvang - die tasbare verlies wat grootouers ervaar wanneer hulle kle...
Wie is ek? 2 September 2022 02.09.2022 23:31
Tot onlangs het die samelewing mans en pa’s hanteer as minderwaardig teenoor die ma-figuur. Die menslike wetenskap het baie navorsing om te bewys watter kardinale rol ‘n pa-figuur in kind se lewe vervul. Heartline het ‘n bewusmakingsveldtog, Fathers Matter (pa’s maak saak!), waar hulle op verskeie platforms aan mans ondersteuning en inligting bied om ‘n betrokke pa te wees. ‘n Pa se rol kan die ve...
Wie is ek? 26 Augustus 2022 26.08.2022 24:09
Voel jy jy kies aanhoudend die “verkeerde” verhoudingsmaat? Is jy nie seker wat jy anders moet doen nie? Wil jy weet wat die geheim is agter goeie, suksesvolle verhoudings? ‘n Ervare verhoudingsterapeut verklap al die geheime.
Wie is ek? 19 Augustus 2022 19.08.2022 23:44
Die meeste mense assosieer psigometrika met skoolkinders en vakkeuses, maar hierdie toetse kan soveel meer vir mense beteken. Mense besef nie altyd daar is toetse wat jou kan help om geluk in jou beroep te vind, of om ‘n beroep te vind waar jy gelukkig sal wees. Psigometrika kan jou ook help om geluk te vind in jou verhoudings, nie net liefdesverhoudings nie. Jy kan uitvind wie jy is, hoe jy is en...
Wie is ek? 12 Augustus 2022 12.08.2022 24:05
Een van die belangrikste verhoudings in die lewe is ‘n liefdesverhouding. Almal wil altyd weet wat die sukses agter ‘n langlewende verhouding of huwelik is. Is daar ‘n geheim? Ja, daar is, maar daar is ook baie misverstande en aannames wat mense se menings affekteer, tot die punt waar hulle hulle eie geluk saboteur sonder om dit agter te kom. Lise Swart praat met die ervare verhoudingsterapeut Lou...
Wie is ek? 5 Augustus 2022 05.08.2022 24:10
Hoor hoe belangrik dit vir kinders en tieners is om aan te leer hoe om vriende te maak en om dit te onderhou. Hoe gemaak as jou kind geen vriende het nie, of ander maklik vervreem? Wat kan ouers doen om hulle kinders te help om die kardinale vaardigheid van sosialisering aan te leer?
Wie is ek? 29 Julie 2022 29.07.2022 24:21
Om tyd vir jouself te neem, voel baie keer soos selfsugtige optrede, veral in hierdie tye waar dit ‘n luukse is om nie te stres nie, en om mooi na jouself te kyk. Maar wat as jy dit nie doen nie? Wat kan die implikasies wees vir jouself en jou gesin? Kom vind uit hoe om na jouself om te sien, hoekom jy moet en watter aktiwiteite die meeste vir jou sal beteken.
Wie is ek? 22 Julie 2022 22.07.2022 24:58
Wanneer iemand ountrou is in ‘n verhouding, soek die partye gewoonlik iemand om te blameer. Wie se skuld is dit? Hoe kan 'n mens jou verhoudingsmaat weer vertrou? Hoe weet jy dis die moeite werd om aan te gaan met die verhouding?
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice