RSG

Wie is ek?

Health AF ↓ 643 episodes

Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Wie is ek? Onverwagse rou; Groot verandering 10.07.2026

10 Julie 2026: Wat doen jy wanneer rou jou onverwags oorval, maar die lewe verwag jy moet net aangaan? En, hoe aanvaar jy groot verandering sonder om jouself langs die pad te verloor?

Wie is ek? Voel jy soms asof jy net probeer byhou? 03.07.2026

3 Julie 2026: Voel jy soms asof jy net probeer byhou? Asof jy elke dag rolle speel — die sterk een, die verantwoordelike een, die een wat alles onder beheer het? En tog voel jy oorweldig, uitgeput en vreemd… los van jouself. Hoekom gebeur dit? Ons ondersoek waarom soveel mense voel hulle leef sonder om werklik teenwoordig te wees.

Wie is ek? Waarom voel jy soms leeg ná groot veranderinge? 26.06.2026

26 Junie 2026: Groot lewensveranderinge bring nie net verlies nie. Selfs positiewe veranderinge kan gevoelens van leegheid, onsekerheid en verwarring ontlok. Jou brein moet dikwels eers aanpas by 'n nuwe weergawe van jou lewe. En, wanneer jy ure lank oor dieselfde dinge dink en herkou - is dit insig wat groei, of angs wat jou vasvang?

Wie is ek? Is dit gesond om altyd beskikbaar te wees? 19.06.2026

19 Junie 2026: Hoekom dra sommige mense emosionele pyn vir jare sonder om dit raak te sien? En, is dit regtig gesond om altyd beskikbaar te wees vir almal rondom jou? Ons ondersoek hoe ongemak soms normaal begin voel, en waarom die onvermoë om grense te stel jou welstand kan beïnvloed.

Wie is ek? Wie is jy werklik as jy aanpas by wat ander van jou verwag? 12.06.2026

12 Junie 2026: Hoe weet jy wie jy regtig is as jy jou hele lewe lank aanpas by wat ander van jou verwag? Waarom verloor sommige mense belangstelling sodra iemand hulle goed behandel? Ons praat oor identiteit, aanvaarding en die vreemde patrone wat ons verhoudings beïnvloed.

Wie is ek? Die emosionele prys van konstante goedkeuring soek 05.06.2026

5 Junie 2026: Mense verander dikwels hulle gedrag, persoonlikheid en selfs voorkoms, net om aanvaar te voel. Wie sou ek wees as ek niemand se goedkeuring nodig hehad het nie? En, liggaamsdismorfie gaan nie oor ydleheid nie, dit kan iemand obsessief laat fokus op gebreke, wat ander mense skaars raaksien.

Wie is ek? Hoe vra ek vir hulp sonder skaamte? 29.05.2026

29 Mei 2026: Baie mense vra eers vir hulp wanneer hulle al lank emosioneel uitgeput is, omdat skaamte hulle stil hou. Hoe vra mens vir hulp sonder skaamte? En, Hoekom bly mense soms in verhoudings wat hulle seermaak?

Wie is ek? 22 Mei 2026 22.05.2026

Is dit moontlik om langs iemand te lê en tog diep eensaam te voel? En, as jou maat emosioneel ontrou was, kan vertroue ooit regtig herstel? Ons gesels eerlik oor emosionele afstand, verhoudingspyn en die moeilike pad terug na mekaar toe.

Wie is ek? 15 Mei 2026 15.05.2026

Moedswilligheid gaan nie altyd oor rebels wees nie. Dit is dikwels ’n manier waarop mense beheer probeer terugvat wanneer hulle oorweldig voel. En, daardie skuldgevoel wanneer jy iets vir jouself doen is nie altyd ’n morele kompas nie, dis dikwels iets wat jy oor jare aangeleer het.

Wie is ek? 8 Mei 2026 08.05.2026

Hoe sê ‘n mens “nee” sonder om skuldig te voel? Hoe onderskei ’n mens tussen stres, uitbranding en depressie?

Wie is ek 1 Mei 2026 01.05.2026

Konstante moegheid is nie altyd fisies nie. Dit kan ’n teken wees van emosionele oorlading, wat jou liggaam nie meer kan dra nie. En, tydens menopause kan hormonale veranderinge jou gemoed só beïnvloed dat jy voel jy word iemand anders.

Wie is ek? 24 April 2026 24.04.2026

Mense wat sukkel om nee te sê, dra dikwels ’n dieper vrees - dat hulle waarde lê in hoe beskikbaar en goed hulle vir ander is. Ons praat oor hoekom grense soos mislukking voel, en hoe jy dit kan herbedraad sonder skuld. ’n “Moeilike” persoon is nie altyd net iemand anders nie, dit is dikwels iemand wat presies jou eie patrone, vrese of grense uitdaag. Ons ontleed hoe om met “moeilike” mense te wer...

Wie is ek? 17 April 2026 17.04.2026

Het jy geweet dat jy heel normaal kan funksioneer (werk toe gaan, mense sien, aanhou presteer) en steeds in ’n konstante toestand van angs kan leef sonder om dit as angs te herken? En, verslawing gaan nie net oor stowwe soos alkohol of dwelms nie, maar ook oor gedrag – die dinge wat jy doen om iets binne jou te verdof, vermy of beheer.

Wie is ek? 10 April 2026 10.04.2026

Jy dink jy is net “besig”, maar jou brein is dalk oorlaai en afhanklik van konstante stimulasie. Skerms verander nie net hoe jy dink nie, dit verander waaraan jy gewoond raak. Het jy nog die vermoë om stil te wees, of het jou brein dit verloor? Baie van jou keuses in liefde, werk en konflik is eintlik ou patrone uit jou kinderjare wat hulleself herhaal. Ons ontmasker die idee van “ek is net so”, e...

Wie is ek? 27 Maart 2026 27.03.2026

Watter rol speel genetika in geestesgesondheid? Jy voel uitgebrand, maar jy kan nie ophou nie. Jy rus, maar jou kop hardloop. Jy weet jy moet stadiger leef, maar iets in jou jaag jou aan. Wat as die probleem nie dissipline is nie, maar ’n senuweestelsel wat nooit geleer het om af te skakel nie?

Wie is ek? 20 Maart 2026 20.03.2026

Die mens se brein hou van rituele. Selfs mense wat sê hulle is nie bygelowig nie, doen dit, soos ’n spesifieke lied voor ’n groot oomblik, dieselfde koffiebeker elke oggend, of ’n stil oomblik by ’n graf. Navorsing wys rituele kan angs verlaag, fokus verbeter en ’n gevoel van beheer skep wanneer die lewe soos chaos voel. Trauma verander die brein, maar die brein kan weer verander. Sielkundiges pra...

Wie is ek? 13 Maart 2026 13.03.2026

Ons praat oor hoe sosiale media stil-stil jou selfbeeld kan beïnvloed, en hoe jy kan keer dat ander mense se hoogtepunt-oomblikke jou eie lewe minderwaardig laat voel. Sosiale angs gaan nie net oor skaam wees nie. Vir baie mense aktiveer sosiale situasies dieselfde stresreaksie in die brein as ’n werklike bedreiging, met simptome soos hartkloppings, oormatige selfbewustheid en ’n intense vrees om...

Wie is ek? 6 Maart 2026 06.03.2026

Wanneer word selfverbetering selfverwerping? Hoe herken ek die vroeë tekens van depressie?

Wie is ek? 27 Februarie 2026 27.02.2026

Ons ontbloot wat regtig in jou brein aangaan wanneer vrees oorneem, én ontmagtig die mites oor persoonlikheidsversteurings wat mense laat stilbly en skaam voel.

Wie is ek? 20 Februarie 2026 20.02.2026

Hoe weet ek of my verhouding emosioneel veilig is? Hoekom is ek so hard op myself?

Wie is ek? 13 Februarie 2026 13.02.2026

Kan herinneringe genesend wees? En, werk aanlynterapie regtig, of voel dit net so?

Wie is ek? 6 Februarie 2026 06.02.2026

Het jy geweet een vraag kan jou hele verhouding laat wankel? “Is dit net ek, of is iets fout? En het jy geweet gaslighting begin dikwels só subtiel dat jy eers aan jouself begin twyfel voordat jy ooit aan iemand anders dink?

Wie is ek? 30 Januarie 2026 30.01.2026

Hoekom selfsny of selfbeseer mense? Hoe beïnvloed die weer en lig jou gemoed?

Wie is ek? 23 Januarie 2026 23.01.2026

Kan jy ongelukkig wees sonder enige groot rede? Wat is die mites oor introverte en ekstroverte?

Wie is ek? 16 Januarie 2026 16.01.2026

Wat is die verskil tussen psigopatie en sosiopatie? Is werk/lewe-balans ’n mite of ’n moontlikheid?

Listen to the Wie is ek? podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.