RSG
Leefwêreld van die Gestremde
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Leefwêreld van die gestremde: Psigososiale gestremdhede 05.07.2026 22:43
5 Julie 2026: Psigososiale gestremdhede het nie net ‘n invloed op die persoon nie, maar ook op kollegas, familie en vriende. Die simptome is baie algemeen, dus is ‘n deeglike diagnose noodsaaklik om die betrokkenes beter te kan ondersteun. Tony Williams is al vir 42 jaar ‘n rolstoelgebruiker ná ‘n motorfietsongeluk, maar hy is lewenslustig en het nie stil gesit die afgelope dekades nie. Hy bevorde...
Leefwêreld van die Gestremde: Wat kan mense met gestremdhede van belasting terugeis? 28.06.2026 21:21
28 Junie 2026: Cape Mental Health gee mense met geestesongesteldhede ondersteuning, veral diegene met psigososiale gestremdhede. Dis amper tyd vir die jaarlikse belastingopgawes. Wat is die prosedure as jy nog nooit geëis het nie? Kan jy enige jaar begin? Sal dit terugwerkend wees? Wat anders as mediese onkoste kan geëis word? ‘n Belastingspraktisyn beantwoord algemene navrae oor belasting en eise...
Leefwêreld van die gestremde: Innovation for the Blind bemagtig mense met visuele gestremdhede 21.06.2026 22:37
21 Junie 2026: Innovation for the Blind is besig met ‘n praktiese benadering om mense met visuele gestremdhede te bemagtig met vaardigheidsontwikkeling op verskeie vlakke. Irene Fischer, ‘n voormalige radio-omroeper, probeer haar bes om voluit te leef met ’n erge breinbesering wat sy opgedoen het tydens ‘n ongeluk. Sy vertel van die uitdagings met geestesgesondheid.
Leefwêreld van die gestremde: Breinaneurismes; Toeganklikheid 14.06.2026 21:36
14 Junie 2026: Wat is die nagevolge van ‘n breinaneurisme? Wat is die rol van rehabilitasie en ondersteuning? Professor Charl Hugo vertel van sy ervaring deur moeilike tye, en die ondersteuning van vriende en familie. Redelike akkomodasie en toegangklikheid vir mense met gestremdhede is tans ’n probleem. Die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede werk hard om toeganlikheid in skole en...
Leefwêreld van die Gestremde: Programme vir die werksplek; Spina bifida 07.06.2026 20:22
7 Junie 2026: Ons vind uit van programme wat mense met gestremdhede voorberei vir en vestig in die arbeidsmark. Die programme fokus veral op jong volwassenes. Spina bifida is 'n geboortedefek wat die ruggraat en rugmurg aantas. Dit gebeur vroeg in swangerskap, gewoonlik in die eerste vier weke. Ons gesels met iemand met Spina bifida, wat ná 39 jaar in die arbeidsmark afgetree het. Hy leef steeds v...
Leefwêreld van die Gestremde: Bewusmakingprogramme vir werkgewers 31.05.2026 22:19
31 Mei 2026: Met werkloosheid wat steeds hoog bly, het die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede begin met bewusmaking- en opleidingsprogramme om werkgewers bewus te maak vgan die behoeftes van mense met gestremdhede. Daar is ‘n groot leemte vir inrigtings wat voorsiening maak vir voorskoolse kinderontwikkeling vir kinders met gestremdhede. Ons hoor van Debbie Oberholster, ‘n ma van ‘...
Leefwêreld van die gestremde: Aanlyn-opleidingsmateriaal vir blindes; App vir persone met gestremdhede om CV’s te op te laai 24.05.2026 22:48
24 Mei 2026: Len Viljoen is blind. Hy praat oor aanlyn-opleidingsmateriaal vir blindes. ‘n Toepassing deur JobAbled is spesiaal ontwerp vir persone met gestremdhede om hulle CV’s te op te laai. Die toepassing is ook aangepas vir maatskappye en organisasies om toegang tot die databasis te kry.
Leefwêreld van die gestremde 17 Mei 2026 17.05.2026 22:06
‘n Lewensafrigter deel idees oor die bemagtiging vir gestremdes ten opsigte redelike insluiting in die werkplek. Ons hoor hoe die Downsindroom Vereniging in die Wes-Kaap uitreik na ouers in die Skiereiland en die ondersteuningswerk wat hulle doen. Hulle het ‘n skool met ‘n aangepaste kurrikulum vir die leerders, en ‘n werkswinkel.
Leefwêreld van die gestremde 10 Mei 2026 10.05.2026 23:21
Ons kyk verder na ‘n slimkierie en ’n Braille-rekenaar vir mense met sig gestremdhede. Werkloosheid is ‘n belangrike kwessie, en vir mense met gestremdhede is dit veel erger. Tot 95% van hulle is werkloos. Stories en ervarings van mense met gestremdhede in die arbeidsmark word nou gedokumenteer ter bevordering van beleidsontwikkeling en -implimentering.
Leefwêreld van die gestremde 3 Mei 2026 03.05.2026 23:37
Ons weet van ’n slimfoon, maar wat van ‘n slimkierie en ’n Braillerekenaar? En, ons hoor van Albert Millard van Extreme Abilities Weskus, wat hulle beywer vir aangepaste branderplankry vir mense met gestremdhede.
Leefwêreld van die gestremde 26 April 2026 26.04.2026 23:19
Het jy geweet dat babasjampoe tradisioneel gebruik word vir oogsorg teen karkaatjies ander oogkwale? Mense met gestremdhede wat deelgeneem het aan die nasionale rolbaltoernooi, vertel van die kompetisie en die mooi vriendskappe wat daar ontwikkel het.
Leefwêreld van die gestremde 19 April 2026 19.04.2026 22:20
‘n Oudioloog beantwoord luisteraarsvrae oor gehoorprobleme. Meervoudige Sklerose SA begin met die Move Strong May-veldtog ter bewusmaking en ondersteuning.
Leefwêreld van die gestremde 12 April 2026 12.04.2026 23:25
Ná die amputering van ‘n ledemaat word pyn steeds ervaar in die deel. Andrew Hofmeyr vertel hoe die pyn erger geraak het, en hoe dit hom daagliks beïnvloed. Meervoudige Sklerose SA het begin met die Move Strong May-veldtog ter bewusmaking en ondersteuning. Ons hoor van navorsing oor dié siekte en Suid-Afrika se leidende rol hierin.
Leefwêreld van die Gestremde 5 April 2026 05.04.2026 22:19
Gespesifiseerde Dissosiatiewe Versteuring (OSDD) ‘n toestand waaraan daar heelwat stigma kleef. Dienshonde kan bydra tot die diagnosering, en help met ondersteuning aan persoon met OSDD. Die Latynse woord, felisitas, beteken geluk. In Brakpan is Felisitas ‘n skool vir kinders met erge gestremdhede. Dis ‘n skool vir geluk en vrede vir gestremde kinders en hulle versorgers.
Leefwêreld van die gestremde 29 Maart 2026 29.03.2026 22:27
‘n Parapleeg en bekende branderplankryer van Suid-Afrika, Dries Millard, vertel van aangepaste klinieke vir branderplankry vir persone met gestremdhede, en sy voorbereiding vir die nasionale kampioenskap. Hentie Nortjé is ‘n prokureur met ‘n passie vir gemeenskapswerk en swem. Hy gesels oor menseregte en die stand van sake vir persone met gestremdhede. Het jy geweet dat 97,5% van persone met gestr...
Leefwêreld van die gestremde 22 Maart 2026 22.03.2026 22:57
‘n Parapleeg en bekende branderplankryer van Suid-Afrika, Dries Millard, gesels in die eerste van twee programme oor sy uitdagings in terme van toeganklikhied en basiese geriewe by strande. Hy vertel hoe hy sy daaglikse uitdagings aanpak. SAAM TEEN EENSAAMHEID is die tema vir vanjaar se Wêreld Downsindroom-bewustheidsmaand. Die fokus val op die insluiting van mense met Downsindroom in families, ge...
Leefwêreld van die Gestremde 15 Maart 2026 15.03.2026 25:12
Professor Charl Hugo vertel hoe sy leefwêreld ná ‘n breinaneurisme verander het. Die ‘n aangerypende verhaal van deursettingsvermoë, ondersteuning, en nog ‘n kans op lewe. Die Midmarmyl-swembyeenkoms het vanjaar vir die eerste keer mense met gestremdhede wat deelgeneem het. Ons vind meet uit van die 2026 Liefdadigheid Agt-myl-Uitdaging se beskermvrou, Adri Visser, ‘n voormalige Paralimpiese swemme...
Leefwêreld van die gestremde 8 Maart 2026 08.03.2026 22:32
Daar is baie uitdagings vir persone met siggestremdhede om in die arbeidsmark op ‘n gelyke basis mee te ding. Tegnologie is van die grootste gelykmakers en open die wêreld vir blinde persone. Die Kirstenbosch Botaniese Tuin in Kaapstad is al geruime tyd besig om toeganglikheid van mense met gestremdhede te verbeter. Ons hoor van hulle sensoriese tuin en toegang vir ouerwordende persone en skoolkin...
Leefwêreld van die gestremde 1 Maart 2026 01.03.2026 24:11
Wat is die rol van ‘n lewensafrigter vir iemand met ‘n gestremdheid? ‘n Ma vertel van die aanpassings en trauma nadat haar seun op vyfjarige ouderdom saam met sy pa in ‘n erge motorongeluk betrokke was. Dis meer as 40 jaar later, Barend Wiese doen sport en is gelukkig getroud. Hy en sy vrou leef met hulle uitdagings, en het ‘n tuiste gevind by die Nasionale Instituut vir Dowes in Worcester.
Leefwêreld van die gestremde 22 Februarie 2026 22.02.2026 23:06
Die 44-jarige Dries Burger is blind gebore. Hy maak musiek en samel geld in vir kinders met gestremdhede. Hy is bowenal ’n sportman, wat dankbaar is en met humor positief bly oor die lewe. Erica du Toit van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremde beantwoord luisteraarsvrae oor toepaslike rolstoele, en die aanstelling van ‘n persoonlike versorger en assistent by die werk.
Leefwêreld van die gestremde 15 Februarie 2026 15.02.2026 23:54
Coenie Labuschagne en Gerhard Erasmus van Edit Micro Systems ontsluit ‘n wêreld van hulpmiddels vir ‘n verskeidenheid van gestremdhede. Stel jou voor ‘n rekenaarprogram wat jou help met disleksie… ‘n Sakeman van Worcester rig inwoners van Innovation for the Blind af om aan die Boland Tweekamp-byeenkomste deel te neem. Hy lei ook dowe persone op om as gidse op te tree vir atlete wat blind is.
Leefwêreld van die gestremde 8 Februarie 2026 08.02.2026 23:13
Ons leef in ‘n tegnologies gevorderde samelewing. Dié hulpmiddele word geruime tyd reeds aangewend met groot sukses vir mense wat leef met gestremdhede. Ons hoor by Coenie Labuschagne en Gerhard Erasmus van Edit Micro Systems watter tegnologie reeds ingespan word. Sowat 66% van mense met epilepsie se gevalle se onderliggende oorsaak is onbekend. Epilepsie is nie ‘n geestelike of psigiatriese toest...
Leefwêreld van die gestremde 1 Februarie 2026 01.02.2026 21:48
Ons vind meer uit van ’n program wat jou leer om ‘n portuurgroep-ondersteuner te word, om die lewe van mense met gestremdhede makliker te maak. Deone Erasmus leef met makulêre degenerasie. Sy het slegs tien persent, maar dit hou haar nie terug nie. Sy leer ander mense met gestremdhede om te dans.
Leefwêreld van die gestremde 25 Januarie 2026 25.01.2026 22:35
‘n Oudioloog vertel dat vroue makliker ‘n gehoorapparaat sal dra as mans. Hoekom? En hoekom is daar steeds ‘n stigma oor gehoorapparate? Die Sweethearts Stigting versamel plastiekrommel by die ton om unieke pasgemaakte rolstoele te kan aankoop vir mense wat dit broodnodig het.
Leefwêreld van die gestremde 18 Januarie 2026 18.01.2026 22:31
‘n Oudioloog en lid van ‘n ouditiewe breinstam-inplantingspan vertel van ‘n redelik onbekende laaste uitweg en hoop vir sommige mense om weer te kan hoor. Ons kyk ook na inklusiewe onderwys vir kinders met spesiale behoeftes.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.