RSG
Geestesgesondheid
Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Geestesgesondheid: Wat is die impak van leuns op geestesgesondheid? 07.07.2026 38:05
7 Julie 2026: Johan van Lill praat met Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor leuens en die impak daarvan op ons geestesgesondheid. Hulle praat oor kinders wat jok, volwassenes wat die waarheid verdraai, en die emosionele uitputting wat ontstaan wanneer ’n mens saamleef met iemand wat konstant oor alles lieg. Die gesprek fokus op vrees, skaamte, vertroue, selfbeskerming en die moeilike v...
Geestesgesondheid: Hoe kry ons weer sin, energie en rigting? 30.06.2026 39:28
30 Junie 2026: Johan van Lill praat met professor Jannie le Roux oor wat gebeur wanneer mense ophou floreer. Hulle praat oor daardie stille innerlike moegheid wat dikwels insluip terwyl ’n mens steeds werk, funksioneer en aangaan met die lewe. Die gesprek fokus op hoe ons weer sin, energie en rigting kan vind deur eerlik te kyk na genot, tevredenheid, betekenis, aandag en verbinding.
Geestesgesondheid: Hoe lewensverandering jou geestesgesondheid raak 23.06.2026 43:27
Johan van Lill praat met Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor verandering, die verskillende seisoene in ons lewe en die impak daarvan op ons geestesgesondheid. Sy het onlangs ná baie jare in Johannesburg opgepak en Vermont toe getrek. Hierdie groot skuif vorm die vertrekpunt vir ’n eerlike gesprek oor verlies, aanpassing, weerstand, hoop en die emosionele moed wat verandering van ons v...
Geestesgesondheid: Waarom werkgewers anders oor produktiwiteit moet dink 16.06.2026 40:44
16 Junie 2026: Johan van Lill praat met Jan Niemand, ‘n lewensafrigter, oor die rol wat werkgewers speel in mense se geestesgesondheid, produktiwiteit en vermoë om te herstel. In baie Suid-Afrikaanse werksomgewings word lang ure, voortdurende beskikbaarheid en sigbare besigwees steeds maklik met toewyding en harde werk verwar. Tog kan hierdie kultuur mense stadig uitput en uiteindelik ook prestasi...
Geestesgesondheid: Rus is nie luiheid nie 09.06.2026 41:11
9 Junie 2026: Johan van Lill praat met Jan Niemand, ‘n lewensafrigter, oor die dieper betekenis van rus. In ’n kultuur waar besig wees dikwels soos sukses lyk, voel rus vir baie mense amper verkeerd. Tog is ons nie ontwerp om heeltyd beskikbaar, produktief en op volle spoed te wees nie. Ons praat oor gesonde ritmes, grense, skuldgevoelens oor rus en klein praktiese maniere om weer ruimte vir herst...
Geestesgesondheid: Die lewe ná ‘n egskeiding 02.06.2026 42:04
2 Junie 2026: Johan van Lill praat met Albie Jordaan oor die pad vorentoe ná ‘n egskeiding. Die gesprek fokus nie op die regskant, skuld, bakleiery of wie verkeerd is nie, maar op wat met ’n mens gebeur wanneer die drama verby is en ’n nuwe soort herstel begin. Baie mense dink hulle sal onmiddellik beter voel sodra die egskeiding afgehandel is. Tog kom daar dikwels daarna ’n leë stilte - die huis...
Geestesgesondheid: Uitbranding is soveel meer as gewone moegheid 26.05.2026 43:21
26 Mei 2026: Johan van Lill praat met Lynette Beer oor uitbranding, en waarom dit soveel meer as gewone moegheid is. Die gesprek fokus op die tekens van uitbranding, die verskil tussen stres en uitbranding, veerkragtigheid, grense, herstel, en hoe mense weer hoop, energie en betekenis kan vind.
Geestesgesondheid: Die pad na ’n betekenisvolle lewe 19.05.2026 43:19
19 Mei 2026: Johan van Lill praat met Antoinette Pienaar oor die pad na ’n betekenisvolle lewe. Die gesprek fokus op geestesgesondheid, verlies, verandering, lewenskeuses en die dinge wat ons in ’n gejaagde moderne lewe maklik vergeet. Antoinette is bekend as aktrise, sangeres, skrywer en kruiekenner, maar ook as iemand wie se lewenspad haar na die Karoo, stilte, stories, herstel en die wysheid va...
Geestesgesondheid 12 Mei 2026 12.05.2026 39:26
Johan van Lill praat met Jan Niemand, ‘n lewensafrigter, oor hoe gewone mense onsekerheid, vrees en nuuskierigheid oor kunsmatige intelligensie kan bestuur. Ons hoor al hoe meer mense sê: “KI kom vir jou werk!” Die gesprek fokus op wat hierdie verandering prakties en emosioneel beteken, hoe ons KI verantwoordelik kan begin gebruik, en hoe ons menslik kan bly dink in ’n tyd van groot tegnologiese v...
Geestesgesondheid 5 Mei 2026 05.05.2026 40:04
Johan van Lill praat met Madre Fraenkel, ‘n arbeidsterapeut en kenner van demensie, oor die brose kant van ouer word. Die gesprek fokus op die emosionele, praktiese en sosiale uitdagings wat dikwels saam met ouer word kom, veral wanneer mense begin wonder oor hulle gesondheid, versorging, veiligheid, geldsake en ondersteuningsnetwerk.
Geestesgesondheid 28 April 2026 28.04.2026 43:00
Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor hoe volwassenes se goeie bedoelings nie altyd aan kinders se ontwikkelingsbehoeftes voldoen nie. Die gesprek fokus op hoe volwassenes kinders dikwels met liefde en goeie bedoelings probeer help, maar tog soms optree op maniere wat nie by ’n kind se werklike ontwikkelingsfase en emosionele behoeftes pas nie.
Geestesgesondheid 21 April 2026 21.04.2026 38:36
Johan van Lill praat met Hazel Hatting oor ’n werklikheid waarmee baie mense elke dag saamleef: Wat gebeur as jy weet jy is in die verkeerde beroep, maar jy het eenvoudig nie die vryheid om iets anders te kies nie? Die gesprek fokus op die emosionele en sielkundige impak daarvan om vasgevang te voel in werk wat jou nie pas nie, terwyl finansiële druk, beperkte geleenthede en verantwoordelikhede jo...
Geestesgesondheid 14 April 2026 14.04.2026 42:41
Johan van Lill praat met professor Jannie le Roux oor die verskil tussen florerende en verwoestende huwelike. Die gesprek fokus op die patrone wat oor tyd in verhoudings ontwikkel – die klein oomblikke wat bou of breek, die manier waarop paartjies met konflik werk, en hoe emosionele veiligheid en konneksie ’n verhouding dra, of stadig laat verbrokkel.
Geestesgesondheid 7 April 2026 07.04.2026 43:22
Johan van Lill praat met Rouxlene Badenhorst, ‘n integratiewe gesondheidspraktisyn en psigoterapeut, oor ’n onderwerp waaroor daar selde openlik gepraat word – Wat gebeur ná ’n selfdoodpoging waar die persoon oorleef het? Dit is die stil deel van die storie: jy leef nog, maar alles het verander. Die vrae, die skaamte, die verwarring en die realiteit om weer mense in die oë te kyk, word deel van el...
Geestesgesondheid 31 Maart 2026 31.03.2026 44:01
Johan van Lill praat met Lizette Volkwyn, ‘n meester-lewensafrigter, internasionale spreker en spesialis in menslike gedrag en emosionele intelligensie, oor verwerping. Dis ’n ervaring wat byna elke mens raak, maar wat dikwels onderskat word in terme van die impak wat dit op ons emosionele welstand het. Of dit nou in verhoudings, die werkplek, vriendskappe of binne families gebeur, verwerping kan...
Geestesgesondheid 24 Maart 2026 24.03.2026 43:20
Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor tienerselfdood en die komplekse emosionele wêreld waarin baie jongmense hulleself bevind. Die gesprek word gevoer teen die agtergrond van onlangse gebeure in die nuus en die groeiende besef dat ons nie genoeg oor hierdie onderwerp kan praat nie.
Geestesgesondheid 17 Maart 2026 17.03.2026 42:14
Johan van Lill praat met prestasie-afrigter en konsultant, Gielie Hoffmann, oor die noue verband tussen geestesgesondheid, prestasie en menslike groei. Hoffmann werk met organisasies, sportspanne en skole, waar hy mense help om gesonder denkwyses te ontwikkel, beter met druk te werk en volhoubare gedragsverandering te bou. Hy praat eerlik oor sy eie pad met geestesgesondheid en die lesse wat hy de...
Geestesgesondheid 10 Maart 2026 10.03.2026 40:42
Johan van Lill praat met lewensafrigters Jan Niemand en Hazel Hattingh oor ’n oorgang wat baie mense onderskat - aftrede en die emosionele aanpassing wat daarmee saamgaan. Die gesprek fokus op die skielike verandering wat mense ervaar wanneer ’n vaste inkomste verdwyn, wanneer identiteit wat jare lank met werk verbind was verander, en wanneer groot lewensveranderings emosioneel oorweldigend raak.
Geestesgesondheid 3 Maart 2026 03.03.2026 42:38
Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor wanneer kinders se emosies oorspoel, en wat werklik gebeur wanneer ’n kind ontplof of uitreageer. Die gesprek fokus op emosionele disregulering — hoe ’n oorlaaide senuweestelsel gedrag kan dryf, hoekom kinders soms nie kan dink of luister tydens ’n uitbarsting nie, en hoe volwassenes kan onderskei tussen stout gedrag en emosi...
Geestesgesondheid 24 Februarie 2026 24.02.2026 44:06
Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor wanneer liggaam en emosies saam praat – die diep verband tussen welwees, gevoelens en fisiese gesondheid. Die gesprek fokus op hoe emosies soos stres, angs en hartseer deur die liggaam manifesteer, hoe mense dikwels waarskuwingstekens ignoreer en waarom ware welwees altyd ’n geïntegreerde balans tussen liggaam en emosies vereis.
Geestesgesondheid 17 Februarie 2026 17.02.2026 39:29
Johan van Lill praat met Ian von Memerty oor selfverlossing, menswaardigheid, veroudering en geestesgesondheid. Die gesprek fokus op hoe mense sin probeer maak van verlies aan onafhanklikheid, finansiële onsekerheid, veranderende identiteit en die emosionele impak van ouerword. Daar word met empatie en diepte gekyk na die idee dat sommige mense self wil kies wanneer hulle lewe moet eindig, nie uit...
Geestesgesondheid 10 Februarie 2026 10.02.2026 41:28
Johan van Lill praat verder met Rouxlene Badenhorst, ‘n terapeut en kliniese maatskaplike werker, oor trauma as ’n liggaam- en senuweestelselproses. Die gesprek fokus op hoe trauma in die liggaam vassteek, hoe dit gedrag, verhoudings en selfbeeld beïnvloed, en hoe genesing moontlik word deur veiligheid en regulering. Die program bring luisteraars se ervarings en vrae na die voorgrond, en verken te...
Geestesgesondheid 3 Februarie 2026 03.02.2026 40:04
Johan van praat met Rouxlene Badenhorst, ‘n terapeut en kliniese maatskaplike werker, oor trauma en die diepgaande invloed daarvan op die liggaam, emosies en selfbeeld. Sy verduidelik hoe trauma nie net gaan oor wat met ’n mens gebeur het nie, maar oor wat binne jou gebeur het as gevolg daarvan, en hoe die senuweestelsel oor tyd veiligheid, regulering en balans kan verloor.
Geestesgesondheid 27 Januarie 2026 27.01.2026 40:48
Johan van Lill praat met Lizette Volkwyn, ‘n meester-lewensafrigter en skrywer, oor wat met ’n mens se identiteit gebeur ná ’n groot krisis. Wanneer mense sê: “Ek voel nie meer soos myself nie,” wat lê agter daardie woorde? Vir baie raak verlies, trauma, siekte of langdurige stres nie net hulle omstandighede nie, maar ook hullr selfbeeld, rigting en sin vir wie hulle is.
Geestesgesondheid 20 Januarie 2026 20.01.2026 41:46
Johan van Lill praat oor ’n ervaring wat veel dieper sny as punte en verslae: Wat gebeur met ’n mens se binneste wanneer ’n leerder ’n teruggehou word in Graad R, of ‘n graad op skool herhaal. Vir baie raak dit nie net akademie nie, maar identiteit, selfbeeld en die stil stem wat begin vra: Wat sê dit van my? In hierdie sensitiewe gesprek fokus Johan saam met dr, Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige si...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.