RSG

Geestesgesondheid

Health AF ↓ 721 episodes

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Geestesgesondheid 13 Januarie 2026 13.01.2026

Johan van Lill praat oor ’n sagte, eerlike begin van die nuwe jaar, veral vir mense wat moeg is, onder druk leef, of met angs, depressie of rou worstel. In ’n tyd waar die wêreld vinnig vorentoe wil beweeg, bring hierdie gesprek ruimte vir rustigheid en menslikheid. Johan gesels met welstandberader Lynette Beer oor hoe ’n nuwe jaar nie altyd met drome en voornemens begin nie, maar soms net met ase...

Geestesgesondheid 6 Januare 2026 06.01.2026

Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor hoe om die nuwe jaar aan te pak. Ná ’n tyd van refleksie kom daar ‘n behoefte aan rigting, maar vir baie mense ook druk en onsekerheid. Die gesprek verken hoe ’n mens ’n nuwe jaar kan begin sonder oordrewe voornemens, en eerder met helderheid, realistiese beplanning en gewoontes wat by jou waardes pas.

Geestesgesondheid 30 Desember 2025 30.12.2025

Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor ’n vraag waarmee baie mense aan die einde van ’n jaar worstel: Hoe maak ek sin van die jaar wat verby is? Tussen herinneringe, teleurstellings en oomblikke van groei, kyk hulle na hoe ’n mens gesond kan terugkyk sonder selfoordeel. Die gesprek fokus op refleksie as ’n hulpmiddel om betekenis te vind, emosionele insig te verdiep en met groter...

Geestesgesondheid 23 Desember 2025 23.12.2025

Johan van Lill praat oor ’n tema wat baie mense raak: die emosionele impak van oorgewig wees. In ’n wêreld waar liggame maklik beoordeel word, hoor ons min oor die innerlike stryd agter die glimlag. Johan gesels met koskenner en televisiepersoonlikheid Marinda Engelbrecht oor haar persoonlike reis – nie oor dieetplanne nie, maar oor selfrespek, eerlikheid en die moed om gre...

Geestesgesondheid 16 Desember 2025 16.12.2025

Hoe gesond is jou liefdesverhouding werklik wanneer julle die deur agter julle toemaak? In ’n wêreld waar baie paartjies saam leef, maar alleen voel, verken ons die werklikhede wat glad nie op sosiale media wys nie. Johan van Lill praat met verhoudingskenner Lynette Beer oor die klein patrone, die versteekte pyn en die ongesiene verskuiwings wat bepaal of ’n verhouding floreer of verbrokkel. Sy wy...

Geestesgesondheid 9 Desember 2025 09.12.2025

Johan van Lill praat oor ’n onderwerp wat ‘n groot probleem in Suid-Afrika is. Aan die begin van Desember fokus ons op geweld teenoor vroue en kinders, en die werklikheid dat hierdie geweld dikwels in stilte voortleef. Drie vroue deel hulle ervarings, en wys hoe diep hierdie wonde sny. Daarna gesels Johan met Adri Klindt van Huis Jabez oor hoe hulle vroue en kinders ondersteun, wat uit gewelddadig...

Geestesgesondheid 2 Desember 2025 02.12.2025

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz oor die impak wanneer ’n eggenoot of lewensmaat die huis en die verhouding verlaat. Hulle verken hoe hierdie gebeurtenis almal in die huishouding raak. en hoe ’n mens sin kan probeer maak uit só ’n diep, pynlike ervaring.

Geestesgesondheid 25 November 2025 25.11.2025

Johan van Lill praat met professor Jannie le Roux oor die kweek van positiwiteit, en hoe mense se ingesteldheid en gedagtes die manier beïnvloed waarop hulle werk, leef en met ander omgaan. Hy verduidelik hoe negatiewe denkpatrone maklik wortel skiet, hoe liggaamstaal, stemtoon en stilte ’n mens se emosionele toestand verklap, en waarom selfinsig die sleutel is om uit ou patrone te breek en nuwe,...

Geestesgesondheid 18 November 2025 18.11.2025

Johan van Lill praat met Hazel Hattingh oor konteksblindheid in die werkplek. Wat beteken dit wanneer mense die situasie of die kamer verkeerd lees, en watter invloed het dit op werkverhoudings? Sy verduidelik hoe konteksblindheid manifesteer in gesprekke, hoe liggaamstaal, stemtoon en stilte belangrike leidrade is, en waarom selfinsig nodig is om misverstande te vermy.

Geestesgesondheid 11 November 2025 11.11.2025

Johan van Lill praat met dr. Ronell Lemmer, ‘n kliniese sielkundige, oor emosionele regulering – hoe ons ons gevoelens kan herken, verstaan en gesond hanteer. Sy verduidelik hoe emosies deur die liggaam beweeg, hoe selfbewustheid help om stres en trauma te verwerk, en waarom dit belangrik is om oor ons emosies te praat. Dr. Lemmer bespreek ook die hantering van donkerder emosies en selfdoodgedagte...

Geestesgesondheid 4 November 2025 04.11.2025

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor boeliegedrag. Hulle ondersoek wat boeliegedrag werklik beteken, hoe dit verskil van aanranding of gewone meningsverskille, en waarom dit so wydverspreid in Suid-Afrika voorkom. Die gesprek kyk ook na die emosionele impak op kinders en volwassenes, die rol van ouers en skole in die voorkoming en ingryping, en die langterm...

Geestesgesondheid 28 Oktober 2025 28.10.2025

Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor depressie in die werkplek, en hoe ’n lewensafrigtingsbenadering kan help om die tekens van depressie raak te sien, praktiese hanteringswyses te ontwikkel en gesonde werkplekke te bevorder. Die gesprek verken hoe mense hulle eie veerkragtigheid kan versterk, en watter ondersteuning ’n werksomgewing kan bied om herstel en welstand moontlik te m...

Geestesgesondheid 21 Oktober 2025 21.10.2025

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor die geestesgesondheid van kinders en tieners. Waarna moet ouers en versorgers oplet? Watter aspekte speel 'n rol in kinders en tieners se geestesgesondheid?

Geestesgesondheid 14 Oktober 2025 14.10.2025

Johan van Lill praat met Ronell Lemmer, ’n kliniese sielkundige wat fokus op die praktiese toepassing van geestesgesondheid in die alledaagse lewe, oor wat goeie geestesgesondheid in die praktyk beteken, en hoekom dit belangrik is om jou emosionele, sielkundige en sosiale welstand te verstaan, te versorg en te ondersteun.

Geestesgesondheid 7 Oktober 2025 07.10.2025

Johan van Lill praat met Rouxlene Badenhorst, streeksbestuurder van ADASA in die Wes- en Suid-Kaap, asook psigoterapeut en kliniese maatskaplike werker. Sy werk daagliks met pasiënte, families en versorgers wat deur demensie en Alzheimers geraak word, en bied praktiese ondersteuning, opleiding en hoop. Die gesprek fokus op hoe demensie die emosies van pasiënte beïnvloed, watter druk daar op famili...

Geestesgesondheid 30 September 2025 30.09.2025

Johan van Lill praat met Kendal Goosen, ’n spesialis in rou en verlies, wat haar sertifisering voltooi het by die Grief Recovery Institute, ’n internasionaal erkende instelling. Sy help mense met die Grief Recovery Handbook op ’n praktiese en gesistematiseerde manier om verlies te verwerk, en weer hoop te vind. Die gesprek fokus op hoe ons verlies dikwels onderskat, hoe dit ons emosies en verhoudi...

Geestesgesondheid 23 September 2025 23.09.2025

Johan van Lill praat met Lizette Volkwyn, ‘n lewensafrigter en bekend as die menslike leuenverklikker, oor hoe om werklik te luister – nie net na woorde nie, maar ook na die waarheid wat soms rou en ongemaklik is. Hulle praat oor hoekom dit so moeilik is om die waarheid te hoor, hoe dit ons emosies en verhoudings raak, en watter rol eerlike gesprekke in geestesgesondheid speel. Daar is ook praktie...

Geestesgesondheid 16 September 2025 16.09.2025

Johan van Lill praat met Madré Fraenkel, ’n arbeidsterapeut en kenner van demensie. Die gesprek fokus op hoe demensie- en Alzheimerpasiënte se denke, geheue en emosies geraak word. Hulle praat oor die vroeë tekens wat families kan opmerk, hoe dit gesinsverhoudings beïnvloed en watter spanning met versorging ontstaan. Daar is ook praktiese wenke oor hoe om onafhanklikheid langer te behou, geestesge...

Geestesgesondheid 9 September 2025 09.09.2025

Johan van Lill praat met Jan Niemand, ’n lewensafrigter, oor angs in die werkplek, en hoe dit mense se denke en liggaam beïnvloed. Hulle praat oor hoe stres, oorlading en onsekerheid angs kan vererger, hoe dit verhoudings by die werk raak, en watter praktiese maniere daar is om dit te hanteer, balans te vind, en nuwe gewoontes aan te leer.

Geestesgesondheid 2 September 2025 02.09.2025

Johan van Lill praat met Ronell Lemmer, ’n kliniese sielkundige, oor die trauma wat dikwels saam met uitbranding kom, en hoe dit mense se liggaam en brein raak. Hulle praat oor hoe skuldgevoel, skaamte en werkverslawing uitbranding vererger, hoe dit verhoudings beïnvloed, en watter praktiese maniere daar is om hulp te kry, te herstel en nuwe grense te stel.

Geestesgesondheid 26 Augustus 2025 26.08.2025

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, ’n opvoedkundige sielkundige, oor die -ismes wat ons so maklik gebruik, soos rassisme, seksisme en ander etikette, en die invloed wat dit op mense se geestesgesondheid het. Hulle gesels oor hoe stereotipering en onnadenkende taal mense se selfbeeld en verhoudings kan skaad, en gee praktiese maniere om meer sensitief, inklusief en bewustelik te leef.

Geestesgesondheid 19 Augustus 2025 19.08.2025

Johan van Lill praat met Kobus Burger, RSG se programbestuurder én ’n kenner op die gebied van asemhaling. Dit is ’n praktiese sessie waar luisteraars drie kragtige asemhalingstegnieke kan doen: die “psychological sigh”, “coherent breathing” en 20 gekonnekteerde asemhalings. Kobus wys stap-vir-stap hoe om dit reg te doen, verduidelik die wetenskap daaragter, en beskryf hoe elke tegniek jou liggaam...

Geestesgesondheid 12 Augustus 2025 12.08.2025

Johan van Lill praat weer met lewensafrigters Jan Niemand en Hazel Hatting. Ná hulle vorige gesprek oor ADHD in volwassenes het daar ’n oorweldigende hoeveelheid luisteraarsreaksie ingestroom. Daarom het ons hulle teruggenooi om die luisteraars se vrae te beantwoord.

Geestesgesondheid 5 Augustus 2025 05.08.2025

Johan van Lill praat met lewensafrigters Jan Niemand en Hazel Hatting oor wat ADHD beteken vir volwassenes in die werksplek. Ons kyk na hoe ADHD in volwassenes manifesteer – van tydsbeplanning, hiperfokus en uitbranding tot kreatiwiteit en intense probleemoplossing – en watter aanpassings individue én werkplekke kan maak om nie net te oorleef nie, maar te floreer.

Geestesgesondheid 29 Julie 2025 29.07.2025

Johan van Lill praat met dr. Melodie de Jager, 'n ontwikkelingskenner, oor die belangrike, maar dikwels misgekykte rol wat aanraking in geestesgesondheid speel. Wat gebeur as mens fisieke kontak verloor, of dit nooit regtig ervaar het nie? Sy verduidelik wat in die brein, liggaam en emosionele landskap gebeur wanneer daar ’n tekort aan aanraking is.

Listen to the Geestesgesondheid podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.