RSG

Geestesgesondheid

Health AF ↓ 721 episodes

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Geestesgesondheid 22 Julie 2025 22.07.2025

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz oor enkelouerskap, en wat dit vir geestesgesondheid beteken. Wat gebeur as jy skielik of geleidelik die volle verantwoordelikheid vir ouerskap dra? Sy verduidelik die emosionele impak, rou oor verlore drome, en die sosiale druk wat dikwels op enkelouers rus. Ons kyk na hoe kinders dié dinamiek ervaar, wat selfversorging vir ’n enkelouer regtig beteken, en...

Geestesgesondheid 15 Julie 2025 15.07.2025

Johan van Lill praat met joernalis Jean Oosthuizen oor sy persoonlike pad met geestesgesondheid te midde van kritiek, moeilike onderwerpe en openbare gesprekke oor geloof en geregtigheid. Hoe hanteer jy innerlike spanning wanneer die wêreld buite so hard praat? Jean deel eerlik oor selfversorging, veerkragtigheid en balans, en hoe om jou menswees te behou midde-in ander mense se stories.

Geestesgesondheid 8 Julie 2025 08.07.2025

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor die terugvoer wat kinders van volwassenes ontvang by die huis, die skool en in hulle sosiale kringe. Hoe beïnvloed daardie woorde, gebare of stiltes kinders se selfbeeld, gedrag en leer? Dr. Fritz verduidelik watter soorte terugvoer betekenisvol is, hoe kinders dit emosioneel verwerk, en hoe ons dit kan gebruik om hulle welst...

Geestesgesondheid 1 Julie 2025 01.07.2025

Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor hoe ons as individue sinvol kan omgaan met geopolitieke onsekerheid. Wat maak ’n mens met wêreldgebeure, soos die konflik tussen Israel en Iran? Hy bied praktiese leiding, en verduidelik ’n model wat ons kan help om hierdie uitdagings emosioneel en geestelik te verwerk.

Geestesgesondheid 24 Junie 2025 24.06.2025

Johan van Lill praat met Ronell Lemmer, 'n kliniese sielkundige, oor hoe trauma in jou liggaam vassteek, en hoe jy weer balans kan vind. Hulle praat oor implisiete geheue, die twee kante van die senuweestelsel, en hoe jy uit ’n traumadraaikolk kan beweeg. Sy deel praktiese hulpmiddels soos pendulasie, SIBAM en Ho’oponopono, en verduidelik hoe emosionele selfsorg en sagtheid jou veerkragtigheid kan...

Geestesgesondheid 17 Junie 2025 17.06.2025

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die maskers wat kinders dra. Hulle gesels oor hoekom kinders hulle ware emosies wegsteek, nie om te jok nie, maar om te oorleef, aan te pas of nie in die pad te wees nie. Wat gebeur wanneer ’n kind leer dis nie veilig om hulleself te wees nie? Hoe raak dit hulle selfbeeld, verhoudings, en emosionele wêreld? Hoe help ons...

Geestesgesondheid 10 Junie 2025 10.06.2025

Johan van Lill praat met professor Jannie le Roux oor die stil, maar diepgaande emosionele uitdagings wat leiers dikwels dra. Hulle gesels oor hoe leierskap moed en visie verg, maar dikwels ook eensaamheid, twyfel en uitputting bring. Hoe raak die afwesigheid van veilige ruimtes, die druk om onkwesbaar te wees, en moeilike etiese besluite jou welstand? En hoe bou jy weer veerkragtigheid deur selfk...

Geestesgesondheid 3 Junie 2025 03.06.2025

Johan van Lill praat met Lynette Beer, 'n spreker, lewensafrigter en skrywer, oor wanneer jy glimlag, maar jou hart is moeg. Hulle gesels oor hoekom mense emosionele maskers dra – daardie glimlag of sterk voorkoms wat ons wys, selfs wanneer ons van binne breek. Wat gebeur as jy te lank voorgee dat alles reg is? Hoe raak dit jou liggaam, jou verhoudings, en selfs jou geloof? En hoe begin jy weer eg...

Geestesgesondheid 27 Mei 2025 27.05.2025

Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand en kliniese sielkundige Mari Bekker oor wat om te doen as jou baas dalk ’n narsissis is. Hulle ondersoek die verskil tussen selfversekerde leierskap en narsistiese gedrag, en bespreek praktiese maniere om grense te stel, jou geestesgesondheid te beskerm en konflik te hanteer sonder om jouself te verloor.

Geestesgesondheid 20 Mei 2025 20.05.2025

Johan van Lill praat met kliniese sielkundige Ronell Lemmer oor die liggaam se geheue van trauma. Hoe steeks onverwerkte pyn in ons postuur, emosies en gedrag vas? Hulle verken hoe grense, liggaamshouding en bewuste selfwaarneming toegang kan gee tot heling, en hoe selfs klein verskuiwings in die liggaam ’n groot verskil in innerlike herstel kan maak.

Geestesgesondheid 13 Mei 2025 13.05.2025

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor die onsigbare toue wat ouers se emosies met hulle kinders se welstand verbind. Hulle kyk na emosionele nalatenskap, hoe kinders die atmosfeer in ’n huis "lees", en hoe ouers – dikwels sonder om dit te besef – hul eie spanning, vrese of onverwerkte emosies op hulle kinders oordra.

Geestesgesondheid 6 Mei 2025 06.05.2025

Johan van Lill praat met lewensafrigters Jan Niemand en Hazel Hattingh oor hoe jou brein jou soms kul, en hoekom ons dikwels in ons eie denkfoute vasval. Hulle bespreek algemene kognitiewe verwringings, soos bevestigingsvooroordeel en emosionele redenering, en verduidelik hoe hierdie patrone ons emosies, besluite en verhoudings beïnvloed. Hulle praat oor praktiese maniere om jou denke realisties e...

Geestesgesondheid 29 April 2025 29.04.2025

Johan van Lill praat met kliniese sielkundige Ronell Lemmer oor hoe om stres en trauma deur liggaamsbewustheid te verstaan en te versorg. Hulle praat oor hoe die liggaam dikwels eerste “praat” wanneer ons oorweldig voel, en waarom asemhaling en liggaamsbewustheid so sentraal staan in emosionele genesing. Ronell verduidelik hoe trauma nie net ’n storie in die kop is nie, maar ’n ervaring wat in die...

Geestesgesondheid 22 April 2025 22.04.2025

In Geestesgesondheid gesels Johan van Lill met dr Elzette Fritz, ’n opvoedkundige sielkundige, oor die tema Klein kinders, groot wêreldprobleme: Hoe praat ons met kinders oor klimaatsverandering, oorlog en wêreldkrisisse? Hoe bewus is jong kinders vandag van wêreldgebeure – en watter impak het dit op hul emosionele welstand? Hoe verwerk kinders trauma en onsekerheid,...

Geestesgesondheid 15 April 2025 15.04.2025

Johan van Lill praat met Tania van Greunen, ’n kliniese sielkundige met uitgebreide ervaring in sowel hospitaal- as privaatpraktyk oor skisofrenie. Wat behels hierdie komplekse toestand? Hoe word dit onderskei van ander ernstige geestesgesondheidstoestande? Die gesprek ondersoek hoe skisofrenie manifesteer, die uitdagings van diagnose, die rol van genetiese en omgewingsfaktore, en hoe mense met hi...

Geestesgesondheid 8 April 2025 08.04.2025

Johan van Lill praat met Ronell Lemmer, ’n geregistreerde kliniese sielkundige met meer as 25 jaar se ervaring, oor trauma. Wat ís trauma werklik? Is dit altyd gekoppel aan ’n spesifieke gebeurtenis, of kan dit oor tyd opbou? Die gesprek ondersoek die verskil tussen trauma en stres, en hoe lewensomstandighede ’n rol speel in ons emosionele belewing van spanning.

Geestesgesondheid 1 April 2025 01.04.2025

Johan van Lill praat met Ronell Lemmer, ’n kliniese sielkundige, oor trauma. Wat is dit? Hoe verskil dit van stres? Hoe kan ’n mens weet of jy getraumatiseer is? Hulle bespreek die psigologiese en fisieke simptome van trauma, die impak daarvan op individue en gemeenskappe, en praktiese maniere om spanning en trauma te verlig.

Geestesgesondheid 25 Maart 2025 25.03.2025

Johan van Lill praat met Nadine Blom oor geweld teenoor vroue en kinders vanuit ’n geestesgesondheidsperspektief. Hulle bespreek die impak van sulke geweld op slagoffers en gemeenskappe, die trauma, en watter ondersteuning beskikbaar is. Daar word ook gekyk na hoe gemeenskappe, skole en instellings ’n rol kan speel in voorkoming en ingryping.

Geestesgesondheid 18 Maart 2025 18.03.2025

Johan van Lill praat met Lynette Beer oor die sielkunde van verandering. Verandering is onafwendbaar, maar waarom vind ons dit so moeilik om sekerheid vir onsekerheid te verruil? Van klein aanpassings in ons daaglikse gewoontes tot groot lewensveranderinge – die manier waarop ons dit benader, bepaal ons veerkragtigheid en groei. Lynette verduidelik hoe ons brein op verandering reageer, waarom weer...

Geestesgesondheid 11 Maart 2025 11.03.2025

Johan van Lill praat met Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor kunsterapie. Hoe werk kunsterapie? Wanneer kan dit as ‘n geskikte behandeling gebruik word?

Geestesgesondheid 4 Maart 2025 04.03.2025

Johan van Lill praat met lewensafrigters Jan Niemand en Hazel Hattingh oor besluitnemingsmoegheid. Elke dag neem ons honderde besluite, van eenvoudige keuses soos wat om te eet, tot komplekse besluite wat ons toekoms beïnvloed. Maar wanneer die konstante stroom van keuses ons uitput, kan dit lei tot besluitnemingsmoegheid – ‘n toestand waar ons kopseer, angs en selfs impulsiewe of uitgestelde besl...

Geestesgesondheid 25 Februarie 2025 25.02.2025

Johan van Lill praat met prof. Jannie le Roux oor die venynigheid wat mense teenoor mekaar het, en die impak wat dit op jou geestesgesondheid kan hê. Dit voel so onregverdig hoe sommige mense teenoor jou optree. Hoe kan jy dit hanteer?

Geestesgesondheid 18 Februarie 2025 18.02.2025

Johan van Lill praat met lewenafrigters Jan Niemand en Hazel Hatting oor loopbaanherbeplanning. Dis die proses waar iemand by 'n kruispad in hulle professionele lewe staan, en besluit om hulle loopbaan te heroorweeg, of selfs heeltemal 'n nuwe rigting in te slaan. Wanneer jou loopbaan ‘n dooiepunt bereik het, het dit ‘n geweldige impak op jou geestesgesondheid.

Geestesgesondheid 11 Februarie 2025 11.02.2025

Johan van Lill praat met Wynand Kotze, beter bekend as die fopdosser, Tollie Parton, oor die pad wat hy met sy geestesgesondheid gestap het.

Geestesgesondheid 4 Februarie 2025 04.02.2025

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz oor die impak wat dit op jou geestesgesondheid het wanneer jy in die buiteland moet woon en werk, en jou familie en gesin is in Suid-Afrika. Ons praat oor aanpassings, eensaamheid, en hoe jy dit die beste vir jou eie geestesgesondheid kan bestuur.

Listen to the Geestesgesondheid podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.