RSG

Geestesgesondheid

Health AF ↓ 721 episodes

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Geestesgesondheid 28 Januarie 2025 28.01.2025

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor wanneer jou kind die nes en/of die land verlaat. Wat is die impak op jou geestesgesondheid wanneer dit oor jou pad kom?

Geestesgesondheid 21 Januarie 2025 21.01.2025

Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor die funksie van verveeldheid, en waarom verveeldheid eintlik ’n noodsaaklike toestand vir ons geestesgesondheid is.

Geestesgesondheid 14 Januarie 2025 14.01.2025

Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater, oor mans en hulle selfbeeld. Hulle ondersoek die verskil tussen selfbeeld en selfvertroue, waarom selfbeeld belangrik is vir menslike ontwikkeling, en hoe dit beïnvloed word deur interne en eksterne faktore.

Geestesgesondheid 7 Januarie 2025 07.01.2025

Johan van Lill praat met prof. Jannie le Roux, ’n inspirasiespreker en skrywer. Hy bied ook MBA-klasse aan in Menslike Hulpbronbestuur. Die gesprek fokus op hoe om die nuwe jaar op ’n gesonde manier aan te pak, met praktiese strategieë en wenke om jou geestesgesondheid te beskerm en te bevorder.

Geestesgesondheid 31 Desember 2024 31.12.2024

Johan van Lill praat met prof. Jannie le Roux, ’n inspirasiespreker en skrywer. Hy bied ook MBA-klasse aan in Menslike Hulpbronbestuur. Die gesprek fokus op hoe om op jou lewe te reflekteer en sinvol terug te kyk op die jaar wat verby is. Hulle gesels oor praktiese wenke en insigte om perspektief te kry en doelwitte vir die toekoms te stel.

Geestesgesondheid 24 Desemebr 2024 24.12.2024

Johan van Lill praat met geestesgesondheidspraktisyn Jacques Botes oor die impak van eensaamheid op die psige. Hy verduidelik die verskil tussen eensaamheid en alleenheid, en hoe elkeen jou geestesgesondheid beïnvloed.

Geestesgesondheid 17 Desember 2024 17.12.2024

Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor waarom dit voel asof tyd vinniger en vinniger verbygaan namate jy ouer word. Hulle bespreek die impak hiervan op jou geestesgesondheid, en hoe jy maniere kan vind om "tyd terug te kry".

Geestesgesondheid 10 Desember 2024 10.12.2024

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die impak van trauma by kinders op leer en hulle algemene funksionering in die skool. Wat kan ouers, versorgers en onderwysers doen in tye van trauma?

Geestesgesondheid 3 Desember 2024 03.12.2024

Johan van Lill praat met dr, Melodie de Jager, 'n ontwikkelingskenner, oor die invloed van vroeë kinderontwikkeling op latere geestesgesondheid.

Geestesgesondheid 24 November 2024 26.11.2024

Johan van Lill praat met dr. Chris van den Bergh, 'n psigiater van Stellenbosch, oor mans en selfdood. Het ons rede tot kommer in Suid-Afrika? Hoe groot is die probleem onder mans? Wat is die behandelingsopsies wat spesifiek vir mans werk?

Geestesgesondheid 19 November 2024 19.11.2024

Johan van Lill praat met Cozette Laubser, direkteur van BabyGym en ’n internasionaal gekwalifiseerde geboorte-opvoeder, oor hoe babas jou brein en hart verander, en die impak daarvan op jou geestesgesondheid.

Geestesgesondheid 12 November 2024 12.11.2024

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die impak van die dood of selfdood van 'n kind op 'n gesin en gemeenskap.

Geestesgesondheid 5 November 2024 05.11.2024

Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor die impak wat stokperdjies op jou geestesgesondheid kan hê.

Geestesgesondheid 29 Oktober 2024 29.10.2024

Johan van Lill hierdie praat met motiveringspreker en skrywer Lynette Beer oor positiwiteit en optimisme. Is dit iets wat ek kan aanleer? Wat is die impak daarvan op my geestesgesondheid?

Geestesgesondheid 22 Oktober 2024 22.10.2024

Johan van Lill hierdie praat verder met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater, oor mans en verhoudings. Hulle fokus hulle op konflik en kommunikasie.

Geestesgesondheid 15 Oktober 2024 15.10.2024

Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater, oor wat mans se verhouding met hulle lewensmaats te doen het met hulle geestesgesondheid.

Geestesgesondheid 8 Oktober 2024 08.10.2024

Johan van Lill praat met joernalis Riette Rust oor die verskillende fasette van narsisme – van selfliefde en oordrewe selfbelang tot die skadelike gevolge wat dit op verhoudings en welstand kan hê. Wat is die tekens? Watter impak het dit op mense wat saam met ‘n narsis leef?

Geestesgesondheid 1 Oktober 2024 01.10.2024

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige, dr. Elzette Fritz, oor wat om tye doen wanneer jy bekommerd is oor jou kind se geestesgesondheid. Hoe maak ek as my kind antisosiale gedrag toon, en ek bekommerd is wat van my kind sal word?

Geestesgesondheid 24 September 2024 24.09.2024

Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor emigrasie, en die impak wat dit op jou geestesgesondheid kan hê. Wat is die realiteite van emigrasie, en hoe berei jy jou geestelik en emosioneel voor?

Geestesgesondheid 17 September 2024 17.09.2024

Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater, oor "die wilde man in die hok" en die impak daarvan op mans se geestesgesondheid. Hulle bespreek die betekenis van 'wildheid', hoe mans emosioneel 'mak' gemaak word, en hoe 'n gesonde vorm van wildheid hulle welstand kan bevorder.

Geestesgesondheid 10 September 2024 10.09.2024

Johan van Lill praat met Jacques Bothes, ‘n geestesgesondheidspraktisyn, oor trauma en slagofferbemagtiging en -ondersteuning. Wat is die pad van erge trauma na genesing?

Geestesgesondheid 3 September 2024 03.09.2024

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor die rol wat leierskap in 'n gesin in kinders se geestesgesondheid speel. Wat is die impak wat die blootstelling aan ‘n spesifieke leierskapstyl in die kinderjare kan hê op die latere volwassene?

Geestesgesondheid 27 Augustus 2024 27.08.2024

Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor hoe ons 'n vervullende, geestesgesonde en betekenisvolle lewe kan lei ná aftrede.

Geestesgesondheid 20 Augustus 2024 20.08.2024

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor verandering en die brein. Verandering is nie altyd lekker nie, en dit kan ons baie angstig en ongelukkig maak, of selfs lewensbedreigend wees.

Geestesgesondheid 13 Augustus 2024 13.08.2024

Johan van Lill prsst met lewensafrigter Jan Niemand oor hoe om sin te maak van kunsmatige intelligensie vanuit ‘n geestesgesondheidsperspektief. Hoe moet ons dink oor vooruitgang? Watter impak het die voortdurende snelveranderende wêreld op ons geestesgesondheid?

Listen to the Geestesgesondheid podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.