RSG
Geestesgesondheid
Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Geestesgesondheid 6 Augustus 2024 06.08.2024 46:00
Johan van Lill praat met die skrywer en joernalis, Riette Rust, oor selfdood, liefde, verlies en geestesgesondheid. Riette het ‘n paar jaar gelede haar man aan selfdood verloor, en onlangs ‘n geliefde aan kanker. Sy vertel van die pad wat sy gestap het om hierdie trauma te verwerk.
Geestesgesondheid 30 Julie 2024 30.07.2024 40:22
Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor hoe om 'n volhoubare lewe te bou. Hy deel praktiese wenke oor hoe om realistiese doelwitte te stel, gesonde roetines te ontwikkel en emosionele veerkragtigheid te versterk. Hoe lewe jy 'n vervulde en gebalanseerde lewe wat volhoubaar is oor die langtermyn?
Geestesgesondheid 23 Julie 2024 23.07.2024 42:43
Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz oor leerhindernisse en geestesgesondheid. Wat is die algemene leerhindernisse wat verband hou met geestesgesondheid? Wat kan mense doen om met hierdie uitdagings saam te leef?
Geestesgesondheid 16 Julie 2024 16.07.2024 43:22
Johan van Lill hierdie praat met Jan Niemand, 'n lewensafrigter, oor die rol wat aanvaarding en vergifnis in geestesgesondheid speel.
Geestesgesondheid 9 Julie 2024 09.07.2024 40:13
Johan van Lill praat met Jan Niemand, 'n lewensafrigter, oor die rol wat aanvaarding en vergifnis in 'n mens se geestesgesondheid speel.
Geestesgesondheid 2 Julie 2024 02.07.2024 44:06
Johan van Lill praat verder met Jacques Botes, 'n geestesgesondheidspraktisyn, oor substansieafhanklikheid. In die vorige gesprek op 28 Mei is daar gefokus op wat substansieafhanklikheid is. In hierdie gesprek word die behandelingsopsies en -proses in diepte bespreek.
Geestesgesondheid 25 Junie 2024 25.06.2024 43:45
Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor wat om te doen as jou kind nie aan jou verwagtinge voldoen nie. Wat as jou drome vir jou kind, nie jou kind se drome is nie? Hoe gemaak as jy nie kan saamleef met jou kind se keuses in die lewe nie? Hoe raak dit jou geestesgesondheid, en hoe leef jy daarmee saam?
Geestesgesondheid 18 Junie 2024 18.06.2024 44:27
Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor die impak wat diversiteit op jou geestesgesondheid kan hê. Watter uitdagings ervaar mense wanneer hulle met diverse groepe in aanraking kom? Hoe kan ons vooroordele en diskriminasie in ons samelewing aanpak? Watter strategieë kan individue gebruik om hulle eie vooroordele te herken en te oorkom?
Geestesgesondheid 11 Junie 2024 11.06.2024 46:22
Johan van Lill fokus op mans se geestesgesondheid. Dr. Chris van den Berg, 'n psigiater, verduidelik hoekom dit so belangrik is om jouself op 'n dieper vlak te leer ken en verstaan, en hoe dit jou geestesgesondheid raak.
Geestesgesondheid 4 Junie 2024 04.06.2024 40:41
Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor die impak van stres in die gesin op almal se geestesgesondheid. Wat is die verskillende vorme van stres wat gesinne kan ervaar? Wat veroorsaak stres in ‘n gesin? Hoe kan gesinne stres hanteer in die beste belang van almal?
Geestesgesondheid 28 Mei 2024 28.05.2024 49:51
Johan van Lill praat met Jacques Botes, ‘n geestesgesonheidspraktisyn, oor afhanklikheid. Hoe beïnvloed substansie-afhanklikheid jou geestesgesondheid? Hoe help jy ander en jouself wanneer substansie-afhanklikheid ‘n probleem word?
Geestesgesondheid 21 Mei 2024 21.05.2024 43:32
Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor ons digitale gewoontes en hoe tegnologie vir én teen ons kan werk. Watter impak het die oormatige gebruik van tegnologie op ons geestesgesondheid? Hoe kan ons balans vind?
Geestesgesondheid 14 Mei 2024 14.05.2024 46:36
Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater, oor manlike seksualiteit en geestesgesondheid. Hulle kyk na al die aspekte wat seksuele gesondheid in mans beînvloed, en die impak wat dit op mans se geestesgesondheid het.
Geestesgesondheid 7 Mei 2024 07.05.2024 45:20
Johan van Lill praat met kliniese pastorale berader, Fanie Kriel, oor die impak wat jou lewenskriteria op jou geestesgesondheid kan hê.
Geestesgesondheid 30 April 2024 30.04.2024 35:18
Johan van Lill praat met Dap Louw, ‘n buitengewone professor en voormalige hoof van die Departement Sielkunde aan die Universiteit van die Vrystaat, oor feite en mites oor geestesgesondheid.
Geestesgesondheid 23 April 2024 23.04.2024 46:06
Johan van Lill praat met geestesgesondheidspraktisyn Jacques Botes oor die impak wat eensaamheid op jou geestesgesonheid het.
Geestesgesondheid 16 April 2024 16.04.2024 44:30
Johan van Lill praat met lewensafrigter dr. Jan Niemand oor motivering. Watter impak het motivering, nie net op my sukses in die lewe nie, maar ook op my geestesgesondheid?
Geestesgesondheid 9 April 2024 09.04.2024 43:42
Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater van Stellenbosch, oor mans en hulle lywe, en hoe dit mans se geestesgesondheid kan beïnvloed. Hoe beïnvloed 'n man se geestesgesondheid sy risiko vir hartverwante siektes? Watter rol speel stresbestuur en emosionele welstand in die voorkoming daarvan?
Geestesgesondheid 2 April 2024 02.04.2024 44:08
Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die impak wat ‘n kankerdiagnose op 'n mens se geestesgesondheid het. Met soveel van die koninklikes van Engeland wat tans met kanker gediagnoseer is, is die gesprek oor so ‘n diagnose en die impak wat dit op jou en die mense om jou het, tans hoofopskrifte.
Geestesgesondheid 26 Maart 2024 26.03.2024 42:59
Johan van Lill praat met dr. Jan Niemand, 'n lewensafrigter, oor hoekom verandering vir soveel mense uitdagend is en vir ander energie en nuwe lewenslus gee. Wat is die impak van verandering op ons geestesgesondheid?
Geestesgesondheid 19 Maart 2024 19.03.2024 47:38
Johan van Lill praat met prof. Dap Louw, 'n kliniese sielkundige met doktorsgrade in sielkunde en kriminologie, oor geestesgesondheid vanuit ‘n forensies-sielkundige perspektief, en hulle stel ondersoek in na wanneer misdade gepleeg word. Watter belangrike aspekte van sielkundige versteurings moet in aanmerking geneem word by die evaluering van ‘n persoon?
Geestesgesondheid 12 Maart 2024 12.03.2024 40:35
Johan van Lill praat dr. Chris van den Berg, 'n psgiater, oor positiewe vaderskap en die rol wat positiewe manlikheid daarin speel. Watter uitwerking het positiewe vaderskap op die geestesgesondheid van kinders en lewensmaats?
Geestesgesondheid 5 Maart 2024 05.03.2024 46:40
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe om sin te maak van die lewe. Hoe kry ek betekenis in my daaglikse doen en late?
Geestesgesondheid 27 Februarie 2024 27.02.2024 46:32
Johan van Lill praat met Jacques Botes, ‘n geestesgesondheidspraktisyn, oor wat die mees algemene oorsake van angs is, en hoe jy kan identifiseer wat dit veroorsaak. Watter hulp is daar vir mense wat elke dag saam met angs leef?
Geestesgesondheid 20 Februarie 2024 20.02.2024 42:02
Johan van Lill praat met 'n ontwikkelingskenner oor die impak van swaartekrag op ons geestesgesonheid. Watter rol speel die vestibulêre stelsel, ‘n sintuiglike stelsel in die binne-oor, in ons geestesgesondheid?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.