RSG
Ons en die Onderwys
Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Ons en die onderwys: Wanneer die gesprek moeilik raak - Ouers en onderwysers 04.10.2026 19:15
4 Oktober 2026: Wanneer ’n gesprek tussen ’n ouer en ’n onderwyser oor ’n kind se gedrag, vordering of uitdagings gaan, kan dit maklik sensitief raak. Johan van Lill praat met Adel Jacobs, afdelingshoof van Professionele Dienste by die SAOU, oor waarom hierdie gesprekke soms skeefloop en hoe ouers en onderwysers moeilike sake op ’n konstruktiewe manier kan hanteer
Ons en die onderwys: Grondslagfase-leermateriaalkatalogus 27.09.2026 19:43
27 September 2026: Die nuwe nasionale katalogus vir grondslagfase-leermateriaal het die afgelope maande tot ondersoeke, onsekerheid en ’n openbare meningsverskil binne die Departement van Basiese Onderwys gelei. Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van FEDSAS, oor wat gebeur het, hoe die proses behoort te werk en waarom dit vir skole, ouers en leerders belangrik is.
Ons en die onderwys: Wanneer opleiding en die werkswêreld hande vat 20.09.2026 19:43
20 September 2026: Hoe kry ’n mens opleiding nader aan die plekke waar vaardighede werklik nodig is? Johan van Lill praat met Phillip Harmse, Uitvoerende Hoof: Besigheidsontwikkeling by Africa Skills, oor ’n samewerkingsmodel wat opleiding, praktiese werkservaring, plaaslike ondernemings en gemeenskapsbehoeftes bymekaar bring.
Ons en die onderwys: 650 gesprekke oor onderwys 13.09.2026 20:13
13 September 2026: Estel de Beer, senior regisseur: mandaat, drama en opvoedkunde by RSG, praat met Johan van Lill ter viering van sy 650ste program. Hulle kyk terug na hoe Johan by die program betrokke geraak het, hoe die onderwysgesprek oor die jare verander het, en wat hy uit honderde gesprekke met mense in die onderwyswêreld geleer het.
Ons en die Onderwys: Selfgerigte leer in ’n veranderende wêreld 06.09.2026 23:05
6 September 2026: Johan van Lill praat met prof. Dorothy Laubscher, waarnemende navorsingsdirekteur van die Noordwes-Universiteit se Navorsingseenheid Selfgerigte Leer, en Eunice Pretorius, koördineerder van die PGCE-program en junior lektor aan die Noordwes-Universiteit, oor selfgerigte leer en waarom dit toenemend belangrik word in ’n veranderende onderwyswêreld. Hulle gesels oor wat selfgerigte...
Ons en die onderwys: Die krag van skoolleierskap 30.08.2026 21:16
30 Augustus 2026: Johan van Lill praat met prof. Lloyd Conley, uitvoerende dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit, oor die rol wat skoolleierskap in die sukses en ontwikkeling van ’n skool speel. Hulle gesels oor die verskil tussen bestuur en leierskap, waarom onderrig en leer die kern van ’n skoolhoof se werk behoort te bly, en hoe sterk leierskap die kultuur en presta...
Ons en die onderwys: Kuns, beweging en kreatiwiteit in kinderontwikkeling 23.08.2026 20:14
23 Augustus 2026: Johan van Lill praat met die bekroonde visuele kunstenaar Henk Serfontein oor die Bloekomboom-projek. Dis ’n inisiatief waarin visuele kuns, beweging en die natuur saamkom om kinders ruimte te gee om te ontdek, te ervaar en hulleself uit te druk. Dit het ontstaan uit die raakpunte tussen Serfontein se tekenkuns en Hannah Loewenthal se danspraktyk.
Ons en die onderwys: Wanneer ’n leerder ondersteuning nodig het 16.08.2026 21:54
16 Augustus 2026: Johan van Lill praat met Ronica Thompson, professionele adviseur van leerders met spesiale onderwysbehoeftes en inklusiewe onderwys by Professionele Dienste van die SAOU, oor wat inklusiewe onderwys prakties beteken vir leerders met leerhindernisse in hoofstroomskole. Hulle bespreek ondersteuningsplanne, assesseringsakkommodasies, en wat ouers redelikerwys van ’n skool kan verwag...
Ons en die onderwys: Regte, verantwoordelikhede en beste belang van kind 09.08.2026 21:25
9 Augustus 2026: Johan van Lill praat met prof. Mariëtte Reyneke en dr. Juané van der Merwe-Mocke, redakteurs van die nuwe boek, Commentary on Education Law and Policy. Hulle verduidelik waarom kennis van onderwysreg noodsaaklik is vir regverdige en verantwoordelike besluitneming in skole.
Ons en die Onderwys: Van tegniese skool tot ambagsloopbaan 02.08.2026 21:06
2 Augustus 2026: Johan van Lill praat met Paul Liddle van die Nasionale Vereniging vir Tegniese Skole, en Phillip Harmse van UXi Artisan Development oor die pad van tegniese onderwys op skool na ’n volwaardige ambagsloopbaan. Hulle bespreek die praktiese en tegniese ontwikkeling wat onderwysers nodig het, die waarde van nouer samewerking tussen skole, opleidingsinstellings en die bedryf, en hoe le...
Ons en die onderwys: SA se groeiende krisis in die klaskamer 26.07.2026 19:44
26 Julie 2026: Johan van Lill praat met Paul Sauer van die SAOU oor die groeiende tekort aan onderwysers in Suid-Afrika se openbare skole. Hulle bespreek waarom skole onderwysers vinniger verloor as wat nuwe onderwysers aangestel word, en waarom daar terselfdertyd gekwalifiseerde jong onderwysers is wat sukkel om poste te kry.
Ons en die onderwys: Hoe skole diskriminasie kan help uitwis 19.07.2026 20:45
19 Julie 2026: Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, ‘n onderwyskundige, skrywer en historikus, oor die rol wat geskiedenis kan speel om vooroordeel en diskriminasie te verminder. Hulle praat oor hoe kinders reeds van jongs af idees oor hulleself en ander vorm, waarom verskille openlik bespreek moet word, en hoe die geskiedenisleerplan ’n meer gebalanseerde beeld van ons samelewing kan bied.
Ons en die onderwys: Ouers en skole: Hoe herstel ons die vennootskap? 12.07.2026 20:07
12 Julie 2026: Johan van Lill praat met dr. Juané van der Merwe-Mocke oor die verhouding tussen ouers en skole. Hulle praat oor kommunikasie, dissipline, akademiese verwagtinge, WhatsApp-groepe en die spanning wat ontstaan wanneer ouers voel hulle word nie gehoor nie. Die gesprek vra hoe ouers, onderwysers en skoolbesture weer vertroue kan bou en saam in die beste belang van die kind kan optree.
Ons en die Onderwys: Slim onderwys en tegnologie 05.07.2026 17:26
5 Julie 2026: Johan van Lill praat met Celeste Labuschagne oor die plek van tegnologie, boeke, handskrif en kunsmatige intelligensie in die klaskamer. Hulle gesels oor waarom tegnologie nie die beginpunt van goeie onderrig moet wees nie. Die belangrike vraag is nie hoe ons meer tegnologie in skole kan gebruik nie, maar hoe ons tegnologie doelgerig kan gebruik om leer werklik te versterk.
Ons en die onderwys: Die groot vaardigheidsgaping 28.06.2026 18:24
28 Junie 2026: Johan van Lill praat met Gerhard Olivier, bemarkingshoof van UXi Artisan Development, oor die groot vaardigheidsgaping in Suid-Afrika. Waarom sukkel werkgewers steeds om geskikte vakmanne, tegnici en beroepsvaardige werknemers te kry, al is werkloosheid in die land so hoog?
Ons en die onderwys: Hoe onderwysbesluite die klaskamer bereik 21.06.2026 18:01
21 Junie 2026: Johan van Lill praat met Paul Sauer, bestuurshoof van die SAOU, oor hoe onderwysbesluite in Suid-Afrika deur verskillende vlakke van regering, administrasie, skole en rolspelers beweeg. Ons praat oor waar onderwysgesag lê, wat die nasionale minister werklik kan doen, waarvoor provinsiale onderwysdepartemente verantwoordelik is, en hoe besluite uiteindelik die skoolhoof, onderwysers,...
Ons en die onderwys: Tegnologie vs papierhandboeke in die klaskamer 14.06.2026 20:19
14 Junie 2026: Johan van Lill praat met Riaan van der Berg, die adjunk-bestuurshoof van FEDSAS, oor tablette, elektroniese handboeke en die terugkeer na papierhandboeke in skole. Die gesprek fokus op wat skole uit internasionale voorbeelde, soos Swede, kan leer, en hoe Suid-Afrikaanse skole verantwoordelik oor tegnologie in die klaskamer moet dink.
Ons en die onderwys: Skooltoelatings - wat ouers moet weet 07.06.2026 19:27
7 Junie 2026: Johan van Lill praat met dr. Juane van der Merwe-Mocke, adjunkbestuurshoof van FEDSAS, oor skooltoelatings vir 2027. Die gesprek fokus op wat ouers moet weet wanneer hulle aansoek doen vir Graad R, Graad 1 of Graad 8, hoe aanlyn-toelatingstelsels werk, en watter rol toelatingsbeleid, voedingsgebiede en beskikbare plek speel. Daar word ook gekyk na wat ouers kan doen indien hulle kind...
Ons en die Onderwys: Huiswerk in die grondslagfase 31.05.2026 17:56
31 Mei 2026: Johan van Lill praat met Wilna van Rooyen, ‘n onderwyskundige, oor huiswerk in die grondslagfase. Die gesprek kyk krities na die vraag of huiswerk vir Graad 1- tot 3-leerders werklik leer ondersteun, en of dit soms onnodige spanning, konflik en moegheid in gesinne veroorsaak. Die program ondersoek wat huiswerk op hierdie ouderdom behoort te doen, hoeveel genoeg is, watter tipe aktiwit...
Ons en die onderwys: Internasionale samewerking in die opleiding van onderwysers 24.05.2026 19:49
24 Mei 2026: Johan van Lill praat met dr. Marinda Swart van STADIO se Skool vir Opvoedkunde oor hoe internasionale samewerking die opleiding van toekomstige onderwysers verryk. Die gesprek kyk na hoe blootstelling aan onderwyskontekste in Noorweë, Kanada en die Verenigde State toekomstige onderwysers help om met groter begrip, aanpasbaarheid en interkulturele sensitiwiteit in diverse klaskamers te...
Ons en die onderwys 17 Mei 2026 17.05.2026 18:26
Johan van Lill praat met Johann Güldenpfennig, ‘n professionele adviseur by professionele dienste by die SAOU, oor vakkeuses en waarom hierdie besluit so ’n belangrike deel van ’n leerder se skoolloopbaan is. Die gesprek fokus op hoe leerders, ouers, onderwysers en skole saam kan dink oor vakkeuses, sonder dat die proses onnodige druk of verwarring skep.
Ons en die onderwys 10 Mei 2026 10.05.2026 20:34
Johan van Lill met praat met Gregory Marais, ‘n onderwyskundige, oor hoe skole en onderwysers Graad 4- tot 6-leerders prakties kan help om sterker en meer onafhanklike lesers te word. Die gesprek volg op ’n vorige program oor lees om te leer, en beweeg nou van bewustheid na praktyk: As ons weet dat lees die sleutel tot leer in alle vakke is, hoe ondersteun ons leerders doelgerig sodat hulle werkli...
Ons en die onderwys 3 Mei 2026 03.05.2026 19:48
Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, bestuurshoof van FEDSAS, oor die jongste onderwyssake wat tans in die nuus is. Die gesprek fokus op belangrike kwessies waarvan ouers, skole en die breër onderwysgemeenskap kennis moet neem, waaronder toelatings vir 2027, openbare kommentaar oor die Geskiedenis-kurrikulum, skoolklere, BELA-regulasies, die koste van skoolsport, en die stand van leierskap in...
Ons en die onderwys 26 April 2026 26.04.2026 20:43
Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, ‘n onderwyskundige en historikus, oor lees om te leer, en waarom lees veel meer is as net ’n tegniese vaardigheid wat in die vroeë grade bemeester moet word. Die gesprek fokus op die rol van lees in leer, en waarom leesonderrig ook in die hoër grade moet voortgaan.
Ons en die onderwys 19 April 2026 19.04.2026 21:07
Johan van Lill praat met Adel Jacobs, afdelingshoof van professionele dienste by die SAOU, oor huiswerk en die toenemende debat oor die waarde, doel en impak daarvan. Die gesprek fokus op waarom daar soveel verskillende menings oor huiswerk bestaan, wanneer dit werklik help, wanneer dit ’n las raak, en wat die rol van skole en ouers in dié proses behoort te wees.
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice