RSG

Gesondheid

'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Health

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

18 nov. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android 10 mil.+ descărcări · nota 4,7+ iOS în curând

Episoade

Kompas: Tieners se breine 18.11.2026

18 November 2026: Hoe kan ‘n tikverslaafde gerehabiliteer word? Kan die breinskakde omgekeer word? Hoe ontwikkel ‘n tiener se brein tot ‘n volwasse brein? Hoekom het tieners en jongmense min begrip van gevaar? Mari Hudson praat hieroor met ‘n psigiater en ‘n neuroloog.

Gesondheid: Tik en jou brein 11.11.2026

11 November 2026: Wat gebeur in jou brein wanneer jy Tik gebruik? Kan die paranoia en psigoses omgekeer word? Mari Hudson gesels met ‘n psigiater oor die uitwerking van Tik op jou brein.

Gesondheid: Navorsing oor radio-isotope in kankerbehandeling 04.11.2026

4 November 2026: Hoe kan radio-isotope ingespan word om trippel negatiewe borskankerselle op te spoor, en dan bestralingspartikels direk by die kankerselle aflaai vir bestraling? Mari Hudson praat met ‘n vooraanstaande kerngeneeskundige, wat pas ‘n groot navorsingsbeurs ontvang het om dié moontlikheid te ondersoek.

Gesondheid: Apo-proteïen en jou cholesterol 28.10.2026

28 Oktober 2026: Wat het apo-proteïen met jou cholesterolvlakke te doen? Ons herhaal ook die tien hoofpunte van die reeks oor bloedcholesterol en -vet. Mari Hudson praat met ‘n mediese spesialis en kenner van lipied- en cholesterolmetabolisme.

Gesondheid: Statiene; Familiële Hipercholesterolemia 21.10.2026

21 Oktober 2026: Kan statiene help om die risiko vir ‘n hartaanval op ‘n jong ouderdom te verlaag? Kan Familiële Hipercholesterolemia nou meer doeltreffend behandel word as ‘n dekade of drie gelede? Mari Hudson praat met ‘n mediese spesialis en kenner van lipied- en cholesterolmetabolisme.

Gesondheid: Krio-ablasie vries kankerselle dood 14.10.2026

14 Oktober 2026: Het jy geweet spesifieke kankergewasse in die niere, lewer, longe en selfs skeletbene kan sonder chirurgie met krio-ablasie weggevries word. Deur ‘n naald in die gewas te druk, en die voorpunt te vries, kan die kankerselle doodgevries word. Watter pasiënte kan met dié nie-ingrypende metode behandel word? Mari Hudson praat met ‘n radioloog wat pas ‘n pasiënt se niergewas weggevries...

Gesondheid: LDL cholesterol; Verhoogde cholesterol 07.10.2026

7 Oktober 2026: Met LDL cholesterol wat inderdaad ‘n rol speel om jou bloedvate te beskadig, is dit wel nodig om die vlakke van dié cholesterol in jou bloed te verlaag. Wat is deesdae die beste behandeling? Ons kyk ook na redes vir uiters verhoogde cholesterol- of trigliseriedvlakke in genetiese siektes soos Familiele Hipercholesterolemie. Mari Hudson praat met ‘n mediese spesialis en kenner van l...

Gesondheid: A-pokke en Ebola 30.09.2026

30 September 2026: Die kollig val op twee aansteeklike virussiektes: A-pokke en Ebola. Die toename in gevalle van A-pokke in Suid-Afrika, veral in Wes-Kaap, maak dit noodsaaklik om meer uit te vind oor dié siekte. Die grootste uitbreking ooit van Ebola in die DRK duur voort, en laat vrae oor die gesukkel om dit onder beheer te kry en hoe dodelik die nuwe variant van die virus is. Mari Hudson praat...

Gesondheid: Lipied- en cholesterolmetabolisme 23.09.2026

23 September 2026: Hoe vorm cholesterol plaak in jou bloedvate? Is daar ander faktore betrokke? Tot watter mate kan dieet jou bloedcholesterol en -vette verlaag? Mari Hudson praat met ‘n mediese spesialis en kenner oor lipied- en cholesterolmetabolisme.

Gesondheid: Vet- en cholesterol-metabolisme 16.09.2026

16 September 2026: As die dokter sê die cholesterol en vette in jou bloed is te hoog, waar kom dit vandaan? Interessant genoeg vervaardig jou eie liggaam die meeste van jou cholesterol, maar baie van die vette kom van die kos wat jy eet. Mari Hudson praat met ‘n spesialis op die gebied van vet- en cholesterol-metabolisme.

Gesondheid: Bloedvette en bloedcholesterolvlakke 09.09.2026

9 September 2026: Ons hoor baie van bloedvette en bloedcholesterolvlakke, maar wat is die vette in jou liggaam en wat is cholesterol? Waar kom dit vandaan? Hoekom het jou liggaam dit nodig? Mari Hudson gesels met ‘n spesialis op die gebied van vet- en cholesterolmetabolisme.

Gesondheid: Voorgeskrewe Minimumvoordele 02.09.2026

2 September 2026: Het jy geweet siekefondse moet vir 271 siektetoestande, bekend as PMB’s of Voorgeskrewe Minimumvoordele, betaal en nie net op die vlak wat in staatshospitale aangebied word nie. Maar om op jou regte te staan, moet jy weet wat in die PMB’s is. Mari Hudson praat met ‘n verteenwoordiger van interniste en met ‘n gesondheidsekonoom oor jou regte, probleme en slaggate betreffende PMB’s...

Gesondheid: Kommer oor minder orgaanoorplantings in SA 26.08.2026

26 Augustus 2026: Die aantal orgaanoorplantings in Suid-Afrika daal. Dit wek ernstige kommer want duisende Suid-Afrikaners wag op niere, harte, lewer, longe en ander organe. Die grootste probleem is omdat heeltemal te min breindood potensiële skenkers verwys word, die gebrek aan toestemming deur familielede, en omdat gesonde mense nie hulle wense met hulle gesinne bespreek nie. Mari Hudson praat m...

Gesondheid: Para-tiroïedkliere; Osteoporose 19.08.2026

19 Augustus 2026: Ons praat oor die funksie van die para-tiroïedkliertjies in jou nek, én oor aspekte van osteoporose. Baie gevalle van para-tiroïend-wanfunksie word nie gediagnoseer nie, maar dié wanfunksie kan lei tot osteoporose, depressie en ander komplikasies. En, as ‘n ouer mens hulle been of werwel breek, is dit reeds ‘n diagnose van osteoporose en moet dieepasiënt anti-osteoporose behandel...

Gesondheid: Post-natale depressie; Manlike onvrugbaarheid 12.08.2026

12 Augustus 2026: Ons sluit die gesprek oor post-natale depressie af, en kyk dan na manlike onvrugbaarheid en die rol van die gebruik van verbode anaboliese steroiede in manlike onvrugbaarheid. Mari Hudson gesels met ‘n psigiater en met ‘n fertiliteitspesials.

Gesondheid: Nageboortedepressie 05.08.2026

5 Augustus 2026: Baie meer ma’s ly aan nageboortedepressie as wat ons dink, en hulle dink selfs aan selfdood. Tog soek baie vroue nie hulp nie omdat hulle prober deurdruk en dink hulle is slegte moeders. Daar is hulp en behandeling. Wie loop die grootste risiko? Kan ‘n swanger vrou anti-depressante neem? Mari Hudson praat met ‘n psigiater oor dié onderskatte probleem.

Gesondheid: Koors by babas en kleuters 29.07.2026

29 Julie 2026: Wannneer is koors in kinders te hoog? Is die oorsake van koors in babas dieselfde as in kinders? Wat moet jy doen as jou kind koorsig is? Mari Hudson praat met ‘n pediater oor koors by babas en kleuters.

Gesondheid: Masels is gevaarlik 22.07.2026

22 Julie 2026: Masels, ‘n gevaarlike kindersiekte, is in Suid-Afrika aan die toeneem. Die VSA beleef ook verskeie uitbrekings van dié hoogs aansteeklike siekte. Die maselsvirus kan ‘n kind se immuniteit aantas, asook sy brein en longe, en kan noodlottig wees. Mari Hudson praat met ‘n pediater oor dié gevaarlike aansteeklike siekte.

Gesondheid: Wat het swamme met jou gesondheid te doen? 15.07.2026

15 Julie 2026: Swamme is saam met virusse, bakterieë en parasiete, een van die belangrikste organismes wat jou kan siek maak. Dink maar aan toksiese aflatoksien en die lastige Candida infeksies. Maar dit is ook danksy swamgroei wat die antibiotika, penissilien, ontdek is. ‘n Mediese navorser van Tukkies gaan nou, danksy ‘n groot toekenning, die eerste keer die genoom van baie swamme, waarvan ons n...

Gesondheid: Longprobleme 08.07.2026

8 Julie 2026: Wat sê jou gehoes van jou onderliggende siekte? En hoe klink longklanke van asma, longomtsteking, longfibrose en ander longprobleme deur die stetoskoop van ‘n dokter? Mari Hudson praat met ‘n longspesialis.

Gesondheid: Jongste oor semiglutied en tirzepatied; longontsteking 01.07.2026

1 Julie 2026: Mari Hudson gesels met ‘n obesiteit spesialis en met ’n longspesialis om die jongste inligting te kry oor semiglutied en tirzepatied, asook longontsteking.

Gesondheid: Bom bars oor Skedule 4-grysmarkmiddels 24.06.2026

24 Junie 2026: Die bom het uiteindelik gebars oor Skedule 4-grysmark semiglutiede en tirzepatiede. Wat is ‘n Skedule 4-middel? Hoekom mag ‘n samestellingsapteek nie dié middels sonder spesiale toestemming vervaardig nie? En mag smaakmakers Skedule 4-middels bemark? Mari Hudson praat hieroor met ‘n obesiteitspesialis.

Gesondheid: Wat sien ‘n radioloog as hy ‘n sport- of ander besering ondersoek? 17.06.2026

17 Junie 2026: Wat sien ‘n radioloog as hy ‘n sport- of ander besering ondersoek? Kan hy sien hoe ‘n tendon van die been geskeur het? Kan hy sien of die kraakbeen beseer is, en of daar ‘n stresfraktuur is? Kan hy sien of daar verhoogde bloedvloei na die beseerde area is? Is pyn altyd ‘n aanduiding van die erns van die besering? Mari Hudson praat hieroor met ’n radioloog van Stellenbosch.

Gesondheid: Polisistiese ovariële sindroom se naam verander 10.06.2026

10 Junie 2026: Die naam van polisistiese ovariële sindroom het verander. Hoekom? Beteken dit dat dié probleem, wat daartoe lei dat vroue sukkel om swanger te raak, eerder ‘n metaboliese probleem is? Hoe werk die kettingreaksie van oorgewig, insulienweerstandigheid, verhoogde manlike hormoonvlakke en onvrugbaarheid, en hoe word dit omgekeer? Mari Hudson gesels met ‘n Kaapstadse fertiliteitspesialis...

Gesondheid: Blindederm- en galblaasoperasies 03.06.2026

3 Junie 2026: Ons vind meer uit oor twee baie algemene operasies, naamlik ‘n blindedermoperasie en ‘n galblaasoperasie. Hoe weet die chirurg die fout is werklik by die blindederm of die galblaas? Wat as die blindederm gebars het? En wat as galsteentjies in die lewer beland? Mari Hudson praat hieroor met ‘n Kaapstadse chirurg.

Ascultă podcastul Gesondheid în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice