RSG
Wie is ek?
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Wie is ek: Toksiese verhoudings; Oorlewing as leefstyl 02.10.2026 21:14
2 Oktober 2026: Wat gebeur met jou wanneer jy in ’n toksiese verhouding is, wat jou stadig breek? Hoe herstel jy ná so ’n verhouding? Wanneer raak oorlewing ’n leefstyl? Wanneer beskerm jy jouself, en wanneer hou jy jouself vas in oorlewingsmodus?
Wie is ek: Stres; Emosionele verantwoordelikheid 25.09.2026 20:47
25 September 2026: Wanneer begin stres jou verander? En, hoekom voel jy soms uitgeput, selfs wanneer jy eintlik niks fisies gedoen het nie? Jy kan tog nie verantwoordelik wees vir hoe almal rondom jou voel nie… of kan jy? Waar eindig empatie, en waar begin emosionele verantwoordelikheid?
Wie is ek: Hoekom reageer ek soos ek reageer? 18.09.2026 19:54
18 September 2026: “Ek het nog nooit emosionele werk aan myself gedoen nie. Waar begin ’n mens?” Dis ’n vraag wat dalk meer van ons raak as wat ons wil erken. En dan is daar finansiële stres – daardie konstante bekommernis oor geld wat nie net jou beursie raak nie, maar ook jou gemoed, verhoudings en jou besluite. Waar begin jy om jouself beter te verstaan? En wat gebeur met jou emosies wanneer ge...
Wie is ek: Empatie in ’n gepolariseerde samelewing; Stres wat intimiteit vernietig 11.09.2026 21:16
11 September 2026: Hoe behou jy empatie in ’n gepolariseerde samelewing? Hoe kry jy weer nabyheid wanneer stres tussen jou en jou maat kom lê?
Wie is ek: Wanneer is dit tyd om ’n verhouding te los? 04.09.2026 21:07
4 September 2026: Wanneer is dit tyd om ’n verhouding te los? En, waarom loop sommige mense ’n kamer binne en almal se aandag gaan sommer vanself na hulle?
Wie is ek: Hoekom lyk dit of almal weet wat hulle doen, terwyl jy net probeer byhou? 28.08.2026 21:20
28 Augustus 2026: Het jy ook soms die gevoel dat almal die handleiding vir die lewe gekry het, behalwe jy? Hoekom lyk dit asof ander mense presies weet wat hulle doen, terwyl jy soms net probeer byhou? En, almal baklei van tyd tot tyd, maar wanneer word dit ’n probleem? Is baklei noodwendig sleg vir ’n verhouding, of kan konflik eintlik normaal en selfs gesond wees?
Wie is ek: Huil jy in die stort? Hoekom stoot iemand met kanker my weg? 21.08.2026 20:53
21 Augustus 2026: Waarom breek sommige mense skielik in trane uit wanneer hulle stort? Is dit net die warm water, of gebeur daar iets dieper in die brein? Hoe ondersteun jy iemand met kanker wat jou wegstoot om jóú te beskerm, terwyl jy net daar wil wees?
Wie is ek: Gesonde grense sonder skuldgevoelens; Hormonale veranderinge 14.08.2026 21:34
14 Augustus 2026: Hoe stel jy grense sonder om mense te verloor? Hoe beïnvloed hormonale veranderinge jou emosionele stabiliteit?
Wie is ek? Emosionele uitputting; Emosionele trauma 07.08.2026 20:51
7 Augustus 2026: Voel dit asof jy emosioneel leeg is, al gaan die lewe net aan? Hoe bou 'n mens weer energie ná emosionele uitputting? En kan 'n mens regtig herstel van emosionele trauma?
Wie is ek? Die manier waarop jy grootgeword het, beïnvloed dikwels jou ouerskap 31.07.2026 21:45
31 Julie 2026: Baie ouers word later presies die ouer wat hulle hulleself beloof het hulle nooit sou wees nie. Hoe weet jy wanneer dit tyd is om 'n verhouding te los, of eerder daaraan te werk?
Wie is ek? Hoekom groei ons identiteit so maklik aan ons werk en prestasies vas? 24.07.2026 21:54
24 Julie 2026: Jou werk kan baie meer as net 'n salaris wees. Vir baie mense word dit deel van wie hulle is. En, hoekom voel sommige mense leeg, al het hulle alles waarvan hulle nog altyd gedroom het?
Wie is ek: Hoekom is dit moeilik om as volwassene vriende te maak? 17.07.2026 20:39
17 Julie 2026: Hoekom was dit as kind so maklik om vriende te maak, maar as volwassene soveel moeiliker? En, wat gebeur met jou emosies wanneer geldsorge elke dag saam met jou opstaan? Ons ondersoek die sielkunde agter ons verhoudings, en finansiële stres.
Wie is ek? Onverwagse rou; Groot verandering 10.07.2026 20:06
10 Julie 2026: Wat doen jy wanneer rou jou onverwags oorval, maar die lewe verwag jy moet net aangaan? En, hoe aanvaar jy groot verandering sonder om jouself langs die pad te verloor?
Wie is ek? Voel jy soms asof jy net probeer byhou? 03.07.2026 21:57
3 Julie 2026: Voel jy soms asof jy net probeer byhou? Asof jy elke dag rolle speel — die sterk een, die verantwoordelike een, die een wat alles onder beheer het? En tog voel jy oorweldig, uitgeput en vreemd… los van jouself. Hoekom gebeur dit? Ons ondersoek waarom soveel mense voel hulle leef sonder om werklik teenwoordig te wees.
Wie is ek? Waarom voel jy soms leeg ná groot veranderinge? 26.06.2026 21:55
26 Junie 2026: Groot lewensveranderinge bring nie net verlies nie. Selfs positiewe veranderinge kan gevoelens van leegheid, onsekerheid en verwarring ontlok. Jou brein moet dikwels eers aanpas by 'n nuwe weergawe van jou lewe. En, wanneer jy ure lank oor dieselfde dinge dink en herkou - is dit insig wat groei, of angs wat jou vasvang?
Wie is ek? Is dit gesond om altyd beskikbaar te wees? 19.06.2026 19:37
19 Junie 2026: Hoekom dra sommige mense emosionele pyn vir jare sonder om dit raak te sien? En, is dit regtig gesond om altyd beskikbaar te wees vir almal rondom jou? Ons ondersoek hoe ongemak soms normaal begin voel, en waarom die onvermoë om grense te stel jou welstand kan beïnvloed.
Wie is ek? Wie is jy werklik as jy aanpas by wat ander van jou verwag? 12.06.2026 20:33
12 Junie 2026: Hoe weet jy wie jy regtig is as jy jou hele lewe lank aanpas by wat ander van jou verwag? Waarom verloor sommige mense belangstelling sodra iemand hulle goed behandel? Ons praat oor identiteit, aanvaarding en die vreemde patrone wat ons verhoudings beïnvloed.
Wie is ek? Die emosionele prys van konstante goedkeuring soek 05.06.2026 19:14
5 Junie 2026: Mense verander dikwels hulle gedrag, persoonlikheid en selfs voorkoms, net om aanvaar te voel. Wie sou ek wees as ek niemand se goedkeuring nodig hehad het nie? En, liggaamsdismorfie gaan nie oor ydleheid nie, dit kan iemand obsessief laat fokus op gebreke, wat ander mense skaars raaksien.
Wie is ek? Hoe vra ek vir hulp sonder skaamte? 29.05.2026 20:09
29 Mei 2026: Baie mense vra eers vir hulp wanneer hulle al lank emosioneel uitgeput is, omdat skaamte hulle stil hou. Hoe vra mens vir hulp sonder skaamte? En, Hoekom bly mense soms in verhoudings wat hulle seermaak?
Wie is ek? 22 Mei 2026 22.05.2026 22:06
Is dit moontlik om langs iemand te lê en tog diep eensaam te voel? En, as jou maat emosioneel ontrou was, kan vertroue ooit regtig herstel? Ons gesels eerlik oor emosionele afstand, verhoudingspyn en die moeilike pad terug na mekaar toe.
Wie is ek? 15 Mei 2026 15.05.2026 21:43
Moedswilligheid gaan nie altyd oor rebels wees nie. Dit is dikwels ’n manier waarop mense beheer probeer terugvat wanneer hulle oorweldig voel. En, daardie skuldgevoel wanneer jy iets vir jouself doen is nie altyd ’n morele kompas nie, dis dikwels iets wat jy oor jare aangeleer het.
Wie is ek? 8 Mei 2026 08.05.2026 21:26
Hoe sê ‘n mens “nee” sonder om skuldig te voel? Hoe onderskei ’n mens tussen stres, uitbranding en depressie?
Wie is ek 1 Mei 2026 01.05.2026 20:07
Konstante moegheid is nie altyd fisies nie. Dit kan ’n teken wees van emosionele oorlading, wat jou liggaam nie meer kan dra nie. En, tydens menopause kan hormonale veranderinge jou gemoed só beïnvloed dat jy voel jy word iemand anders.
Wie is ek? 24 April 2026 24.04.2026 21:52
Mense wat sukkel om nee te sê, dra dikwels ’n dieper vrees - dat hulle waarde lê in hoe beskikbaar en goed hulle vir ander is. Ons praat oor hoekom grense soos mislukking voel, en hoe jy dit kan herbedraad sonder skuld. ’n “Moeilike” persoon is nie altyd net iemand anders nie, dit is dikwels iemand wat presies jou eie patrone, vrese of grense uitdaag. Ons ontleed hoe om met “moeilike” mense te wer...
Wie is ek? 17 April 2026 17.04.2026 21:57
Het jy geweet dat jy heel normaal kan funksioneer (werk toe gaan, mense sien, aanhou presteer) en steeds in ’n konstante toestand van angs kan leef sonder om dit as angs te herken? En, verslawing gaan nie net oor stowwe soos alkohol of dwelms nie, maar ook oor gedrag – die dinge wat jy doen om iets binne jou te verdof, vermy of beheer.
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice