RSG

Wie is ek?

Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categorie

Health

Site-ul podcastului

www.rsg.co.za

Cel mai nou episod

2 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Wie is ek? 28 Junie 2024 28.06.2024

Hoekom affekteer die normale menslike emosie, jaloesie, mense op verskillende maniere? Dit het die mag om verhoudings te verwoes, of selfs te versterk. Hoe kan jaloesie beheer word, of beheer dit jou?

Wie is ek? 21 Junie 2024 21.06.2024

Daar is TV-realitietsprogramme oor hierdie versteuring - mense wat kompulsief klere, of koerante, of bokse opgaar. Dinge wat vir die meeste mense geen waarde inhou nie. Hoekom doen hulle dit? Hoekom sal dit nie help om hulle huise namens hulle skoon te maak nie? Ons vind uit hoe kompulsiewe opgaar deur die individu en die geliefdes aangespreek kan word.

Wie is ek? 14 Junie 2024 14.06.2024

Mens hoor al hoe meer van uitbranding, maar wat as dit eintlik eerder depressie of angstigheid is? Wat presies is uitbranding, as dit nie ‘n formele diagnose is nie?

Wie is ek? 7 Junie 2024 07.06.2024

Kan dit wees dat jou beroep jou geluk in die lewe kan bepaal? Wat as jy nie bewus is van invloede wat jou beroepskeuses op jou daaglikse bestaan uitoefen nie? Kom vind meer uit oor hoe jy na jou beroep kan kyk, en die invloed wat aanvaarding van jou keuses in jou geluk kan maak.

Wie is ek? 31 Mei 2024 31.05.2024

Ons hoor gedurig hoe gevaarlik langdurige angs is, maar wat presies gebeur in jou brein, jou lyf en lewe wanneer angs waarlik sy greep op alles het? Wanneer is die ervaring van angs normaal, selfs positief, en wanneer is dit negatief? Sal ons dit self agterkom? Kom leer meer oor die siekte van ons tyd, angs.

Wie is ek? 24 Mei 2024 24.05.2024

Wat is die redes hoekom sekere kinders altyd kwaad is? Is een van jou kinders dalk altyd kwaad vir die wêreld, en jy het al alles probeer? Hulle hou aan om vloermoere te gooi? Wat staan ouers te doen? Kom vind uit die moontlike redes en oplossings om gefrustreerde kinders te help.

Wie is ek? 17 Mei 2024 17.05.2024

Werk jy om te lewe, of lewe jy om te werk? Wat is werksverslawing? Wat is die tekens? Hoe kan die probleem opgelos word sonder om werkloos te raak?

Wie is ek? 10 Mei 2024 10.05.2024

Die lewe neem sy loop met almal - almal ervaar terugslae, maar hoe staan jy weer op? Hoe effektief is jou veerkragtigheid? Het jy dit, of het jy geen veerkragtigheid nie? Leer hoe om jou veerkragtigheid te gebruik om die lewe te kan aanpak.

Wie is ek? 3 Mei 2024 03.05.2024

Nie alle mense is sensitief vir hulle omgewing nie, maar onlangs het die menslike wetenskap individue geïdentifiseer wat hoogs sensitief vir hulle omgewing is. Wat is dit? Hoe weet iemand of hulle hoogs sensitief is, en hoe word die individu sowel geestelik as fisiek geaffekteer?

Wie is ek? 26 April 2024 26.04.2024

Die meeste van ons het roetines en strukture in plek om ons daaglikse lewe te vergemaklik. Maar wat as jy begin angstig raak wanneer hierdie roetines nie gevolg word nie, of die tyd wat dit in beslag neem, jou daaglikse lewe oorneem? Hoe weet jy jy het ‘n probleem? Ons vind meer uit oor gesonde en ongesonde obsessiewe gedrag.

Wie is ek? 19 April 2024 19.04.2024

Kleptomanie is 'n onvermoë om die behoefte te onderdruk om items te steel wat geen persoonlike of finansiële waarde vir die persoon het nie. Dit verskil van gewone diefstal, wat gemotiveer word deur die waarde wat die gesteelde items vir die dief inhou.

Wie is ek? 12 April 2024 12.04.2024

Almal van ons het al ‘n wit leuentjie vertel, maar sekere mense lieg aanhoudend oor alles. Wat is hulle doel? Om jou seer te maak, om hulleself te beskerm, of om jou te manupileer?

Wie is ek? 5 April 2024 05.04.2024

Wat is die verskil tussen ‘n introvert en ‘n ekstrovert? Hoekom is dit nodig om te verstaan? Watter verskil sal dit aan al jou verhoudings in jou lewe maak? Vind uit of jy ‘n introvert of ‘n ekstrovert is.

Wie is ek? 22 Maart 2024 22.03.2024

Daar is min dinge so lekker as om verlief te wees. Alles voel helderder, mooier en meer opwindend. Maar wat as hierdie gevoel ‘n obsessie raak, en jy aanhoudend verhoudings agterlaat om oor en oor en oor hierdie euforie te ervaar? Ons vind meer uit oor liefdesverslawing.

Wie is ek? 15 Maart 2024 15.03.2024

Hoë konflik kan verstaan word wanneer dit binne die huwelik plaasvind en lei tot egskeiding, maar wat gaan verkeerd as die konflik hoog bly en selfs aanhou, lank ná die egskeiding. Wat gebeur met die kinders?

Wie is ek? 8 Maart 2024 08.03.2024

Ons fokus op raar-maar-waar-fobies. Hoekom ervaar sommige mense hierdie onbeheersde vrees? Waar kom fobies vandaan?

Wie is ek? 1 Maart 2024 01.03.2024

Wat as ander nie van my hou nie? Wat as ek nie van myself hou nie? Hoe kan jy aanleer of aanvaar hoe jy is en wie jy is? Watter verskil kan dit aan jou lewenskwaliteit maak?

Wie is ek? 23 Februarie 2024 23.02.2024

Ons almal probeer om die lewe met soveel positiwiteit moontlik aan te pak, maar wat as jou metode jou negatief affekteer? Kom vind meer uit oor toksiese positiwiteit.

Wie is ek? 16 Februarie 2024 16.02.2024

Dit gebeur dikwels dat 'n klein persentasie van die samelewing 'n splitsing, of breek met realiteit ervaar. Dit veroorsaak dat hulle dinge hoor en sien wat nie vir ander mense bestaan nie. Dit kan vreeslike angs vir ‘n indiwidu veroorsaak.

Wie is ek? 9 Februarie 2024 09.02.2024

Om verlies te verwerk, is een van die moeilikste prosesse om as mens deur te gaan. Wat is die ervaring van normale verlies, en wanneer moet mens die ondersteuning van ander inroep?

Wie is ek? 2 Februarie 2024 02.02.2024

As mense het ons almal ondersteuning nodig om deur ‘n moeilike tyd te kom. Wat is die regte ondersteuning? Wanner rig ons eintlik meer skade aan as goed? Hoekom brand soveel versorgers uit?

Wie is ek? 26 Januarie 2024 26.01.2024

Die meeste mense het ‘n vrees vir sukses. Waar kom dit vandaan? Watter rol speel die samelewing daarin? Hoe kan mens die vrees bestuur?

Wie is ek? 19 Januarie 2024 19.01.2024

Van tyd tot tyd voel die meeste van ons bietjie af, donker of selfs uitgebrand. Jy gaan dokter toe en hoor die gevreesde woorde, “dit mag dalk beter wees om opgeneem te word.” Wat beteken dit? Wat kan jy verwag? Kom vind alle suit oor psigiatriese klinieke en die waarde wat dit toevoeg tot mense se lewenskwaliteit. 

Wie is ek? 12 Januarie 2024 12.01.2024

In die volgende episode van Wie is ek? gaan daar gekyk word na die sielkundige belang van slaap. Die meeste mense verstaan die fisiologiese voordele, maar watter rol speel slaap patrone in jou gemoed?

Wie is ek? 5 Januarie 2024 05.01.2024

'n Eetversteuring is 'n patroon waardeur mense onbewustelik hul lewensprobleme (issues) probeer hanteer deur te fokus op hul verhouding met kos en met hul gewig. Die persoon vermy sodoende hul emosies oor die dinge wat regtig belangrik is. Kos en gewig raak so belangrik dat dit hulle gevoel oor hulself bepaal en 'n merkbare impak het op hul funksionering, wat lewensgevaarlik kan wees.

Ascultă podcastul Wie is ek? în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice