RSG
Wie is ek?
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.rsg.co.za
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Wie is ek? 11 April 2025 11.04.2025 21:20
Ons verken die ingewikkelde en dikwels pynlike verhouding tussen skoonkinders en skoonouers.
Wie is ek? 4 April 2025 04.04.2025 21:14
Lise Swart verken die komplekse en dikwels pynlike wêreld van toksiese vriendskappe. Dr. Louis Awerbuck, 'n terapeut wat spesialiseer in verhoudings, deel insigte in die tekens en simptome van giftige vriendskappe, insluitend manipulasie, gaslighting en emosionele mishandeling.
Wie is ek? 28 Maart 2025 28.03.2025 21:38
Skisofrenie is 'n geestestoestand wat gekenmerk word deur 'n gebrek aan sinvolle en logiese denkprosesse. Persone wat hieraan ly, ervaar dikwels 'n breuk met realiteit, wat veroorsaak dat hulle dinge hoor en sien wat vir die meeste ander mense nie bestaan nie. Die vreemde gedagtes wat die skisofreen teister, en die buitengewone vrese waaronder hy of sy soms gebuk gaan, kan daartoe lei dat hulle d...
Wie is ek? 21 Maart 2025 21.03.2025 21:42
Ons delf in die wêreld van manifestasie, en ondersoek die idee dat ons gedagtes, emosies en bedoelings die krag het om ons werklikheid te vorm. Voorligtingsielkundige Luricka Fick deel praktiese wenke en tegnieke om die krag van manifestasie te benut om ons doelwitte en drome te bereik. Sy bespreek die wetenskap agter manifestasie, insluitend die rol van die neurowetenskap. Sy deel ook hulpbronne...
Wie is ek? 14 Maart 2025 14.03.2025 21:34
Stres kan verwoestende gevolge hê - van die invloed op ons fisiese gesondheid en verhoudings tot die invloed op ons werkprestasie en algehele welstand.
Wie is ek? 7 Maart 2025 07.03.2025 20:35
Sukkel jy om jou doelwitte te bereik? Hoekom sukkel die meeste van ons daarmee? Is daar iets met jou verkeerd, of die doelwitte wat jy stel? Kom vind uit hoe om sukses te behaal.
Wie is ek? 28 Februarie 2025 28.02.2025 21:30
Sosiale angsversteuring ook bekend as sosiale fobie, is 'n kroniese geestesgesondheidstoestand wat intense vrees vir sosiale situasies veroorsaak. Mense met sosiale angs kan sosiale situasies vermy, of angstig en benoud voel wanneer hulle deelneem.
Wie is ek? 21 Februarie 2025 21.02.2025 21:33
In die meeste langtermynverhoudings is daar een of ander vorm van afhanklikheid van mekaar. Dit is heeltemal gesond, maar waar lê die lyn tussen gesonde afhanklikheid en ongesonde afhanklikheid? Hoe affekteer dit die kwaliteit van verhoudings?
Wie is ek? 14 Februarie 2025 14.02.2025 21:40
Die meeste mense sukkel met een of ander patroongedrag, wat hulle in die "moeilikheid" bring - eetgewoontes, oormatige woede, ensovoorts. Hoe kan jy hierdie gedrag bestuur? Wat as jy die emosie van die gedrag losmaak? Vind uit hoe effek hierdie manier kan werk.
Wie is ek? 7 Februarie 2025 07.02.2025 21:46
Baie mense voel dat niemand van hulle hou nie. Hoekom voel iemand so? Wat kan 'n persoon doen om realiteit in te sien - die kanse is bitter min dat niemand van jou hou nie!
Wie is ek? 31 Januarie 2025 31.01.2025 21:52
Die brein en liggaam is 'n geïntegreerde stelsel, en die gees is nie apart van die liggaam nie. Die brein is deur die senuweestelsel aan die res van die liggaam gekoppel, en die liggaam se stelsels, organe en chemikalieë beïnvloed voortdurend die brein. Die ou cliche van kyk mooi na jou lyf, help jou veg teen jou ongelukkigheid. Hoe? Hoekom?
Wie is ek? 24 Januarie 2025 24.01.2025 21:54
Ons takel die sensitiewe kwessie van tiener-selfdood.
Wie is ek? 17 Januarie 2025 17.01.2025 22:07
Skeidingsangsversteuring is 'n diepgewortelde vrees om geskei te word van belangrike bindingsfigure/geliefdes, bv. kinders, ‘n eggenoot of verhoudingsmaat, ouers, ‘n broer/suster of ‘n vriend(in). Die vrees perk 'n persoon se funksionering en lewenskwaliteit merkbaar in. Is jou vrese oor jou geliefdes se veiligheid binne perke?
Wie is ek? 10 Januarie 2025 10.01.2025 21:49
Bipolêre versteuring is 'n diagnoseerbare sielkundige toestand, wat gekenmerk word deur groot skommelinge in 'n persoon se gemoedstoestand, vanaf uiterste depressie (lae gemoed) tot uiterste manie (uitermatige, ontoepaslike opgeruimdheid). Navorsing oor dié toestand duur steeds voort, maar 'n kombinasie van medikasie en psigoterapeutiese behandeling (om 'n sielkundige te gaan spreek) kan die simpt...
Wie is ek? 3 Januarie 2025 03.01.2025 21:12
Alkoholisme is ‘n groot problem in Suid-Afrika, maar hoe moet die geliefdes die misbruik hanteer, en self moeilike keuses maak.
Wie is ek? 27 Desember 2024 27.12.2024 21:53
Wat is plesier? Hoekom is ons so skaam om daaroor te praat? Hoe affekteer dit ons gemoed? Hoor wat 'n psigoseksuele kenner sê oor die positiewe en negatiewe van plesier.
Wie is ek? 30 Augustus 2024 30.08.2024 23:54
Die meeste mense dink alkoholmisdbruik is sinoniem met verslawing en die negatiewe implikasies wat daarmee gepaard gaan. Dit kan egter ook lei tot ‘n vorm van demensie, wat meestal by jonger mense (mans en vroue) voorkom. Vind meer uit oor hierdie sindroom, en hoe om die tekens vroegtydig te kan herken.
Wie is ek? 23 Augustus 2024 23.08.2024 23:38
Is jou frustrasies besig om jou lewe te beheer, of is jou toleransie hoog genoeg om dit te bestuur? Hoekom is hierdie ‘n belangrike vraag? Vind uit hoe om jou frustrasietoleransie te verhoog, om waarlik balans in jou lewe te vind.
Wie is ek? 16 Augustus 2024 16.08.2024 22:26
'n Persoon met ‘n sosiale angsversteuring ervaar simptome van angs of vrees in situasies waar hulle deur ander ondersoek, geëvalueer of beoordeel kan word, soos om in die openbaar te praat, nuwe mense te ontmoet, uit te gaan, op 'n werksonderhoud te wees, 'n vraag in die klas te beantwoord of selfs met 'n kassier in 'n winkel te praat. Vind meer uit oor sosiale angs, en watter behandeling suksesvo...
Wie is ek? 9 Augustus 2024 09.08.2024 22:28
Professionele atlete visualiseer elke beweging vooraf om sukses te bereik. Hoe kan ek hierdie proses toepas om sukses in my eie lewe te bereik? Ons kyk na die mag van visualisering.
Wie is ek? 2 Augustus 2024 02.08.2024 22:52
Ons hoor gedurig dat ons lief moet wees vir onsself, anders kan ons nie lief wees vir ander mense nie. Is dit waar? Hoe voel dit om lief te wees vir jouself? Wat moet jy doen as jy nie lief is vir jouself nie?
Wie is ek? 26 Julie 2024 26.07.2024 22:42
Ons lewe in ‘n land gevul met traumatiese gebeure. Hoekom affekteer dit almal nie dieselfde nie? Ons vind meer uit oor post-traumatiese stresversteuring.
Wie is ek? 19 Julie 2024 19.07.2024 24:42
Daar is min dinge so lekker as om verlief te wees. Ons kyk na die positiewe en negatiewe eienskappe van verliefdheid, en hoe dit in langtermynverhoudings invleg kan word.
Wie is ek? 12 Julie 2024 12.07.2024 24:02
Ons almal droom elke nag, of jy nou daarvan bewus is of nie. Het jou drome enige betekenis? Probeer jou brein met jou kommunikeer? En wat van nagmerries? Indien jy nag na nag nagmeriies ervaar, wat beteken dit?
Wie is ek? 5 Julie 2024 05.07.2024 23:29
Die meeste van ons wil ons lewe verbeter, maar waar kry jy daardie belangrike motivering om die struikelblokke aan te pak?
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice