RSG
Wie is ek?
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Wie is ek? 15 Julie 2022 15.07.2022 21:52
Ons kyk na die opsies van by die huis werk, of op kantoor. Daar is nog nie genoeg navorsing om klinklaar te sê of mense verkieslik tuis moet werk nie, en of ‘n kantoor ‘n beter opsie is nie. Al wat wel duidelik is, is dat die pandemie baie vrae by ons gelos het. So hoe moet ons hierdie besluit benader, en vir watter tekens moet ons uitkyk om te sien of ons die regte besluite maak, want beide by di...
Wie is ek? 8 Julie 2022 08.07.2022 23:25
Agorafobie is die irrasionele vrees vir openbare of oop spasies. Die persoon vrees situasies waar hulle beheer kan verloor, vasgevang kan raak en/of nie hulp kan kry nie. Internasionaal is die getalle van hierdie fobie besig om toe te neem. Hoekom? Wat is die dryfkrag agter hierdie siekte, en wat kan ons daaraan doen?
Wie is ek? 1 Julie 2022 01.07.2022 24:24
Alle kinders moet aanleer hoe om te sosialiseer. Dit sluit in hoe om vriende te kies. Maar wat beteken dit “om vriende te kies”? Watter rol vervul ouers om hulle kinders te help om die beste moontlike vriende te kies? Wat staan jou te doen as jou kind maats kies wat die “verkeerde” invloed op hulle het?
Wie is ek? 24 Junie 2022 24.06.2022 24:07
Nageboorte-depressie affekteer ‘n geweldige groot aantal vroue, en interessant genoeg mans ook. Ons fokus was nog altyd op die ma se gemoed, maar navorsing wys ons hoe die siekte die baba lewenslank affekteer. Om hulp te kry vir nageboorte-depressie speel dus ‘n kardinale rol in ma, baba en gesin se welstand.
Wie is ek? 17 Junie 2022 17.06.2022 23:33
Om lugtig te wees vir ‘n vreemdeling was vir miljoene jare deel van ons oorlewingstaktiek, maar waar pas hierdie gedrag in ons moderne lewe in? Affekteer dit ons oorlewing op ander vlakke? Hoe beïnvloed dit ons gemoed? Kom vind meer uit oor hoe en hoekom ons almal kan baat daarby om anders te dink oor groepsdinamika en vreemdelingehaat – die ons-teen-hulle-gedrag.
Wie is ek? 10 Junie 2022 10.06.2022 24:25
Baie mense sit in die onmoontlike situasie waar hulle geliefdes hulleself in ‘n boeliesituasie bevind, hetsy by 'n aftreeoord of die sorgsentrum, of selfs by die bure, vriende of personeel. Boeliegedrag is nie vreemd onder ons ouer geslag nie. Hoe kan familie help? Watter stappe kan gedoen word?
Wie is ek? 3 Junie 2022 03.06.2022 24:02
“Hoekom hou ek nie van myself nie?” Sukkel jy om jouself lief te hê? Hoor hoekom, en hoe, jy hierdie pad van rigting kan laat verander.
Wie is ek? 27 Mei 2022 27.05.2022 24:26
Obsessief-kompulsiewe versteuring word gekenmerk deur onredelike gedagtes en vrese (obsessies), wat lei tot kompulsiewe gedrag. Ons ken die prentjie van iemand wat aanhoudend hande was, of die persoon wat aanhoudend deure sluit, wat alles tel, en diegene wat kaste oor en oor regpak. Daar is verkeie voorbeelde van hierdie diagnose, so hoe onderskei jy die gedrag? Hoe word die siekte gediagnoseer? H...
Wie is ek? 20 Mei 2022 20.05.2022 24:21
Familievervreemding is aan die toeneem. Meer en meer volwasse kinders maak die keuse om alle kommunikasie met hulle familie, of spesifiek met hulle ouer(s) te staak. Mag jy familie afskryf? Nie almal hou van hulle familie of ouers nie, maar om hulle af te skryf is ekstreem. In baie gevalle is dit vir ‘n persoon se geestesgesondheid die beste opsie om liewers kommunikasie permanent te staak, maar h...
Wie is ek? 13 Mei 2022 13.05.2022 24:40
Om te kan nee sê sonder om skuldig te voel, is ‘n vaardigheid waarmee die meeste van ons sukkel. Volgens die menslike wetenskappe is mense meer gelukkig as hulle van jonk af geleer het hoe om nee te sê, hoe om grense te stel en hoe om hulle wense te kan uitdruk. Hoekom sukkel sekere mense meer as ander hiermee? Hoekom kan ons nie sommer net begin nee sê wanneer dit ons pas nie? Kom leer meer oor h...
Wie is ek? 6 Mei 2022 06.05.2022 23:11
Depressie is 'n term wat gebruik word vir 'n gemoed wat só aangetas is dat persone wat daarmee saamleef, sukkel om normaal te funksioneer. Dit kom in verskillende vorms voor, maar die algemeenste en bekendste staan bekend as major-depressie. Voor Covid-19 was daar sprake dat depressie teen 2030 die meeste lewens per jaar sal eis, en nou het daardie datum nadergeskuif. Mense sukkel. Hulle sukkel op...
Wie is ek? 29 April 2022 29.04.2022 24:22
Boeliegedrag onder tieners is ‘n groot probleem in Suid-Afrika. Kinders kan dit saamdra tot in hulle volwasse jare. Ouers se hulp en ondersteuning is van kardinale belang. Emosionele boeliegedrag word beskou as ‘n gevaarlike vorm van boeliegedrag omdat ouers dit nie altyd ernstig opneem nie, en tieners baie keer alleen hierdie probleem moet hanteer. Ouers se ondersteuning en erkenning is van kardi...
Wie is ek? 22 April 2022 22.04.2022 24:00
Die algemene kenmerke van ‘n narsistiese persoonlikheidsversteuring is ‘n oormatige beheptheid met selfbeeld en mag, en om die regte beeld voor te hou. Die persoon het oënskynlik baie selfvertroue, maar die verskil tussen dié versteuring en “normaliteit” tree in wanneer die persoon se lewenskwaliteit en verhoudings daaronder lei. Wat is die verskil tussen ‘n openlike narsis en ‘n bedekte narsis. W...
Wie is ek? 15 April 2022 15.04.2022 24:40
Om iemand te vergewe beteken nie dat jy die skade wat jou aangerig is, vergeet of verskoon nie. Vergifnis bring ‘n soort vrede wat jou help om aan te gaan met jou lewe. Die proses van vergifnis kan selfs lei tot gevoelens van begrip, empatie en deernis vir die betrokke partye. Maar dis makliker gesê as gedaan. Hoor hoekom vergifnis ‘n kardinale rol speel in die proses om mooi na jouself kyk.
Wie is ek? 8 April 2022 08.04.2022 23:48
Herhalingsdwang is ‘n sielkundige verskynsel waarin ‘n persoon ‘n gebeurtenis, gedrag of gedagtes oor en oor herhaal, met die verwagting dat die uitkoms dalk sal verander. Ons breine is geprogrameer om sekere omstandighede te herhaal, om sin te maak daaruit. Maar hoe kan mens die mallemeule stop en ander gedrag toon, of die patroon verander?
Wie is ek? 1 April 2022 01.04.2022 23:48
Vir ouers van tieners is daar sekerlik min dinge so moeilik om te hanteer soos die eerste liefdesverhouding, veral wanneer jy nie saamstem met jou tiener se keuse nie. Hoe kan ouers die onderwerp aanraak sonder om ‘n oorlog in die huishouding te veroorsaak, en om seker te wees dat jou tiener die implikasies van hulle keuse verstaan?
Wie is ek? 25 Maart 2022 25.03.2022 24:40
Haaruittreksteurnis is 'n sterk behoefte om jou eie hare uit te pluk. Soos piromanie en kleptomanie, voel die persoon gespanne voor die aksie, en verligting daarna. Dit is waar die persoon herhaaldelik kophare, wenkbroue en/of wimpers uittrek. Soms kan 'n persoon met haaruittreksteurnis selfs baarde, onderarmhare of pubiese hare uitpluk. Hierdie steurnis word nie geassosieer met pyn nie. Die aksie...
Wie is ek? 18 Maart 2022 18.03.2022 23:59
Is jy in ‘n verhouding (enige verhouding) waar die ander persoon meer as gereeld irrasioneel optree, baie jaloers of besitlik is, en gereeld vloermoere gooi? Voel jy die gedrag is meer intensief as hoe 'n "gewone" mens sou optree? Ons kyk na grenslyn-persoonlikheidsversteuring - ‘n diagnose wat baie kwessies in ‘n verhouding kan verklaar.
Wie is ek? 11 Maart 2022 11.03.2022 22:30
Lise Swart praat met voorligtingsielkundige Luricka Fick gesels oor die ridder-kompleks. Dis vroue wat verwag dat mans hulle moet red, of perfek moet wees. Hoekom gebeur dit?
Wie is ek? 4 Maart 2022 04.03.2022 24:01
Mede-afhanklikheid word geassosieer met verhoudings waar verslawing ‘n rol speel, maar in baie verhoudings is die een party meer afhanklik van die ander, en dit veroorsaak ‘n ongesonde balans van mede-afhanklikheid. Hoe kan mens bewus wees daarvan en die grense verstel om ‘n meer gelukkige, onafhanklike verhouding te kweek?
Wie is ek? 25 Februarie 2022 25.02.2022 24:59
Ons kyk na die mag van motivering. Wil jy graag ‘n doelwit bereik (gewig verloor, ‘n nuwe vaardigheid aanleer, jouself verbeter), maar kry dit nie reg om jouself te motiveer om die nodige stappe te doen nie? Ons kry raad oor hoe om jouself te motiveer, en hoekom jy dit moet doen.
Wie is ek? 18 Februarie 2022 18.02.2022 24:10
Ons kyk na die baie voordele wat 'n dagboek inhou vir ‘n persoon se geestesgesondheid. Voor jy besluit dat 'n dagboek nie vir jou is nie, luister eers na hierdie episode oor hoe dit jou lewenskwaliteit kan verbeter.
Wie is ek? 11 Februarie 2022 11.02.2022 23:52
Isolasie en die soeke na intimiteit is van die kenmerke wat seks- en pornografieverslawing aanwakker - kenmerke wat deur die pandemie vererger is. Hoe kan geliefdes ‘n persoon ondersteun om die nodige hulp te kry? Wanneer is dit ‘n diagnoseerbare verslawing?
Wie is ek? 4 Februarie 2022 04.02.2022 24:14
Meer en meer mense emigreer, en los hulle familie, vriende en meestal ouers agter met die lewende verlies. Hoe kan ouers aanpas? Wat ervaar hulle? Hoe kan die kommunikasiekanale oopgehou word?
Wie is ek? 28 Januarie 2022 28.01.2022 24:06
Draai jou gedagtes om en om in jou kop soos die wasgoed in die wasmasjien? Raak jy soms obsessief oor nietige dinge, en sukkel jy om aan te beweeg? Hoe kan jy ophou om alles te oordink?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.