RSG
Wie is ek?
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Wie is ek? 29 Oktober 2021 29.10.2021 24:05
Ons hoor gereeld van tieners wat hulleself met opset seermaak - hetsy hulle hulself sny, vuiste teen mure slaan, te veel oefen, dieëet, ens. Wat staan ouers te doen? Hoe kan hulle die tekens raaksien.
Wie is ek? 22 Oktober 2021 22.10.2021 23:24
Uitbranding is wêreldwyd ‘n groot probleem. Soveel so dat die Wêreld Gesondheidsorganisasie daaraan werk om uitbranding ‘n formele diagnose te maak, nie net ‘n simptoom nie. Wat is uitbranding? Hoe verskil dit van depressie? Wat is die gevolge?
Wie is ek? 15 Oktober 2021 15.10.2021 22:51
Wat beteken dit wanneer ‘n kind gediagnoseer word as op die spektrum? Hoe kan neurotipiese mense help om die wêreld van neurodiverse kinders te vertaal? Wat staan ouers te doen om hulle kinders beter te verstaan?
Wie is ek? 8 Oktober 2021 08.10.2021 24:40
Wat is jou gender? Waarmee identifiseer jy? Wat moet ek doen as my kind transgender is? Gender is deel van ons almal se identiteit, so dit help om mekaar te verstaan deur te begin met die basiese vrae en antwoorde.
Wie is ek? 1 Oktober 2021 01.10.2021 23:01
Gereeld hoor ons ouers kla oor hulle kinders of tieners se oormatige gebruik van skerms (selfone, rekenaars, tablette, ens.), maar wat van ons misbruik van skerms? Watter effek sal die oormatige gebruik van skerms op ons as volwassenes hê?
Wie is ek? 24 September 2021 24.09.2021 23:36
Wat is ‘n persoon se persoonlikheid? Watter verskil sal dit aan jou lewenskwaliteit maak om te verstaan wat jou persoonlikheid is? Hoe kan jy seker wees dít wat jy dink jou persoonlikheid is, is waar?
Wie is ek? 17 September 2021 17.09.2021 23:31
Wat is die verskil tussen ‘n kompulsiewe leuenaar en ‘n patologiese leuenaar? Is dit waar dat seker mense nie kan help om te lieg nie? Hoe weet mens wanneer iemand lieg en wanneer iemand die waarheid vertel?
Wie is ek? 10 September 2021 10.09.2021 23:44
Wat is die verskil tussen trauma en posttraumatiese versteuring? Hoe het die behandeling deur die jare verander? Hoe suksesvol is terapie?
Wie is ek? 3 September 2021 03.09.2021 24:04
Hoekom droom ons? Is dit jou brein wat besig is om informasie te verwerk, of is dit jou brein wat besig is om vir jou boodskap te stuur? Wat van mense wat glad nie droom nie?
Wie is ek? 27 Augustus 2021 27.08.2021 23:35
Hoekom is ons so gefassineer met die donker kant van die lewe? Sê dit iets ons van psige? Maak dit van ons slegte mense?
Wie is ek? 20 Augustus 2021 20.08.2021 23:09
Ons almal voel van tyd tot tyd skuldig oor iets. Meeste van die tyd kry ons dit reg om aan te beweeg en die gevoel te ignoreer. Maar wat as skuldgevoelens besig is om jou lewe oor te neem? Hoekom ervaar ons hierdie emosie, en hoe kan ons daarvan ontslae raak?
Wie is ek? 13 Augustus 2021 13.08.2021 24:15
Veerkragtigheid is die vermoë om vinnig te herstel van probleme. Dis 'n tipe taaiheid. Is jy iemand met veerkragtigheid? Sou jy hierdie vermoë wou aanleer? Kom vind uit hoe.
Wie is ek? 6 Augustus 2021 06.08.2021 23:55
Duisende families en geliefdes is al hierdeur, wanneer jy jou geliefde moet alleen aflaai by die hospitaal, of die ambulans kom haal hulle en jy kan nie saam nie. Alles a.g.v. Covid-19. Die ervaring is vir baie traumaties, selfs al kom die geliefde weer terug. Hoe verwerk mens hierdie trauma, en hoekom moet mens dit nie ignoreEr nie?
Wie is ek? 30 Julie 2021 30.07.2021 23:31
Korsakoff-sindroom, ‘n vorm van demensie, is 'n kroniese geheuesteurnis wat meestal veroorsaak word deur alkoholmisbruik.
Wie is ek? 23 Julie 2021 23.07.2021 24:22
Paranoia is die ongegronde agterdog teenoor, en wantroue in ander persone of organisasies. Dit is 'n toestand wat gekenmerk word deur delusies van vervolging, ongegronde jaloesie of oordrewe selfbelang wat tipies in 'n georganiseerde stelsel ingewerk is. Leer meer hieroor in hierdie episode.
Wie is ek? 16 Julie 2021 16.07.2021 23:27
Ons word gereeld vertel struktuur en roetine laat ons veilig voel, staan angstigheid teen, en help met onsekerheid. Maar wat as dit die teenoorgestelde effek het op jou lewe? Hoe kan jy weet wat werk die beste vir jou? Kom vind meer uit oor wanneer jou roetine dalk teen jou tel.
Wie is ek? 9 Julie 2021 09.07.2021 23:55
Is dit regtig tot 'n persoon se voordeel om meer oor homself te leer? Watter rol speel terugvoer van ander mense in hierdie proses? Hoekom is dit so moeilik om waarlik vrede en geluk te vind?
Wie is ek? 2 Julie 2021 02.07.2021 24:16
Is jou woede onder beheer of buite beheer? Weet jy hoe om jou woede te bestuur, en hoekom is dit nodig om hierdie basiese emosies te verstaan?
Wie is ek? 25 Junie 2021 25.06.2021 23:59
Ons bespreek oorlewingskuld. Uit navorsing wat in eerste wêreldse lande gedoen word, raak dit duidelik dat oorlewingskuld ‘n ernstige gevolg van die omstandighede is waarin ons onsself bevind. Bemagtig jouself deur meer te leer oor hierdie ervaring.
Wie is ek? 18 Junie 2021 18.06.2021 24:24
Lise Swart vind meer uit van die toets of assessering van ‘n persoon met ‘n moontlike demensiediagnose. Verkeerde diagnoses bestaan, en ongepaste medikasie word aan pasiënte gegee, so die assesseringsproses is in die meeste gevalle van kardinale belang.
Wie is ek? 11 Junie 2021 11.06.2021 24:28
Ons kyk na die belang van ouerondersteuning tussen sowel ouerpare soos huweliksmaats of verhoudingsmaats as tussen ouers en ander ouers, met die doel om ‘n kind se lewenskwaliteit te verbeter.
Wie is ek? 4 Junie 2021 04.06.2021 24:23
Die meeste mense is opsoek na ware geluk. Ons hoor gereeld hoe jy vir jouself lief moet wees en jou foute aanvaar, maar watter rol speel kommunikasie in 'n persoon se geluk? Kan die aanleer van kommunikasievaardighede 'n verskil maak in hoe ons onsself sien, en hoe ander mense ons ervaar?
Wie is ek? 28 Mei 2021 28.05.2021 24:53
Manupilasie – wanneer is dit positief (indien moontlik), en wanneer is dit nagtief? Hoe kan jy agterkom jy word gemanupileer, en wat kan jy doen om dit te stop?
Wie is ek? 21 Mei 2021 21.05.2021 24:31
Voel jy … bla? Jy voel nie heeltemal depressief nie, maar jy voel nie jouself nie? Die menslike wetenskap verwys daarna as ‘n kwynende gevoel. Hoekom moet ons bewus wees hiervan, en kan mens iets daaraan doen?
Wie is ek? 14 Mei 2021 14.05.2021 24:34
Ons kyk na die oplossing wat geliefdes en families in verslawing (hetsy gaming, eetversteurings en middel- of prosesverslawing) kan toepas – taai-liefde (tough love). Daar is baie misverstande oor hierdie konsep.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.