RSG
Wie is ek?
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Wie is ek? 7 Mei 2021 07.05.2021 24:42
Volgens navorsing is hoogsensitiwiteit nie ‘n persoonlikheidstrek nie, maar ‘n genetiese faktor. Vind meer uit wat ‘n hoogsensitiewe persoon se eienskappe is, of behandeling nodig is, en hoeveel mense hierdie eienskappe toon.
Wie is ek? 30 April 2021 30.04.2021 24:08
Demensie is die verlies van algemene kognitiewe vermoëns in ‘n voorheen helderdenkende persoon. Alzheimer se siekte is die bekendste vorm van demensie. Vind meer uit van die verskillende vorms van demensie, hoe die diagnose gemaak word, en hoekom die regte diagnose belangrik is vir sowel die individu as die geliefdes.
Wie is ek? 23 April 2021 23.04.2021 24:41
Aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsteurnis (AGHS) is ‘n probleem wat kinders se ontwikkeling benadeel. Die kern van die probleem is dat die kind se aandag maklik afgelei word, of dat oormatige hiperaktiewe gedrag hom of haar verhinder om op ‘n taak te konsentreer. ‘n Gebrek aan konsentrasie lei daartoe dat die kind nie in staat is om nuwe dinge aan te leer of inligting in te neem nie, en dit vert...
Wie is ek? 16 April 2021 16.04.2021 24:38
Ons kyk na kompulsiewe opgaarversteurings, wanneer 'n persoon items, klere of selfs diere opgaar, en vreeslik angstig raak om van enige iets ontslae te raak.
Wie is ek? 9 April 2021 09.04.2021 24:19
As gevolg van artikels wat gereeld op sosiale media verskyn met opskrifte soos, Is my kind ‘n psigopaat? en Maak jy jou as kind ‘n psigopaat groot? het ons besluit om ondersoek in te stel oor hoe maklik of moeilik ouers hulle kinders in psigopate kan verander.
Wie is ek? 26 Maart 2021 26.03.2021 24:51
As gevolg van stigma word daar meer as gereeld na psigiatriese klinieke verwys as die “malhuis”. Maar wat presies gebeur daar? Wie is die mense wat opgeneem word? Watter waarde voeg dit tot hulle lewe by, en wat kan mense verwag?
Wie is ek? 19 Maart 2021 19.03.2021 24:45
Vir jare het mense gedink veerkragtigheid is iets waarmee jy gebore word, maar navorsing het gewys dat almal dit kan aanleer. Ons gee raad aan ouers oor hoe kinders veerkragtigheid kan aanleer. Dit is uiters belangrike vaardigheid in die konteks waarin ons nou leef.
Wie is ek? 12 Maart 2021 12.03.2021 24:44
Sosiale angs is die vrees vir sosiale interaksie, maar hoe verskil dit van introversie, of die vermyding van ongemaklike situasies?
Wie is ek? 5 Maart 2021 05.03.2021 24:43
Geen ouer hou daarvan wanneer hulle kind nagmerries ervaar nie, maar wat beteken dit? Wys dit hoe jou kind nie cope met die lewe nie? Kan ouers boodskappe neem uit nagmerries, en wanneer is dit ernstig genoeg om vir hulp te gaan?
Wie is ek? 26 Februarie 2021 26.02.2021 24:37
Agorafobie, of ruimtevrees, is nie net die vrees van ruimte nie, maar meer die vrees van jou “veilige plek” verlaat. Min mense is diagnoseerbaar met hierdie fobie, maar kombineer te veel angs, ‘n pandemie en een van die ander fobie-familielede, en die prentjie kan radikaal verander.
Wie is ek? 19 Februarie 2021 19.02.2021 24:38
Kinders vandag is meer verveeld, meer selfgesentreerd en het baie minder vriende. Hoekom? Is dié stelling enigsins waar? Wat kan ouers (indien nodig) omtrent die situasie doen?
Wie is ek? 12 Februarie 2021 12.02.2021 24:37
Woorde en gedagtes soos – Ek wil nie meer lewe nie, Wat is die punt van alles? Alles is te veel vir my – is iets waarop ons almal moet let. Selfdood is besig om wêreldwyd toe te neem a.g.v. die uitwerking van die pandemie. Hoe kan ons mekaar help, ondersteun en die tekens vroegtydig raaksien?
Wie is ek? 5 Februarie 2021 05.02.2021 24:18
Ons almal gaan êrens in ons leeftyd jaloesie ervaar. Wanneer is dit ‘n gesonde emosie, en wanneer is dit ‘n ongesonde emosie? Lise Swart kyk na hierdie emosie wat maklik mense se lewe kan oorneem.
Wie is ek? 29 Januarie 2021 29.01.2021 24:24
Boeliegedrag is nie net iets wat onder kinders voorkom nie, maar ongelukkig ook onder volwassenes. So ‘n situasie kan geweldig angswekkend en stresvol vir die slagoffer wees, en kan lewensveranderende gevolge teweeg bring. Die span gee raad vir mense wat hulleself in hierdie omstandighede bevind.
Wie is ek? 22 Januarie 2021 22.01.2021 24:34
Histrioniese persoonlikheidsversteuring is ‘n familielid van narsisme, antisosiale- en grenslyn-persoonlikheidsversteruing. Kan hierdie versteuring net so destruktief wees as die ander? Vir watter tekens moet mens op die uitkyk wees?
Wie is ek? 15 Januarie 2021 15.01.2021 24:45
Die lewe is nie altyd maklik nie, en hoe meer vaardighede ons het om struikelblokke aan te pak, of om die stressors van die lewe te bestuur, hoe beter. ‘n Ervare opvoedkundige sielkundige laat ouers ‘n oefening aanleer wat toegepas kan word om hulle kinders te bemagtig met die nodige vaardighede.
Wie is ek? 8 Januarie 2021 08.01.2021 23:48
Dobbelverslawing: Waarvoor moet op die uitkyk wees? Watter hulp is beskikbaar? Hoekom is dit nie so maklik om hierdie verslawing vanself te stop nie?
Wie is ek? 1 Januarie 2020 01.01.2021 24:48
Ontkenning kan die beste van ons fnuik, so hoe kan mense hulle verhoudings “toets” om te sien of dit goed of sleg is vir hulle?
Wie is ek? 18 Desember 2020 18.12.2020 24:49
Ons hoor gedurig ons moet lief wees vir onsself, maar wat presies beteken dit? Wat moet ‘n mens doen om lief te wees vir jouself?
Wie is ek? 11 Desember 2020 11.12.2020 24:28
Kersgeskenke – ouers ervaar emosionele en finansiële druk, die kinders ervaar soiale druk, almal verwag iets, maar wat? Kan hierdie druk vermy word? Lise Swart kyk na hoe belangrik kersgeskenke is.
Wie is ek? 4 Desember 2020 04.12.2020 24:08
Wat is vertroue? Hoe belangrik is dit om dié konsep te verstaan? Hoe kan ‘n persoon vertroue opbou nadat dit verbreek is.
Wie is ek? 27 November 2020 27.11.2020 24:15
Pyn (emosionele en fisiek) kan ‘n person se lewenskwaliteit ernstig affekteer. Watter vaardighede kan jy aanleer om met die pyn saam te leef?
Wie is ek? 20 November 2020 20.11.2020 23:40
Wanneer jy vra, wie is ek?, moet jy kyk na jou verhouding met jou ouers (jou primêre verhoudingsfigure). Hoekom? Watter verskil maak dit aan jou saligheid of geluk, of hoe suksesvol jy jou verhoudings bestuur?
Wie is ek? 13 November 2020 13.11.2020 24:27
Angstigheid word beskou as die siekte van ons tyd. Ons kyk na die verskil tussen angs en stres, watter tekens om voor uit te kyk, en hoekom dit belangrik is om die verskil te verstaan.
Wie is ek? 6 November 2020 06.11.2020 24:28
Daar is niks verkeerd met alkoholgebruik nie, maar wanneer alkohol gebruik word om probleme op te los of die lewe te verdoof, dan raak dit ‘n probleem. Die gereelde gebruik van alkohol word sosiaal aanvaar, so hoe weet jy jy het ‘n afhanklikheid of verslawing? Wat is die implikasies van alkoholmisbruik op ‘n psigiese vlak?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.