RSG
Wie is ek?
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Wie is ek? 14 April 2023 14.04.2023 23:56
Hoe kan jy met jou kind oor selfdood praat, sonder om ‘n moontlike saadjie te plant?
Wie is ek? 31 Maart 2023 31.03.2023 24:21
Twee ouers vervul verskillende aspekte van ‘n baba en kind se lewe. Hierdie rolle sal lewenslank uitspeel in hoe die individu verhoudings handhaaf en sekere keuses maak. Hoe kan ‘n enkelouer hierdie rolle vervul? Moet hy/sy alles probeer wees vir die baba/kind? Kom vind uit wat die beste vir jou kind is wanneer jy ‘n enkelouer is, geskeide ouer en selfs ‘n enkelouer binne ‘n huwelik.
Wie is ek? 24 Maart 2023 24.03.2023 23:33
Beurtkrag is nou deel van ons alledaagse wêreld, maar watter uitwerking het dit kollektief op ons as burgers? Hoe kan ‘n individu seker maak hulle “cope” met die konstante gevoel van onsekerheid?
Wie is ek? 17 Maart 2023 17.03.2023 24:25
Om die rol van versorger te vervul, kan baie druk op meeste verhoudings plaas, wat nog te sê wanneer die pasiënt nie van die versorger hou nie, of die versorger nie van die pasiënt hou nie. Mens kyk dan na uitbranding, afknouing, depressie en nog meer. Hoe hanteer mens die situasie?
Wie is ek? 10 Maart 2023 10.03.2023 24:02
Is jy ongelukkig in jou verhoudings? Voel jy meeste van die tyd angstig vir verwerping of oorreageer jy op jou verhoudingsmaat se woorde? Ons kyk na hegtingstyl tussen ‘n ma (of primêre versorger) en ‘n baba, en hoe dit die baba se verhoudings lewenslank sal bepaal.
Wie is ek 3 Maart 2023 03.03.2023 24:17
Voel jy vasgevang in jou beroep, of voel jy dinge was nog nooit weer dieselfde ná Covid-19 nie? Waar lê die probleem - by jou beroepskeuse of dalk by die organisasie se kultuur? Ons kyk na organisasies of besigheid se werkskultuur, en watter rol dit vervul in sowel die werknemer as die werkgewer se geestesgesondheid en finansiële bestuur.
Wie is ek? 24 Februarie 2023 24.02.2023 24:27
Meer en meer vroue sukkel om swanger te word. Wat is die redes hiervoor? Hoe verwerk verhoudingsmaats die verlies van ‘n lewenslange droom, terwyl hulle ‘n nuwe betekenis vind?
Wie is ek? 17 Februarie 2023 16.02.2023 24:16
Volgens navorsing is daar baie gevare vir tieners wat cannabis gebruik. Nie net is dit ‘n dwelm wat verslawing kan veroorsaak nie, maar daar is ook bewyse van ernstige neurologiese probleme wat hulle moontlik kan ervaar. ‘n Kliniese sielkundige en ‘n narkotiseur praat oor die uitwerking wat cannabis mootlik op tieners kan hê.
Wie is ek? 10 Februarie 2023 10.02.2023 24:24
Ons kyk na klouerige kinders en klouerige ouers. Wanneer is die gedrag verstaanbaar? Wanneer kan die gedrag moontlike negatiewe implikasies inhou? Hoekom moet ouers baie meer bewus hiervan wees?
Wie is ek? 3 Februarie 2023 03.02.2023 23:27
Ons wil amper dadelik weet wat verkeerd is wanneer dinge nie goed voel nie. Maar wat as jy begin glo wat jy lees? Wat as jy onwrikbaar saamstem met jou selfdiagnose? Tot die punt waar dit meer skade aanrig. Vind uit hoe om te self diagnoseer tot op ‘n punt van verstaan.
Wie is ek? 27 Januarie 2023 27.01.2023 24:22
Ons almal het ‘n interne stem, selfs al is ons nie bewus daarvan nie. Wanneer jy besluite maak, praat jy met jouself. Wanneer jy oordeel, praat jy met jouself. Jy praat tien teen een meer met jouself as met ander mense. Watter verskil maak bewusmaking van hierdie stem, en hoe kan hierdie stem (jou stem) die antwoord wees op al jou vrae en ongeluk?
Wie is ek? 20 Januarie 2023 20.01.2023 24:41
Ervaar jy elke dag kroniese pyn? Hoe belangrik is dit om hierdie pyn sielkundig aan te pak? Kan dit waarlik ‘n verskil maak aan die ervaring en hantering daarvan?
Wie is ek? 6 Januarie 2023 06.01.2023 24:27
Stille bedanking is ‘n beweging wat vlam gevat het onder die nuwe generasie werknemers. Doen wat jy moet doen tydens jou werksure, maar jou ware lewe is buite die werksmure. Ons kyk na hierdie manier van dink, waar dit vandaan kom, of die ouer generasie meer agting moet bied, en wie baat hieruit, of nie?
Wie is ek? 13 Januarie 2023 06.01.2023 23:36
Wat is ‘n middeljare-krisis? Wanneer is dit net ‘n lewenfase, en wanneer is dit ‘n krisis? As hierdie nie ‘n sielkundige diagnose is nie, hoekom is dit soms nodig om sielkundige hulp te kry?
Wie is ek? 30 Desember 2022 30.12.2022 23:20
Om te verstaan wie iemand is, wat hulle gelukkig of ongelukkig maak, moet ‘n mens waardesisteme verstaan. Hoe meer jy bewus is van jou eie waardesisteme, hoe beter sa jy ander mense verstaan en jouself baie moeite en seer kan spaar.
Wie is ek? 23 Desember 2022 23.12.2022 23:30
Die meeste van ons verstaan dat wanneer dinge nie goed gaan nie, of jy voel af, is een van die beste maniere om daardeur te werk, om te praat. Is daar ‘n regte of verkeerde manier om te praat? Watter rol vervul geliefdes en vriende in hierdie konteks, en watter verskil kan professionele hulp maak?
Wie is ek? 16 Desember 2022 16.12.2022 24:39
Waarna verwys mense wanneer hulle praat van toksiese manlikheid? Hoe kan mans (oud en jonk) vandag ‘n wesenlike verskil maak, en hoe sal dit die toekoms van ons verhoudings, en selfs ons land, kan verander?
Wie is ek? 9 Desember 2022 09.12.2022 23:43
Seksuele mishandeling in ‘n persoon se kinderjare kan ‘n geweldige uitwerkingop hulle hê in hulle volwasse jare. Hoe verwerk mens trauma wat jare gelede plaasgevind het, en is daar hoop?
Wie is ek? 2 Desember 2022 02.12.2022 23:59
Depressie is die siekte van ons tyd. Ons kyk na die term, swart hond, die tekens van depressie, die behandeling, die wanpersepsies, en hoe dit die indiwidu affekteer.
Wie is ek? 25 November 2022 25.11.2022 23:50
Ons kyk na die verwoestende effek van swangerskapverlies. Hoe kan mens hierdie ontasbare verlies verwerk, en terselfdertyd die samelewing se oortuigings teenstaan?
Wie is ek? 18 November 2022 18.11.2022 23:06
‘n Vraag wat sekerlik deur elke mens op aarde, die een of ander tyd gevra word, is: Wat is die doel van my lewe? Hoe beantwoord mens die vraag eerlik en gepas? Kom vind uit hoe om jou doel in die lewe te identifiseer.
Wie is ek? 11 November 2022 11.11.2022 23:06
Die jaar staan einde se kant toe, en baie mense begin nou vrae vra oor hulle doelwitte en hulle betekenis in die lewe. Wat as mens vashaak in hierdie negatiewe vrae? Wat as die angs te veel word, want jy het nie antwoorde nie? Ons kyk na eksistensiële angs, en hoe dit amper almal affekteer.
Wie is ek? 4 November 2022 04.11.2022 22:55
Wanneer moet ouers begin bekommerd raak dat hulle kind se vloermoere te veel raak? Wanneer is dit nie meer gepas vir hulle ouderdomsgroep om aggressief op te tree nie? Wat beteken dit wanneer jou kind geen beheer het oor hulle woede-uitbarstings nie?
Wie is ek? 28 Oktober 2022 28.10.2022 23:52
Daar is mense wat ander vir alles blameer, of mense wat hulleself vir alles blameer, en mense wat glad nie die verskil raaksien nie. Voel jy jy is vasgevang in ‘n net van blamering waaruit jy nie kan ontsnap nie? Vind uit hoe om jouself te help, en dalk ander ook.
Wie is ek? 21 Oktober 2022 21.10.2022 23:53
Het jy ‘n tipe A of ‘n tipe B persoonlikheid? Waarna verwys jy wanneer jy jouself in een van hierdie kategorieë plaas? Is hierdie groepering relevant? Is dit voor- of nadelig vir jou vooruitgaan in die wêreld? Lise Swart vind meer uit oor persoonlikheid- en gedragstipes.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.