RSG

Wie is ek?

Health AF ↓ 643 episodes

Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Wie is ek? 6 Oktober 2023 06.10.2023

Hoekom is dit nodig om jou brein te oefen om te leer? Kan legkaartbou of Suduko waarlik ‘n verskil maak? Of moet mens ekstreme stappe doen soos om nuwe instrumente te leer speel? Vind watter positiewe uitwerking breinoefeninge op jou geestesgesondheid het.

Wie is ek? 29 September 2023 29.09.2023

Indringer-sindroom is 'n gedragsverskynsel wat beskryf word as selftwyfel van intellek, vaardighede of prestasies onder hoogpresterende individue. Hoe erken mens die tekens? Wat is die langtermyn effek? Hoe kan mens keer dat hierdie sindroom jou toekoms en toekomsdrome kniehalter?

Wie is ek? 22 September 2023 22.09.2023

Wat is iemand se identiteit? In die mees algemene sin van die woord kan ons identiteit definieer as 'n persoon se sin van self, gevestig deur hulle unieke eienskappe, affiliasies en sosiale rolle. Boonop het identiteit kontinuïteit, aangesien 'n mens voel om, oor tyd, dieselfde persoon te wees ten spyte van baie veranderinge in omstandighede. Tog kan iemand se identiteit hulle terughou in die lewe...

Wie is ek? 15 September 2023 15.09.2023

Alzheimer se siekte is 'n vorm van demensie wat probleme veroorsaak met geheue, denke en gedrag. Simptome ontwikkel gewoonlik stadig en vererger met verloop van tyd, wat ernstig genoeg raak om in te meng met daaglikse take. Vind meer uit oor die diagnose, en hoe die individu en familie dit kan bestuur.

Wie is ek? 8 September 2023 08.09.2023

Om uit jou gemaksone te klim, kan ‘n verskil aan jou lewenskwaliteit maak, selfs al is jou pogings nie altyd suksesvol nie. Kom vind uit hoe, en hoekom ons almal bewus moet wees van ons gemaksones en die uitwerking wat dit op ons lewe het.

Wie is ek? 1 September 2023 01.09.2023

Die wêreld gons oor geestesgesondheid, en hoekom ons meer bewus moet wees, maar is dit waarlik so belangrik? Kan dié kennis ‘n persoon se lewe en lewenskwaliteit verbeter? Kom vind uit hoe die navorsing deur die jare die belang van geestesgesondheid gestaaf het, en hoe jy jouself kan help.

Wie is ek? 25 Augustus 2023 25.08.2023

Navorsing wys hoe die mensdom al hoe meer ongelukkig is ná die ontstaan van sosiale media. Wat is geluk? Hoekom sukkel ons om gelukkig te wees?

Wie is ek? 18 Augustus 2023 18.08.2023

Die pad ná ‘n betekenisvolle verlies kan gevul wees met angs, pyn, onsekerheid en baie vrae. Hoe kan mens daardeur kom? Hoekom kom sekere mense makliker daardeur as ander? Ons kyk na verlies in kronologiese tyd en emosionele tyd.

Wie is ek? 11 Augustus 2023 11.08.2023

Hoe weet ouers hulle doen die beste vir hulle kind? Waar is die lyn tussen ‘n gesonde verhouding en dalk ‘n moontlike toksiese verhouding? Kan ouers hulleself toets, en verander?

Wie is ek? 4 Augustus 2023 04.08.2023

Navorsing wys dit verg ‘n sterk ondersteuningstelsel om ‘n persoon te help veg teen afhanklikheid en verslawing. Hoekom is almal nodig? Hoekom kan die individu nie self verantwoordelikheid neem, en self ophou nie? Watter lokvalle is daar waarvan geliefdes bewus moet wees?

Wie is ek? 28 Julie 2023 28.07.2023

Wat is die verskil tussen ‘n traumatiese ervaring en sielkundige trauma? Wat is die redes hoekom sekere gebeure mense anders affekteer? Wat is die mees effektiewe behandeling om trauma te verwerk?

Wie is ek? 21 Julie 2023 21.07.2023

Was jy al aan die ontvangkant van iemand wat jou dood geswyg het? Die persoon het sonder enige verduideliking alle kommunikasie gestop, en al jou kommunikasie geblok. Hoekom doen mense dit? Watter effek het dit op die ontvanger van hierdie gedrag? Kom kom leer meer oor doodswyging (ghosting).

Wie is ek? 14 Julie 2023 14.07.2023

Vandag nog word daar gereeld gebruik gemaak van elektrokonvulsieseterapie, of skokterapie. Waarvoor word dit gebruik? Watter verskil kan hierdie vorm van terapie maak aan ‘n individu se depressie en lewenskwaliteit? Wat is die gevare, en wat is die pluspunte?

Wie is ek? 7 Julie 2023 07.07.2023

Watter langtermyneffek het dit op ‘n kind wat die ouerbed deel? Kom vind uit wat die kenners en navorsing hieroor sê.

Wie is ek? 30 Junie 2023 30.06.2023

Hoe afhanklik is jy van jou selfoon, sosiale media en skootrekenaar? Is dit belangriker as jou familie en vriende, of selfs jouself? Kom vind uit watter prys jy betaal vir die tegnologie in jou lewe.

Wie is ek? 23 Junie 2023 23.06.2023

Navorsing wys dat pa’s wat by hulle kinders betrokke is, ‘n groot verskil kan maak in die land se geslagsgeweldstatistiek. Wat maak ‘n pa se rol so belangrik? Hoekom sukkel pa’s om hierdie skoene vol te staan? Hoor hoe pa’s waarlik saak maak in Suid-Afrika se toekoms.

Wie is ek? 16 Junie 2023 16.06.2023

Ons bespreek bi-polêre versteuring. Hoe verskil bi-polêr 1 en 2 van mekaar. Wat is die tekens, en hoe word dit behandel?

Wie is ek? 9 Junie 2023 09.06.2023

Ervaar jy jou werksomgewing as negatief, maar weet nie hoe om dit te verander nie, behalwe om van beroep te verander? Wat as daar meer opsies is?

Wie is ek? 2 Junie 2023 02.06.2023

Bepaal jou ouers se opvoeding wie jy vandag is? Is dit regverdig om jou ouers te blameer vir die issues wat jy vandag ervaar? Die antwoord sal jou dalk skok. Kom vind uit hoe wie jy vandag is, bepaal is deur jou ouers/opvoeders se gedrag.

Wie is ek? 26 Mei 2023 26.05.2023

Daar word gereeld gesê dat jy jouself moet lief hê om geluk in die lewe te bereik. Is dit waar? Wat beteken selfliefde? Hoe lyk iemand wat hulle self lief het? Wanneer is dit narsisme?

Wie is ek? 19 Mei 2023 19.05.2023

‘n Onsekere toekoms kan baie spanning veroorsaak. Tans is ons vasgevang in die web van kunsmatige intelligensie, sonder om seker te wees wat die uitwerking sal wees op ons toekomstige beroepe, gesondheid en geestesgesonheid. Hoor hoekom hierdie belangrik is om dit nou al te begin bespreek.

Wie is ek? 12 Mei 2023 12.05.2023

Vaskulêre demensie is die tweede mees gediagnoseerde vorm van demensie. Wat is die oorsake van hierdie dodelike siekte? Kan mens voorkomend leef? Wat is die tekens en die behandelingspad?

Wie is ek? 5 Mei 2023 05.05.2023

Lise Swart kyk na die outismespektrum en waar neurotipiese mense hulle verkeerd verstaan. Ons gee raad aan ouers en verduidelik hoe die neurotipiese wêreld sagter kan kyk na die neurodiverse wêreld.

Wie is ek? 28 April 2023 28.04.2023

Hoe realisties is jou verwagtinge van jouself, jou familie en jou verhoudigs? Hoe beïnvloed dit jou geluk? Vind uit hoe om rustiger en meer realisties te wees met jou verwagtinge.

Wie is ek? 21 April 2023 21.04.2023

Wat beteken dit om betekenis in jou lewe te hê? Waar kry mens betekenis? As jy nie betekenis vind nie, wat beteken dit vir jou geestesgesondheid?

Listen to the Wie is ek? podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.