RSG
Wie is ek?
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Wie is ek? 5 April 2024 05.04.2024 24:29
Wat is die verskil tussen ‘n introvert en ‘n ekstrovert? Hoekom is dit nodig om te verstaan? Watter verskil sal dit aan al jou verhoudings in jou lewe maak? Vind uit of jy ‘n introvert of ‘n ekstrovert is.
Wie is ek? 22 Maart 2024 22.03.2024 23:19
Daar is min dinge so lekker as om verlief te wees. Alles voel helderder, mooier en meer opwindend. Maar wat as hierdie gevoel ‘n obsessie raak, en jy aanhoudend verhoudings agterlaat om oor en oor en oor hierdie euforie te ervaar? Ons vind meer uit oor liefdesverslawing.
Wie is ek? 15 Maart 2024 15.03.2024 24:10
Hoë konflik kan verstaan word wanneer dit binne die huwelik plaasvind en lei tot egskeiding, maar wat gaan verkeerd as die konflik hoog bly en selfs aanhou, lank ná die egskeiding. Wat gebeur met die kinders?
Wie is ek? 8 Maart 2024 08.03.2024 24:23
Ons fokus op raar-maar-waar-fobies. Hoekom ervaar sommige mense hierdie onbeheersde vrees? Waar kom fobies vandaan?
Wie is ek? 1 Maart 2024 01.03.2024 24:23
Wat as ander nie van my hou nie? Wat as ek nie van myself hou nie? Hoe kan jy aanleer of aanvaar hoe jy is en wie jy is? Watter verskil kan dit aan jou lewenskwaliteit maak?
Wie is ek? 23 Februarie 2024 23.02.2024 23:05
Ons almal probeer om die lewe met soveel positiwiteit moontlik aan te pak, maar wat as jou metode jou negatief affekteer? Kom vind meer uit oor toksiese positiwiteit.
Wie is ek? 16 Februarie 2024 16.02.2024 24:16
Dit gebeur dikwels dat 'n klein persentasie van die samelewing 'n splitsing, of breek met realiteit ervaar. Dit veroorsaak dat hulle dinge hoor en sien wat nie vir ander mense bestaan nie. Dit kan vreeslike angs vir ‘n indiwidu veroorsaak.
Wie is ek? 9 Februarie 2024 09.02.2024 24:49
Om verlies te verwerk, is een van die moeilikste prosesse om as mens deur te gaan. Wat is die ervaring van normale verlies, en wanneer moet mens die ondersteuning van ander inroep?
Wie is ek? 2 Februarie 2024 02.02.2024 24:32
As mense het ons almal ondersteuning nodig om deur ‘n moeilike tyd te kom. Wat is die regte ondersteuning? Wanner rig ons eintlik meer skade aan as goed? Hoekom brand soveel versorgers uit?
Wie is ek? 26 Januarie 2024 26.01.2024 24:07
Die meeste mense het ‘n vrees vir sukses. Waar kom dit vandaan? Watter rol speel die samelewing daarin? Hoe kan mens die vrees bestuur?
Wie is ek? 19 Januarie 2024 19.01.2024 23:23
Van tyd tot tyd voel die meeste van ons bietjie af, donker of selfs uitgebrand. Jy gaan dokter toe en hoor die gevreesde woorde, “dit mag dalk beter wees om opgeneem te word.” Wat beteken dit? Wat kan jy verwag? Kom vind alle suit oor psigiatriese klinieke en die waarde wat dit toevoeg tot mense se lewenskwaliteit.
Wie is ek? 12 Januarie 2024 12.01.2024 24:16
In die volgende episode van Wie is ek? gaan daar gekyk word na die sielkundige belang van slaap. Die meeste mense verstaan die fisiologiese voordele, maar watter rol speel slaap patrone in jou gemoed?
Wie is ek? 5 Januarie 2024 05.01.2024 24:23
'n Eetversteuring is 'n patroon waardeur mense onbewustelik hul lewensprobleme (issues) probeer hanteer deur te fokus op hul verhouding met kos en met hul gewig. Die persoon vermy sodoende hul emosies oor die dinge wat regtig belangrik is. Kos en gewig raak so belangrik dat dit hulle gevoel oor hulself bepaal en 'n merkbare impak het op hul funksionering, wat lewensgevaarlik kan wees.
Wie is ek? 29 Desember 2023 29.12.2023 24:14
'n Eetversteuring is 'n patroon waardeur mense onbewustelik hul lewensprobleme (issues) probeer hanteer deur te fokus op hul verhouding met kos en met hul gewig. Die persoon vermy sodoende hul emosies oor die dinge wat regtig belangrik is. Kos en gewig raak so belangrik dat dit hulle gevoel oor hulself bepaal en 'n merkbare impak het op hul funksionering, wat lewensgevaarlik kan wees.
Wie is ek? 22 Desember 2023 22.12.2023 23:55
Selfdood syfers is hoër hierdie tyd van die jaar, so ons gaan kyk na die ervaring, moontlike tekens en die gevoelens van die agtergblewenis.
Wie is ek? 15 Desember 2023 15.12.2023 23:52
Lise Swart vind meer oor wat ons as mense sien as “normale” mense. Is jy normaal? Wil jy so graag inpas? Hoe meet ons wat normale en abnormaal is? Kom vind uit waar jy inpas.
Wie is ek? 8 Desember 2023 08.12.2023 23:36
Lise Swart vind meer uitvind oor die teenstrydige diagnose van Nomofobie. Die vrees om van jou selfoon geskei te word. Klink dit vir jou dalk bekend? Raak jy angstig wanneer jou selfoon nie aan jou sy is nie?
Wie is ek? 1 Desember 2023 01.12.2023 23:29
Om alleen te wees, beteken nie noodwendig jy is eensaam nie, maar om mense om jou te hê beteken ook nie jy is nie eensaam nie. Diegene wat eensaamheid ervaar moet na hierdie episode luister, waar daar advies gegee word aan diegene wat niemand het nie, en diê wat wel mense om hulle het, maar eensaam voel.
Wie is ek? 24 November 2023 24.11.2023 24:52
Hoe gereeld voel dit vir jou dat jou lewensmaat nie hoor wat jy sê nie, jou familie luister nie na jou woorde nie, of jou werkskollegas verstaan nie altyd jou instruksies nie? Hoekom is dit so moeilik vir ander om jou te verstaan? Hoor wat die geheim is van effektiewe kommunikasie.
Wie is ek? 17 November 2023 17.11.2023 24:51
Word jy maklik kwaad? Só kwaad dat ander mense jou gereeld vra hoekom jy buite beheer raak? Vind meer uit oor afwisselende eksplosiewe versteuring. Dis wanneer ‘n persoon se woede gediagnoseer kan word as ‘n versteuring. Wat staan die individu en geliefdes te doen?
Wie is ek? 10 November 2023 10.11.2023 24:24
Hoekom sukkel mens soms om groot besluite te neem? Wat hou ons terug, en hoe kan ‘n persoon verseker wees van die beste of “regte” uitkoms? Vind meer uit oor die besluitnemingsproses.
Wie is ek? 3 November 2023 03.11.2023 23:15
Egskeiding kan op verskeie vlakke geweldig ingewikkeld wees. In baie gevalle is dit net een party wat gevra het vir ’n egskeiding. Hoe moet die ander party met die keuse saamleef? Daar is ook gevalle waar ‘n individu kies om te skei, maar ‘n emosionele insinking ervaar ná die egskeiding. Vind uit hoe om aan te beweeg ná ’n egskeiding.
Wie is ek? 27 Oktober 2023 27.10.2023 23:37
Liggaamsdismorfiese versteuring (BDD) is 'n geestesgesondheidstoestand waar 'n persoon baie tyd spandeer om te bekommer oor gebreke in hulle voorkoms. Hierdie gebreke is dikwels onopvallend vir ander. Mense van enige ouderdom kan BDD ervaar, maar dis die algemeenste by tieners en jong volwassenes. Dit raak sowe mans as vroue.
Wie is ek? 20 Oktober 2023 20.10.2023 24:17
Hoekom mag ouers nie voor hulle kinders argumenteer nie? Dis nie asof die kind dit sal onthou nie... of is ons verkeerd? Onthou kinders die argumente? Wat leer jou kinders daaruit? Wat is die langtermyngevolge van argumentering in die gesinshuis?
Wie is ek? 13 Oktober 2023 13.10.2023 24:13
Voel jy vasgevang in jou beroep of verhouding, maar tog is daar eintlik niks verkeerd nie. Jy het die gepaste persoon in jou lewe; jy het die beroep gekies wat jy altyd wou hê; jy verdien dalk die perfekte salaris, maar tog voel jy nie vervul nie. Hoe kom mens uit hierdie hok wat jou so vasvang?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.