RSG

Wie is ek?

Health AF ↓ 656 episodes

Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 9, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Wie is ek? 08.09.2017

Louis en Lise bespreek twee luisteraarsbriewe waar die skrywers voel hulle geliefdes maak verkeerde keuses oor hulle lewe. Die vraag is: Vir wie is hierdie keuses verkeerd, die skrywers of die persoon wat die keuses maak?

Wie is ek? 01.09.2017

Ontmoet die nuwe span sielkundiges wat nou deel is van Wie is ek? Ons kinderspesialis bespreek die waarde van Jungian Sandplay-terapie, en ons verslawingspesialis verduidelik die krag van professionele hulp.

25 Aug 25.08.2017

Hoe help ek 'n geliefde vandag, om môre se sielkundige probleme te voorkom? Die beste manier om sielkundige probleme te hanteer, is deur proaktief op te tree. Maar hoe? Louis en Lise leer jou hierdie vaardigheid aan.

18 Aug 18.08.2017

Hoekom sal iemand hulle eie lewe neem? Hierdie is nie net vir families wat 'n geliefde aan selfdood verloor het, 'n kwelvraag nie, maar ook vir die meeste van ons wat nog nooit die behoefte ervaar het om nie meer te lewe nie.

11 Aug 11.08.2017

Louis en Lise beantwoord 'n verskeidenheid kort vrae van luisteraars.

4 Aug 04.08.2017

Aftrede is 'n lewensfase wat die meeste van ons eendag sal moet deurgaan. Ons almal is bewus van die finansiële implikasies wat gepaard gaan met aftrede, maar wat van die sielkundige effek?

28 Jul 28.07.2017

Daar is 'n tendens dat ouers voel hulle tieners moet verkieslik dagga gebruik as alkohol. Is dit 'n veiliger alternatief? Wat is die sielkundige effek van dagga op 'n tiener?

21 Jul 21.07.2017

Louis Awerbuck en Lise Swart gesels oor die redes waarom 'n ma haar eie kind, of kinders se lewens sal neem. Hulle bespreek ook 'n brief waarin daar moontlike redes kan wees vir 'n seun se moord op sy ma.

14 Jul 14.07.2017

'n Miskraam kan 'n vreeslike traumatise ervaring vir 'n vrou en haar verhoudingsmaat wees, maar tog hanteer die samelewing 'n miskraam as iets wat vroue maklik behoort te oorkom. “Probeer net weer”, of “Volgende keer sal jy 'n babatjie hê”, is goed wat vroue gereeld moet aanhoor.

7 Jul 07.07.2017

Ons kyk aan die hand van twee luisteraarsbriewe na wat jou te doen staan as die mense om jou jou sielkundige toestand of diagnose teen jou gebruik. Wat kan jy byvoorbeeld doen as werkgewers jou met afdanking dreig as gevolg van jou gediagnoseerde depressie, of wanneer jou ma jou selfbeeld afbreek nadat jy gediagnoseer is met skisofrenie.

30 Jun 30.06.2017

Die wet het verander, en nou mag jy jou seksuele molesteerder, na soveel jare as waarmee jy gemaklik voel, aankla. Ongelukkig is daar diegene wat graag hierdie stap wíl neem, maar te bang is vir die implikasies daarvan. Louis Awerbuck en Lise Swart bespreek 'n vraag van 'n luisteraar wat juis hieroor handel. Moet sy haar seksuele molesteerder na 32 jaar aankla?

23 Jun 23.06.2017

Wat het die volgende vrae in gemeen? 1. Wat maak 'n persoon uniek? 2. Wat is die simptome van Alzheimer's? 3. Hoe forseer ek my man om sy medikasie te neem? 4. Hoe weet ek wie ek is? Louis Awerbuck en Lise Swart beantwoord díe vraag, maar ook 'n verskeidenheid vrae deur die luisteraars.

16 Jun 15.06.2017

Het tieners wat hul eie lewens wil neem as gevolg van hul seksualiteit, en afwesige pa-figure iets in gemeen? Lise Swart en Louis Awerbuck beantwoord díe vraag aan die hand van twee luisteraarsbriewe.

9 Jun 09.06.2017

Hoekom verduur slagoffers van mishandeling die emosionele en fisieke pyn? Wat keer hierdie slagoffers om nie hulle lewensmaats aan te kla nie? Luister na Susan (skuilnaam) se verhaal van jare se emosionele, fisieke en seksuele mishandeling deur haar groot liefde - haar man. Waarskuwing: die inhoud van Susan se storie mag sensitiewe luisteraars ontstel.

2 Jun 02.06.2017

Wat veroorsaak depressie? Is medikasie nodig? Diagnoseer dokters te maklik depressie? Mag jy 'n depressie-diagnose ignoreer as jy voel dis onwaar?

26 May 26.05.2017

Ons almal ervaar druk van die lewe. Sommige van ons kry dit reg om hierdie spanning en angstigheid vining te verwerk. Ander sukkel jare lank, en baie van ons ignoreer dit. Wat is die langtermyn implikasies as mens die tekens ignoreer?

19 May 19.05.2017

Louis en Lise bespreek twee luisteraarsbriewe wat handel oor paartjies wat as gevolg van omstandighede, steeds hulle spasie en tyd moet deel nadat hulle verhoudings beëindig is.

12 May 12.05.2017

Voel jy hulpeloos, of dalk hopeloos? Hoe lank voel jy al so? Net vandag, die afgelope week, of dalk al jare? Louis en Lise kyk na die verskil tussen hulpeloosheid en hopeloosheid, waar depressie in die prentjie inpas, en hoe jy kan terugveg.

5 May 05.05.2017

Ons hoor gereeld hoe ouers kla oor hoe moeilik of geheimsinnig hulle tieners is, maar hoe ervaar tieners hulle ouers? Louis en Lise bespreek twee briewe van tieners, wat handel oor algemene situasies oor tiener-ouer-verhouding.

28 Apr 28.04.2017

Louis en Lise gaan voort met Sandra se storie oor haar seun, wat as gevolg van baie omstandighede probeer het om sy eie lewe te neem. Hoe het dit haar sielkundig geaffekteer? Hoe leef sy saam met alles wat al gebeur het, en wat nog moontlik kan gebeur?

21 Apr 21.04.2017

Dit is nie makllik om te verwerk wanneer jongmense probeer om hulle eie lewe te neem nie, veral nie vir die ouers nie. Sandra vertel van haar seun se verskeie pogings om sy eie lewe te neem. Sy vertel hoe dit haar lewe geraak het.

7 Apr 07.04.2017

Louis en Lise bespreek 'n brief van 'n luisteraar wat raad wil hê oor 'n vriendskap van meer as 30 jaar: "Ons vriend gee dikwels aanstoot wanneer die vriende by mekaar is, en wanneer iets hom irriteer. Hy sal dan sy irritasie te kenne gee deur onvanpaste dinge te sê wat almal se dag of uitstappie bederf."

31 Mar 31.03.2017

Dit is reeds bewys dat oormatige, aanhoudende stres ons siek maak, selfs ernstig. So hoekom kry ons dit nie reg om beter na onsself te kyk nie? Hoe weet jy iets is nie pluis met jou gemoed, jou denke of jou gedrag nie? Kan jy jouself toets? En hoekom moet jy jouself eerste beskerm, voor ander?

24 Mar 24.03.2017

Wanneer beheer van jou af weggeneem word, of dit nou is weens 'n onverwagse verkeersknoop, ander mense se besluite wat jou planne in die wiele ry, of iemand wat namens jou besluite neem, raak die meeste van ons gefrustreerd, kwaad, angstig of depressief. Louis en Lise gesels oor hoe om beheer te neem en te laat gaan, en hoe om te weet wanneer iemand beheer van jou lewe geneem het.

17 Mar 17.03.2017

Is jy 'n mens? Ervaar jy emosies? Dink jy soms aan jouself of die mense om jou? En wanneer jy sukkel met iets, of dit nou met jou gemoed of beroepskeuse is, of omdat jy sommer net ongelukkig is, wat dan? Louis en Lise kyk na hoekom 'n sielkundige nog vir die meeste mense 'n laaste opsie is – die een persoon wat opgelei is om jou te help beter voel.

Listen to the Wie is ek? podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.