RSG

Wie is ek?

Health AF ↓ 656 episodes

Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 9, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Wie is ek? 23.02.2018

Die meeste van ons het al in films en realiteitsreekse gesien hoe 'n obsessief-kompulsiewe versteuring manifisteer, byvoorbeeld hoe 'n persoon aanhoudend hulle hande was, of iemand wat obsessief sekere goed versamel, of 'n voordeur word drie gesluit voor iemand gaan slaap. Lise Swart praat met twee sielkundiges oor hierdie siekte, wat dit veroorsaak en watter behandeling toegepas kan word deur die...

Wie is ek? 16.02.2018

Nie almal van ons ervaar verandering as 'n gemaklike proses nie - of jy nou skei, trek, van beroep verander of selfs ma word. Vir sommige mense kan die vooruitsig van verandering, en die aanpassing wat daarmee gepaard gaan, so vreesaanjaend wees dat hulle alles probeer om die proses te vermy. Lise Swart praat met 'n sielkundige om uit te vind hoekom sekere mense hiermee sukkel, en wat haar raad is...

Wie is ek? 09.02.2018

Enige persoon wat al 'n paniekaanval ervaar het, sal vir jou verduidelik hoe vreesaanjaend die ervaring kan wees. Jy voel letterlik hoe jy moet veg vir jou lewe. Wat veroorsaak hierdie aanvalle? Wat wil jou lyf vir jou sê met hierdie aanvalle? Watter behandeling is beskikbaar?

Wie is ek? 02.02.2018

Lise Swart praat met Johannes, 'n kenner op die gebied van kinderbehandeling, oor die vraag: Wanneer weet ek of my kind sielkundige hulp nodig het? Hulle kyk na die tekens, ontwikkelingsfases en die effek van egskeiding.

Wie is ek? 02.02.2018

Lise Swart praat met Johannes, 'n kenner op die gebied van kinderbehandeling, oor die vraag: Wanneer weet ek of my kind sielkundige hulp nodig het? Hulle kyk na die tekens, ontwikkelingsfases en die effek van egskeiding.

Wie is ek? 26.01.2018

Lise Swart gesels met Anton Bühmer oor demensie, waarvan Alzheimers net een vorm is. Hulle kyk na die tekens, gee raad aan geliefdes en verduidelik watter verskil behandeling kan maak as gevolg van die jongste navorsing.

Wie is ek? 19.01.2018

Hoe kan mense wat oorwerk of uitgebrand is balans bewerkstellig om hulle gemoed en lewenskwaliteit te verbeter?

Wie is ek? 12.01.2018

Wat is seksverslawing? Wat is die oorsake daarvan? Hoe kan geliefdes die situasie hanteer? Watter hulp is daar vir verslaafdes?

Wie is ek? 05.01.2018

Wie is ek? Hoe beantwoord mens hierdie vraag? Watter verskil kan dit aan jou lewe maak om die antwoord te ontdek?

Wie is ek? 29.12.2017

Wanneer moet jy beheer neem, en wanneer moet jy laat gaan? Die span verduidelik hoekom die verstaan van hierdie konsep 'n beduidende verskil aan jou lewenskwaliteit kan maak. Hulle vertel ook jy 'n beheervraat kan hanteer.

Wie is ek? 22.12.2017

Ná die verlies van geliefdes is daar 'n paar tye in die jaar waar die pyn meer intens ervaar word. Die feesseisoen is nommer een op daardie lys. Diespan gesels oor die hantering van 'n lewende verlies en die verlies van geliefdes aan die dood tydens hierdie moeilike tyd.

Wie is ek? 15.12.2017

Ons almal voel van tyd tot alleen of eensaam, maar al hoe meer mense ervaar dit in die feesseisoen. Hoekom ervaar mense dit juis tydens die “gelukkigste” tyd van die jaar?

Wie is ek? 08.12.2017

Lise Swart praat met drie sielkundiges oor die emosionele uitwerking wat alle vorme van mishandeling op vroue en kinders kan hê.

Wie is ek? 01.12.2017

Lise gesels met twee sielkundiges oor die emosionele uitwerking van 'n MIV-diagnose. Hulle kyk ook na die rol wat verslawing in so 'n diagnose kan speel.

Wie is ek? 24.11.2017

Wat is trauma? Trauma speel 'n groot rol in alle Suid-Afrikaners se lewens, of hulle bewus is daarvan of nie. Die herkenning en erkenning van trauma is net so belangrik soos die behandeling daarvan.

Wie is ek? 17.11.2017

Lise praat met twee sielkundiges oor die langtermynuitwerking wat die verlies van 'n pa, op 'n jong ouderdom, op 'n kind kan hê. Hulle kyk ook na die effek wat seksuele molestering in die langduur op 'n kind het.

Wie is ek? 10.11.2017

Lise Swart gesels met Braam Beetge, 'n sielkundige in kinderterapie spesialiseer, oor wat outisme is, hoe om dit uit te ken, en die bestuur van die diagnose. En Louis Awerbuck verduidelik hoe ouers hulle verhouding sterk kan hou wanneer hulle kind met outisme gediagnoseer word.

Wie is ek? 03.11.2017

Verslawing of afhanklikheid gebeur nie in isolasie nie. 'n Kenner het raad vir families en geliefdes oor hoe om op 'n effektiewe manier 'n verslaafde by te staan, sonder om onwetend die verslawing te vererger.

Wie is ek? 27.10.2017

Louis en Lise kyk na die emosionele tol wat 'n kankerdiagnose kan hê. Daar is mense wat dit instinktief regkry om positief te bly, maar dit is nie vir almal dieselfde nie. Wat beteken dit om positief te bly, en wat as jy net wil opgee?

Wie is ek? 20.10.2017

Oktober is Wêreld Geestesgesonheidsmaand. Vanjaar se tema is: geestesgesondheid in die werksplek. Louis en Lise vertel hoe sowel werkgewers as werknemers aanpassings kan maak vir 'n sielkundige diagnose sodat albei partye die situasie gepas hanteer.

Wie is ek? 13.10.2017

Depressie affekteer sowel kinders as volwassenes. Tog word daar nog steeds neergekyk op diegene wat daarmee gediagnoseer is. Louis en Lise kyk na die gevare van hierdie siekte van ons tyd, en bied oplossings vir die stigmas.

Wie is ek? 06.10.2017

Meer as 3-miljoen kinders tussen die ouderdomme van 7 en 19, word jaarliks in Suid-Afrika geboelie. Louis het raad vir ouers oor hoe om nie net die afknouery te stop en hulle kind vaardighede aan te leer om vir hulleself op te staan nie, maar ookm hoe om ook die emosionele uitwerking daarvan effek te beperk.

Wie is ek? 29.09.2017

Louis bespreek 'n luisteraarsbrief oor woede, en Braam kyk na 'n brief wat handel oor trauma.

Wie is ek? 22.09.2017

Wanneer ons hoor van Aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteuring (AGHS), beter bekend as ADHD, assosieer ons dit net met kinders, maar volgens statistieke is hierdie diagnose, naas depressie, die tweede grootste sielkundige siekte in ons land. Dit affekteer sowel kinders as volwassenes. Dit bly 'n omstrede onderwerp weens die medikasie wat gebruik word.

Wie is ek? 15.09.2017

Die meeste van ons het 'n vrees vir iets, of dit nou vir die dood, honde of selfs winkelsentrums is. Wanneer is dit 'n vrees en wanneer is dit 'n fobie? Louis (volwassebehandeling) en Braam (kinderbehandeling) kyk na fobies, hoe dit 'n persoon se lewenskwaliteit affekteer en hoekom professionele behandeling 'n dramatiese verskil kan maak.

Listen to the Wie is ek? podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.