RSG
Wie is ek?
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Wie is ek? 24.08.2018 24:33
'n Demensie-diagnose is lewensveranderend vir soweldie individu as hulle geliefdes, maar hoe kan die versorger verseker wees dat hulle die beste gee wat hulle moontlik kan? Hoekom is ondersteuning noodsaaklik vir 'n versorger?
Wie is ek? 16.08.2018 24:35
Vermoed jy jou kind is onnodig angstig oor die wêreld om hulle? Byvoorbeeld, wil hulle die hele tyd weet wat die volgende dag gaan gebeur, of móet hulle klere altyd reggesit wees, of is hulle te bang om skool toe te gaan? Angstigheid onder kinders is besig om wêreldwyd 'n probleem te word vir sowel ouers as kinders. Lise Swart vind uit hoe ouers 'n kind se angstigheid kan leer bestuur, en hoekom d...
Wie is ek? 09.08.2018 24:18
Wat is die verskil tussen 'n narsistiese-persoonlikheidsversteuring en iemand wat selfsugtig of selfgesentreerd optree? Dink jy jou verhoudingsmaat is dalk 'n narsis? Watter rol speel jy in hoe jou lewensmaat hulle narsistiese neigings uitleef?
Wie is ek? 03.08.2018 22:19
Is jy gediagnoseer met 'n sielkundige toestand, maar jy is te bang om vir jou werkgewer daarvan te vertel? Is jy bang jy kan moontlik jou werk verloor, of hoe jy hanteer gaan word? Is jy 'n werkgewer wat nie seker is hoe om personeel met sielkundige diagnoses te hanteer nie? Lise Swart kyk na albei partye se perspektief, en hoe om die situasie te benader.
Wie is ek? 27.07.2018 22:53
Daar word gereeld veryws na die druk wat tieners deesdae ervaar, hetsy van die skool, ouers of van hulleself. Lise Swart praat met kliniese sielkundige Louis Awerbuck oor die indentifisering van te veel druk, die effek en die hantering daarvan.
Wie is ek? 20.07.2018 24:18
Wat is die verskil tussen 'n kind met gedragsprobleme en 'n stout kind (of 'n kind wat kanse vat)? Wat is die emosionele implikasies vir 'n kind met gedragsprobleme, of 'n kind wat hanteer word asof hulle gedragsprobleme het?
Wie is ek? 13.07.2018 24:45
So verskriklik soos wat dit is, word almal in Suid-Afrika blootgestel daaglikse aan trauma bootgestel weens misdaad en geweld. Ons hoor dit op die radio, lees daaroor in koerante, en sommige ervaar dit persoonlik of deur geliefdes. Posttraumatiese stres en sekondêre posttraumatiese stres is 'n realiteit, maar hoekom word sekere mense meer daardeur geraak as ander? Hoe kan jy voor die tyd weet hoe...
Wie is ek? 06.07.2018 24:56
Lise Swart sit die gesprek voort met sielkundige Christine Nell oor mede-afhanklikes. Hoekom kan mense hulle identiteit kan verloor en afhanklik raak van iemand anders? Hoe raak dit verhoudings? Hoe kan 'n persoon aanleer om meer verantwoordelikheid te neem vir hulle eie keuses, emosies en gedrag?
Wie is ek? 29.06.2018 24:49
Is jy in 'n verhouding waar jy voel jou maat verwag van jou om alles vir hulle doen en op alle vlakke vir hulle emosioneel te moet bystaan? Is jy dalk in 'n verhouding met 'n mede-afhanklike? Hoor wat 'n mede-afhanklike is, hoe hulle kan aanleer om eie verantwoordelikheid te neem, en hoekom mense afhanklik raak van ander.
Wie is ek? 22.06.2018 24:21
Die meeste mense is bewus van depressie, en die gevolge wat dit vir 'n persoon kan inhou, maar selfs diegene wat al jare lank met die siekte veg, kan nog daardeur oorweldig word. Lise Swart kyk na die tekens van depressie wat baie keer misgekyk word. Daar word ook raad gegee oor post-natale depressie.
Wie is ek? 15.06.2018 22:48
Ons almal het 'n verhouding met seks, selfs al is jy enkellopend. Seks is deel van volwassene wees, so dit is nodig om te kyk na jou eie verhouding om meer van jouself te verstaan, veral wanneer dit jou lewe of lewenskwaliteit beïnvloed, want jy hou te veel van seks of jy hou te min daarvan. Wat is jóú verhouding met seks?
Wie is ek? 08.06.2018 22:53
Ons almal ervaar daagliks emosies, soos woede of hartseer of geluk. Maar soms kan ons emosies ons lewe en lewenskwaliteit oorneem. Lise Swart vind meer uit oor emosies en hoe om dit te bestuur.
Wie is ek? 01.06.2018 24:54
Wanneer iemand sukkel met een of al drie van konsentrasie, geheue en slaappatrone, kan dit 'n teken wees dat iets dalk op 'n emosionele vlak verkeerd is. Kry raad oor hoe om die tekens raak te sien.
Wie is ek? 25.05.2018 24:54
Almal se konsentrasie word van tyd tot tyd geaffekteer, so ook jou slaappatroon en geheue. Maar wat kan moontlik verkeerd wees as al drie oor 'n lang tydperk geaffekteer word? Hoor hoe om hierdie drie aspekte te toets, en om raad te kry om dit te verbeter.
Wie is ek? 18.05.2018 22:45
Meer as driemiljoen kinders tussen die ouderdomme van sewe en 19 word elke jaar in Suid-Afrika geboelie. Louis Awerbach het raad vir ouers oor hoe om nie net die afknouery te stop, en hulle kind vaardighede aan te leer om vir hulleself op te staan nie, maar ook hoe om die emosionele uitwerking daarvan te beperk.
Wie is ek? 11.05.2018 24:37
Of jy van alkohol hou of dit haat, ons almal het 'n verhouding met alkohol. Met die hoë voorkoms van alkoholmisbruik in Suid-Afrika is dit nodig dat ons almal dink oor hierdie verhouding. Lise Swart praat verder met twee ervare sielkundiges oor hierdie verhouding, hoe jy dit beter kan verstaan, en hoe jy ander kan help indien daar probleme is.
Wie is ek? 04.05.2018 24:52
Die gebruik van alkohol speel 'n groot rol in die Westerse wêreld. Daar is mense wat baie lief is vir alkohol, mense wat dit haat en mense wat neutraal is daaroor. Wat is jou verhouding met hierdie substans, en hoe affekteer dit jou lewenskwaliteit?
Wie is ek? 26.04.2018 24:40
Lise Swart praat met vier sielkundiges oor die voor- en nadele van 'n verhouding met jouself – die basis van alle suksesvolle verhoudings. Kan jy 'n sukses van ander verhoudings maak sonder 'n verhouding met die self?
Wie is ek? 20.04.2018 24:48
Wanneer ons die woord, verhouding, hoor dink ons outomaties aan 'n liefdesverhouding, maar wat van die verhouding met jou kollegas of familie en selfs jou verhouding met kos? Volgens die menslike wetenskap is die basis van hierdie verhoudings jou verhouding met jouself.
Wie is ek? 13.04.2018 22:05
Hoe oorreed 'n geliefdes om vir professionele hulp te gaan? Hoe kan ek my selfvertroue verbeter nadat dit as kind geknak is?
Wie is ek? 06.04.2018 22:47
Lise Swart praat met Christine Nell, 'n voorligtingsielkundige, oor vroue se geestesgesondheid. Daar word gekyk na hoekom soveel vroue gediagnoseer word met sielkundige toestande, en hulle het raad oor hoe om 'n verhoudingsmaat by te staan.
Wie is ek? 23.03.2018 22:39
Lise Swart gesels praat met kliniese sielkundiges Louis Awerbuck en Anton Böhmer oor spesifiek mans se geestesgesondheid, want alhoewel vroue meer gediagnoseer word met sielkundige toestande, neem meer mans hulle eie lewe.
Wie is ek? 16.03.2018 22:54
Wat is jou verhouding met kos? Leef jy om te eet, of eet jy om te leef? Waar is die grens tussen 'n gesonde verhouding met kos, en 'n ongesonde een? Hoekom ooreet sekere mense, en ander eet weer te min?
Wie is ek? 09.03.2018 22:50
Lise Swart gesels met kliniese sielkundige, Anton Bohmer, oor die gevolge van kopbeserings, die voorbereiding ná 'n demensie-diagnose, breinfunksionering, angstigheid en verhoudings, aan die hand van twee luisteraarsbriewe.
Wie is ek? 02.03.2018 22:46
Vir ouers van gestremde kinders is dit 'n moeilike pad wat geloop moet word. Hoe kan hierdie ouers mooi na hulleself kyk wanneer daar 'n kind is wat al hulle aandag in beslag neem? Lise Swart praat met drie sielkundiges oor wat alles onder die term gestremdheid val. Hulle het raad vir ouers, en kyk na watter verskil ondersteuning kan maak.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.