RSG

Wie is ek?

Health AF ↓ 656 episodes

Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 9, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Wie is ek? 15.02.2019

Is dit nodig vir kinders om te leer om te verloor? Wat is die voor- en nadele? Werk die nuwe skoolstelsel waar alle kinders pryse kry? Wat beteken dit om te wen en te verloor.

Wie is ek? 08.02.2019

Voel jy soms neem jou emosies oor? Hoekom ervaar ons emosies? Hoe kan mens ontslae raak van negatiewe emosies? Ons ervaar emosies vir 'n rede, en hoe beter jy dit verstaan, hoe makliker kan jy dit bestuur en die boodskap interpreteer.

Wie is ek? 01.02.2019

Wat is angstigheid? Wanneer ervaar iemand dit? Wat is die implikasies van langdurige angs?

Wie is ek? 25.01.2019

Kan jy vergewe en vergeet? Wat beteken dit om iemand waarlik te vergewe? Lise Swart en sielkundige Christine Nell kyk na hoekom woede emosioneel sleg kan wees, en hoe om ander te vergewe vir jou eie welstand.

Wie is ek? 18.01.2019

Lise Swart vind meer uit van probleemareas in verhoudings, en hoe verhoudingsterapie moontlik 'n verhouding, wat dalk verlore voel, kan red.

Wie is ek? 11.01.2019

Die meeste mense ervaar een of ander tyd die angstigheid en vrese wat gepaard gaan met 'n onmoontlike liefde – wanneer een persoon lief is vir iemand, maar die ander persoon voel nie dieselfde nie. Lise Swart vind uit hoe iemand hulle hart kan beskerm en hoe om aan te beweeg ná die verbrokkeling van 'n verhouding, veral wanneer die persone nie dieselfde voel nie.

Wie is ek? 04.01.2019

Saam met 'n nuwe jaar kom nuwe uitdagings, nie net vir volwassenes nie, maar ook vir kinders. Hoe kan ouers hulle kinders bystaan om die nuwe skooljaar met selfvertroue aan te pak? Lise Swart praat met twee sielkundiges gesels oor selfvertroue, kommunikasie en probleemoplossing met boelies, stres en angs.

Wie is ek? 28.12.2018

Lise Swart vind uit of nuwejaarsvoornemens nodig is, hoe om dit te volg, en om te besluit wát jou nuwejaarsvoornemens moet wees. Daar is praktiese raad oor hoe om probleemareas te identifiseer en hoe om voornemens deur te voer.

Wie is ek? 21.12.2018

Daar word gedurig grappies gemaak oor skoonouers, maar wêreldwyd is hulle soms die hoofrede vir die maak of breek van 'n huwelik. Lise Swart kry raad oor die hantering van die algemeenste probleme wat verhoudingsmaats met hulle skoonouers kan ervaar.

Wie is ek? 14.12.2018

Lise Swart bespreek twee luisteraarsbriewe oor hoe jy jouself sien en ervaar, en watter invloed dit op jou verhoudings, beroep en geliefdes het.

Wie is ek? 07.12.2018

Hoekom kan 'n slagoffer van mishandeling nie sommer net wegstap nie? Hoekom is die sterftesyfers van mishandeling in 'n verhouding so hoog? Hoe kan iemand 'n keuse maak wat 'n verskil kan maak?

Wie is ek? 30.11.2018

Lise Swart vind meer uit oor die langtermyn uitwerking wat oormatige beheer deur ouers op hulle kinders het. Hoe affekteer dit die ouer/kind verhouding en hoe laat dit 'n kind voel as hy nie besluite oor sy eie lewe mag neem nie.

Wie is ek? 23.11.2018

Lise Swart vind meer uit van die “toetsing” of assessering van 'n persoon met 'n moontlike demensiediagnose. Verkeerde diagnoses bestaan, en ongepaste medikasie word aan pasiënte gegee, so die assesseringsproses is in die meeste gevalle van kardinale belang.

Wie is ek? 16.11.2018

Die meeste mense sou graag meer selfvertroue wou gehad het in verskeie omstandighede. Is daar 'n manier hoe jy kan aanleer om selfvertroue na te boots? Waar pas jou selfbeeld in die prentjie in? Lise Swart kyk na maniere om selfvertroue en selfbeeld te verbeter.

Wie is ek? 09.11.2018

Almal in Suid-Afrika word daagliks aan die een of ander vorm van trauma blootgestel, of dit nou direk of indirek is. Ons lees daarvan, geliefdes gaan daardeur en ons is konstant in afwagting. Watter uitwerking het dit op 'n emosionele en sielkundige vlak? Lise Swart vind meer uit oor trauma, posttraumatiese-stres en die hantering en verwerking daarvan.

Wie is ek? 02.11.2018

Lise Swart bespreek briewe van luisteraars oor vriendskappe, ma-en-dogter-verhoudings, kankerdiagnoses en hoe om frustrasie te verwerk met twee sielkundiges.

Wie is ek? 26.10.2018

Daar word gereeld na mense verwys as psigopate of sosiopate. Maar wat beteken dit regtig om diagnoseerbaar te wees met 'n anti-sosiale persoonlikheidsverteuring? Is so 'n persoon gevaarlik? Kan hulle suksesvolle verhoudings handhaaf? Hoe affekteer hulle die mense om hulle?

Wie is ek? 19.10.2018

Hoekom speel kinders minder vandag as 20 jaar gelede? Watter impak het speel op 'n kind? As jy wil hê jou kind moet meer sukses in die lewe behaal, is aktiwiteite of speel belangriker? Lise Swart vind uit hoekom kinders meer moet speel.

Wie is ek? 12.10.2018

Ons almal het grense op professionele vlak, persoonlike vlak oen in verhoudings. Hoe gesond is jou eie grense? Is dit nodig om dieper na jou grense te kyk? Lise Swart vind uit hoe ons grense ons kan terughou, of hoe om nuwe grense aan te leer.

Wie is ek? 05.10.2018

Wat beteken dit om gelukkig te wees? Hoe kan iemand meer geluk ervaar? Help 'n positiewe ingesteldheid? Lise Swart vind meer uit oor hoe om gelukkig te wees, en wat dit beteken wanneer iemand ongelukkig is.

Wie is ek? 27.09.2018

Wat is die verskil tussen iemand wat steel, en iemand wat kleptomanie ervaar? Het 'n persoon met kleptomanie beheer om nie te steel nie? Is hulp nodig? Lise Swart vind meer uit oor hierdie sielkundige toestand, die uitwerking wat dit op mense se lewe het en hoe om aan te leer om kleptomanie te bestuur.

Wie is ek? 21.09.2018

Die meeste van ons het al gehoor van 'n middeljarekrisis, maar bestaan dit werklik? Wanneer 'n persoon van 'n sekere ouderdom anders begin optree of abnormale besluite maak, is dit nodig vir ingryping?

Wie is ek? 14.09.2018

Is pornografie so gevaarlik soos almal sê? Kan dit 'n seksverslawing veroorsaak Kan 'n verhouding werk as een persoon van pornagrafie hou?

Wie is ek? 06.09.2018

Wat is die verskil tussen intimiteit en seks? Is intimiteit noodsaaklik vir 'n gelukkig verhouding? Watter rol speel dit in 'n verhouding? Hoe kan jy dit in jou verhouding versterk?

Wie is ek? 31.08.2018

Hoekom is selfdood 'n opsie vir 'n kind of 'n tiener? Hoe kan ouers hulle kinders bystaan wat met depressie gediagnoseer is? Hoe kan kommunikasie selfdood verhoed?

Listen to the Wie is ek? podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.