RSG
Wie is ek?
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Wie is ek? 16.08.2019 24:56
Hoe hou wie jy is, jou terug in die lewe? Die meeste mense sal vertel hulle is hulle ergste vyand. Lise Swart vind uit hoe iemand kan aanleer om hulle eie interne dialoog van negatief na positief te verander.
Wie is ek? 08.08.2019 24:49
Een van die meer komplekse rolle wat vroue vervul, is om 'n ma te wees. Lise Swart kyk na hierdie uitdagings, hoe vroue mekaar beter kan ondersteun, en hoe vroue verskillend kyk na wat hierdie rol vir iemand se identiteit kan bied. Juis omdat nie alle vroue hierdie rol kies nie, of dalk sukkel om te identifiseer met die wat die sameleweing sê jy moet as ma ervaar.
Wie is ek? 02.08.2019 24:56
Eensaamheid en alleenheid is besig om wêreldwyd 'n epidemie te word. Mense ervaar hierdie emosie al hoe meer en meer. Wat kan daaran gedoen word?
Wie is ek? 26.07.2019 24:05
Ons hoor gereeld dat “om balans te vind” die oplossing vir baie probleme kan wees. Maar in watter gebiede van jou lewe moet jy balans vind? Hoe weet jy of jy suksesvol is daarmee? Hoekom is balans so belangrik?
Wie is ek? 19.07.2019 24:51
Ons almal het gemaksones waar ons voel ons is veilig, en waar ons besluite gekontroleerd kan maak. Is dit nodig om ooit buite hierdie gemaksones te gaan? Is dit positief of negatief om die grense so bietjie te druk?
Wie is ek? 12.07.2019 24:16
Daar word gereeld verwys na hoe belangrik struktuur vir kinders is, maar watter rol kan huisreëls vir sowel ouers as kinders beteken? Hoe 'n groot uitwerking kan iets so eenvoudig soos reëls in die huis op 'n kind hê as volwassene? En hoe kan ouers dit regkry om kalmte in die huis te kry?
Wie is ek? 05.07.2019 24:04
Lise Swart vind meer vind oor wat presies 'n persoon kan baat deur 'n professionele persoon soos 'n sielkundige te gaan sien. Kan terapie regtig iemand se lewe verander, of 'n persoonlike probleem oplos?
Wie is ek? 28.06.2019 24:51
Wat staan 'n ouer te doen wanneer sy kind skielik weier om skool te gaan? Hoe kan 'n ouer die oorsaak uitvind, en wat sê die houding van 'n kind oor hoe veilig hy voel? Al hierdie vrae en nog meer word bespreek.
Wie is ek? 21.06.2019 24:25
Daar word gekyk na verbale en emosionele mishandeling; hoe baie mense nie besef dat hulle 'n slagoffer is nie en hoe baie mense daarvan aangekla word, maar dit nie gegrond is nie. Hoe hanteer 'n mens iemand wat jou afkraak of verneder, of jou eie bagasie wat veroorsaak dat jy soos 'n slagoffer optree?
Wie is ek? 14.06.2019 24:54
Volgens die DSM5 ervaar 5% van alle vroue maandeliks premenstrueel-disforiese steuring. Tog word daar aanvaar dat die persentasie baie hoër is, omdat die meeste vroue (en selfs dokters), nie eens bewus is van die diagnose nie. In die episode gaan daar gekyk word na die simptome, die sielkundige effek en die behandeling van hierdie onbekende dog lewensveranderende versteuring.
Wie is ek? 07.06.2019 24:51
Al hoe meer kinders word gediagnoseer met AGHS (ADHD). Hoekom? Waar lê die probleem? Wat beteken hierdie diagnose, en wat is die implikasies wanneer ouers dit ignoreer? Lise Swart kyk na die jongste navorsing, en hoekom 'n volledige assessering so noodsaaklik is.
Wie is ek? 31.05.2019 24:50
Is jy 'n man of 'n vrou? Hoe weet jy met watter geslag jy identifiseer? Verskil die geslag waarmee jy identifiseer met jou fisieke geslag? Lise Swart kyk na geslagsindentifisering, transgender en die sielkundige implikasies wanneer die samelewing vir jou sê jou ervaring is verkeerd.
Wie is ek? 23.05.2019 24:47
Lise Swart praat met 'n sielkundige oor intieme en seksuele verhoudings wat ontstaan tussen verhoudingsmaats en 'n skoonouer. Hulle kyk na die moontlike redes hoekom dit kan plaasvind, wat grense beteken, en hoe geen-grense verhoudings en families kan verskeur.
Wie is ek? 17.05.2019 24:21
Bulimie en anoreksie word meeste van die tyd geassosieer met tieners, maar wêreldwyd is die getal besig om te styg onder mans en vroue van alle ouderdomme. Wat veroorsaak hierdie obsessie met gewig, kos en voorkoms, en wat is die oplossing?
Wie is ek? 10.05.2019 24:21
Akteur en vervaardiger Pietie Beyers vertel hoe dit is om saam te leef met obsessief-kompulsiewe steurnis. Kliniese sielkundige Louis Awerbuck verduidelik wat hierdie toestand is, en hoe dit mense se lewe kan oorneem.
Wie is ek? 03.05.2019 24:51
Sowel kinders as volwassenes ervaar paniekaanvalle, maar min mense besef 'n persoon se lyf probeer 'n sekere boodskap oordra deur paniekaanvalle. Wat is daardie boodskap?
Wie is ek? 26.04.2019 24:55
'n Traumatiese gebeurtenis word nie net gekoppel aan situasies waar geweld, misdaad of moord plaasvind nie. Trauma kan ook veroorsaak word op 'n sielkundige vlak deur bv. aanhoudende verwerping, of gebeure uit jou kinderdae. Hoe affekteer trauma ons, en en hoe kan jy dit identifiseer en hanteer?
Wie is ek? 12.04.2019 24:23
Wanneer ons dink aan 'n boelie, sien die meeste van ons kinders op 'n speelgrond wat lelik is met mekaar, maar boeliegedrag kom ook onder volwassenes voor. Mense word gereeld by die werk, in verhoudings en selfs deur familie geboelie. Hoe kan die boeliegedrag gestop word?
Wie is ek? 05.04.2019 24:59
Ons gaan almal eendag die stap moet doen, en ophou om te werk. Lise Swart en haar gas, kliniese sielkundige Anton Böhmer, kyk na die emosionele uitwerking van aftrede.
Wie is ek? 28.03.2019 24:54
Lise Swart en kliniese sielkundige Anton Böhmer kyk na depressie, en hoe dit teen 2030 die gevaarlikste siekte sal wees. Wat is oorsake van depressie? Hoe kan mense wat gediagnoseer is met hierdie lewensveranderende siekte, mekaar help?
Wie is ek? 21.03.2019 24:49
Lise Swart kyk na luisteraarsbriewe wat handel oor ontrouheid. Albei perspektiewe sal bespreek word – die wat ontrou is en die een aan die ontvangkant.
Wie is ek? 15.03.2019 24:20
Ons hoor gereeld hoe iemand 'n ander persoon persoonlik aanval via sosiale media, net omdat hulle menings of waardes verskil. Wat sê dit van ons as samelewing as ons al hoe meer ons haat en woede kan uitleef teenoor vreemdelinge? Lise Swart kyk na hierdie tendens en die uitwerking wat dit sielkundig op mense het.
Wie is ek? 08.03.2019 24:19
Hoekom is baie ouers bang om hulle kinders te dissiplineer? Wat is die gevolge daarvan? Lise Swart kyk na die voor- en nadele van dissipline, wat kinders leer daaruit, en hoe ouers kinders veilig en geliefd kan laat voel.
Wie is ek? 01.03.2019 24:28
Lise Swart kyk verder na vetvernedering. As gevolg van sosiale media word dit al hoe meer aanvaarbaar vir mense om ander aan te spreek oor hulle gewig en voorkoms. Daar word gekyk na hoe dit mense wat sukkel met hulle gewig, isoleer, angstig maak en verwerp laat voel.
Wie is ek? 22.02.2019 23:51
As gevolg van sosiale media word dit al hoe meer aanvaarbaar vir mense om ander aan te spreek oor hulle gewig en voorkoms. Lise Swart kyk na vetververnedering (boeliegedrag), en hoe dit mense wat sukkel met hulle gewig, isoleer, angstig maak en verwerp laat voel.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.