RSG

Wie is ek?

Health AF ↓ 656 episodes

Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 9, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Wie is ek? 7 Februarie 2020 07.02.2020

Lise Swart vind meer uit oor die diagnose van 'n anti-sosiale persoonlikheidsversteuring (beter bekend as 'n psigopaat). Hoe gevaarlik is mense met hierdie diagnose? Wat veroorsaak hierdie diagnose? Kan 'n persoon in 'n verhouding wees met 'n psigopaat?

Wie is ek? 31 Januarie 2020 31.01.2020

Watter rol speel jy in jou kind se lewe: die rol van ouer, of die rol van vriend? Hoor wat elke rol behels, watter die implikasies dit vir jou kind inhou, en dit op die langtermyn julle verhouding sal beïnvloed.

Wie is ek? 24 Januarie 2020 24.01.2020

Depressie affekteer nie net die individu wat daarmee moet saamleef nie, maar ook hulle geliefdes, kollegas en vriende. Lise Swart kyk hoe hierdie siekte verhoudings beïnvloed, en hoe alle partye kan saamwerk om die las ligter te maak.

Wie is ek? 17 Januarie 2020 17.01.2020

Niemand hou van verandering nie. Lise Swart bespreek die mensdom se geneigdheid om verandering teen te staan, veral in die konteks van die behandeling van sielkundige toestande. Wat verander jou, die siekte of die behandeling?

Wie is ek? 10 Januarie 2020 10.01.2020

Goeie kommunikasie is belangrik vir enige suksesvolle verhouding, so hoe kan ouers kommunikasie vir hulle kinders aanleer, veral in 'n wêreld waar tegnologie die meeste vorms van kommunikasie oorneem. Lise Swart het praktiese raad vir ouers ingewin om goeie kommunikasie van 'n vroeë ouderdom af aan te leer.

Wie is ek? 3 Januarie 2020 03.01.2020

Ons hoor gereeld hoe ons onsself moet aanvaar, maar dit is nie so maklik nie. Lise Swart hoor heo mense wat te veel aandag op hulle uiterlike fokus (goed of sleg), 'n aanduiding is van wat verkeerd is aan die innerlike. Kom leer hoe om jou innerlike gesprek met jouself te verbeter.

Wie is ek? 27.12.2019

Louis Awerbuck doen 'n toets met luisteraars. Die toets geld nie net vir liefdesverhoudings nie, maar vir enige verhouding wat jy as belangrik in jou lewe ag. Kom toets saam met ons waar julle probleemareas is.

Wie is ek? 20.12.2019

Om 'n kind te dissiplineer het vele implikasies, nie net vir die kind nie, maar ook vir ouers. Lise Swart kyk na die belang van straf, hoe ouers hulle lewe makliker kan maak, en hoekom dit tog nodig is om 'n kind te straf wat die reëls verbreek.

Wie is ek? 13.12.2019

“Iemand wat hulle eie lewe wil neem, wil nie dood gaan nie. Hulle sien net nie 'n uitkoms uit hulle omstandighede nie.” Dit is die woorde van kliniese sielkundige, Louis Awerbuck. Hy praat oor die die redes vir selfdood, die tekens en beskikbare hulp.

Wie is ek? 06.12.2019

Navorsing het bewys die beste manier om 'n demensiepasient te versorg, is dat dit gefokus moet wees op wie die persoon is, nie wat die siekte nou veroorsaak nie. Lise Swart vind meer uit van persoongesentreerde versorging, wat dit beteken en hoe 'n versorger dit kan implementeer.

Wie is ek? 29.11.2019

Die meeste ouers ervaar geweldigige druk in die vakansieseisoen met die aankoop van kersgeskenke. Wat sê hierdie spanning en angs van jou as ouer, en hoe kan die fokus weggeskuif word van geskenke af na die ervaring van saam wees?

Wie is ek? 22.11.2019

Hoe kan die keuse om meer medemenslik teenoor ander op te tree, 'n groot verskil aan jou geluk en lewenskwaliteit maak?

Wie is ek? 15.11.2019

Met al die kennis en inligting tot ons beskikking aangaande verhoudings, hoekom neig die egskeidingsyfer jaarliks hoër en hoër? Lise Swart praat met 'n ervare verhoudingsterapeut oor waar ons in die proses van verhoudings (begin, middel en/of einde), foute begaan, en hoe ons verhoudings beter kan bestuur om waarlik gelukkig te wees.

Wie is ek? 08.11.2019

Hoe 'n groot rol speel jy in iemand anders se probleme? Hoe kan jy seker maak jy is nie dalk besig om iemand verkeerdelik te ondersteun nie? Lise Swart kyk na mede-afhanklikheid, sodat wanneer jy sê jy wil iemand help, jy seker is jy doen dit op die regte manier.

Wie is ek? 01.11.2019

As gevolg van al die inligting op die internet, is al hoe meer mense bewus van hoe hulle voel, dink en optree, maar wanneer moet jy vra vir hulp? Selfs met al die inligting is mense bang vir 'n sielkundige diagnose soos depressie of bipolêre versteuring, want hoe gaan dit hulle lewe affekteer? Lise Swart het meer gaan uitvind oor hoe sielkundige diagnoses gemaak word, en hoe hierdie proses dalk ie...

Wie is ek? 25.10.2019

Wat presies sien jou kinders alles op selfone? As die meeste volwassens nie tegnologie verstaan nie, maar die meeste kinders doen wel, hoe kan jy jou kind beskerm? Lise Swart se span kenners het raad vir ouers oor hoe om kinders te leer van tegnologie, en wat om te doen as iets hulle kinder beïnvloed.

Wie is ek? 18.10.2019

Wat beteken 'n bipolêre versteuring vir sowel die individu as geliefdes? Hoekom help medikasie, en watter effek het terapie?

Wie is ek? 11.10.2019

Voel jy dat geliefdes of 'n kollega jou manupileer? Hoe kan jy seker wees dis wel die geval? Watter uitwerking het dit op iemand wat gemanipuleer word?

Wie is ek? 04.10.2019

Die meeste mense is opsoek na ware geluk. Ons hoor gereeld hoe jy vir jouself moet lief wees en jou foute aanvaar, maar watter rol speel kommunikasie in 'n persoon se geluk? Kan die aanleer van kommunikasievaardighede 'n verskil maak in hoe ons onsself sien, en hoe ander mense ons ervaar?

Wie is ek? 27.09.2019

Suid-Afrika het van die meeste voorvalle van afknouery in die wêreld, veral onder laerskoolkinders. Watter oplossings kan gevind word? Moet ouers wag tot hulle kind 'n slagoffer is voor hulle betrokke raak?

Wie is ek? 20.09.2019

Wat doen jy wanneer jy nie kan cope nie? Misbruik jy iets, of oordoen jy 'n aktiwiteit? Meer en meer mense is daarvan bewus dat verslawing aan alkohol en dwelms so onaanvraabaar geraak het dat hulle ander maniere kry om die druk van die lewe te hanteer, soos bv. om te ooroefen, of om TV-reekse te binge-kyk. Het jy dalk 'n verslawing wat besig om jou lewe oor te neem?

Wie is ek? 13.09.2019

Lise Swart praat verder oor outisme. Al hoe meer kinders word gediagnoseer op die outisme-spektrum. Wat beteken dit om op hierdie spektrum te wees? Hoe kan ouers die nuus verwerk? Watter ondersteuning is nodig vir sowel ouer as kind?

Wie is ek? 06.09.2019

Al hoe meer kinders word gediagnoseer op die outisme-spektrum. Wat beteken dit om op hierdie spektrum te wees? Hoe kan ouers die nuus verwerk? Watter ondersteuning is nodig vir sowel ouer as kind?

Wie is ek? 30.08.2019

Wat is die implikasies wanneer jy jouself te hoog waardeer, of te min? Hoe affekteer jou eie-waarde jou daaglikse besluite oor jou beroep, jou vriende en veral jou lewensmaats? Kies jy die mense rondom jou om “beter” oor jouself te voel, of om jouself die bevestiging te gee dat jy inderdaad nie goed genoeg is nie?

Wie is ek? 23.08.2019

“MENSE HOU NIE VAN MY NIE” Wat beteken dit wanneer 'n persoon hierdie stelling aanhoudend ervaar? Wat moes gebeur het vir iemand om konstant so te voel? Wat kan 'n persoon doen om ander te oortuig om van hom/haar te hou? Lise Swart kyk na die isolerende effek van selfkritiek.

Listen to the Wie is ek? podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.