RSG

Wie is ek?

Health AF ↓ 655 episodes

Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Health

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 2, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Wie is ek? 31 Julie 2020 31.07.2020

Ons het almal iets wat ons oor droom, of iets wat ons voel ons móet bereik. Lise Swart kyk na hoe om doelwitte aan te pak, en hoe om jou motivering te vind om die plan deur te voer.

Wie is ek? 24 Julie 2020 24.07.2020

Deel van die Suid-Afrikaanse kultuur is dat ons nie altyd seker is wanneer, of hoe, om nee te sê, of selfs ja te sê nie. Hoekom is dit so moeilik? Watter verskil kan die aanleer van hierdie vaardigheid aan jou geluk maak?

Wie is ek? 17 Julie 2020 17.07.2020

Gesinsmoord - Indien 'n persoon nie meer wil lewe nie, hoekom sal hy sy hele gesin se lewe ook neem? Hoor wat die navorsing hieroor sê, hoekom Suid-Afrika se gesinsmoordsyfer so hoog is, en watter tekens daar is.

Wie is ek? 10 Julie 2020 09.07.2020

Wat ervaar 'n persoon wat gediagnoseer word met Alzheimer se siekte? Watter rol speel medikasie? Waar kan mens die regte diagnose kry?

Wie is ek? 3 Julie 2020 03.07.2020

Suid-Afrika se winter is in volle swang, en hiermee saam kom 'n toename in selfdood. Kombineer seisoenale depressie met die druk en stres van ons omstandighede, en ons is in die moeilikheid. Vind meer uit oor die tekens waarvan jy bewus moet wees, hoe om vir hulp te vra, en hoekom ondersteuning van kardinale belang is.

Wie is ek? 26 Junie 2020 26.06.2020

Daar is verskeie stappe wat gedoen moet word voor verhoudingsmaats die opsie van egskeiding/skeiding moet oorweeg. Lise Swart kyk na hierdie stappe, watter faktore in ag geneem moet word, en onder watter omstandighede egskeiding die enigste opsie is.

Wie is ek? 19 Junie 2020 19.06.2020

Outisme: Wat beteken "die spektrum"? Is dit 'n siekte? Wat is die probleemareas vir ouers?

Wie is ek? 12 Junie 2020 12.06.2020

Ons geheue affekteer ons emosies, maar emosies affekteer ook ons geheue. Om beter te onthou, moet jy verstaan hoe jou brein werk, wat jou geheue affekteer en watter oefeninge kan help, want 'n beter geheue kan 'n beter toekoms voorspel.

Wie is ek? 5 Junie 2020 05.06.2020

Neem jou vrese oor die toekoms tans jou lewe oor? Is jy meer gespanne as ooit te vore? Ons kyk na realistiese en onrealistiese vrese, hoe om tussen die twee te onderskei, en hoekom dit belangrik is.

Wie is ek? 29 Mei 2020 29.05.2020

Saam met al die probleme wat gepaard gaan met inperking en 'n onsigbare siekte, het die klaar hoë syfers van huishoudelike geweld toegeneem. Hoekom? Wat sê dit van ons nasie se vaardighede om stres te hanteer? Ons het raad vir slagoffers en hulle geliefdes om effektiewe ondersteuning te bied.

Wie is ek? 22 Mei 2020 22.05.2020

Voel jy meer angstig a.g.v. die inperking? Was jy voor inperking in 'n traumatiese situasie, en nou ervaar jy weer dieselfde simptome? Hoor hoe om jou stres en traumatiese stres van mekaarte onderskei, en hoe om dit self reg te kry om traumatiese stres te voorkom.

Wie is ek? 15 Mei 2020 15.05.2020

Die term gaslighting kom uit 'n film waar 'n vrou tot die afgronde gedryf is deur haar man wat haar emosioneel manipuleer. A.g.v. die film het dit 'n erkende term geword vir 'n sekere vorm van manuipulasie. Is iemand besig om jou so te manipuleer dat jy nie meer in jouself glo nie?

Wie is ek? 8 Mei 2020 08.05.2020

Wat is jou frustrasie-toleransie? Voel jy jou manier om 'n moeilike situasie te hanteer, is aanvaarbaar? Ons help jou verstaan hoe die aanleer van 'n hoër frustrasie-toleransie 'n groot verskil kan maak in hoe jy die wêreld ervaar en verwerk.

Wie is ek? 1 Mei 2020 01.05.2020

Hoor hoe jy as indiwidu jou geliefdes, vriende en jouself kan help om jou emosies beter te bestuur, deur aan te leer om aktief te luister. Deur hierdie vaardigheid aan te leer, kan jy 'n verskil aan ander mense se geestesgesondheid maak – wat selfs 'n verskil aan die ekonomie kan maak.

Wie is ek? 24 April 2020 24.04.2020

Hoekom is dit belangrik in vandag se onseker tye om meer in die oomblik te leef. Hoe kan hierdie vaardigheid jou help om stres te verminder, konsentrasie te verbeter en om 'n beter lewenskwaliteit te hê?

Wie is ek? 17 April 2020 17.04.2020

Lise Swart en twee ervare sielkundiges beantwoord verskeie vrae van luisteraars. Wie weet, miskien bied een van die antwoorde 'n oplossing vir jou probleem tydens inperking.

Wie is ek? 3 April 2020 03.04.2020

Die eerste week van inperking is verby. Wat ervaar mense? Is jy die enigste een wat sukkel om so alleen te wees? Luister na raad oor hoe om te verstaan wat jy ervaar, en om deur die volgende twee weke te kom.

Wie is ek? 27 Maart 2020 27.03.2020

As gevolg van die internet is dit baie makliker vir pedofiele om met kinders kontak te maak. Hoe kan ouers hulle kinders bemagtig om vir hulp te vra, of om self die kontak te stop? Lise Swart help ouers met hierdie dilemma help, en verduidelik hoe jou eie internetgedrag jou kind kan beskerm.

Wie is ek? 20 Maart 2020 20.03.2020

Voel jy die wêreld is teen jou, of dat jou vriende en kollegas by die werk besig is met 'n komplot teen jou? Is jy dalk in 'n verhouding met iemand wat niemand vertrou nie, nie eens vir jou nie? Vind meer uit oor vervolgingswaan (paranoia), om die tekens te herken, en om te verstaan hoekom professionele hulp so spoedig moontlik gekry moet word.

Wie is ek? 13 Maart 2020 13.03.2020

Sukkel jy om aan te beweeg ná jou laaste liefdesverhouding of egskeiding? Vang jy jouself dat jy heeltyd na die persoon se sosiale media kyk, of probeer jy aan maniere dink om die persoon raak te loop? Obsessiewe gedrag kan maklik 'n gewoonte raak as 'n persoon nie verstaan hoekom hulle so voel nie. Lise Swart kyk na liefdesverslawing, en hoe dit iemand se lewe kan oorneem.

Wie is ek? 6 Maart 2020 06.03.2020

'n Grappie hier, en 'n woordjie daar, almal lag, maar vir jou affekteer dit nie net jou waardes nie, maar wie jy is. Lise Swart kyk na seksuele teistering, die sielkundige uitwerking daarvan en hoekom dit in 2020 nog aanvaarbaar is vir mense om nie ander in ag te neem nie.

Wie is ek? 28 Februarie 2020 28.02.2020

Om 'n kankerdiagnose te ontvang is traumaties. Lise Swart kyk na die impak wat die diagnose, behandeling (chemo, chirurgie, bestraling) en om in remisie te wees, op jou gemoed en breinfunksionering het. Baie mense funksioneer nooit weer dieselfde na 'n diagnose nie, en ons gaan uitvind hoekom.

Wie is ek? 21 Februarie 2020 21.02.2020

Wat is 'n ouer se opsies met terapie vir kinders? Wat gebeur in terapie, en hoe kan dit die kind en ouers baat? Met die toenemende aantal kinders wat angs en depressie beleef, is hierdie episode 'n MOET vir alle ouers en volwassenes betrokke in 'n kind se lewe.

Wie is ek? 14 Februarie 2020 14.02.2020

Watter verskil kan kennis oor jouself aan jou lewenskwaliteit en geluk maak? Louis Awerbuck, 'n kliniese sielkundige van Stellenbosch vertel vir Lise Swart wat iemand moet weet van hulleself om meer beheer oor hulle lewe te kan neem.

Wie is ek? 7 Februarie 2020 07.02.2020

Lise Swart vind meer uit oor die diagnose van 'n anti-sosiale persoonlikheidsversteuring (beter bekend as 'n psigopaat). Hoe gevaarlik is mense met hierdie diagnose? Wat veroorsaak hierdie diagnose? Kan 'n persoon in 'n verhouding wees met 'n psigopaat?

Listen to the Wie is ek? podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.