RSG
Wie is ek?
Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
2 Dec 02.12.2016 24:33
Mishandeling van vroue en kinders, of dit nou verbaal, emosioneel, of fisiek is, is wêreldwyd 'n groot probleem. Hoekom gebeur dit? Hoekom is daar vroue wat dit toelaat? Hoe herken ek die tekens van veral verbale en emosionele mishandeling?
25 Nov 25.11.2016 24:32
Van tyd tot tyd raak almal van ons kwaad vir 'n situasie, of iemand anders. Dit is normaal, maar wanneer jy nie meer jou woede-uitbarstings kan beheer nie – wat beteken dit? Louis en Lisa kyk na die oorsake van woede-uitbarstings, wat die gevaar is van langdurige woede op 'n fisiologiese en emosionele vlak, en hoe om te leer om jou woede te beheer.
18 Nov 18.11.2016 24:33
Louis en Lise bespreek luisteraarsbriewe oor gesinsgeweld, buitegtelike-verhoudings, uitbranding en obsessiewe gedrag.
11 Nov 11.11.2016 24:30
Voel jy omdat iemand in jou familie is, mag jy met hulle praat net soos wat jy wil, wanneer jy wil? Hoe laat dit jou voel wanneer 'n familielid met jou praat net soos hulle wil? Louis en Lise kyk na hoekom ons sensitief is vir familie se woorde, en hoe om argumente te voorkom, te verstaan en op te los.
4 Nov 04.11.2016 24:38
Louis en Lise bespreek luisteraarsbriewe oor woede-uitbarstings, onmoontlike tieners en die mag van stilswye.
28 Oct 28.10.2016 23:54
Louis en Lise gesels aan die hand van 'n gevallestudie, oor maniere hoe ouers (geskei of ongetroud) oor die weg kan kom; hoekom hulle oor die weg moet kom vir 'n kind se onthalwe; en hoe om weer beheer terug te kry oor jou lewe selfs al voel dit onmoontlik. 'n Vrou vertel om alleen, swanger en werkloos te wees, mag dalk voel soos die ergste ding wat met iemand kan gebeur, maar daar is altyd lig aa...
21 Oct 21.10.2016 24:43
Louis en Lise bespreek luisteraarsvrae oor die verskil tussen bipolêr 1 en 2 en depressie; hoe om met jou werknemers oor die weg te kom; en is egskeiding die enigste opsie as daar nie kinders is nie en dit een party se droom was.
14 Oct 14.10.2016 24:44
Wat staan 'n ouer te doen wanneer 'n kind deur 'n onderwyser by die skool geboelie word? Hoe kan ouers seker wees die stories wat die kind vertel is waar? Wanneer moet 'n ouer 'n kind beskerm, en wanneer nie?
7 Oct 07.10.2016 24:41
Louise en Lise bespreek aan die hand van twee luisteraarsbriewe wat jou te doen staan as die mense om jou jou sielkundige siekte of diagnose teen jou gebruik, byvoorbeeld as werkgewers jou met afdanking dreig a.g.v. depressie of wanneer jou ma jou selfbeeld afbreek ná jou diagnose met skisofrenie.
30 Sep 30.09.2016 24:41
Hoe belangrik ag jy jou vriendskappe? Voel jy jou vriendskappe speel 'n belangrike rol in jou lewe? Of het jy dalk geen vriende nie? Louis en Lise kyk na die belangrike rol wat vriendskappe in mense se lewe speel.
23 Sep 23.09.2016 24:40
Was jy al ooit in 'n situasie waar jy sonder enige waarskuwing 'n paniekaanval ervaar het? Enigiemand wat al so 'n aanval ervaar het, sal vir jou sê hoe vreesaanjaend en geweldig ongemaklik dit is. Maar hoekom gebeur dit? Louis en Lise kyk na die oorsake en behandeling van paniekaanvalle.
16 Sep 16.09.2016 24:45
Louis en Lise bespreek 'n luisteraarsbrief van 'n man wat nie sy swaer se gedrag meer kan hanteer nie. Hoe kan hy sy vrou (die suster) gelukkig hou, sy verhouding red en sy swaer hanteer? Kan hy sy swaer se gedrag verander?
9 Sep 09.09.2016 24:39
Hoe ondersteun 'n mens iemand wat 'n geliefde aan die dood afgestaan het? Hoe kyk 'n mens mooi na jouself ná die afsterwe van 'n geliefde? Wat is die gevaartekens vir jouself, of iemand naby aan jou, wanneer dit gaan oor verlies en die rouproses?
2 Sep 02.09.2016 24:11
Louis & Lise bespreek twee luisteraarsbriewe oor twee verskillende, dog algemene, ervarings binne liefdesverhoudings. Hulle kyk na hoe vroue meer geneig is om liefde te wys in 'n verhouding as mans, en na wat gebeur wanneer jy iemand anders ontmoet wat jou laat twyfel oor jou huidige verhouding.
26 Aug 26.08.2016 24:39
Wat is die verskil tussen 'n vrees en 'n fobie? Louis en Lise kyk na die verskill, hoe dit lewenskwaliteit raak, en dit reg te stel.
19 Aug 19.08.2016 24:43
Louis en Lise bespreek 'n brief van 'n pa wat bekommerd is sy vrou sal hulle kind verwerp as gevolg van haar seksuele orientasie. Hierdie is 'n probleem waarmee duisende ouers gekonfronteer word.
12 Aug 12.08.2016 24:42
Carpe Diem! Gryp die dag aan! Wat beteken dit? Beteken dit jy moet begin berg klim, of staptoere aanpak, of 'n motorfiets koop? Hoe pas 'n mens hierdie stelling in jou eie lewe toe?
5 Aug 05.08.2016 24:46
Kan 'n situasie so traumaties wees vir 'n slagoffer dat hulle alle geheue daarvan blok? Kan daardie blokkasie sommer net na 18 jaar in 'n persoon se drome weer uitkom? Louis en Lise kyk na die gevolge van seksuele molestering.
29 Jul 29.07.2016 24:45
Sal jy jouself as geestesgesond klassifiseer? Indien jou antwoord ja is, hoe seker is jy van jou saak? Wat beteken dit om gesond te wees, en nie geestesongesond nie? Louis en Lise gesels oor wat geestesgesondheid vir jou en die mense om jou beteken.
22 Jul 22.07.2016 24:44
Indien jy diagnoseerbaar is met 'n sielkundige toestand, maar jy ignoreer die tekens, kan al jou moeite met jou fisieke gesondheid heel moontlik nie genoeg wees nie. Louis en Lise kyk na die tekens waarna jy moet oplet om op 'n sielkundige en emosionele vlak net so gesond te bly soos op 'n fisieke vlak, want niemand kan meer die feit ignoreer dat die twee hand aan hand stap nie.
15 Jul 15.07.2016 24:37
Vermoed jy dat jou geliefde dalk 'n dobbelverslaafde is? Het jy hulle al hieroor gekonfronteer, maar dit voel asof jy hulle nie kan vertrou nie? Wat staan jou te doen wanneer jy jou lewe met 'n dobbelverslaafde deel?
8 Jul 08.07.2016 24:40
Louise en Lise gesels oor Spanner Coetzee (die fiktiewe karakter wat deur die luisteraars van Tjailatyd geskep is) se dobbelverslawing. Hulle vertel hoe om die tekens van hierdie verslawing raak te sien, en hoekom ons nie daarvan hou wanneer ons helde voete van klei het nie.
1 Jul 01.07.2016 24:15
Wanneer jy vir iemand vra watter boustene maak 'n suksesvolle huwelik of verhouding, sal die woord VERTROUE altyd deel van die lysie wees. Wat doen jy wanneer jy nie meer vertroue in jou lewensmaat, of jouself, het nie?
24 Jun 24.06.2016 24:30
Daar is nie 'n mens op aarde wat nie sal simpatiseer met die ouer van 'n tiener nie. Die hormone, koppigheid, selfsug, en die drama wat met situasies gepaard gaan. Moet die ouers saam op hierdie mallemeule gaan? Louis en Lise kyk na die emosies wat die ouers van tieners ervaar, en hoe om 'n tiener te hanteer sodat alle partye ongeskend deur hierdie lewensfase kan kom.
17 Jun 17.06.2016 24:35
Tenminste 8 ure van jou dag word spandeer by die werk. Dit is hoe jy 'n inkomste verdien, eet, lewe. Dit is tog voor die hand liggend dat indien jy nie gelukkig is by die werk nie, baie van die ander areas in jou lewe ook geaffekteer kan word. Maar hoe kan jy seker wees dit is jou beroepskeuse, en nie die omstandighede waarin jy werk, wat jou ongelukkig maak nie?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.