Voelgoed Podsendings
Voelgoed Podsendings
Ons wil jou inlig, verryk en inspireer om goed te voel...oor jouself en jou geloof, jou huwelik, ouerskap, gesondheid, skoonheid, sukses en meer.
Author
Voelgoed Podsendings
Category
Podcast website
Latest episode
Jun 17, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
5. Ja, jy kan ook body positive wees! (Lief jóú lyf-webinaar deur Marciel Hopkins) 18.07.2022 9:00
Liggaamspositiwiteit is om lief te wees vir jouself en ander, ongeag voorkoms. Dit bevorder geluk, aanvaarding en gesondheid. Leer om op sterkpunte en eienskappe, wat nie fisiek van aard is nie, te fokus.
4. Hoe lyk ’n goeie selfbeeld, hoekom is dit belangrik? (Lief jóú lyf-webinaar deur Marciel Hopkins) 18.07.2022 8:42
Is jou selfbeeld laag tussen ander mense? Hou jou kop altyd omhoog, dink goeie dinge oor en sê mooi dinge vir jouself. Hoe beter jou selfvertroue, hoe meer sukses sal jy elke dag behaal.
3. Redes hoekom vroue nie goed voel oor hulleself nie (Lief jóú lyf-webinaar deur Marciel Hopkins) 18.07.2022 11:14
Liggaamsvertroue gaan nie daaroor om die mooiste, dunste of beste geboude vrou te wees nie, maar om goed te voel in jou eie vel. Identifiseer wat jou trigger en leer tegnieke om dit te hanteer.
2. Weet só of jy issues met jou selfbeeld het (Lief jóú lyf-webinaar deur Marciel Hopkins) 18.07.2022 9:10
Wat is selfbeeld en hoe weet jy of joune laag of verwronge is? Dis nie iets wat dieselfde bly nie, en jy gaan soms voel of jy op ’n rollercoaster-rit is. Vertrou jou instink en werk aan jou onsekerhede.
1. My storie om my lyf te leer liefkry (Lief jóú lyf-webinaar deur Marciel Hopkins) 18.07.2022 9:26
Ons kan lewenslank voor die spieël staan en wens ons het anders gelyk. Maar jy verdien om gemaklik en trots te voel oor die liggaam wat jy nou het. Die persoon wat dit kan verander, is jý.
Moenie opgee sodra jy ’n terugslag teëkom nie - Louwerens Swanepoel by die EkwilEkkanEksal-konferensie 2022 05.07.2022 40:30
Die wêreld waarin ons leef, is uiters kompeterend en uitdagend en mense begin aan hulleself en hulle vermoëns twyfel wanneer hulle mislukking teëkom. Maar mislukkings is nie die einde nie. Jy moet weer opstaan!
Glo in jouself - God doen! - Stephan Joubert by die EkwilEkkanEksal-konferensie 2022 05.07.2022 39:58
God het vir jou unieke vermoëns en drome wat Hy op jou hart lê, gegee. Hy het planne vir jou! Hy is jou Helper en sal elke dag van jou lewe die goeie werk waarvoor Hy jou bestem het, enduit voer en voleindig.
Ingesteldheid is alles! - Gustav Gous by die EkwilEkkanEksal-konferensie 2022 05.07.2022 38:45
Alles begin met jou ingesteldheid. Jy kan vir jouself sê dat jy eenvoudig nie goed genoeg is nie. Of jy kan vir jouself sê jy dat jy beter kan word in enigiets waaraan jy jou energie toewy.
Jy is hier vir ’n rede - leef jou roeping! (Liesel Krause-Wiid) 05.07.2022 10:49
Deel van die goed voel oor jouself is die wete dat jy nie per ongeluk hier op aarde is nie. Daar is ’n rede waarom jy hier is. Ontdek dit deur te bid en op te hou om jouself met ander te vergelyk. Wanneer jy jou talente uitleef en verskil maak, sal jou selfvertroue groei.
Ken jou sterkpunte en groei in die Gees (Liesel Krause-Wiid) 05.07.2022 9:50
Om te word wie jy weet jy is in Hom, vra werk van ons kant af. Dit vra dat jy sal besluit om die Woord te glo en te doen. Ja, ons noem dit selfvertroue, maar jou vertroue in God moet groei. Nooi die Heilige Gees in om jou te verander en te vernuwe.
Dankbaarheid en vreugde versterk jou selfvertroue (Liesel Krause-Wiid) 05.07.2022 11:09
Die meeste van ons is geneig om net ons foute of sonde te onthou. Maar God is groter as ons verlede en dink nie meer aan ons mislukkings nie. Daarom kan ons voluit leef, die drome wat ons ontvang het werklikheid maak, en terugslae gebruik om te groei.
Vervang jou stres en vrese met Woordbeloftes (Liesel Krause-Wiid) 05.07.2022 10:39
Volgens God se Woord is jou denke belangrik. Jy kan kies of jy op Sy beloftes fokus of op bekommernisse. Bid vir wysheid om dit te kan regkry. Lees en luister minder na die nuus en bestudeer die Goeie Nuus. Jou brein kan altyd verander!
Jy beheer jou emosies, so, bestuur hulle! (Liesel Krause-Wiid) 05.07.2022 9:33
Dit is menslik dat ons geloof wipplank ry. Soms voel God ver. Maar ons kan nie op ons emosies staatmaak nie. Ons moet werk maak van die wete dat ons nooit alleen is nie en daarom ons skouers kan terugtrek met selfvertroue.
Selfvertroue begin by gevoel - joune begin by God (Liesel Krause-Wiid) 05.07.2022 11:03
Wie jy is en hoe jy oor jouself praat moet reflekteer wat God van jou as sê en hoe Hy na jou kyk. Maak seker jou innerlike dialoog en jou siening van jouself getuig dat jy ’n Koningskind is. Begin ontdek dat selfvertroue eintlik Godsvertroue is.
Bly gemotiveerd om die beste jy te wees (Liesel Krause-Wiid) 05.07.2022 10:24
Dit verg deursettingsvermoë en volharding om negatiewe denke te stop sodat jy waarlik kan word wie jy bedoel is om te wees. Om jou denkwyse te verander en ook jou optrede te vernuwe moet jy aanhou leer en lees. Hou aan bid vir wysheid en reik uit na ander mense.
Verander jou taal en hoe jy kommunikeer (Liesel Krause-Wiid) 05.07.2022 10:33
Gee jou seer vir God en omskep jou storie in een van hoop. Maak seker jy lag en glimlag meer, selfs al Is dit geforseerd. Wat jy dink, wys aan jou buitekant. Sien die goeie in jouself raak. Moenie net genade vir ander mense hê nie. Wees jouself ook genadig.
Oefen stap vir stap om jouself te versorg (Liesel Krause-Wiid) 05.07.2022 12:46
Ons het ook ’n aandeel daarin om ons vertroue in onsself, ons vertroue in God, te ontwikkel. Wanneer jy jouself gedurig teleurstel, gaan jou selfvertroue verkrummel. Daar Is doendinge wat jy met dissipline en volharding kan implementeer vir goeie selfversorging.
Hou op probeer om in beheer te wees (Liesel Krause-Wiid) 05.07.2022 11:48
Dryf die strewe na perfeksie jou ook om altyd meer te doen en altyd te voel dat jy nie goed genoeg is nie? Dit maak van ons besige mense wat altyd onvergenoegd is en nie genoeg fokus op verhoudings plaas nie. Om kalm en selfversekerd te leef, moet jy rus vind in jou geloof.
Aanvaar jouself deur die krag van vergifnis (Liesel Krause-Wiid) 05.07.2022 11:11
Dis menslik om jou foute en mislukkings voortdurend te onthou. Die verlede kan keer dat ’n mens in die hede fokus op jou sterkpunte en jou oopstel vir vernuwing deur die Gees. Om die vrede met wat agter jou is te maak, moet jy leer vergewe. Vir gesonde selfvertroue moet jy dit doen.
Voortdurende kontak met jou Skepper laat jou blom (Liesel Krause-Wiid) 05.07.2022 10:22
In die moeilikste omstandighede kan jy steeds positief van jouself praat en positief optree. Niks kan jou skei van God se teenwoordigheid in jou omstandighede nie. Om jou geloofsverhouding gesond te hou moet jy daadwerklik en gereeld stilword, lees en leer, bid en luister.
Jy is soveel meer as net ’n ma - Dunay van Heerden by die Oulike ma-bederfdag 05.07.2022 35:15
Dunay van Heerden is ’n berader met ’n meestersgraad in sielkunde en besondere belangstelling in spelterapie. Saam met haar man, Kurt Darren, bedryf hulle sy loopbaan en hulle gesin. As ma wil sy jou aanmoedig om nie jou hele menswees in die rol van ma te vestig nie. Ma's voel geliefd as hulle onmisbaar in hulle gesinne is, maar moenie jou identiteit as vrou verloor nie. Jy is ook ’n eggenoot, vri...
Los die werkende ma skuldgevoel! - Serahni Symington by die Oulike ma-bederfdag 2022 05.07.2022 36:52
Serahni Symington is ’n gekwalifiseerde berader en het haar PhD in Sielkunde voltooi. Sy spesialiseer in spelterapie en as ma glo sy: Jou kinders sal goed uitdraai, ongeag die ure wat jy nie by hulle is nie. As jy soos die meeste werkende ma's is, voel jy dalk asof jy altyd tekort skiet wanneer dit kom by genoeg doen vir jou kinders. Maar jy kan glo jy en hulle is oukei ... regtig!
Spesiaal gekies as ma vir jóú kind - Mandi du Plooy-Baard by die Oulike ma-bederfdag 2022 05.07.2022 39:50
Mandi du Plooy-Baard is ’n vryskut aktrise, aanbieder, stemkunstenaar en radio-omroeper. As ma wil sy jou verseker: Ja, jy gaan faal, MAAR daar is nie ’n beter ouer as jy vir jou kind nie. Vergewe jouself vir foute wat gemaak is en hoe jy dit hanteer het. God het jóú gekies. Streef daarna om die beste weergawe van jouself te wees.
Vergeet van normaal en geniet die avontuur - Reandi Grey by die Oulike ma-bederfdag 2022 05.07.2022 22:00
Reandi Grey is ’n aktrise en die ontwerper van haar eie klerereeks. Sy glo as ma: Die belangrikste van alles is jou kind pas glad nie in ’n boksie nie en dit is oukei. Vergeet van die woord "normaal", want hierdie woord sal die vreugde van ouerskap by jou steel. Geniet eerder die avontuur met die naam "ma-wees".
Leer om na Hom te luister - Kayla Borman 05.07.2022 5:40
#SondagStilword Meisies Week 24
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.