RSG

Taaldinge

Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 11, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Taaldinge 28 Mei 2023 28.05.2023

Vloek jy in Afrikaans of Engels? Vloek is ‘n interessante kwessie, en verskillende woorde is meer of minder aanvaarbaar vir verskillende mense. Maar watter rol speel tweetaligheid, en vloek ‘n mens dalk makliker in Engels as jy Afrikaans is, of anders om? Die taalkundige, prof. Gerhard van Huyssteen van die NWU, vertel vir Ina Strydom van ‘n internasionale projek waarmee hy besig is.

Taaldinge 21 Mei 2023 21.05.2023

Die verskil wat ‘n letter kan maak! Is dit ‘n tikfout of ‘n taalfout? Die bekendstelling van nuwe banknote het tot groot ontsteltenis gelei by sommige lede van die Tsonga-taalgemeenskap omdat die woord “bangikulu” wat Reserwebank beteken, sonder ‘n “n” gespel word soos op die vorige stel note. Die taalpraktisyn van Akademia, Karien Brits, vertel vir Ina Strydom waaroor die ontsteltenis gaan.

Taaldinge 14 Mei 2023 14.05.2023

T staan vir ta en tsoenami; vir taai en vir têkkel, en nog vele meer. Die Senior Mederedakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Alet Cloete, vertel vir Ina Strydom wat dit behels om ‘n woordeboekdeel van die WAT saam te stel, nadat die deel wat met die letter T begin, onlangs voltooi is. Sy vertel ook meer oor die vordering met die tienjaarplan, en wat gebeur as al die dele voltooi is.

Taaldinge 7 Mei 2023 07.05.2023

Universiteite se taalbeleid is dikwels in die kollig en het al tot verskeie hofsake gelei. Maar taalbeleid handel ook oor regverdigheid en die benadeling van studente op grond van taal. Proff. Albert Weidenam en Tobie van Dyk van Icelda vertel vir Ina Strydom hoekom akademiese geletterdheid en die insluiting daarvan in ‘n taalbeleid so belangrik is.

Taaldinge 30 April 2023 30.04.2023

Luisteraars se taalnavrae is altyd interessant en leersaam. Alet Cloete en Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal vertel onder meer waar “op eie houtjie” en “uitknikker” vandaan kom. Hulle gee ook die Afrikaanse benaming vir “chatbot”, en verduidelik wat ‘n kon-konnetjie is.

Taaldinge 23 April 2023 23.04.2023

Akademiese geletterdheid kom elke dan en wan in die soeklig, maar wat is dit en waarom wil universiteite dit meet? Proff. Albert Weideman en Tobie van Dyk vertel vir Ina Strydom waarom akademiese geletterdheid belangrik is, en wat uit toetse afgelei kan word.

Taaldinge 16 April 2023 16.04.2023

Watter nut het idiome? Dalk moet ‘n mens sommer maar reguit sê wat jy bedoel. Maar enige moedertaalspreker wat sy sout werd is, sal weet dat uitdrukkings en idiome so ingeburger is dat ‘n mens skaars besef jy gebruik dit. Die oorsprong van uitdrukkings in Afrikaans kan gevind word in bronne wat wissel van die antieke tyd tot vandag; van bedrywe soos skeepvaart tot sport. Betaalmiddels, oud en nuut...

Taaldinge 9 April 2023 09.04.2023

‘n Paar weke gelede is daar bestek geneem van die stand van Afrikaans, en die fokus was op die positiewe punte. Daar is egter ook rooi ligte wat flikker waarvan kennis geneem moet word. Prof. Wannie Carstens en dr. Conrad Steenkamp bespreek ‘n paar van die gevaarligte vir Afrikaans met Ina Strydom.

Taaldinge 2 April 2023 02.04.2023

Wat is die verskil tussen state en deelstate; konsert en concerto; en bakatel en bagatelle? ‘n Nuwe spanlid, dr. Gerda Odendaal, sluit by Alet Cloete van die WAT aan om saam met Ina Strydom luisteraars se navrae oor taalkwessies te beantwoord.

Taaldinge 26 Maart 2023 26.03.2023

Dis altyd moeilik om plagiaat te bewys, en kunsmatige intelligensie kan dit selfs moeiliker maak. Maar daar is taalkundige beginsels wat in die proses gebruik kan word om die identiteit van die outeur te bepaal. Taalkundige prof. Ernst Kotze vertel vir Ina Strydom hoe forensiese linguistiek hiervoor gebruik word. Dit is die vakgebied waar taal gebruik word om regskwessies te help oplos soos plagia...

Taaldinge 19 Maart 2023 19.03.2023

Om 'n vreemde taal aan te leer maak nie net nuwe wêrelde oop wat betref musiek en letterkunde nie, maar kan ook help om werksgeleenthede en selfs verblyfreg te kry.  Prof. Angelique van Niekerk, hoof van die Departement, Afrikaans, Nederlands, Duits en Frans by die Universiteit van die Vrystaat, vertel vir Ina Strydom van 'n aanleerderskursus wat mense in staat kan stel om Nederlands genoegsaam on...

Taaldinge 12 Maart 2023 12.03.2023

Die Wet op Hoër Onderwys vereis dat al die inheemste tale op gelyke speelveld geplaas moet wees by universiteite. Dit vereis taalhulpbronne wat insluit taallaboratoria, tolkdienste, speltoetsers, en meertalige termlyste. Om te bepaal wat by die land se 26 universiteite beskikbaar is, word ‘n taalhulpbronoudit tans gedoen. Die toegepaste taalkundige, prof. Tobie van Dyk, vertel vir Ina Strydom hoe...

Taaldinge 5 Maart 2023 05.03.2023

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans kom gereeld met nóg ‘n vindingryke idee of plan vorendag. Die jongste is ‘n digitale uitgewery wat ‘n aanvullende rol wil speel tot bestaande uitgewers. Die uitvoerende direkteur, Marlie Coetzee, vertel vir Ina Strydom van hulle planne.

Taaldinge 26 Februarie 2023 26.02.2023

Daar is vir die eerste keer 'n boek oor toegepaste taalkunde in Afrikaans. Dit dek onderwerpe wat wissel van lees- en leeronderrig; taalbeplanning en taalpolitiek tot psigolinguistiek, sosiolinguistiek en onomastiek, of naamkunde. Die redakteurs, proff. Tobie van Dyk en Wannie Carstens, en die projekbestuurder, DJ Cloete, vertel vir Ina Strydom van die boek en die projek. 

Taaldinge 19 Februarie 2023 19.02.2023

Wat het in 2022 met Afrikaans gebeur?  Watter hoogtepunte was daar en waar flikker die rooi ligte? In dié eerste program word daar op die hoogtepunte gefokus.  Prof. Wannie Carstens, dr. Conrad Steenkamp, Ria Olivier en Rone Wierenga lig die jaar se winste uit.

Taaldinge 12 Februarie 2023 12.02.2023

As deel van Moedertaalmaand, fokus ons op moedertaalonderrig.  Annelie van Jaarsveldt en Lara Erasmus van Afrikaans.com vertel vir Ina Strydom waarom moedertaalonderrig noodsaaklik is, en hoe Afrikaans.com leerlinge, ouers en onderwysers bystaan.

Taaldinge 5 Februarie 2023 04.02.2023

‘n Taalkundedosent van die department Afrikaans by die NWU se Potchefstroom-kampus, Nina Brink, vertel hoe metonimie in babas en peuters se vroeë taalgebruik voorkom.

Taaldinge 29 Januarie 2023 29.01.2023

Die Afrikaanse Taalraad is op vele vlakke betrokke om Afrikaans in al sy variëteite te bevorder en te beskerm. Die bestuurshoof, dr. Conrad Steenkamp, die ondervoorsitter van die direksie, dr. Hendrik Theys, en die koördineerder in die Suide, Ria Olivier, vertel aan Ina Strydom wat hulle planne vir die jaar is.

Taaldinge 22 Januarie 2023 22.01.2023

Dr. Phillip Louw is die nuwe hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Hy praat oor die noodsaaklikheid van skoolwoordeboeke in ander tale, die belang van moedertaalonderrig, en sy visie vir die WAT.

Taaldinge 15 Januarie 2023 15.01.2023

Die aanspreekvorme, oom en tannie, het sommige mense warm onder die kraag. Ander meen dis ‘n teken van respek. Dr. Carla Ellis van die Universiteit van die Vrystaat het onlangs haar Ph. D verwerf met ‘n sosiolinguistiese ondersoek na die gebruik van dié aanspreekvorme. Sy vertel vir Ina Strydom meer oor die studie en haar bevindings.

Taaldinge 8 Januarie 2023 08.01.2023

Die taalkundige, Suléne Pilon van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Pretoria, vertel hoe woorde van vreemde herkoms in Afrikaans hanteer word. Daar is vertaling, transkripsie, transliterasie en ontlening.

Taaldinge 1 Januarie 2023 01.01.2023

Jana Luther van die WAT vertel meer oor nuwejaarsvierings, en die herkoms van woorde soos joel en jol en beier.

Taaldinge 18 Desember 2022 18.12.2022

Luisteraars se taalnavraae word beantwoord - Waarom praat ‘n mens van die Paarl en die Strand, maar nie van die George nie? Wanneer is dit hakkie en wanneer is dit hakie? Wat beteken kwiksoties?

Taaldinge 11 Desember 2022 11.12.2022

Die aktrise Charlize Theron se uitlating dat daar net 44 Afrikaanssprekendes oor is, het wye en soms heftige reaksie ontlok. Die taalkundige, prof. Wannie Carstens, praat oor wat dit vir Afrikaans beteken het, en die gevaarligte wat wel vir Afrikaans flits.

Taaldinge 4 Desember 2022 04.12.2022

Waarom praat ons van “’n feit soos ‘n koei”?  En is dit korrek om te praat van rippeleffek?  Dr. Willem Botha en Alet Cloete beantwoord taalnavrae saam met Ina Strydom.

Listen to the Taaldinge podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.