RSG
Taaldinge
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Taaldinge 29.12.2018 16:43
'n Krieseltjie en 'n knypie; 'n katspoegie of 'n ettertjie – Jana Luther van Viva vertel vir Ina Strydom van die unieke manier waarop eenhede en mate in Afrikaans uitgedruk word in die volksmond.
Taaldinge 22.12.2018 21:07
Is dit oppad of op pad en skooltoe of skool toe? En wat is 'n eselsbrug?
Taaldinge 15.12.2018 18:32
Prof. Gerhard van Huyssteen praat met Ina Strydom oor taalpotgooie, of soos hy dit stel podsendings. Van die internasionale weergawes waarna hy verwys, is Talk the Talk, That's what they say, Lingthusiasm, All things linguistic.com en History of English podcasts.
Taaldinge 08.12.2018 16:36
Afrikaans.com se #Onmisbaar Afrikaans-veldtog eindig vir die jaar. Wat wys die syfers oor die impak van die veldtog.
Taaldinge 01.12.2018 20:58
Daar is vele maniere waarop 'n mens "nee" sê in Afrikaans, en nee is nie altyd nee nie! Prof. Ernst Kotze praat met Ina Strydom oor negatiewe polariteit in Afrikaans.
Taaldinge 24.11.2018 21:05
Magdaleen Krüger kyk na variëteite in Suid-Afrikaanse Engels en vergelykings met internasionale Engels.
Taaldinge 17.11.2018 22:13
Ina Strydom praat met die taalhistorikus, prof. Jac Conradie van die Universiteit van Johannesburg, oor die oorsprong en gebruike van modale partikels in Afrikaans: “mos” en sy maters!
Taaldinge 10.11.2018 21:34
Hoekom word reën en seën met deeltekens geskryf, en been en steen nie? Wat is 'n noorkapperwalvis? Is dit korrek om te praat van die afvoer van mense?
Taaldinge 03.11.2018 18:21
Prof. Hans du Plessis het by 'n onlangse herkomsseminaar gepraat oor die wortels van Afrikaans. In 'n geredigeerde weergawe van sy bydrae verduidelik wat hy onder meer wat hy met die "voorpos" bedoel.
Taaldinge 27.10.2018 20:02
In Taalnavrae word die betekenis van navrant gegee, daar word gesels oor taptoe, en uitgebrei oor die woord tarentaal.
Taaldinge 20.10.2018 17:28
Daar is groot internasionale belangstelling in die grammatika van Afrikaans. Viva se grammatikasimposuim is onlangs in Gent in België gehou, en prof. Gerhard van Huyssteen vertel meer oor die sprekers wat opgetree het en die onderwerpe wat bespreek is.
Taaldinge 14.10.2018 22:10
Wat is die effektiwiteit (of nie) en waarde van 'n reklameveldtog vir iets wat nie 'n konkrete diens of produk is nie, maar eerder 'n emosie, soos 'n taal?
Taaldinge 06.10.2018 22:12
'n Unieke nuwe woordeboek, die Junior Tweetalige Woordeboek, het pas verskyn. Ina Strydom praat met die leksikograaf, Delana Fourie en NB Uitgewers se streeksverkoopsbestuurder vir skole in Gauteng, Henk Viljoen oor die boek.
Taaldinge 29.09.2018 20:12
Kan die spanning tussen Standaardafrikaans en die omgangsvariëteite van Afrikaans verlig word, en hoe?
Taaldinge 22.09.2018 20:54
Gesproke Afrikaans en geskrewe Afrikaans is nie altyd dieselfde nie. Wat is die redes hiervoor en watter invloede speel 'n rol? Ina Strydom praat met Jana Luther van Viva oor hierdie kwessie.
Taaldinge 16.09.2018 18:54
Die taalkenners beantwoord 'n klompie taalnavrae van luisteraars. Hulle praat oor onder meer 'n stil veiling, 'n klossiegat en 'n boom operator.
Taaldinge 08.09.2018 21:12
Ina Strydom praat met prof. Wannie Carstens van die NWU oor die gapings wat nog bestaan in die optekening van die geskiedenis van Afrikaans.
Taaldinge 01.09.2018 16:41
Wat is 'n tastrein, tantelant en miempiempie?
Taaldinge 25.08.2018 23:00
Ina Strydom bring hulde aan die taalkundige, prof. Christo van Rensburg, wat verlede week oorlede is.
Taaldinge 18.08.2018 19:17
Van die luisteraarsvrae wat bespreek word, is die herkoms van die woorde tonteldoos, argitek, gemelik en ghoef.
Taaldinge 11.08.2018 22:42
Ina Strydom praat met Magaleen Krüger en Fred Pheiffer, een van die redakteurs van Die Tale wat ons praat - taaldinge uit die gewilde radioprogram, oor die boek wat pas verskyn het.
Taaldinge 04.08.2018 20:16
Klemplasings binne woorde en binne sinne – is daar 'n verskuiwing aan die gang in Afrikaans?
Taaldinge 28.07.2018 19:46
Die gesprek oor die vertaling van eiename word voortgesit, met die fokus op onder meer persoonsname (byvoorbeeld die Pous van die Rooms-Katolieke Kerk), geografiese name, en die name van organisasies.
Taaldinge 21.07.2018 17:38
In Taalnavrae word daar gepraat oor 'n ysterwarewinkel, hoekom spel ons onthou, maar spreek dit uit as 'ondhouis', en waar kom die woord 'bom' vandaan.
Taaldinge 14.07.2018 18:47
Behoort 'n mens eiename te vertaal? Die taalpraktisyn Tom McLachlan praat oor die tradisie en faktore wat ter sprake kom by vertalings.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.