RSG

Taaldinge

Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

Education

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 18, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Taaldinge 12 Januarie 2020 11.01.2020

Jana Luther praat oor die stand van verklarende woordeboeke, en vertel onder meer van die uitdagings waarmee woordeboekmakers te kampe het. Dit sluit in die arbeidsintensiewe werk wat betrokke is, asook die koste daaraan verbonde.

Taaldinge 5 Januarie 2020 04.01.2020

Hoekom word reën en seën met deeltekens geskryf, en been en steen nie? Wat is 'n noorkapperwalvis? Is dit korrek om te praat van die afvoer van mense?

Taaldinge 29 Desember 2019 28.12.2019

Spesiaal vir die vakansietyd: Afrikaans se mooiste woorde - 'n paar mense vertel of lees voor wat in die stadium vir hulle besonderse, of mooi, of betekenisvolle woorde in Afrikaans is.

Taaldinge 22 Desember 2019 21.12.2019

Inligting word gegee oor 'n drietalige landbou-woordeboek in Afrikaans, Engels en Xhosa, en daar word gesels oor terminologie en terminografie.

Taaldinge 15 Desember 2019 14.12.2019

Die land se voorste leksikograaf, prof. Rufus Gouws van die Universiteit Stellenbosch, praat oor twee nuwe woordeboeke, die Frekwensiewoordeboek en die Leksikografiewoordeboek, en die stand van Afrikaans in die internasionale leksikografiese omgewing.

Taaldinge 07.12.2019

In Taalnavrae word gepraat oor Jantjie Skuisdwars, ontbyt en oppas... of is dit nou pas op?

Taaldinge 30.11.2019

Die onlangse uitspraak van die Konstitusionele Hof oor die taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch was 'n groot terugslag vir Afrikaans en ander inheemse tale, maar prof. Wannie Carstens van die NWU sê Afrikaanssprekendes hoef nie moedeloos te raak nie. Hy vertel watter praktiese dinge gedoen kan word om Afrikaans te bevorder.

Taaldinge 23.11.2019

In Taaldinge word gepraat oor die herkoms van die uitdrukking, voor-op-die-wa; waar die woord, liddoring, vandaan kom, en die betekenis van somatologie.

Taaldinge 16.11.2019

Prof. Rufus Gouws van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch praat met Ina Strydom oor die stand van woordeboeke in die land. Hulle praat onder meer oor aanlyn- en gedrukte woordeboeke, en oor woordeboeke in ander inheemse tale.

Taaldinge 09.11.2019

In Taaldinge word daar gepraat oor newwies, kwaggakaiings en die herkoms van die woord imbesiel.

Taaldinge 02.11.2019

Wat is 'n anglisisme - en moet ons daarop bedag wees? Sophia Kapp van VivA verduidelik wat anglisismes is, en wat nie is nie.

Taaldinge 19.10.2019

'n Mens maak elke dag sinne volgens 'n bepaalde patroon, sonder om eers daaroor te dink. Die studie van sinne en sinsbou is sintaksis. Emeritus-professor Willem Botha vertel van die proses en die elemente by die formulering van sinne.

Taaldinge 12.10.2019

Van die taalnavrae wat hanteer word, is waar kom die alla in allawêreld vandaan, wat is 'n jongleur, wat is jingo en wat is die herkoms van slampamper.

Taaldinge 05.10.2019

Afrikaans het 'n ryk bynaamtradisie. Jana Luther vertel meer van Jan en Piet en Kaatjie – en al die ander!

Taaldinge 28.09.2019

Daar word gepraat oor Afrikaans in die galaksie en die ruimte.

Taaldinge 21.09.2019

In die gees van Erfenisdag val die fokus op een van die belangrike wortels van Afrikaans, naamlik Arabies. Prof. Ernst Kotze vertel meer oor Moesliemafrikaans en die invloed van Arabies op Afrikaans.

Taaldinge 14.09.2019

Luisteraarsnavrae word hanteer, onder meer die betekenis van kwik in kwiksilwer, die gebruik van die woord narratief en die betekenis van bombas.

Taaldinge 07.09.2019

Afrikaans dra swaar aan sy verlede, en ly onder politieke druk. Prof. Wannie Carstens van die NWU vertel wat gedoen kan word om Afrikaans se toekoms te verbeter.

Taaldinge 31.08.2019

Wat noem ons die verskynsel wanneer dit is as dis of net soos as nes uitgespreek word. Kan dit ook so geskryf word? En is punte by afkortings nog nodig, soos byvoorbeeld m.a.w. of m.b.t.?

Taaldinge 24.08.2019

Prof. Andries Coetzee van die Universiteit van Michigan praat verder oor Patagoniese Afrikaans. Prof. Jacques van der Elst gee ook meer inligting oor die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se beursprojek vir meestersgraad- en doktorsgraadstudente wat hulle verhandelings en proefskrifte in Afrikaans skryf.

Taaldinge 17.08.2019

In Taalnavrae word gevra of 18:00 as agtienhonderd-uur of agtien-uur uitgespreek word. En wat is 'n goeie Afrikaanse woord vir die Engelse mall?

Taaldinge 10.08.2019

In 1902, net ná die Boereoorlog, het 'n groep Afrikaners na Argentinië getrek en hulle in Patogonië gaan vestig. Sowat 120 jaar later, is daar nog enkelinge oor wat Afrikaans kan praat. Prof. Andries Coetzee van die Universiteit van Michigan in die VSA doen navorsing oor Patagoniese Afrikaans. Hy vertel meer van die navorsing.

Taaldinge 04.08.2019

Afrikaans is 'n herwinningsprojek. Magdaleen Kruger vind wat uit wat hiermee bedoel word.

Taaldinge 27.07.2019

Te midde van vele redes om moedeloos te wees, soos die ekonomie, die politiek, teleurstellende sportuitslae en druk op Afrikaans, gee prof. Wannie Carstens van die NWU voorstelle en redes om Afrikaans se toekomsvooruitsigte te verbeter.

Taaldinge 13.07.2019

Prof. Gerhard van Huyssteen vertel van sy projek oor vloek - onder meer die taboes, taalkundige kodewisseling en selfsensuur.

Listen to the Taaldinge podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.