RSG
Spitstyd
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Help 30 Maart 2022 30.03.2022 11:01
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (VlokSkop-stigting)
Tegnologie 29 Maart 2022 29.03.2022 3:06
Ettienne Ludick praat oor Apple wat die produksie van sy iPhone SE gaan afskaal, en NASA wat nuwe gevorderde valhelms vir sy ruimtevaarders ontwikkel het.
Kuns met kontant 24 Maart 2022 24.03.2022 12:45
Coenie de Villiers help Henco Kruger om sin te maak van die twee uiteenlopende wêrelde van kuns en kontant. Coenie het immers die Eeufeesmedalje van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gekry vir sy bydrae tot die kunste.
RSG Help 23 Maart 2022 23.03.2022 10:28
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Ou Presidensie Historiese Vereniging)
Tegnologie 22 Maart 2022 22.03.2022 4:30
Ettienne Ludick vertel van toepassings wat jou finansies op die regte pad sal hou.
Kuns met kontant 17 Maart 2022 17.03.2022 11:31
‘n R1-munt wat ‘n vriend in Jakkie Louw se kenmerkende keps gegooi het, is die oomblik toe Jakkie besef hy gaan ‘n lewe maak uit sy passie vir musiek. Hy het daardie munt teen sy kitaar geplak en vir jare saam met hom gedra as ‘n herinnering. Jakkie vertel vir Henco Kruger van sy besigheidsidees, waarom kunstenaars nooit nee moet sê vir geld nie, en veral waarom ‘n sanger nooit een van sy CD’s ver...
RSG Help 16 Maart 2022 16.03.2022 11:17
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Fit for Rhinos en Rhino Connect)
Tegnologie 15 Maart 2022 15.03.2022 1:02
Ettienne Ludick praat oor Twitter wat sy planne laat vaar het om gebruikers tydlyn te verander.
Kuns met kontant 10 Maart 2022 10.03.2022 12:23
Die Spitstyd-span het onlangs die voorreg gehad om saam met Leon van Nierop uit te saai. Leon skryf die boek en twee TV-reekse van Ballade vir ‘n Enkeling, waarna hy die draaiboek skryf en dit vervaardig as rolprent. Dit het R10-miljoen by die loket verdien, en wen ‘n Tempo-toekenning as beste rolprent. Leon verduidelik hoeveel elke betrokke party van die verdienste kry. Hy praat oor sy persoonlik...
RSG Help 9 Maart 2022 09.03.2022 13:42
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Terugvoer oor Anco Dempers van Bloemfontein / Inceba Projects)
Tegnologie 8 Maart 2022 08.03.2022 3:46
Ettienne Ludick praat oor die bekendstelling van ‘n nuwe Apple-produkte later vandag. Wat kan ons verwag?
Kuns met kontant 3 Maart 2022 03.03.2022 11:53
In die tweede deel van Henco Kruger se gesprek met Nataniël kom die koekies vars gebak uit die oond. “Daar moet altyd koekies in ‘n huis wees. Dit moet altyd vesel soos klapper, hawermout, gemaalde amandel of neute bevat - dit sorg dat die binnekant van die koekie sag bly en ‘n lekker nasmaak het. ‘n Huis sonder koekies is ‘n hartseer storie.” Henco en Nataniël se kuier skuif uit die kombuis na ‘n...
RSG Help 2 Maart 2022 02.03.2022 9:15
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Anco Dempers van Bloemfontein)
Top Afrikaanse skole vereer 02.03.2022 5:50
Die Skoleondersteuningsentrum het die top-Afrikaanse skole in die land tydens ’n prysuitdelingsgeleentheid vereer. Die beste Afrikaanse skool, met ’n gemiddeld van 4,09 onderskeidings per leerder en 577 onderskeidings in totaal, is die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch. Carla Mackenzie, Spitstyd se regisseur en ‘n oud-Bloemhoffer, het met die skoolhoof, Wilna van Heerden, oor die prestasie...
Tegnologie 1 Maart 2022 01.03.2022 1:31
Het jy al gewonder hoe jy jou familievideo’s op jou foon kan omskep in een mooi video, maar weet nie hoe om dit te redigeer nie? Ettienne Ludick sê daar is ‘n videoredigeringstoepassing vir slimfone vir amateurvideograwe.
Kuns met kontant 24 Februarie 2022 24.02.2022 12:42
Nataniël en Henco Kruger versoen die twee wêrelde van geld en kuns met mekaar. En tussendeur bak hulle koekies…
RSG Help 23 Februarie 2022 23.02.2022 11:15
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (McGregor Young Warriors Bergfietsakademie)
Tegnologie 22 Februarie 2022 22.02.2022 1:26
Ettienne Ludick praat oor 'n veldtog wat weg wil doen met filters wat foto's mooier laat lyk; en 'n toepassing wat mense help om hulle reuksintuig te verbeter ná Covid.
Kuns met kontant 17 Februarie 2022 17.02.2022 12:52
Ons is al so geprogrammeer om mense in boksies te plaas. Henco Kruger het verwag om die heeltyd te lag tydens sy kuier by veteraanakteur Tobie Cronjé, maar iewers het die lag in huil verander. Kom huil en lag saam met Henco en Tobie.
RSG Help 16 Februarie 2022 16.02.2022 11:06
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Truth Heals)
Tegnologie 15 Februarie 2022 15.02.2022 9:08
Mac of Windows? Dis die groot skootrekenaar debat. Die verskil tussen Windows- en Appleskootrekenaars kom neer op die sagteware en verbruikerservaring.
Kuns met kontant 10 Februarie 2022 10.02.2022 11:49
Met sy ronderaambril, dik swart baard en mooi lirieke wat hy skryf, is hy vir Henco Kruger die Afrikaanse weergawe van John Lennon. John-Henry Opperman is te sien in flieks soos Roepman, Musiek Vir Die Agtergrond en An Act of Defiance. Hy is lid van Klopjag en skrywer van ikoniese liedjies soos Stof, Dalk ‘n Boerseun en 24 uur. In die vroeë jare 2000 was koshuise gevul met Klopjag se CD’s. Hoe het...
RSG Help 9 Februarie 2022 09.02.2022 10:00
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Happy Yappers Animal Sanctuary)
Tegnologiepraatjie 8 Februarie 2022 08.02.2022 8:48
Is jy in die mark vir ‘n goeie antivirus-program? Hoe weet jy watter een is reg vir jou?
Kuns met kontant 3 Februarie 2022 03.02.2022 16:28
Rika Sennett het die rolle van sterk vroue vertolk in bekende TV-produksies soos Fees van die Ongenooides en Verraaiers. Sy het vroeg in haar loopbaan harte verower as Rissiepit in die film, Snip en Rissiepit. Sy was ook die eerste vroue aanbieder vir SABC TV in 1975. Rika beskryf teater as die moeder van die kunste, en dis haar groot liefde. Henco Kruger gesels met haar oor haar loopbaan en akteu...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.