RSG
Spitstyd
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG se sakebestuurder praat oor al die woelinge by die stasie 10.06.2022 16:42
Mariëtta Kruger gesels met Louise Jooste, RSG se sakebestuurder, oor die onlangse meningspeiling waaraan luisteraars kon deelneem asook die programveranderinge, hoe die stasie befonds word en die groot feesviering wat vanjaar op lug aangebied sal word.
Kuns met kontant 8 Junie 2022 08.06.2022 12:17
Na 30 jaar sit Henco Kruger en André Schwartz hulle kuier voort. In 'n openhartige gesprek praat André oor engele, gesondheid, loopbaanhoogtepunte, suksesse en mislukkings.
RSG Help 7 Junie 2022 07.06.2022 10:33
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Feed a Child)
Robbie Wessels in die ateljee 03.06.2022 44:44
Robbie Wessels kuier in die Spitstyd-ateljee
Kuns met kontant 1 Junie 2022 01.06.2022 22:41
Voel jy die genade? Jo Black skryf al sy sukses toe aan genade. Uit hierdie gesprek met Jo besef mens dat alles in die lewe nie oor geld gaan nie. Kom vind uit wanneer en waarom hy sy fokus van geldmaak na herinneringe-maak verskuif het.
RSG Help 31 Mei 2022 31.05.2022 10:00
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Bramley Kinderhuis, Groenkloof, Pretoria)
Kuns met kontant 25 Mei 2022 25.05.2022 12:35
Sy is intelligent, ‘n begaafde sangeres, ‘n televisie-aanbieder, en het ook al bewys dat sy ʼn talentvolle akteur is. Leah weet wat sy wil hê, en daarmee saam kom die insig en die besef dat dit die moeite werd is om te wag vir goeie dinge. Sy glo dat tydsberekening alles is en dat alles op die regte tyd gebeur. Selfs ná haar hoofrol in die film, As Jy Sing, het haar loopbaan nie posgevat nie totdat...
Hoërskool Burgersdorp vier 100 jaar met rugbydag 24.05.2022 5:12
Die Hoërskool Burgersdorp vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar. As deel van die feesvieringe is 'n rugbydag teen 'n groter, sterker skool, die Hoër Landbouskool Marlow, gereël. BHS se skoolhoof, Moolman Olivier, wat op sy dag as losskakel uitgedraf het vir Namibië, gesels oor dié geskiedkundige geleentheid.
RSG Help 24 Mei 2022 24.05.2022 11:54
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Lifeline Nelspruit)
Kuns met kontant 18 Mei 2022 18.05.2022 12:32
Christel van den Bergh wat jare lank op die kassie te sien was in die immergewilde sepie, Gertroud Met Rugby, het kykers enduit geboei tot haar laaste toneel wat onlangs uitgesaai is. Sy het die rol van Renate Greeff, die eksvrou van die Stryders-speler Simon Greeff, vertolk. Christel en die akteur wat die rol van Simon Greeff vertolk, David Louw, is verloof. Alhoewel Gertroud Met Rugby tot ‘n ein...
Kuns met kontant 11 Mei 2022 11.05.2022 12:23
‘n Mens is nooit te jonk om te begin nie. Bernice West is bewys daarvan dat ‘n mens op ‘n jong ouderdom ‘n uiters suksesvolle sangloopbaan kan hê, én van jongs af kan leer hoe om met geld te werk. Sy staan aan die begin van haar loopbaan, en Henco Kruger was aangenaam verras om te hoor hoe onafhanklik hierdie nuwe sangsensasie en liefling van die Afrikaanse musiekbedryf is – en dit alles op die ou...
RSG Help 10 Mei 2022 10.05.2022 11:29
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Atterbury Trust)
Eerste Vrydag: Rina Hugo en Johan van Rensburg 06.05.2022 42:58
Elke eerste Vrydag van die maand is daar 'n legende in die Spitstyd-ateljee. Vandag is dit die sangeres, Rina Hugo, en haar man, die musiikant Johan van Rensburg.
Kuns met kontant 4 Mei 2022 04.05.2022 12:37
In die laat jare sewentig is daar liedjie-aande gehou tussen bekende vriende by ‘n huis in Pretoria. Die bekende vriende was Koos Doep, Coenie de Villiers, Anneli van Rooyen, Lucas Maree, Anton Goosen, Sonja Herholdt en Laurika Rauch. By daardie huis het die Musiek-en-Liriekbeweging begin. Dit was Jannie du Toit se huis. Dié gevierde sanger, liedjieskrywer en pionier van die Musiek-en-Liriekbewegi...
RSG Help 3 Mei 2022 03.05.2022 13:32
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Louis57 Stigting)
Kuns met kontant 27 April 2022 27.04.2022 12:08
Hy het begin as Darius du Buisson in Egoli: Plek van Goud, en later groot bekendheid verwerf as Conrad Bester in Binnelanders. In 2011 het hy die vierde Suid-Afrikaanse Survivor-kompetisie gewen. Hykie Berg vertel vir Henco Kruger hoe hy sy R1 miljoen-prysgeld bestee het, en hoe moeilike uitdagings as kind hom sterk gemaak het om vandag ‘n suksesvolle skrywer, akteur, motiveringspreker en entrepre...
RSG Help 26 April 2022 26.04.2022 13:52
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Oudtshoorn Dogs in Need)
Kuns met kontant 20 April 2022 20.04.2022 12:34
Sy straal skoonheid uit van sowel binne as buite. Hierdie sonskynmens se lewensvreugde én lewenswysheid is opmerklik. Voor elke hoofstuk in haar boek, Paaie van hoop, is ‘n pragtige swart en wit volbladfoto van Nadia Beukes, maar sy sê dat alles nie net swart of wit in die lewe is nie en dat die grys gebiede tussenin ook bewandel moet word om oplossings te vind.
RSG Help 19 April 2022 19.04.2022 6:16
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (A Touch From Heaven)
Kuns met kontant 13 April 2022 13.04.2022 11:39
Sy het begin as Nina in FIELA SE KIND en groot bekendheid verwerf met die hoofrol in SAARTJIE. Vandag is sy ‘n suksesvolle sakevrou, model, aktrise, liefdadigheidswerker en motiveringspreker. Niemand hou van admin doen nie, veral as dit by hul persoonlike finansies kom. Annie Malan glo dat die engeltjies juis in jou admin versteek is. Die belangrikste geldles het sy nie by wêreldentrepreneurs soos...
RSG Help 12 April 2022 12.04.2022 10:06
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Burgers Help Mekaar SA)
Franna Benade in die ateljee 08.04.2022 37:09
Die een helfte van die sangpaar Innes en Franna kuier in die Spitstyd-ateljee. Willem Pelser gesels met Franna Benade oor sy loopbaan en lewe.
Kuns met kontant 6 April 2022 06.04.2022 12:05
Jonathan van Radio Raps-faam is almal se vriend. Hy is eerlik, spontaan en lewenswys. Ons almal het daai een vriend wat soos hy is, tog is daar altyd ‘n positiewe ondertoon in alles wat hy sê en doen. Hy herinner ons aan goed wat ons almal weet, maar soms te skaam is om self te sê. Hy is ‘n fyn waarnemer, nes die skepper van hierdie karakter, Rikus de Beer. Henco Kruger het al vroeg tydens die ree...
RSG Help 5 April 2022 05.04.2022 15:13
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Yenzokuhle Opleiding en Ontwikkeling)
Kuns met kontant 31 Maart 2022 31.03.2022 12:12
Twaalf jaar gelede het hy skoonskip gemaak toe hy 65% van die stemme gekry het om die sesde Suid-Afrikaans Idols-kompetisie te wen. Hy het oornag R500 000 ryker geword, maar onmiddelik die helfte van sy prysgeld aan die naaswenner geskenk. Hoekom is dameshandsakke ‘n duur, maar belangrike sakeles wat Elvis Blue geleer het? En hoe bestuur mens ‘n padstal en koffiewinkel soos Elvis Brew suksesvol?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.