RSG
Spitstyd
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
RSG Help 23 Augustus 2022 23.08.2022 10:25
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Forward Foundation)
Kuns met kontant 17 Augustus 2022 17.08.2022 50:52
Hy dra gebreide truie wat Suid-Afrika se geliefde snorman laat lyk asof hy uit ‘n 1970’s modetydskrif geklim het. Hy speel rolbal op kompeterende vlak, en van sy lekkerste geselskap vind hy in vriende wat so oud soos RSG is - 85 jaar. Schalk Bezuidenhout benader sy finansies soos hy rolbal benader – versigtig en berekend. Hy het vinnig agtergekom daar is reëls wat nagekom moet word soos in enige s...
RSG Help 16 Augustus 2022 16.08.2022 9:35
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (HUIS OASE, Centurion)
Kuns met kontant 10 Augustus 2022 10.08.2022 23:59
Hy verkies om in sy loopbaan te loop, en nie te hardloop nie. Hy benader sy geldsake op dieselfde manier.
RSG Help 9 Augustus 2022 09.08.2022 12:54
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Wamakersvallei Opleidingsentrum)
Eerste Vrydag: Sonja Heroldt 05.08.2022 40:52
Elke eerste Vrydag van die maand is daar 'n legende in die Spitstyd-ateljee. Vandag is dit die sangeres, Sonja Heroldt.
Kuns met kontant 3 Augustus 2022 03.08.2022 34:26
Francois van Coke het naam gemaak as die ikoniese voorsanger van die legendariese rockgroep Fokofpolisiekar. Op 8 April 2015 het Francois sy selfgetitelde debuutalbum bekendgestel met die vrystelling van die aangrypendste ballade van daardie jaar, Toe Vind Ek Jou, met Karen Zoid. Francois het R8000 gehad om by te dra tot die verfilming van ‘n musiekvideo van die liedjie, wat hy vir sy vrou geskryf...
RSG Help 2 Augustus 2022 02.08.2022 11:28
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (CANSA)
Kuns met kontant 27 Julie 2022 27.07.2022 41:30
Hy het met die minimum in Mitchells Plain grootgeword. Ongeag finansiële uitdagings het sy pa dit steeds belangrik geag om hom as ‘n klein seuntjie na toneelopvoerings en musiekvertonings te neem. Dit wat Emo Adams destyds op die verhoog gesien het, het nie net aan hom ontvlugting van sy eie uitdagende omstandighede gebied nie, dit was ook vir hom ‘n duidelike rigtingaanwyser van waarheen hy eenda...
RSG Help 26 Julie 2022 26.07.2022 11:57
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Dare to Read)
Kuns met kontant 20 Julie 2022 20.07.2022 12:03
Zander Tyler is 'n entrepreneur in murg en been. Sy deursettingsvermoë spreek boekdele. Sy Jack Parow-handelsnaam is ‘n uitgebreide besigheid, en ‘n goed geoliede masjien. Moenie dat Jack Parow se voorkoms jou flous nie, want Zander weet presies wat hy doen. Kom vind uit of daar ‘n verwydering tussen die personas van Jack Parow en Zander Tyler is.
RSG Help 19 Julie 2022 19.07.2022 6:19
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Mosselbaai Sorgsentrum)
Mandeladag 2022: Dr. Nellie Balfour, pediater 18.07.2022 5:52
Oudpresident Nelson Mandela het liefde en ondersteuning aan kinders regoor die wêreld gegee. Carla Mackenzie gesels met dr. Nellie Balfour, die eerste en jongste private pediater by die Nelson Mandela Kinderhospitaal in Parktown, Johannesburg. Sy het daardie vaandel met albei hande gegryp, en maak ‘n groot verskil by dié hospitaal.
Kuns met kontant 13 Julie 2022 13.07.2022 32:09
Jare gelede het ‘n groot boom in sy swembad geval. Die boom het drie jaar lank in die swembad gelê. Net soos sy nuwe enkelsnit, Japie Greyling, die verhaal van swaarkry en dan weer opstaan uit ‘n diep gat vertel, inspireer Pieter Smith mens om nie in sak en as te gaan sit wanneer die lewe uitdagend raak nie. Sy treffersnit, Stukkie van der Merwe, het ook ‘n groot rol daarin gespeel. Tydens die inp...
RSG Help 12 Julie 2022 12.07.2022 6:02
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Tolbos)
Joe Strydom se liefde vir ou meubels 12.07.2022 11:52
Joe Strydom is ‘n man wat sy storie ken as dit kom by die restourasie van meubels en ander oudhede in ‘n eg Franse styl. Terrance April het met hom in sy winkel in Albertville, Johannesburg, gesels.
Kuns met kontant 6 Julie 2022 06.07.2022 12:28
Dit het vir hom oornag beroemdheid verwerf, maar 16 jaar later is sy naam dalk nie meer so sinoniem met die sangkompetisie, Idols, nie want vandag is hy ‘n gevestigde sanger, aanbieder en fotograaf. Hy geniet ook groot sukses met sy eie grimeerreeks en werkswinkels waar hy grimering-en haarwenke aanbied. Henco Kruger sê hy is nie ‘n geskikte kandidaat vir die grimering of die hare nie, maar Willem...
RSG Help 5 Julie 2022 05.07.2022 10:35
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Bougainvillea Versorgingsentrum, Phalaborwa)
Eerste Vrydag: Magda van Biljon 01.07.2022 55:17
Elke eerste Vrydag van die maand is daar 'n legende in die Spitstyd-ateljee. Vandag is dit die aktrise, Magda van Biljon.
Kuns met kontant 29 Junie 2022 29.06.2022 12:07
'n Mens is vinnig om te dink dat ‘n in-die-oomblik sosiale media video tot Elandré se oornagsukses gelei het. Die werklikheid is dat toe daardie oomblik aanbreek, het hy reeds baie harde werk en ure ingesit en sy lewe lank daarvoor voorberei. Henco Kruger en Elandré praat geldsake. Volgens astrologie en waarsêery, voorspel ‘n gaping tussen jou voortande baie rykdom en welvaart. Die gaping tussen h...
RSG Help 28 Junie 2022 28.06.2022 5:55
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Khanya Hospies)
Kuns met kontant 22 Junie 2022 22.06.2022 11:52
Budget smudget is ‘n term wat Henco Kruger by Anna Davel geleer het. In alle eerlikheid, wie in die lewe het ‘n begroting wat altyd klop? Anna Davel gesels oor klein genades soos om al jou skuld te kan delg. Sang en liedjieskryf is haar talente waarmee sy stories kan vertel, en sy kry dit altyd reg om met haar stories iemand êrens aan te raak. In hierdie episode vertel sy haar geldstorie.
RSG Help 21 Junie 2022 21.06.2022 11:02
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (4 THE 1)
Kuns met kontant 15 Junie 2022 15.06.2022 12:18
‘n Woestynroos is ‘n vetplant, maar ‘n ander vorm van ‘n woestynroos is ‘n versteende mineraal wat oor millennia onder die sandduine van Namibië gevorm word terwyl niemand kyk nie. Juanita du Plessis is iemand wat stilweg, terwyl niemand gekyk het nie, ‘n gedaanteverwisseling ondergaan het vanaf ‘n woestynmeisie tot die grootste superster denkbaar.
RSG Help 14 Junie 2022 14.06.2022 9:14
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Tiny Owls Baby Home)
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.