RSG

Spitstyd

Society AF ↓ 969 episodes

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Eerste Vrydag: Carike Keuzenkamp 04.11.2022

Elke eerste Vrydag van die maand is daar 'n legende in die Spitstyd-ateljee. Vandag is dit die sanger, Carike Keuzenkamp.

Kuns met kontant 2 November 2022 02.11.2022

Die afgelope paar jaar was daar ‘n ontploffing in Afrikaanse lof-en aanbiddingsmusiek. Aan die voortou hiervan staan Retief Burger. Met die vrystelling van sy album, Luidkeels, in 2005, het dié album die grense in Afrikaanse lof en aanbidding verskuif. Hierdie gospelsanger het harte verower, en van hom ‘n bekende naam in die musiekbedryf gemaak. Dit het die pad vir hom gebaan om die evangelie te v...

RSG Help 1 November 2022 01.11.2022

RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (DBV Carletonville)

Christo Olivier kuier in die ateljee 28.10.2022

Breyton Paulse het vir Christo Olivier gedoop as Die Stem van Bloemfontein. As deel van Afrikaanse radio se 85-jaar viering, kuier herdie radioveteraan by Willem Pelser in die ateljee.

Kuns met kontant 26 Oktober 2022 26.10.2022

Op groot aanvraag brei Kuns met Kontant uit, en gesels Henco met ‘n c voortaan ook met Afrikaanse sportsterre! Vanes-Mari du Toit: Van Protea-netbalspeler, sportkommentator, Kwêla-aanbieder tot aanbieder van vanjaar se Afrikaans Is Groot. Sy benader haar geldsake soos ‘n Verdediger én ‘n Doel; die twee uiteenlopende posisies op internasionale netbalbane waarvoor sy bekendheid verwerf het. Op die n...

RSG Help 25 Oktober 2022 25.10.2022

RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Diepkloof Kleuterskool)

Kuns met kontant 19 Oktober 2022 19.10.2022

Hierdie aflewering is ‘n keurspel; ‘n allegaartjie van die beste wat nog nie gehoor is nie. Elke Woensdagiddag saai RSG tydens Spitstyd weens tydbeperkings net 12 minute van Henco met ‘n ‘c’ se onderhoude uit. Die volledige onderhoude word as potgooi op RSG se webwerf beskikbaar gemaak. Maar wat van die dele wat op die redigeerkamer se vloer beland? Ons het van die brokkies gaan optel en aanmekaar...

RSG Help 18 Oktober 2022 18.10.2022

RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Rockaby Baby House)

Kuns met kontant 12 Oktober 2022 12.10.2022

Hy is sedert die jare 90 ‘n integrale deel van die Suid-Afrikaanse musieklandskap. Hy is die kaptein van dans- en saamsingmusiek. Trefferliedjies soos Kaptein, Loslappie, Meisie Meisie en Hemel Op Tafelberg het hom die koning van sokkie gemaak. Hy is ‘n superster in Suid-Afrika en Europa, met veral Belgiese en Nederlandse sangers wat tou staan om sy liedjies te koop en op te neem. Kurt Darren se n...

RSG Help 11 Oktober 2022 11.10.2022

RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Project Schools)

Eerste Vrydag (op 'n Donderdag): Danie Botha 06.10.2022

Elke eerste Vrydag van die maand is daar 'n legende in die Spitstyd-ateljee. Vandag is dit die sanger, Danie Botha.

Kuns met kontant 5 Oktober 2022 05.10.2022

Wat gebeur wanneer twee gewilde sangers besluit om die wonder van die natuur te vier met ’n treffende duet? ’n Hoendervleismooi liedjie word geskep, wat Afrikaanse musiekharte net so diep sal raak soos die ongerepte natuurskoon van die woestyn. NAG IN DIE NAMIB pas Jannie Moolman en Helenè Bester se stemme soos ’n handskoen, en is een van daardie enkelsnitte wat dadelik in jou kop vassteek omdat d...

RSG Help 4 Oktober 2022 04.10.2022

RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (The Pink Drive)

Kuns met kontant 28 September 2022 28.09.2022

Anton Goosen se musiek is so deel van die Afrikaanse kultuur soos melktert, braaivleis en koeksisters. Daarom is dit heel gepas dat hierdie legendariese Liedjieboer se naam en handelsmerk voortaan verbind sal word aan ’n nuwe reeks eksklusiewe vellies, die Jantjie en Katryntjie veldskoene, wat volgens sy unieke spesifikasies vervaardig is. Anton, wat reeds sedert die tagtigs veldskoene op die verh...

RSG Help 27 September 2022 27.09.2022

RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Cupcakes of Hope)

Kuns met kontant 21 September 2022 21.09.2022

Dit is vanjaar 16 jaar sedert Bok van Blerk se gewilde liedjie, De La Rey, die harte van musiekliefhebbers verower het, en hom een van Afrikaans se grootste kunstenaars van alle tye gemaak het. Wat jy sien is wat jy kry, en terselftertyd kry Bok dit uitstekend reg om sy passie vir die buitelewe, jag en visvang by sy handelsnaam te inkorporeer. Dit maak hom 100% outentiek en waarborg so die langsle...

RSG Help 20 September 2022 20.09.2022

RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Monte Christo Miqlat)

Kuns met kontant 14 September 2022 14.09.2022

Hy was Pieter in 7de Laan, Xander in Binnelanders, Manie in Hotel en Wimpie in die Bakgat-flieks, maar vandag is Ivan Botha een van die land se voorste rolprentmakers wat die verdiensterekords by die loket laat spat!

RSG Help 13 September 2022 13.09.2022

RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Healing Leaves)

Kuns met kontant 7 September 2022 07.09.2022

Swak finansiële beplanning is soos om met nat hout te probeer braai. Met nat hout benodig jy meer vuuraanstekers om die vuur aan die gang te kry. Jy eindig gewoonlik met nat hout op as jy dit in kleinmaat by jou naaste vulstasie aankoop, omdat dit groen en vars afgesnyde boomtakke bevat. Dit lê dan net en sweet in die sakkie. Koop jou hout vroegtydig in grootmaat – sommer ‘n bakkievrag vol met ten...

RSG Help 6 September 2022 06.09.2022

RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Hands of Hope 4 Little Favoured Ones)

Eerste Vrydag: Mathys Roets 02.09.2022

Elke eerste Vrydag van die maand is daar 'n legende in die Spitstyd-ateljee. Vandag is dit die sanger, Mathys Roets.

Kuns met kontant 31 Augustus 2022 31.08.2022

Henco’s gast is de ambassadeur om de afrikaanse en nederlandse taal en muziek samen te brengen en te verzoenen. Zijn oorsprong ligt in Nederland, en hij is al sinds 1990 nationaal eigendom van Zuid-Afrika. Voor hem is schrijven en creëren het leukste van zijn beroep. Hij heeft echter een hekel aan de commerciële kant van de industrie, maar geeft toe dat het een noodzakelijk kwaad is. Luister naar...

RSG Help 30 Augustus 2022 30.08.2022

RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (Loslitdag)

Kuns met kontant 24 Augustus 2022 24.08.2022

Henco Kruger kuier by Jacques de Villiers (Joshua Na Die Reën) op die familieplaas waar Jacques skerp herinneringe van sy kleintyd het. Hier leef hy sy liefde vir die lewe uit waar hy die natuur voel, proe en ruik. Vir Jacques lê daar oral in die natuur versreëls wat dalk ’n liedjie kan word; woorde is vir hom soos asem. Kuns Met Kontant maak ’n loergaatjie oop waardeur daar na beroemdes se geldsa...

Listen to the Spitstyd podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.