RSG

Spesiale uitsending

Society AF ↓ 124 episodes

Spesiale programme en regstreekse uitsendings wat nie deel is van RSG se normale skedule nie.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jun 21, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Bakgat-proesessie 9 29.10.2024

Derrich Gardner en die Spitstydspan proe saam met aktrise Claudia Jones die volgende drie finaliste se beskuit. Dankie aan al die deelnemers en brawe bakkers wat ons met hulle beste baksels verras het. Bly ingeskakel om te hoor wie die beste beskuit in Suid-Afrika gebak het. Dit gaan Virseker ‘n lekkerluister-oomblik wees op Woensdag 13 November om een-uur die middag wanneer die wenner aangekondig...

Bakgat-proesessie 8 29.10.2024

Martelize Brink en Ignatius Vlok proe saam met Johan Rademan en huiskok Errieda du Toit die volgende finaliste se beskuit. Dankie aan al die deelnemers en brawe bakkers wat ons met hulle beste baksels verras het. Bly ingeskakel om te hoor wie die beste beskuit in Suid-Afrika gebak het. Dit gaan Virseker ‘n lekkerluister-oomblik wees op Woensdag 13 November om een-uur die middag wanneer die wenner...

Bakgat-proesessie 7 29.10.2024

Eloise Cupido en die Intussen-span proe saam met TV-aanbieder Hamilton Wessels die volgende drie finaliste se beskuit. Dankie aan al die deelnemers en brawe bakkers wat ons met hulle beste baksels verras het. Bly ingeskakel om te hoor wie die beste beskuit in Suid-Afrika gebak het. Dit gaan Virseker ‘n lekkerluister-oomblik wees op Woensdag 13 November om een-uur die middag wanneer die wenner aang...

Bakgat-proesessie 6 29.10.2024

Renske Jacobs, Gustav Greyling, Monitor-aanbieder Udo Carelse en akteur en sanger Reynardt Hugo proe die volgende drie finaliste se beskuit. Dankie aan al die deelnemers en brawe bakkers wat ons met hulle beste baksels verras het. Bly ingeskakel om te hoor wie die beste beskuit in Suid-Afrika gebak het. Dit gaan Virseker ‘n lekkerluister-oomblik wees op Woensdag 13 November om een-uur die middag w...

Bakgat-proesessie 5 28.10.2024

Derrich Gardner en die Spitstydspan proe saam met sanger Bouwer Bosch die volgende finaliste se beskuit. Dankie aan al die deelnemers en brawe bakkers wat ons met hulle beste baksels verras het. Bly ingeskakel om te hoor wie die beste beskuit in Suid-Afrika gebak het. Dit gaan Virseker ‘n lekkerluister-oomblik wees op Woensdag 13 November om een-uur die middag wanneer die wenner aangekondig word.

Bakgat-proesessie 4 28.10.2024

Martelize Brink en Iganatius Vlok proe saam met aktrise Zenobia Kloppers en Kenneth Makatees van die SAUK in Kaapstad die volgende finaliste se beskuit. Dankie aan al die deelnemers en brawe bakkers wat ons met hulle beste baksels verras het. Bly ingeskakel om te hoor wie die beste beskuit in Suid-Afrika gebak het. Dit gaan Virseker ‘n lekkerluister-oomblik wees op Woensdag 13 November om een-uur...

Bakgat-proesessie 3 28.10.2024

Eloise Cupido en die Intussen-span proe saam met Nick Hamman van 5FM die volgende finaliste se beskuit. Dankie aan al die deelnemers en brawe bakkers wat ons met hulle beste baksels verras het. Bly ingeskakel om te hoor wie die beste beskuit in Suid-Afrika gebak het. Dit gaan Virseker ‘n lekkerluister-oomblik wees op Woensdag 13 November om een-uur die middag wanneer die wenner aangekondig word.

Bakgat-proesessie 2 28.10.2024

Renske Jacobs, Gustav Greyling en Dirk de Klerk, eienaar van Love of Coffee, proe die volgende finaliste se beskuit. Dankie aan al die deelnemers en brawe bakkers wat ons met hulle beste baksels verras het. Bly ingeskakel om te hoor wie die beste beskuit in Suid-Afrika gebak het. Dit gaan Virseker ‘n lekkerluister-oomblik wees op Woensdag 13 November om een-uur die middag wanneer die wenner aangek...

Bakgat-proesessie 1 26.10.2024

Derrich Gardner en sy gaste proe die eerste ses finaliste se beskuit. Dankie aan al die deelnemers en brawe bakkers wat ons met hulle beste baksels verras het. Bly ingeskakel om te hoor wie die beste beskuit in Suid-Afrika gebak het. Dit gaan Virseker ‘n lekkerluister-oomblik wees op Woensdag 13 November om een-uur die middag wanneer die wenner aangekondig word.

Met raad en daad 19 Mei 2024 19.05.2024

In die laaste episode in die verkiesingsreeks, praat Elsje van Jaarsveld met Jacques Jansen van die OVK oor die aantal stembriewe wat kiesers vanjaar sal ontvang, en wat elkeen behels. Vanjaar se verkiesing verskil van vorige jare s'n, en kiesers sal ‘n ekstra stembrief ontvang.  Hulle veruidelik hoe die stemproses werk, en wat jy kan doen om te verhoed dat jou stembrief ‘n bedorwe stembrief is.

Met raad en daad 12 Mei 2024 12.05.2024

‘n Vry en regverdige verkiesing is vir elke kieser van kardinale belang. Die geheimhouding van jou stem is ‘n fundamentele komponent van ‘n vry en regverdige verkiesing. Dit verhoed dwang en intimidasie. Hoe verseker die Verkiesingskommisie dat elke kieser kan stem vir wie hy of sy wil? En wat staan ‘n kieser te doen as hulle voel dat hy nie meer kan stem vir wie hy wil nie? Elsje van Jaarsveld pr...

Met raad en daad 5 Mei 2025 05.05.2024

Hoeveel stembriewe ontvang ons op stemdag? Wat behels elke stembrief, en hoe kan jy die verskillende stembriewe herken? Kan jy jou besluit verander as jy klaar jou kruisie getrek het, net voordat jy jou stembrief indien? Daar is ook die afgelope tyd fopnuus wat op WhatsApp versprei is. Wat is feit, en wat is fiksie?

Met raad en daad 28 April 2024 28.04.2024

In die aanloop tot die verkiesing bied RSG aan jou al die inligting wat jy benodig om met gemak jou kruisie op 29 Mei te trek. Elsje van Jaarsveld praat met Jacques Jansen van die Oanafhanklike Verkiesingskommissie oor die verkiesingsgedragskode. Dit is riglyne waaraan alle partye en onafhanklike kandidate hulle moet onderwerp om aan die verkiesing te kan deelneem.

Met raad en daad 21 April 2024 21.04.2024

Op 29 Mei kan jy jou demokratiese reg uitoefen en jou stem uitbring in die nasionale en provinsiale verkiesings.  Daar is heelwat praktiese inligting rakende die logistiek van die verkiesing waarvan jy moet kennis dra. Elsje van Jaarsveld praat met Jacques Jansen van die OVK oor spesiale stemme as jy tuis moet stem, of by ‘n ander stemlokaal as waar jy geregistreer is.

Goeie Vrydag in die Bybel... en vandag 29.03.2024

Goeie Vrydag is vir Christene ‘n belangrike dag waarop Jesus Christus gekruisig is op Golgota. Maar waarom word dit “Goeie” Vrydag genoem indien iemand moes sterf? Daar word ook gekyk of die Bybel in sowel die Ou as Nuwe Testament iets sê van so ‘n gebeurtenis.

Paastradisies - Van die Bo-Kaap tot die Swartland, Switzerland en Zimbabwe 29.03.2024

Die Paastyd is 'n spesiale tyd van hoop, liefde en samesyn. Haidee Muller en Christine Wessels kuier by jongmense van verskillende kulture, gelowe en tradisies om meer uit te vind oor hulle ervarings van hierdie spesiale tyd van die jaar. (Hierdie is 'n heruitsending van 'n Befonk-program van 2012)

VF+ stel sy verkiesingsmanifes bekend 02.03.2024

Anita Visser praat met die onafhanklike politieke kommentator, professor Pieter Duvenhage, oor die bekendstelling van die Vryheidsfront Plus se verkiesingsmanifes.

Met raad en daad 25 Februarie 2024 25.02.2024

Jacques Jansen van die Onafhanklike Verkiesingskommissie praat oor die kriteria en vereistes waaraan onafhanklike kandidate moet voldoen om deel te neem aan vanjaar se nasionale en provinsiale verkiesings. Hy verduidelik hoe die nominasieproses werk, en wat dit alles behels.

ANC stel sy verkiesingsmanifes bekend 24.02.2024

Anita Visser praat met prof. Anthoni van Nieuwkerk van die Thabo Mbeki Skool vir Openbare en Internasionale Aangeleenthede oor die bekendstelling van die ANC se verkiesingsmanifes.

Met raad en daad 18 Februarie 2024 18.02.2024

Jacques Jansen van die Onafhanklike Verkiesingskommissie verduidelik hoe die drie stembriewe sal lyk, wat kiesers op stemdag ontvang, asook hoe die stemproses werk. Hy verduidelik ook die verskillende maatreëls wat in plek is om te verseker dat geen stemme bederf word nie.

DA stel sy verkiesingsmanifes bekend 17.02.2024

Anita Visser praat met Hermann Pretorius van die Instituut vir Rasseverhoudinge en politieke ontleder Theo Venter oor bekendstelling van die DA se verkiesingsmanifes.

Met raad en daad 11 Februarie 2024 11.02.2024

Arehan Brand praat met Jacques Jansen van die Onafhanklike Verkiesingskommissie oor hoe hulle die stemproses so inklusief en toeganklik moontlik maak vir stemgeregtigde Suid-Afrikaners, deur middel van spesiale stemme.

Ontleding van Staatsrede 2024 08.02.2024

Suzanne Paxton, prof. Piet Croucamp, en Roland Henwood doen 'n ontleding van president Cyril Ramaphosa se Staatrede tydens die opening van die Parlement in Kaapstad.

Met raad en daad 4 Februarie 2024 04.02.2024

Arehan Brand praat met Jacques Jansen en Ellsforth Booyse van die Onafhanklike Verkiesingskommissie oor hoekom dit so belangrik is om kieser te registreer, en waar, hoe en wanneer om dit te doen.

Sê nou maar... 25.12.2023

“Sê nou maar…” saamgestel en aangebied deur Flip Loots. ‘n Aantal bekende sangers dink hulle in die skoene in van mense wat betrokke was by die geboorte van Jesus, en sing ‘n bypassende lied. Sangers soos Rina Hugo, Innes Benade, Jannie Pelser, Willie Botha en André Bester neem almal deel.

Listen to the Spesiale uitsending podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.