RSG
Spesiale uitsending
Spesiale programme en regstreekse uitsendings wat nie deel is van RSG se normale skedule nie.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Vrede vir julle 25.12.2023 30:22
Lizelle de Bruin gesels met Dr Dave Viljoen oor die laaste Adventskers wat aangesteek word op Kersdag. Sy gesels ook met Dr Andries Cilliers oor vrede en lig en die afwesige Kersboom op die plein in Betlehem hierdie jaar. Ons hoor ook ‘n paar kinderstemme oor wat Kersfees vir hulle beteken
Kersfees-dokumentêr 25.12.2023 25:27
In hierdie program uit RSG se argief, reis wyle Roelf Jacobs (bekend om sy geliefde Otterjasie-karakter) deur verskillende lande om te hoor wat elke land se Kerstradisies is. Daar is Kerswense in verskeie tale, tesame met die allermooiste Kersmusiek.
Met raad en daad 26 November 2023 26.11.2023 24:23
Jacques Jansen van die Onafhanklike Verkiesingskommissie verduidelik hoe landsburgers steeds as kiesers kan registreer, al het hulle die eerste kieserregistrasie-naweek misgeloop.
Met raad en daad 19 November 2023 19.11.2023 17:14
Arehan Brand praat met Ellsforth Booyse van die OVK se Weskus-streek oor kieserregistrasie, en waarom dit so belangrik is.
Met raad en daad 12 November 2023 12.11.2023 22:38
Arehan Brand praat met Jacques Jansen van die Onafhanklike Verkiesingskommissie oor wat die onlangse gewysigings aan die Kieswet behels, en hoe dit aanstaande jaar se nasionale en provinsiale verkiesings raak.
Met raad en daad 5 November 2023 05.11.2023 17:14
Wie en wat is die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), en wat is hulle rol tydens verkiesings? Arehan Brand stel hierdie vrae aan Ellsforth Booyse, ‘n uitreikbeampte van die OVK se Weskusstreek. Hy vind ook uit hoe almal aktiewe burgers van die Suid-Afrikaanse demokratiese bestel kan word.
Die dag toe Jesus sterf 07.04.2023 46:06
Flip Loots gesels met dr. Isak Burger en forensiese patoloog, dr. Leon Wagner, oor Jesus se gevangeneming en die emosionele en fisiese pyn wat Hy moes ervaar het as gevolg van die marteling, die doringkroon en die kruisiging.
Die vier kruise 07.04.2023 45:35
As jy al ooit verkeerde afdraaie in jou lewe gevat het en sukkel om jouself en ander te vergewe, is hierdie program vir jou.
Houtkruisklanke 07.04.2023 23:38
Musiek en onderhoude wat verband hou met Jesus se kruisiging. Ds. Jan de Wet gesels oor die Via Dolorosa waar Jesus sy eie kruis moes dra. Ds. Koos van der Merwe vertel van sy inspirasie vir die baie bekende lied, Houtkruis. Piet Smit vertel van die skryf van die lied, Die man in die middel. Rochelle Liedemann gesels oor die impak van die lied, Victory, op haar lewe.
Woordketting 2022 31.12.2022 51:27
Johan Myburg sluit hom aan by die oorspronklike Woordketting-digters Philip de Vos, Diana Ferrus en Andries Myburg om vir ‘n klomp woordpret te sorg. Kom luister wat hulle met mekaar se gedigte, asook ‘n klassieke gedig doen. Aangebied deur Ilse Salzwedel, met Eloise Cupido as voorleser. Jy kan ook luister na toonsettings van bekende gedigte.
Die dokter se brief 25.12.2022 50:43
Flip Loots kyk na dr. Lukas se brief aan Teofilus in die Lukas-evangelie.
Lig en Lewe 25.12.2022 25:53
Lizelle de Bruin gesels met dr. Andries Cilliers van die Drie Ankerbaai NG Kerk in Seepunt, Kaapstad, oor die boodskap van Kersfees na aanleiding van die skeppingsgedigte van Phillip de Vos. Phillip lees sy gedigte voor as deel van die program.
Antjie Krog - 'n Bevrydende vrou op 70 23.10.2022 52:46
Saamgestel deur Johan Rademan. Die skrywer en digter Antjie Krog vier op 23 Oktober haar 70e verjaarsdag. Nicole Holm (voorleser), Jolyn Phillips (voorleser), Garth Erasmus (inheemse instrumente), Pieter van Zyl (klavier), Maria Viviers se Vivox Voices o.l.v Christiaan Kotze en Johan Rademan (bindteks) bied ‘n kort oorsig van wat tussen die eerste en laaste bundel van Antjie Krog gebeur het.
Met raad en daad 16 Oktober 2022 16.10.2022 24:51
Op 16 Oktober vier ons Wêreld Voedseldag. Dis ‘n dag wat deur die Verenigde Nasies verklaar is om die kollig op voedselsekerheid en wanvoeding te plaas. Arehan Brand gesels met Liza Bohlmann, die nasionale voorsitter van Landbouskrywers SA, om te hoor hoekom hierdie dag belangrik is. Hulle gesels oor wanvoeding, klimaatsverandering, voedselsekerheid, en hoe Jan Alleman sy eie kos tot ‘n mate kan v...
JESUS SE LYDING deur Flip Loots 15.04.2022 50:19
Ons praat dikwels oor die lyding van Jesus wat uitgeloop het op sy kruisiging op Golgota. Maar wat behels daardie lyding prakties? Flip Loots praat met ‘n geneesheer, ‘n sielkundige en ‘n teoloog oor hoedanig Jesus se lyding moes gewees met betrekking tot sy liggaam, sy gees en emosies, en sy belewenis van verwerping deur sy eie kerkmense.
Twaalf vreemdelinge 15.04.2022 27:53
Lizelle de Bruin praat met dr. Andries Cilliers van die Drieankerbaai-gemeente in Kaapstad oor die twaalf vreemdelinge wat Jesus gekies het om sy dissipels te wees. Twaalf mense wat niemand anders sou gekies het om die wêreld te verander nie. Hulle gesels ook oor die vroue in Jesus se lewe, en wat die Kruisgebeure vir ons beteken.
Ook die engele vier Kersfees 25.12.2021 40:19
Engele is God se hemelse boodskappers wat, soos daar in Psalm 103:20 staan: “Magtige engele (is) wat sy (dit is God se) opdragte uitvoer, sy bevele gehoorsaam.” Daarom is dit nie vreemd nie dat engele teenwoordig was op daardie eerste Kersdag, toe Jesus gebore is, en dat hulle saam Kersfees gevier het.
Woorde van Hoop 25.12.2021 33:07
Lizelle de Bruin praat met dr. Andries Cilliers van Drie Ankerbaai in Kaapstad oor die boodskap van Kerksfees, die Koningkryk wat sal kom en oor die Naam wat geheilig sal word.
Oop Gesprek 02.04.2021 22:41
Heindrich Wyngaard lei 'n openhartige gesprek oor die betekenis van Paasfees met proff. Christina Landman en Nico Koopman, asook ds. Farren Watt, die leraar van die VGK op Lambertsbaai.
Reënboogpaasfees 02.04.2021 50:37
Lizelle de Bruin het by verskillende Christelike groepe gaan hoor hoe hulle Paasfees vier, en hoe die vieringe verander het in 2021.
Kersfees, gemasker 25.12.2020 22:16
'n Besprekingsprogram oor die standvastige binne die onstandvastige Covid-19.
Kersfees deur die oë van 'n kind 25.12.2020 17:21
Haidee Muller-Isaacs het kinders gevra hoe hulle Kersfees ervaar. Sy het ‘n draai gaan maak by ‘n kerspartytjie op Groendal, Franschhoek, waar ‘n kafee-eienaar besluit het om ‘n vroeë Kersfees spesiaal vir die behoeftige kinders te hou voor sy winkel. Dit was feestelik, die kinders het aan sakresies deelgeneem, geskenkies ontvang en weggelê aan die lekkernye. In weerwil van moeilike omstandighede...
'n Kersstorie 25.12.2020 41:44
Kersfees vertel die grootste storie ooit, dié van God wat mens geword het, die geboorte van Jesus Christus. Deur die jare het daar verskeie eietydse kersstories ontstaan wat op die een of ander manier met God se storie verbind word. Luister na van hierdie stories wat Flip Loots versamel het. Bekendes soos Carel Trichardt, Petru Wessels, Lieb Bester, Simon Bruinders en prof. Piet Meiring kan gehoo...
Jesus is Koning 25.12.2020 49:21
Lizelle de Bruin gesels met drr. Dave Viljoen, Stephan Joubert en Johan Pienaar oor wat Kersfees beteken in die konteks van geloof, hoop en liefde.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.