RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Rassevoorval in SANW ondersoek 12.01.2015 4:45
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê totdat sy ondersoek na 'n beweerde rassevoorval in die Nasionale Krugerwildtuin afgehandel is, sal die soldaat, skutter Alfons Mosiuwa Mofula van 21 SA Infanteriebataljon, voortgaan met sy werk. 'n Video waarin Mofula in 'n woordewisseling betrokke raak met 'n veldwagter, Richard Sowry, is op die internet gepubliseer. Sowry het op die groep soldate en van...
Islam benodig 'n Martin Luther - Tereurkenner 12.01.2015 3:16
Die gebrek aan 'n Martin Luther vir Islam, kan dalk die rede wees waarom soveel terreurdade in die naam van die geloofsgroep gepleeg word. Dit is die mening van 'n terreurkenner aan die Universiteit van die Vrystaat, prof. Hussein Solomon. Solomon sê hedendaagse terreur word gereeld deur godsdienstige oortuigings aangevuur.
Rassevoorval in SANW ondersoek 12.01.2015 4:45
Rassevoorval in SANW ondersoek
Islam benodig 'n Martin Luther - Tereurkenner 12.01.2015 3:16
Islam benodig 'n Martin Luther - Tereurkenner
Parys-aanval skerp veroordeel 08.01.2015 1:08
Die president van die Moslem Juridiese Raad, Moulana Ihsaan Hendricks, het die tereuraanval in Parys skerp veroordeel.
Is daar grense aan vryheid van uitdrukking? 08.01.2015 4:34
Die aanval op 'n satiriese tydskrif in Frankryk se hoofstad Parys, het tot gevolg dat vryheid van uitdrukking weer op almal se lippe is. Is daar grense aan vryheid van uitdrukking? Moet daar 'n mate van sensitiwiteit gehandhaaf word as dit by sensitiewe kwessies, soos geloof kom?
Moord nie oplossing - Moslemleier 08.01.2015 4:42
'n Moslemleier en president van die al-Jamah politieke party in die Wes-Kaap, Ganief Hendricks, sê hoewel hulle nie saamstem met spotprente wat hulle geloof afkraak nie, is moord nie die oplossing nie. Hy sê die Parys-aanvallers is na sy mening nie ware Moslems is nie.
Die mag van sosiale media 08.01.2015 3:31
Die mag van sosiale media is weer bevestig met die aanval op die satiriese tydskrif in Frankryk. Binne sekondes het die wêreld geweet. Binne ure was duisende mense bymekaar.
Is daar grense aan vryheid van uitdrukking? 08.01.2015 4:34
Is daar grense aan vryheid van uitdrukking?
Parys-aanval skerp veroordeel 08.01.2015 1:08
Parys-aanval skerp veroordeel
Moord nie oplossing - Moslemleier 08.01.2015 4:42
Moord nie oplossing - Moslemleier
Die mag van sosiale media 08.01.2015 3:31
Die mag van sosiale media
Onrealistiese verwagtings oor matriekuitslae 05.01.2015 3:06
Ouers en matrikulante kan soms onrealistiese verwagtinge skep oor hulle matriekuitslae, en dan bars die borrel sodra hulle dit kry. 'n Opvoedkundige sielkundige van Kaapstad, Lize van der Merwe, sê mens moet altyd in gedagte hou dat daar altyd hoop is, al gebeur wat ookal.
Petrolprys daal dalk weer 05.01.2015 5:06
Motoriste kan dalk nog 'n petrolprysverlaging te wagte wees in Februarie. Dit is die mening van die hoofekonoom van economist.co.za, Mike Schussler. Hy sê hoewel die lae olieprys goeie nuus vir verbruikers is, plaas dit kommoditeite onder druk wat op die langduur negatiewe gevolge vir die ekonomie kan inhou.
Eskom maak reg vir beurtkrag 05.01.2015 2:28
Eskom maak hom gereed vir moontlike beurtkrag vir die res van die somerseisoen. Die kragvoorsiener sê ná 'n stil vakansietydperk, begin mense weer terugkeer werk toe en fabrieke en ander aanlegte se stelsels word weer aangeskakel. Die woordvoerder, Andrew Etzinger, sê al kon hulle instandhoudingswerk doen, is hulle kragreserwes steeds laag.
Gautrein beskadig 05.01.2015 2:37
'n Onbekende man het Saterdagaand skade aan 'n Gautrein aangerig nadat hy die deure en vensters met 'n pyp geslaan het. Die man het by die Centurionstasie op die byna leë Gautrein geklim. Die tegniese bestuurder van die Gautrein, Errol Braithwaite, het die voorval bevestig.
Ondersoek na matriekonreëlmatighede 05.01.2015 1:24
Die eksamenmoniteringsliggaam, Umalusi, sê hy werk so vinnig moontlik om die ondersoek na onreëlmatighede tydens die 2014 matriekeksamen te voltooi.
Plaaslike rolprente 05.01.2015 2:59
'n Onafhanklike rolprentverspreider, Helen Kuun, sê sy hoop daar word 'n beter verskeidenheid plaaslike rolprente in 2015 vrygestel. Sy het vroeër by die Silwerskermfees gesê die plaaslike mark word tans oorheers deur komedies en aksieflieks. Volgens haar sal 'n groter verskeidenheid, 'n wyer gehoor trek.
Outa sê e-tol se einde is vanjaar 05.01.2015 2:28
Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol, Outa, glo Sanral se e-tolstelsel sal finaal in 2015 in mekaar stort. Outa se voorsitter, Wayne Duvenhage, sê die stelsel is eenvoudig nie volhoubaar nie.
Plaaslike rolprente 05.01.2015 2:59
Plaaslike rolprente
Outa sê e-tol se einde is vanjaar 05.01.2015 2:28
Outa sê e-tol se einde is vanjaar
Ondersoek na matriekonreëlmatighede 05.01.2015 1:24
Ondersoek na matriekonreëlmatighede
Eskom maak reg vir beurtkrag 05.01.2015 2:28
Eskom maak reg vir beurtkrag
Onrealistiese verwagtings oor matriekuitslae 05.01.2015 3:06
Onrealistiese verwagtings oor matriekuitslae
Gautrein beskadig 05.01.2015 2:37
Gautrein beskadig
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.