RSG

Spektrum

News AF ↓ 2534 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.rsg.co.za

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Oct 5, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Petrolprys daal dalk weer 05.01.2015

Petrolprys daal dalk weer

Lennon se dood herdenk 08.12.2014

Dit is vandag die herdenking van die skietdood van John Lennon. Hy is op 8 Desember 1980 voor sy huis in Manhattan in New York vermoor. Lennon was bekend as musikant, liriekskrywer en lid van The Beatles.

Spitfire gerestoureer 08.12.2014

Die Suid-Afrikaanse Lugmagmuseum het vandag sy planne bekendgemaak om 'n Spitfire-vegvliegtuig te restoureer. Die vliegtuig, wat in 1947 deur die Lugmag in diens geneem is, is in 2000 beskadig nadat dit enjinprobleme ervaar het, en 'n noodlanding moes uitvoer. Die bevelvoerder van die museum, luitenant-kolonel Mike O'Connor, sê die vliegtuig sal slegs as 'n statiese uitstalling gebruik word.

Beurtkrag weer ingestel 08.12.2014

Eskom het aangekondig dat Fase Twee-beurtkrag weer vandag in werking gestel word. Dit is in teenstelling met gister se versekering dat beurtkrag nie voor die einde van die week oorweeg sal word nie. Eskom se woordvoerder, Andrew Etzinger, sê die kragsituasie is 'n nasionale krisis wat vir minstens die volgende twee jaar sal voortduur.

Lennon se dood herdenk 08.12.2014

Lennon se dood herdenk

Beurtkrag weer ingestel 08.12.2014

Beurtkrag weer ingestel

Spitfire gerestoureer 08.12.2014

Spitfire gerestoureer

Google Doodle 03.12.2014

Vandag se Google Doodle, dis nou Google se handelsmerk op sy soekblad, is die van 'n Afrika-sonsondergang met 'n Suid-Afrikaanse vlag. Google vereer vandag 20 jaar van vryheid in Suid-Afrika, en die 14-jarige Katya Ludick van Krugersdorp se tekening is gekies om die vryheid uit te beeld. Ludick sê haar doodle wys 'n Suid-Afrika sonder stropery.

Google Doodle 03.12.2014

Google Doodle

Kanker en Vigs 01.12.2014

'n Kanker wat verband hou met MIV/Vigs, Kaposi se Sarkoma, is aan die toeneem in Suid-Afrika. Volgens die 2008 Kankerregister, word dit as die derde grootste kanker in Suid-Afrika gelys. Die hoof van navorsing by die Kankervereniging van Suid-Afrika, dr. Carl Albrecht, sê die verband tussen kanker en MIV/Vigs word grootliks onderskat.

Skole kry te min by staat 01.12.2014

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS) sê 'n openbare skool se uitgawes aan munisipale dienste is meer as die staat se bydrae tot 'n skool se bedryfsbegroting. Fedsas het onlangs 'n opname oor skoolfinansies by 561 openbare skole gedoen. Die organisasie se adjunkhoof, dr. Jaco Deacon, sê skole bestee ook baie geld aan beheerligaamposte en die vrystelling van skoolgeld.

Suster van SA dokter in Kaboel praat 01.12.2014

Die suster van die Suid-Afrikaanse dokter wie se gesin in 'n Taliban-aanval in Afghanistan gesterf het, sê sy dra nie 'n wrok in haar hart nie. Riana du Plessis wil net die versekering hê dat haar suster veilig is en dat die gesinslede begrawe word. Dr. Hannelie Groenewald se man en twee tienerkinders is in die aanval dood.

Suid-Afrikaner in Ekwatoriaal-Guinee aangehou 01.12.2014

Volgens die Departement van Internasionale Betrekkinge ondersoek die polisie in Ekwatoriaal-Guinee 'n klag van kontrakbreuk teen 'n Suid-Afrikaanse man. Danie Janse van Rensburg word al sedert Junie vanjaar in 'n tronk in die land aangehou. 'n Woordvoerder vir die Departement, Nelson Kgwete, sê hulle gesprekke met owerhede in Ekwatoriaal-Guinee om Van Rensburg se vryheid te bewerkstellig, lewer ni...

Wees versigtig vir ekstremiste 01.12.2014

'n Politieke ontleder sê veral wit Christene, sal altyd 'n teiken wees vir ekstremistiese groepe wat onder die dekmantel van Islam, moorde pleeg. Prof. Hussein Solomon van die Universiteit van die Vrystaat se Departement Politieke Wetenskap raai besoeke aan lande, waar sulke groepe aktief is, ten sterkste af.

Suster van SA dokter in Kaboel praat 01.12.2014

Suster van SA dokter in Kaboel praat

Huweliksgeweld 26.11.2014

Dit het 'n jaar geneem voordat Mareli van der Walt besef het sy is in 'n gewelddadige huwelik. Dit was die begin van 'n jarelange angshuwelik waarin sy emosioneel en fisiek afgetakel is. Van der Walt het haar storie aan Spektrum vertel terwyl Suid-Afrikaners vir die volgende 16 dae fokus op geweld teen vroue en kinders.

Lof vir roomys-kelner 25.11.2014

'n Storie oor 'n man, 'n roomys en 'n kelner, gryp die land se verbeelding aan. Ray Kitching, 'n inwoner van die Eric Miles Cheshire-tehuis vir gestremdes, wou 'n roomys gaan eet by die Wimpy in Canal Walk in Kaapstad. Maar iets wat vir my en jou dalk na 'n allerdaagse ding klink om te doen, is 'n uitdaging vir Ray, wat serebraal gestremd is. Nadat Ray aangedui het wat hy wou hê, het 'n vriendelik...

Bekgeveg tussen poskantoor en vakbonde duur voort 21.11.2014

Terwyl die bekgeveg tussen die poskantoor en die vakbonde oor salarisse voortduur, raak die publiek se frustrasie net groter. 'n Groep uitgewers van spesialistydskrite het vandag die tenderproses geopen vir maatskappye om hulle tydskrifte by lesers af te lewer. Die poskantoor het, volgens wet, die alleenreg om pos te versprei in die land. Chris Yelland van EE Uitgewers en woordvoerder van die groe...

Poskantoor dreig om stakende werkers af te dank 21.11.2014

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor sê stakende werkers kan noodgedwonge afgedank word, omdat 'n geldige stakingsertifikaat nog nie ontvang is nie. Die poskantoor se adminstrateur, Simo Lushaba, het ook in 'n mediaverklaring gesê dat daar reeds 'n ooreenkoms met die South African Postal Allied Workers Union en die Demokratiese Pos en Kommunikasiewerkersvakbond bereik is. Onderhandelinge met die Kommuni...

Kinders sê wat hulle op Wêreld Kinderdag nodig het 20.11.2014

Dit is vandag is Wêreld Kinderdag. Die besluit om 'n so 'n dag op sy te sit vir kinders, is die eerste keer bespreek by 'n wêreldkonferensie oor die welstand van kinders, wat in 1925 gehou is.

SA wynlandgoed wen internasionale prys 11.11.2014

'n Suid-Afrikaanse wynlandgoed is een van sewe wynplase in die wêreld wat met Great Wine Capitals (GWC) se Best of Wine-toekenning bekroon is. Die GWC is 'n netwerk van die voorste wynproduserende streke ter wêreld, en is geskep om internasionale beste praktyk in wyntoerisme te bevorder. Die Waterford-wynlandgoed by Stellenbosch is lank reeds bekend vir hulle volhoubare wingerdboukunde en wynmaakt...

Africa-Check wys Zuma is verkeerd 07.11.2014

Suid-Afrika is nie die enigste land ter wêreld wat gratis behuising aan arm mense binne sy landsgrense verskaf, soos wat pres. Jacob Zuma beweer nie. Tydens 'n toespraak waar die president onder andere Suid-Afrikaners as lui bestempel het, terwyl buitelanders geleenthede sien en aangryp, het hy ook die stelling gemaak. Hy het selfs die uitdaging gerig dat enige iemand hom verkeerd moet bewys daaro...

Waarom kan sekere sportlui nie druk kan hanteer nie? 05.11.2014

Die Proteas is nou die wêreld se nommer een eendagkrieketspan, maar ondersteuners wonder steeds of hulle die druk sal kan hanteer in volgende jaar se Wêreldbeker. Navorsing in die VSA werp nou lig op die vraag waarom sekere sportlui nie druk kan hanteer nie. Izak du Plessis praat met ons wetenskapkorrespondent, George Claassen, oor die bevindings, en of daar oplossings is om AB de Villiers se span...

Dramatiese redding van renosterkalfie 30.10.2014

Spektrum het met Petronella Nieuwoudt van CARE FOR WILD geskakel om te hoor hoe dit met die klein renosterkalfie, Wyntir, gaan. Weens die sensitiewe aard van die situasie word die presiese ligging van die sentrum en hoeveel diere daar versorg word, geheim gehou. Neuwoudt het 'n vinnige onderhoud aan Spektrum toegestaan terwyl sy besig was om nog 'n renosterkalf te ontvang, wat in 'n kritieke toest...

Stryd teen renosterstropery al feller 30.10.2014

Die jongste syfers van die Departement van Omgewingsake wys dat daar vanjaar reeds 899 renosters in Suid-Afrika gestroop is. Dit is 'n geveg op verskeie fronte. Terwyl die regering intelligensie insamel en stropers konfronteer, moet iemand ook omsien na klein renosterkalfies wat wees gelaat word as gevolg van die stropery.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.