RSG

Spektrum

News AF ↓ 2472 episodes

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Author

RSG

Category

News

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Spektrum 18 September 2025 18.09.2025

KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, sê die taakspan wat politieke moorde in die provinsie ondersoek het, het glo opdragte om te ontbind, verontagsaam. Minister Angie Motshekga verdedig die weermaghoof se besoek aan Iran. Die Reserwebank maak later vandag sy besluit oor rentekoerse bekend te midde van hoop dat dit sal daal.

Spektrum 17 September 2025 17.09.2025

Verbruikersprysinflasie daal op ’n jaargrondslag tot 3,3% in Augustus. Alle oë is vandag op die KwaZulu-Natalse polisiehoof, Nhlanhla Mkhwanazi, die eerste getuie in die verhore van die Madlanga-kommissie van ondersoek. Uitspraak word vandag in Johannesburg verwag in die borgtogaansoek van die sakeman, Vusimuzi "Cat" Matlala. Die Springbok-vrouespan is terug in die land ná 'n geskiedkundige ervari...

Spektrum 16 September 2025 16.09.2025

Die Konstitusionele Hof hoor 'n saak aan oor beplande seismiese toetsing aan die Wildekus. 'n Finale besluit is nog nie geneem oor die moordenaar, Donovan Moodley, se parool nie. Die DA maak 'n plan bekend om Gauteng se infrastruktuuruitdagings te pak. 'n Kommissie van ondersoek van die Verenigde Nasies bevind dat Israel volksmoord in die Gasastrook gepleeg het. Wetenskaplikes is opgewonde oor Nep...

Spektrum 15 September 2025 15.09.2025

Die EFF stel voor alle Suid-Afrikaanse burgers moet op 16-jarige ouderdom outomaties op die kiesersrol geplaas word. Inwoners van Sodwana in die noorde van KwaZulu-Natal is bekommerd oor die voortbestaan van die Isimangaliso Unesco Park. Die konstruksiebedryf het in die eerste kwartaal van die jaar beduidend goed gevaar.

Spektrum 12 September 2025 12.09.2025

'n Dringende hofaansoek om 'n dokumentêre televisiereeks oor die misdadiger Thabo Bester te keer, misluk. Die burgerregte-organisasie, Action Society, veroordeel agt polisielede van die presidensiële beskermingseenheid se hofaansoek om ontslag. Ons bring hulde aan die legendariese flank, Jan Boland Coetzee, wat ná 'n siekbed oorlede is.

Spektrum 11 September 2025 11.09.2025

Mans kan nou vroue se vanne aanneem. Oorlog neem hulpbronne weg van die stryd teen armoede, sê 'n VN-verslag. Iran se beplande deelname aan 'n Suid-Afrikaanse weermagoefening laat die wenkbroue lig.

Spitstyd 10 September 2025 10.09.2025

President Cyril Ramaphosa verdedig die aanstelling van 'n groot aantal adjunkminsiters. Die parlimentêre komitee oor korrektiewe dienste is bekommerd oor die hoë aantal onnatuurlike steftes van gevangenes. Diensleweringsbetogings in Westbury in Johannesburg vlam op. Die nasionale regering gryp in by die beleërde Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes.

Spektrum 9 September 2025 09.09.2025

Suid-Afrika se bruto binnelandse produk styg met 0,8% in die tweede kwartaal van 2025. Solidariteit verdedig sy besluit om 'n minister hof toe te sleep. BEMAWU reageer op die regering se uitlatings oor die SAUK se benarde geldsake.

Spektrum 8 September 2025 08.09.2025

Die omstrede sakeman, Cat Matlala, is terug in 'n Gautengse hof vir sy borgtogaansoek. Planne word gefinaliseer om Gauteng se regering se swak finansies reg te ruk. Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het sewe veranderinge gemaak aan sy vyftiental vir Saterdag se tweede toets teen die All Blacks.

Spektrum 5 September 2025 05.09.2025

'n Man sterf in 'n vermeende bendeverwante voorval voor die landdroshof in Athlone, Kaapstad. Die ad hoc-komitee oor bedreigings van nasionale veiligheid vergader weer vandag. Die Springbokke is slaggereed vir môreoggend se titansiese stryd teen die All Blacks in Nieu-Seeland.

Spektrum 4 September 2025 04.09.2025

Gebrekkige dienslewering in die Mangaung Metro en misdaad in die Ditsabotla Munisipaliteit kom onder die soeklig. Die Minister van Landbou, John Steenhuizen, besoek Noordwes en praat oor die jongste voorvalle van bek-en-klouseer. Die Springbokspan vir Saterdagoggend se kragmeting teen die All Blacks is bekendgemaak.

Spektrum 3 September 2025 03.09.2025

'n 80-jarige man verskyn in Kroonstad in die hof nadat 'n liggaam in 'n vlak graf op sy plaas gevind is. 'n Video van 'n amptenaar van die Stellenbosch-munisipaliteit, wat sê hulle sal die wêreld moeilik maak vir wit mans, versprei soos 'n veldbrand. 'n Man vertel van sy onderonsie met twee hiënas aan die KwaZulu-Natalse noordkus.

Spektrum 2 September 2025 02.09.2025

Die DA veroordeel president Cyril Ramaphosa se lof vir Zimbabwe se grondherstelprogram. Staatspensioene dalk in gedrang nadat sowat R2-miljard aan twyfelagtige kontrakte bestee is. Duisende mynwerkers by Glencore en Samancor kan hulle werk verloor.

Spektrum 1 September 2025 01.09.2025

Ouers by drie verskillende skole is ontevrede oor die hantering van seksuele oortredings. Die M20-mediaberaad in Johannesburg kyk onder meer na die allerbelangrike kwessie van inligtingsintegriteit. Ontevredenheid neem toe oor NERSA en Eskom se duur fout met kragtariewe. Die Silwermyn-gebied van die Tafelberg Nasionale Park word heropen.

Spektrum 29 Augustus 2025 29.08.2025

Die Madlanga-kommissie is gereed om met sy werksaamhede te begin. Taxigeweld in die Wes-Kaap is hopelik binnekort onder beheer danksy 'n suksesvolle hofinterdik. Suid-Afrika sal voortgaan om vrede op die wêreldverhoog te bepleit, aldus die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking.

Spektrum 28 Augustus 2025 28.08.2025

'n Regskenner bespreek Julius Malema se skuldigbevinding aan haatspraak. Die voormalige Abraham Kriel-huisvader vandag in die hof. Klimaatsverandering veroorsaak hoër lentetemperature, en die lentereën kom later.

Spektrum 27 Augustus 2025 27.08.2025

Die GOOD-party, Rise Mzansi en BOSA wil saamwerk om gefragmenteerde stemme te trek. 'n Nuwe raadgewende liggaam oor opvoedkundige beleid in skole aangekondig. 'n Suid-Afrikaanse langasem hardloop die vinnigste 100 kilometer ooit - maar daar is 'n vangplek.

Spektrum 26 Augustus 2025 26.08.2025

Die Madlanga-kommissie wat die polisie ondersoek, stel sy eerste sitting uit. Die geskorste adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, vra dat 'n volbank regters sy saak aanhoor. 'n 73-jarige vrou van Wupperthal in die Wes-Kaap, wat nog nooit toneel gespeel het nie, word benoem by die Silwerskermfees.

Spektrum 25 Augustus 2025 25.08.2025

Dis vandag die sperdatum vir Suid-Afrikaners om te registreer om WVK-verwante sake op die nuwe kommissie van ondersoek se aandag te bring. Ons vra hoe veilig is fluitjieblasers in die proses? Brandbestryders poog steeds om 'n brand by Sabie onder beheer te bring. Olimpiese medaljewenners word bekroon by die SA Sporttoekennings.

Spektrum 22 Augustus 2025 22.08.2025

Fluitjieblaser Babita Deokaran, wat vier jaar gelede vermoor is, se familie versoek dat die baasbrein vasgetrek word. Navorsers ontdek nuwe voordele in daggablare. Dokumentêre rolprentmakers se verantwoordelikheid teenoor die onderwerpe van hulle stories word by die Silwerskermfees bespreek.

Spektrum 21 Augustus 2025 21.08.2025

Die DA eis dat die Minister van Verdeding se kop rol. Ons bespreek Israel se planne om nuwe vestings in die Wesoewer te bou en Gasastad te beset met 'n politieke ontleder. Die leier van die Vryheidsfront Plus vra dat lede van die RNE 'n dialoog hou.

Spektrum 20 Augustus 2025 20.08.2025

Politieke partye kan nou groter skenkings van individue en instellings ontvang. Landdroste sleep die president hof toe oor loonverhogings. Suid-Afrika wil sy handelsbande met Japan versterk.

Spektrum 19 Augustus 2025 19.08.2025

Die ANC gaan tugstappe doen teen Senzo Mchunu en Malusi Gigaba oor omstrede opmerkings teen die party. Die vierjarige meisie van Eldorado Park, wat deur haar pa aangerand is, word vandag begrawe. E-taxibestuurders beweer Gauteng se departement van vervoer lê onwettig beslag op hulle voertuie. Inwoners van Vryheid in KwaZulu-Natal is warm onder die krag oor 'n sogenaamde boorgattarief. Die Raad vir...

Spektrum 18 Augustus 2025 18.08.2025

Die borgaansoek van vyf beskuldigdes van Johannesburg wat na bewering 'n kind gedwing het om Mandrax te rook, neem 'n nuwe wending. Meer oor die ad hoc-komitee wat aangestel is om bewerings van bedreigings vir nasionale veiligheid te ondersoek, se vergadering in die Parlement. 'n Samevatting van Suid-Afrika se donker naweek van sport.

Spektrum 15 Augustus 2025 15.08.2025

President Cyril Ramaphosa lewer die openingsrede by die Nasionale Konvensie in Pretoria, die voorloper van die beplande Nasionale Dialoog. Hernieude betogings dreig in Soweto ná die moord op 'n e-taxibestuurder - strydende partye blameer die bestuur van die Maponya Winkelsentrum. Die regering beklemtoon dat die president onbewus was van die hoof van die weermag se besoek aan Iran.

Listen to the Spektrum podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.